Suid-Afrikaanse volkspoësie
(1924)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendBijdrae tot die Suid-Afrikaanse volkskunde
B. Die Kind en die Natuur.Rympies en sprokies, soos die een net behandel, gaan al betreklik ver bo die eerste kinderjare uit. Die opgroeiende kleine het die eerste moeilikhede van die taal al oorwin; by die leer hiervan het wiegeliedjes en rympies geen geringe rol speel nie. Hy kan nou self loop en dit verruim sy wêreld; dit voer hom ver buite die enge grense van wieg en kinderkamer en breng hom in direkte kontak met die natuur. In hierdie paradys ken die verbeelding geen perke; lewenslose voorwerpe word deur die kinderfantasie met denkbeeldige lewe gevul. In diere en plante siet die kind weses van gelyke beweging as hy self; die sprekende diere van sy sprokies vind hy in die van die werklikheid trug en in die gesang van voëls en die gebalk van esels meen hy woorde te onderskei. Talryk in Europa, ofskoon minder so by ons, is die begroetings- of verwelkomingsliedjies aan bepaalde voëls en diere, w.o. die ooievaar en die koekoek. Elk van hierdie diere was vroeër aan 'n afsonderlike godheid heilig en werd na die winter ook deur volwassene feestelik binnegehaal. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 30]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Veral in verband met die Meikewer en die ‘Lievenheershaantje’, by ons bekend as ‘skulpadjie’, (Ciccinella septum punctata) bestaan daar 'n uitgebreide hoeveelheid van hierdie rympies. In Egipte al het hulle die kheper (kewer), wat die bal rol, waarin sy eiers sig bevind, in hoë verering gehou. Die bal was simbool vir die son, en die kheper vir die weldadige mag wat die sonnebal in beweging hou. In Indië werd die sonnekewer Indragopas genoem, d.w.s. deur Indra beskerm. Net soos van Ikaros onder die Grieke word daar elders van hierdie insek vertel dat hy te na aan die son gevlieg en so sy vlerke geskroei het.Ga naar voetnoot1) In sommige dele van Duitsland heet hy naas ‘Sonnenkäfer’ ook ‘Sonnevögle’ (Sakse). Die Germaanse oudheid het hom aan Freia gewy; daarom het hy later, toe die Freia-kultus merendeels tot Maria-kultus geword het, ook in Duitsland die naam van ‘Marienkäfer’ gekry.Ga naar voetnoot2) Op hierdieselfde wyse het ook die Nederlandse ‘Onze-Lieve-Vrouw-beestje, die Sweedse Jungfrou Marias Nyckelpiga (d.i. Maria's sleuteldraer), en die Engelse Ladybird en Ladycow ontstaan. In Nederland word die “Lievenheershaantje” aangespoor om na die hemel te vlieg: Engeltje, engeltje, vlieg ereis weg.
Je vader is dood, je moeder is dood,
Je kindertjes eten droog brood.
(Boekenoogen O.R., bl. 49).
Ook in Suid-Afrika word die “skulpadjie” op die hand geplaas: daar kruip hy rond op arm en mou tot hy eindelik 'n vingertop bereik. Dan lig hy langsaam sy dekskale en vlieg weg. As hy vroeër hiertoe by ons met 'n Afrikaanse rym aangespoor was, dan is dit al lang verdronge. Die formule wat gebruik word is Engels en lui: Ladybird, ladybird fly away,
Your house is burning, your children are hungry.
(Zastron).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 31]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In tal van Engelse wersies (vgl. Eckenstein bl. 92 vv.), word die vrees uitgespreek, dat die kinders sal verbrand of sal ronddwaal: - “Your children will burn” of “Your children will roam”. Na aanleiding nou, van parallelle Duitse ryme, soos: Himmelsküchlein, flieg aus!
Dein Haus brennt,
Deine Kinder weinen alle miteinander’,
spreek Manhardt die opienie uit, dat die rympie omtrent die Onze-lieve-Vrouw-beestje sy oorsprong vind in 'n beswerings- (tower-) formule bedoeld om die son deur die gevare van die nag te spoed: die huis, wat in brand staat, siet op die rosse gloed van die ondergaande son in die weste.Ga naar voetnoot1) Maar nie altyd is dit die brandende huis of die hongerende en dwalende kinders waaroor die rym dit het nie. Soms word dit 'n orakelrympie waarin die besie aangeroep word om o.a. liefdesvoorspellinge te doen. (Engels)
Ladycow, ladycow, fly from my hand,
Tell me where my true love stands,
Up hill and down hill and by the sea-sand.
