Suid-Afrikaanse volkspoësie
(1924)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendBijdrae tot die Suid-Afrikaanse volkskunde
[pagina 298]
| |
V. Besluit.Tussen die lotgevalle van ons taal en die van ons volkspoësie heers daar 'n merkwaardige parallelisme. Albei word gekenmerk deur een en dieselfde verskynsel, namelik, die snelle verlies van elemente en karaktertrekke uit 'n vroeër tydperk. By die taal is dit die verlore gaan en wysiging van woordvorme, wat veral die aandag trek; maar daarnaas val 'n verlies aan inhoud, aan woordeskat, 'n verlies in die breedte ook seer seker nie te miskenne nie. Aan breedte het ook ons volkspoësie verioor. Liedere en ryme, ja hele genres soms, in die tyd, toe die verhuising na Suid-Afrika plaas gevind het, nog oral in die moederland bekend, is by ons spoorloos verdwene. Om die waarheid te sê, wat bewaar gebly het is oor die algemeen nie meer as maar enkele kleine reste van die oorvloed van vroeër. Die vraag, hoeveel van hierdie voorvaderlike rykdom ooit werklik na ons kuste oorgedra is, sal natuurlik altyd onopgelos moet bly. 'n Skatting mag desnieteenstaande tog gewaag word, want per slot van saak, 'n benadering van die waarheid is in hierdie geval waarlik so 'n heksetoer nie as dit wel mag lyk nie. Nou is dit, alles wel beskoud, 'n stelling, waarteen weinig in te brenge val, dat die volksliedereskat in Holland 'n veel kleinere is as die van die omringende volke. En, wat meer is, hierdie ongunstige verhouding dateer nie van vandag af nie. Volgens H.F. Wirth, Der Untergang des Niederländischen Volksliedes, was in die XVIIe Eeu die meeste faktore al aanwesig, wat langsamerhand die lied verstik het; die roes was toe al reeds in die koringare. As hooffaktor kan seker wel beskou word die bodemsgesteldheid van die land, wat die veeteelt teenoor die akkerbou bevorder het, met as gevolg die enkelhoefstelsel en die betreklike isolering van die bewoners. Waar die maatskappy so ingerig is, bloei die lied, en met name die arbeidslied, veel minder welig as temidde van die gesellige verkeer van 'n akkerbouende bevolking, waar die dorpsisteem reël is. | |
[pagina 299]
| |
Die feit, verder, dat die stede met hulle patrisiër kultuur en rykmans-buitens in hierdie tyd die gebied van die landman sterk begin oorwoeker, het die volkskuns seker ook geen voordeel gedaan nie, terwyl die Rederykery - daar werd rederykerskamers soms tot selfs in die kleinste dorpies aangetref - die oor van die volk vroeg al aan onnatuur en geswollenheid gewend gemaak het. Ook in die Kalvinistiese godsdiens had die volkskuns 'n magtige vyand te dugte; naas die dans werd die sing van wêreldlike liedjies, die plant van meibome, ja, vermake in die algemeen deur kerk en kerkraad fel bestrede. Op die wyse het die konsistorie die afbraak voltooi, wat die Rederykers op 'n ander manier en met ander middele reeds vroeër al begin het. Ons voorvaders het dus na Suid-Afrika getrek met 'n liederevoorraad wat sy beste tyd al gesien het; die byl was al reeds aan die wortel gelê. Nog beter as deur 'n historiese oorsig kan ons deur middel van 'n eenvoudige berekening die omvang leer skat van die liedermateriaal waarmee die eerste Afrikaners begonne is. Dit is naamlik 'n welbekende feit, dat van al die verhale, liedere en ryme, wat in 'n land, selfs in 'n streek, in omloop is, die gemiddelde enkeling slegs oor 'n heel klein gedeelte beskik. Die uitdrukking, ‘algemeen bekend’, bly altyd slegs betreklik waar. Daar bestaat maar een middel om die ganse volkskundige voorraad van één land na 'n ander, ver verwyderde, in korte tyd oor te bring, en dit is die oorplasing van die ganse bevolking daarheen. Waar daarenteen by so 'n verhuising slegs enkele honderde of selfs enkele duisende gemoei is, soos dit met die nedersetting aan die Kaap die geval was, daar spreek dit vanself, dat ook die oorgebragte rym- en lieder-materiaal gering sal wees in verhouding tot die oervoorraad, waar dit uit geput is. Die toevloed van stof uit die moederland het weliswaar nooit heeltemaal opgehou nie, selfs ook nie na die anneksasie van die Kaap nie - ons moet veral nie die bemiddelingsrol van die ou rondtrekkende Hol- | |
