Suid-Afrikaanse volkspoësie
(1924)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendBijdrae tot die Suid-Afrikaanse volkskunde
C. Die kind teenoor die Maatskappy.a. Stafryme en Kwelspreuke.Naas die Natuur kom die kind gou ook al te staan teenoor die Maatskappy. Sy instinkte is nog hoofsaaklik egoïsties. Hy meet sy kragte aan die van sy medemens, en die proefkonyn hierby is sy makker. Behalwe die spel maak hy vir hierdie doel ook gebruik van raaisels en ryme. Dit is hom 'n lus om te kwel en te pla; vandaar die ontstaan van tal | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 41]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
van spot- en tergrympies, van kwelspreuke en stafryme om snel uit te spreek. Die lus tot klank- en woordspelinge is iets algemeen mensliks. Die vaste stafryme wat hier volg bepaal sig egter meer uitsluitend tot die kinderwêreld. Soms skyn hulle enkel bedoel as oefening in tongvaardigheid; tot kwelspreuke word hulle - met alliterasie of daarsonder - wanneer hulle tewens moet dien om die makker beet te neem. Meer as een Afrikaanse is van Nederlandse herkoms en tree ook in ander tale op. So die bekende ‘tongknopertjie’ met W, wat in allerlei variante aangetref word: in Petrusburg: Wie weet waar Willem Wanter woon?
Willem Wanter woon wes waar wy woon.
in Zastron: Wie weet waar Willem Wouters Wylenbach woon?
Willem Wouters woon waar Willem Wickers woon;
Willem Wickers woon waar Willem Wessels woon.
in Bethulie: 1.
Wie weet waar Willem Wouter woon?
Willem Wouter woon waar warm weste winde waai.
2.
Wie weet waar Willem woon?
Willem woon weswaarts;
Wie weet wat Willem werk?
Willem was wit wol.
In Nederland wariëer die rym soms ook sterk; die volgende is uit die Suide: Wiê weet waar Willem Waanders woont?
Willem Waanders woont wîd wage weg.
Wiê weet wat Willem Waanders werkt?
Willem Waanders werkt witte wollen winterwantjes.
(Warfiem: Driem. Bld. bl. 43).Ga naar voetnoot1)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 42]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Nie minder verbreid is by ons Afrikaanse variante van die Nederlandse stafrym, De kat die krabt de krullen van de trap. Deurdat by ons ook die timmerman daarby gehaal word en ‘krulle’ in die sin van ‘skaafsels’ 'n nie gebruiklike woord is, ontstaan daar tal van verbasteringe:
in Petrusburg:
in Bethulie: Jan die trap die timmerman, die rooi kroes krulle van die trap. in Stellenbosch: Die kat, die trap, die timmerman, die rooi, die kroes, die knak, die krulle van die trap. in Heilbron: Die kat die krap die timmerman se krulle van die trap. Die ryme van ‘Willem’ en ‘die kat’ is oorgeërf: die wat nou volg is bes moontlik almal Afrikaans van oorsprong: 1. (tweemaal agtermekaar):
Jou onderste baatjie, jou bobaatjie;
Dis 'n onderbaatjie dis 'n bobaatjie se onderbaatjie.
(Kakamas.)
2.
Danie dag Dawie sou Sondag opdaag om daardie
danige draggie op 'n draffie te draag.
(Brw. 1 Sept. 1910 bl. 223.)
3.
Flip Faurie vreet vet vleis,
Vet vleis vreet Flip Faurie.
(ibidem).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 43]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
4.
Die kok die kook die bok se kop in die koper pot.
(Petrusburg en Brw. tap.)
5.
Lang Jan Louw se blou pak klere,
Die blou pak klere van lang Jan Louw
(Heilbron, O.V.S.)
6. (a)
Kapok pak op, kapok pak af.
(Petrusburg.)
(b)
Kapok pak op op die spitskop se kop.
(Zastron.)
8.
Ek pak 'n kis, jy pak 'n kis.
(Koffiefontein.)
9.
Ag en taggentig klein aardappeltjies.
(Petrusburg.)
10.
My pa het 'n mes met elf elshefte.
(Kakamas.)
11. (a)
Dawid druk die duiwel dwars deur die
dubbele doringdraad.
(Koffiefontein.)
(b)
Die dooie dikke drommel druk die duiwel deur die dubbele doringdraad.
(Bethulie.)
(c)
Dawid dryf die duiwel deur die doringdraad.
(Parys.)
(d)
Trynie dryf die duiwe dwars deur die doringdraad.
(Brw. t.a.p.)
12.
die perd galop die hoogte op. (Paarl.)
13.
My ma se meul maal mooi mielie meel.
(Paarl, Parys en Zastron.)
14.
Neef, my neus jeuk, jeuk neef se neus ook?
(Paarl, Koffiefontein.)
15.