(L. Eckenstein, bl. 94).
(Nederlands)
Pimpompole!
Vliegt over hole.
Vliegt over al:
Zeg, waar ik trouwen zal?
(C.T. VI, bl. 156).
Hierdie formule is ook in die Afrikaans bewaar: Skulpadjie, skulpadjie,
Waar is jou (my?) vryertjie?
Dit skyn as of die rympie van die brandende huis in verband met die skulpadjie nie in ons taal bekend is nie. By 'n ander klein insek, die ‘oumaatje’, wat onder die los sand boer, waar 'n klein kegel- of tregtervormige verdieping sy teenwoordigheid verraai, is niettemin so'n formule in | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 32]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
gebruik. Die ‘oumatjie’ leef op klein insekte: hy maak vir 'n oonblik sy verskyning as daar een van hulle in sy tregter val, om onmiddellik weer met sy prooi te verdwyn. 'n Heel ligte beroering van die sand is dus genoeg om hom na die oppervlakte te lok. Terwyl die kind dus met 'n stokkie heel saggies in sy kegeltjie roer word die volgende rym opgesê: Oumatjie, oumatjie, kom uit!
Jou huis brand, jou kinders is honger.
(Zastron).
Ryme met die bevel om na buite te kom bestaan in Holland in verband met die slak. So een is: Wouter, Wouter, kom uit jouw huis!
Jouw huis brandt af,
Al je deuren en vensters staan open.Ga naar voetnoot1)
Sou die formule in verband met die ‘oumatjie’ miskien op so'n slakkerym truggaan? Meer waarskynlik is dit, dat ons hier te doen het met 'n vertaling en nuwe toepassing van die vroeër genoemde Engelse Ladybirdrym.
Minder belangryk, uit 'n folkloristiese oogpunt, is die begroetingsformules in verband met die vlermuis: hulle is ewewel ook seer verbreid. By sy tuiskoms word hy vriendelik toegeroep: Vlermuis,
Kom in huis,
Ik zal je een bedje maken
Van een wit laken.
(Boekenoogen O.R, bl. 50).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 33]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Meesal is daar sprake van wat hy te ete sal hê, en dan klink dit deelnemend: Vlêrmuus komt 's avonds thuus,
Hi heît geen botter en brood in huus
(v. Vl. bl. 10.)
of, Vleurmuus komt t'avonds thuis,
Daar is geen boter of brood in huis.
(VT. III. 1317).
‘Botter en brood’ sê ook die Afrikaanse rympie, maar die vlermuis is alles behalwe 'n welkomme gas: Vlermuis, vlermuis, botter en brood,
Kom jy hier dan slaan ek jou dood.
(Stellenbosch.)
In Zastron, O.V.S. lui dit: Vlermuis, vlermuis, botter en brood,
Ek slaan jou net nou met 'n latjie dood.
en in Vrede, Vlermuis, vlermuis botter en brood
Kom jy hier dan is jy dood.
Ek twyfel daar nie aan nie, of ons rympie het vroeër ook 'n welkomsgroet in plaas van 'n bedreiging bevat, maar sy betekenis as towerdier het die vlermuis al lank al by ons verloor; van daar die omvorming van die begroetingsformule.Ga naar voetnoot1) Op bygeloof berus verder - dit staat in verband met die volksgeneeskunde - die ryme en gebruike in swang by | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 34]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
die uitval van die melktande. Die tand word op die dak gegooi, terwyl die formule uitgespreek word: Muis, muis, ek gee jou 'n beentand,
Gee jy my 'n steentand.
(Petrusburg).
of: Muis, muis, hier's 'n beentand,
Gee my nou 'n steentand,
(Zastron, O.V.S.).
In Vlaandere word by die geleentheid gesê: Muize - muize - manneken,
Geef my een ander tanneken,
Liever 'nen tand van been,
Als eenen van steen.
(Schrijnen N.V.K. bl. 218).
In Assen lui dit: Tand, ik gooi je over de wand,
Ik gooi je over 't meer,
Lieve Heer, geef mij een nieuwe tand weer.
(Driem. Bld. II, 17).
Soms is dit die Vlermuis wat in Europa die nuwe tand tuis bring: Vlermuis, kom 't avond thuis,
Breng me een nieuwe tand thuis.
