Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Stella Aeterna Hoe dikwels het ek nie gestaar In sterrenag na gindse kus; Die groot heelal gesmeek: O waar Is nou haar plaas van heilige rus? Kyk sy van verre hemelstraat Verlangend na die aarde t'rug? Lees sy die smart op my gelaat? Verneem sy soms 'n diepe sug? Onthou sy nog haar man, haar huis, Ons kindertjies so klein en teer? Of kom sy snags met sag geruis En al die liefde van weleer? Die kleintjies slaap - die Engele wag - Sag gaan die borsies op en neer, Want Moedertjie kom elke nag En nou is daar één Engel meer. Wel weet ek - waar sy ook mag wees - Op sterrebaan, in lig-paleis, Daar kom 'n blydskap oor die gees, 'n Lig as van die Paradys. Want skoonheid is daar wat verruk, Wat uitblink as die daeraad; En sterre strooi van rein geluk 'n Silwerreën oor haar gewaad. [pagina 62] [p. 62] Sy was die vrede vir my gemoed, Sy kon die teerste snaar laat tril; Met liefdevuur en minnegloed Begeerte wek, verlange stil. O kom tot my in drome weer Oor wydtes van onmeetlikheid; 'n Straal van lig en hoop send neer Uit verre grens van Ruimte en Tyd! Vorige Volgende