Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Princesse Lointaine Prinses van Verre Was jy 'n rosebloesem En ek die roos se geur, Hoe heerlik deur die lewe Steeds rondom jou te swewe, Beswymend aan jou boesem, Betower deur jou kleur. Was jy 'n rosebloesem En ek die roos se geur. Was jy 'n lied se woorde En ek die melodie, Hoe sou die dag verheerlik Jou skoonheid so begeerlik; [pagina 50] [p. 50] Die nag tril van akkoorde En soetste harmonie. Was jy 'n lied se woorde, En ek die melodie. Was jy die hoogste kranse En ek die sonnegloed, Jou wange sou dan verwe En op jou lippe sterwe My eerste môreglanse En laaste awendgroet; Was jy die hoogste kranse, En ek die sonnegloed. Maar jy's Prinses van Verre En ek ... 'n troebadoer; Al gloei ook my gesange Van liefde en verlange - Die vuurvlieg vir die sterre - Wat my ten hemel voer; Jy bly Prinses van Verre En ek ... 'n troebadoer. Vorige Volgende