Dit is opmerklik dat die Afrikaanse kind aan die ‘steentand’ die voorkeur gee. In die volgende rympie uit Franke, opgesê terwyl die tand in 'n muisgat gestop word, word daar eweëens om 'n steentand gevra. Mauslein' Mauslein, da hast du einen beinernen,
Gib mir einen steinernen.
(v. Andel, bl. 144).
Towerformules, dit is eientlik maar al hierdie rympies. Die muis, as knaagdier, is by uitstek geskik om te geld as simpateties towerdier.Ga naar voetnoot1) 'n Muiskop, volgens v. Andel bl. 28, | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 35]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
om die hals van kinders gehang, bevorder by hulle die tandekry: hierdie gebruik is wyd oor die Duitse lande verspreid. Ook teen ander kwale is gedroogde of gebraaide muise 'n middel.Ga naar voetnoot1) Van ons Suid-Afrikaanse opvattinge hieromtrent getuig Corn. Pyper ‘De Volksgeneeskunst in Transvaal’,Ga naar voetnoot2) 12, 47: ‘Onze Zuidafrikaansche stamgenoten geven kinderen lijdende aan “Enursis nocturna”, nachtelik bedwateren, water te drinken waarin een streepmuis met vel en al gekookt is, of laten hen streepmuizen eten met huid en al gebraden’. Formules waarin die muis voorkom word gebruik, behalwe in Groot-Nederland, ook nog in dele van Duitsland en Oostenryk, in Boheme, Galicië, en Bukowina, tot selfs in Rusland. Hulle verbreidheid, sowel as die betrekking tussen tand en muis, wys hoogswaarskynlik op 'n hoë ouderdom vir hierdie soort ryme.Ga naar voetnoot3)
Ek het die stof in verband met die rympies hierbo enigsins breed uitgespin, veral omdat daar by ons nog maar heel weinig reste oor is van formules waarin elemente uit ou volksgeloof trug te vinde is. Naas die ryme en formules egter wat op ou oorlewering berus, bestaan daar nog 'n ander soort, wat meer direk in verband staat met die eie vinding van die kind. Dit is, naamlik, die, waarin die geluide van voëls, diere en dinge direk in woorde omgeset word. Die talrykste is die Voël- en Diere- ryme. Die tarentaal roep: ‘Bankrot! Bankrot! Bankrot!’
Die klein kalkoentjie klae: ‘Siek! Siek! Siek!’
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 36]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die korhaan vloek: ‘So wragtie! So wragtie! So wragtie!’
Maar ook die kerkklok maan plegtig: ‘Kom, sondaars, kom!’
In die reël is diere en dinge egter veel minder lakonies. Die vlakpatrys roep nog enkel maar: ‘Kelkie wyn! Kelkie wyn!’ ....Ga naar voetnoot1)
maar die bergpatrys spreek al 'n volsin: ‘Katjiepiering bring die Kierie!’Ga naar voetnoot2)
Die swart kraai sit by homself te gesels: ‘Haal uit die oog! Haal uit die oog!
Potberg! Potberg! Hot hou! Hot hou!
O, die wa val om!’Ga naar voetnoot3)
Die trein spreek werklustig: ‘Bokkapater, sout en peper,
Gee my stoom dan loop ek beter.’
(Petrusburg).
So'n lading bakkapaters is miskien nie so'n seldsaamheid in die Karoo nie; in die reël egter, sal ook in Suid-Afrika die vrag in hoofsaak van 'n ander gehalte wees: Sakke, pakke, sout en peper,
Gee my stoom dan loop ek beter.
(Petrusburg, Parys, ens.).
Sakke en pakke is miskien iets te vanselfsprekends vir die skip van ons woestyn, die donkie, om nog woorde oor te mors. Hy interesseer hom liewers vir dinge wat buite sy swoeglewe om lê: ‘H-i-e-r tel ek 'n knipmes op!’
Dis myne!
Dis myne!
(Calvinia K.P., Petrusburg, O.V.S.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 37]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
of hy soek in die Bybel sy troos: Twaalf seuns, al twaalf, al twaalf!
Is dit miskien dieselfde stem wat ons teëklink uit 'n speelrympie uit Kakamas? Vir my, altans, lyk dit nie onwaarskynlik nie: Vra vir jou ma kalkoentjiesop!
Daar's 'n bees dood!
Daar's 'n bees dood!
Die voëls, veral, laat hierdie koor van viervoeters tot 'n sterk geluid aanswel. Die eende slaan nogal plat daarop los:
Die ganse is op 'n steelparty uit:
Ook die paddas doen nie onder vir hulle aartsvyande nie; grommend voer hulle aan die walkant hulle gesprek:
Besonder veel drukte veroorloof die hoenders hulle soms; die hen wat nes soek loop eentonig te galm: ‘As ek maar al dat so
, so
, so
’!