[pagina 300]
| |
landse onderwyser-katkiseermeester, man uit die volk, soos hy was, hier uit die oog verloor nie - maar daar die bron tuis tog ook al snel aan die opdroë was, moes met die jare die vloed hierheen tot 'n al kleiner en kleiner wordende stroompie slink. By ons was, op die koop toe nog, die omstandighede hoogs ongunstig vir die preservasie van die weinig wat ons oorgeërf het. Nog meer as in Holland moes die grote afstande tussen plaas en plaas die famielies hier isoleer en vereensaam. Hier ook was die veeteelt hoofbedryf, en werd die akkerbou, waar dit wel beoefen werd, in die eerste eeue aan slawe oorgelaat. Daarenbowe, ook ons kerk was hier oor die algemeen geen vriend van spel, dans, en sang; tussen ‘geestelike’ en ‘beestelike’ liedere werd skerpe skeidingslyne getrek. Al had ons voorvadere dus ook die ganse Nederlandse volksdigterlike stof met hulle meegebring, dan nog moes die grootste gedeelte daarvan in korte tyd, en veel sneller as in die moederland, in ons ongunstige bodem afsterf en verdwyn. Vergeleke met wat ons stamgenote in Europa aan stof uit oue tye behou het, mag ons eie erfenis dus besonder skraal genoem word. Hoe die daar uitsien, wat vir karakter en betekenis hulle dra, het ek in die voorafgaande hoofstukke in detail uiteengeset. Daar bly nog oor enkele opmerkinge na aanleiding van die totaalindruk wat hulle op ons maak. Opmerklik is veral dat die oorgeërfde stof die beste verteenwoordig is onder die kinderryme en kinderliedjies. Die kind is meer behoudend van aard as die volwassene, maar was ook - ons denk aan ons groot gesinne - minder vereensaamd op die vlaktes, as vader en moeder. Hier ook is die materiaal uit Holland oor die geheel die beste geassimileer. Teenoor die eintlike ‘nursey rhymes’ staan dan wel nog wat Nederlandse ballades en minneliedere. Ons hoef die egter maar enkel aan te kyk om te begryp, dat hulle, op weinig uitsonderinge na, altyd stywe uitlanders gebly het; hulle buitelandse aksent kon hulle nie kwyt raak nie. Dit was in die eerste instansie natuurlik die ontwikkeling van Nederlands tot aparte taal in | |
[pagina 301]
| |
Suid-Afrika, wat die gros van hierdie liedjies oorboord gegooi het. Want terwyl die veerkragtige, buigsame instrument, wat die taal is, deur die verlies van sy fleksieuitgange geen blywende nadeel ondervind het nie, maar in alle natuurlikheid met sy nuwe klanke die oue kon vervang, kon dit met die lied en rym, veel meer kunsmatige, in 'n vaste vorm gegote gewrogte, geensins dieselfde geval wees nie. Die verlies van 'n enkele buigingsuitgang, die kleinste morfologiese wysiging in die liggaam van 'n woord, kon hier soms die hele rymskema van 'n vers in die war stuur, en daarmee veel van sy lewensvatbaarheid vernietig. Dieselfde resultaat kon soms ook volg op geringe betekeniswysiginge, veral op betekenisverenging by woorde. So moes o.a. in een van ons liedjies ‘paren’ omgeset word in ‘trouwen’, waarmee die rym op ‘jaren’, die enigste in die koeplet, tewens moes verval. Enkel die minder gangbaarheid van 'n woord in die daeliks gebruik, van 'n louter Afrikaanse oogpunt uit besien, 'n enigsins argaïstiese kleurtjie daarin, was dikwels genoeg om aan 'n hele reël sy kleurtjie daarin, was dikwels genoeg om aan 'n hele reël sy sin te ontneem. Ter illustrasie mag genoem word die reël: ‘Toen heeft hy een ladder genomen’; van die selfstandige naamwoord werd