(Calvinia).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 38]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dan, later, kekkel sy snel: ‘Ek 't 'n eier gelê! Ek 't 'n eier gelê!’
Die ander hoenders:
Wie 't gesien? Wie 't gesien?
Die haan:
Ekke! Ekke!
(Petrusburg.)
Nog meer dramatis personae kan aan die dialoog deel neem:
Hen:
Ek het 'n eier gelê! Ek het 'n eier gelê!
Makou:
Waar? Waar?
Kalkoen:
In die koelte! In die koelte!
(Heilbron, O.V.S.)Ga naar voetnoot1)
Vollediger nog word die koor by Tante Kota (bl. 34): ‘Eier gelê! Eier gelê!’ sê die hoender
‘Waar, waar? (sag) sê die makou.
Om die hoek, om die hoek!’ (vinnig) sê die kalkoen.
‘Ka, ka, ka, ka! lag die ganse.
Maar ook die wilde voëls word soms deur ons kleuters afgeluister en geinterpreteer. Die kokkewiet het soms die onprettige gewoonte om voor die deur te gaan sit en op die mees ongewenste ure van die dag gaste aan te kondig: ‘Digter by, digter by,
Kuiermense digter by!’
(Zastron, O.V.S.)
Op sy beurt word hy dan ook dikwels vergas op die tyding: Kokkewiet, kokkewiet,
Jou vrou is siek
Al wat ek gee
Dit lus sy niet.
Gee ek haar 'n pot rys,
Dan sê sy dit maak haar wys;
Gee ek haar 'n pot ertjiesop,
Dan skep sy dit met haar vlerkies op;
Gee ek haar 'n pot boontjiesop,
Dan skep sy dit met haar toontjies op.
Kokkewiet, kokkewiet,
Jou vrou is siek. (Zastron.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 39]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hierdie laaste rympie is in sy oorsprong waarskynlik nie voëlrym nie (sie bl. 54); 'n samenloop van omstandighede het hom nietemin heel geskik vir die doel gemaak. Twee egte voëlryme tree weer op in verband met die Jan-Fiskaal of laksman, wat goggatjies en ander voëltjies aan dorings en prikkeldraad ophang. Self waarsku hy in één rym: ‘Ek is kwaad, ek is kwaad, ek wil hang!’
(Schonken 108.)
Natuurgetrou is die beskrywing van hom in die twede rympie dan: Jannetjie Fiskaal
Sit op die paal;
Sy hoed is stukkend
En sy kop is kaal.
(Worcester, K.P.)
Hierdie laaste versie is een van die weinige voorbeeldeGa naar voetnoot1) wat ek by ons kon vind van 'n uitgebreide klas in die Europese volkspoësie die, naamlik, waarin 'n dier direk toegespreek word. Ter toeligting noem ek hier nog twee Nederlandse: 1. Op die koekoek.
‘Kokuit,
De luie guit,
De geelvink broeit zijn eiers uit’.
(v. Vloten, 87.)
2. Op die ooievaar.
Ooievaar, lange poot,
Haal de kikkers uit de sloot,
Steek ze in je lange bek,
Maak ze dood met trekke, trek,
Tot ze roepen: Kwekke, kwek.
(v. Vloten 88).
Ten slotte moet ek nog ewe die sogenaamde ‘Paddakoor’ aanhaal. So direk hoort dit miskien nie onder hierdie rubriek tuis nie, maar na sy gees vorm hy tog 'n passende sluit- | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 40]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
steen vir die afdeling ‘Kind en Natuur’. Van oorsprong sal hy seker Hollands wees; ek kon hom, nietemin, in Nederland nie trugvind nie: So mid-da-ge en nag-te lank. Horen wij de kikvors sing:
kwik, kwak, kwik, kwak, kwie-rie, kwierie, kwierie, kwierie, kwik, kwak, kwak.
kwierie, kwierie, kwierie, kwierie, kwik, kwak, kwak, kwik, kwak, kwak
Variant: Somer, morgen, dagen } lang,
Uren, dagen, maandenGa naar voetnoot1) } lang,
Hoort men steeds de kikvorssang:
Kwiek, kwak, woerts deur die water,
Kierie, kierie, kierie, kierie, kwak, kwak, kwak (bis)
Kwak, kwak, kwak, kwak.
(Stellenbosch.)
|
|