hier in die een geval ‘lewe’ en in die ander ‘nagrus’ gemaak. Voorbeelde van hierdie soort lê inderdaad te grabbel oor die hele gebied van ons volkspoësie. Die proses van vervorming en verbastering is soms so ver gevorder, dat die sin van menige stuk in die ‘liedjiesboeke’ van ons boermense haas nie meer te ontdekken is nie. Nou bly dit ongetwyfeld waar, dat omvorming, ja selfs verbastering, 'n eienskap is, wat by alle volkspoësie optree; maar, desnieteenstaande, bly dit 'n feit, dat tal van Nederlandse volksliedere by ons aan 'n verhaspeling en vormverbryseling blootgestel was, wat sy verklaring vind slegs in die ewolusie wat die Nederlandse taal in Suid-Afrika deurgemaak het. Die parallelisme tussen ons volkspoësie en ons taal is geen toevallige; tussen die twee verskynsele lê daar wel degelik 'n kousaal verband. | |
[pagina 302]
| |
Die leemtes, nagelaat deur die afsterwende Hollandse lied, het ons volk op verskillende wyse self aangevul, deur eie maaksel en deur ontlening. Vroeg ontstaan is seker baie van die regte dansliedere. Die dansparty was lang die middel wat die wyd verspreide famielie-groepe tot mekaar getrek het. Met die aangroei van die bevolking en verbeterde verkeersgeleenthede kry ook die kinderdans op die pieknieks 'n nuwe betekenis. Piekniekdansliedjies ontstaan aan alle kante en sprei die land deur tot in die mees afgeleë hoekies. Met die Eerste Taalbeweging en die produkte van die Boereoorlog onmiddellik daarop tree die stroom buite sy bedding. Die liedere wat die karakter van hierdie periode vertoon, kon ek slegs met enkele tiepiese voorbeelde aanstip, so oorweldigend word hulle getal. Nie altyd was hierdie liedere van absoluut suiwer allooi nie. Daar was 'n twede kanaal klaar, waarlangs die drang na sang sig 'n weg kon baan. Mens behoef maar enkel weer 'n paar ‘liedjiesboeke’ in die hand te neem om ten volle te besef, welke invloed daar moes uitgegaan het van die Engelse lied; meer as die helfte van so'n bundel word dikwels deur ‘songs’ in beslag geneem. Aan die Engelse lied is dit ook seker hoofsaaklik te wyte, dat die produkte van die Eerste Taalbeweging al heel spoedig self ook onmodies beginne raak het - aan die Engelse song, maar nog meer selfs, aan die vertaalde ‘Sankey’- of Kinderharp-liedere. Deur die sondagskool en kinderpreek werd die snel gepopulariseer. Hulle maklik singbare wysies, hulle notebegeleiding, en hulle stigtelike inhoud was dinge wat oral aanhangers vond. Deur ‘vroom’ en ‘goddeloos’ werd die bundeltjies gretig binnegehaal as plaasvervangers van die vroeëre self aangelegde liederversamelinge. In die famieliekring, of elders, waar jongmense die geleentheid had om binnenshuis die tyd met sang te kort, werd by voorkeur na hulle gegryp. Teen al sulke aanslae van die jongere tyd was die liedjies uit grootvaders dae nie bestand nie. In verband met sommige gedeeltes van die stof wat ek in | |
[pagina 303]
| |
die eerste drie hoofstukke in detail behandel het, en my meer in die algemeen gemaakte gevolgtrekkinge in die laaste, verwys ek nog na die werke van Schonken, Groenewald en Boshoff en du Plessis, waarvan ek meer as eens ook 'n dankbaar gebruik kon maak. Dit was veral die gevoel dat daar nog veel verborge lê, wat my daartoe gebring het om die ondersoekinge, deur hulle begonne, voort te set. En dank sy die stof wat ek kon versamel, en die bronne, wat my verblyf hier in Nederland binne my bereik geplaas het, is dit my inderdaad geluk die vroeëre werk op hierdie gebied op baie plekke aan te vul en te verbeter, en terselfdertyd, om die kennis van die onderwerp as geheel 'n end vooruit te help. Dit is met die hoop dat ek hiermee die wetenskap in die algemeen en insonderheid ons Land en Volk 'n diens bewys het, dat ek hierdie boek nou die wêreld instuur. |
|