Ek saai slaai saad
Slaai saad saai ek.
(Paarl.)
16.
Die sonskyn skuif skuins oor die skyf.
(Brw. 1 Sept, 1919., bl. 223.)
17.
Agter die berg loop vier vet sweet-vos-bles perde;
Die vier vet sweet-vos-bles perde
Is my vier vet sweet-vos-bles perde.
(Heilbron.)
18.
Swart kat, grys kat, swart kat, grys kat. ens.Ga naar voetnoot1)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 44]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Snelsêertjie is eindelik seker ook: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
b. Strikvertelsels, strik-vrae en -antwoorde.In nou verband met die kwelspreuke, waarin die dommere en swakkere beetgeneem word, staan die ‘Strikvertelsels’. Die volgende kom oor 'n groot gedeelte van Europa voor.Ga naar voetnoot2) Twee kinders, 'n slimme en 'n domme: (Afrikaans)
‘Ek gaat na die sloot’.Ga naar voetnoot3)
- ‘Ek ok!’
‘Ek laat daar 'n hoop’.
- ‘Ek ok!’
‘Die kraai die kom’.
- ‘Ek ok!’
‘Hy pik daarin’.
- ‘Ek ok’.
(Petrusburg.)
(Nederlands)
Ik ging naar Brugge.
- Ik ook!
Ik speelde in 't zand.
- Ik ook!
Ik kocht een paardje.
- Ik ook!
Ik maakte een putje.
- Ik ook!
Ik kakte er in.
- Ik ook!
Daar kwam een vogelken in pikken
- Ik ook!
(Denderleeuw: CT. VIII bl. 162-3).
Word dit snel gesê dan word die dommerik gevang. Ken hy die kunsie dan sê hy ‘Ek nie’ of ‘Jy ok’. Nog beter verteenwoordig as die strikvertelsels is by ons die Strikvrae en Strikantwoorde.Ga naar voetnoot4) Soms is die gesegdes ook algemeen Europese eiendom. So die volgende: Hoe oud is jy?
- So oud as my hande maar nie soos my tandeGa naar voetnoot5)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 45]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kan ek saam gaan?
- Ja, met Jan tuisblyer se karretjie.Ga naar voetnoot1)
Hoe laat is dit?
- So laat as gister die tyd.Ga naar voetnoot2)
Soms is daar beslis meer as een trap van ontwikkeling in so'n antwoord te bemerke. So is reel 5-6 van die volgende in sy oorsprong, en soms nog, die repliek van die beetgenomene. Om sig daarteen te dek moet die plaaggees dit dan self in sy formulier opneem: Raai wat?
- Wat?
As dit reent is dit nat,
En as jy my kwaad maak,
Skop ek jou gat.
(Worcester, K.P.)
Dieselfde is ook die voortgang by party van die strikantwoorde hier: Wat?
- Kat se gat,
Waar jy met jou hande en tande aan vat.
(Petrusburg).
‘Hoekom?’
- ‘Sommer.’
Sommer het nie rede nie.
Skulpad het nie vere nie!’
(Ibid).
Wie is jy?
- Ek is ek
En jy's my gek.
(Ibid).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 46]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
of: - Ek is Piet le Roux,
As jy nie wil glo nie kan jy kom proe.
(Zastron).
Vir die kind wat buitenstyds neul oor kos weet moeder raad: Ma, ek het so honger.
- Gaan na Jan Brommer;
Daar lê tien mud gars, (of: koop tien, ens.)
Eet dat jy bars.
(Petrusburg.)
Interessant is 'n soortgelyke resep teen die dors in Volkskunde I, bl. 111. Hadde gy dorst?
Ga dan naar Jan Worst:
die heeft een hondje
die zal p .... in uw mondje.
In 'n versie uit Albertinia K.P. is altwee huismiddele opgeneem en nog 'n derde teen die vaak toegevoeg. Het jy honger,
Gaan na Pieter Bronger;
Daar staan ses sakke gars,
Eet laat jy bars.
Het jy dors,
Gaan na van der Hors(t);
Hy het 'n hondjie,
Die sal blaas in jou mondjie.
Het jy vaak,
Gaan na Koos Vermaak;
Hy het 'n kooi,
Daar lê jy mooi.Ga naar voetnoot1)
Wyd en syd bekend is ook ‘Drie draadjiesGa naar voetnoot2) om die boom’.Ga naar voetnoot3) Die dommerik moet dit herhaal; die slimmerd antwoord dan met reël 2: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 47]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Drie draadjies om die boom.
Die vark is jou peetoom.
Dit word ook wel gedupliseer met: Is die sitplek van iemand se broek stukkend, dan hoor hy die kwelspreuk: Kraai, Kraai, skaam jou wat,
Al die mense sien jou gat.
(Paarl.)
Kom dit tot 'n geveg, of liewers,tot dreiëmente, dan is daar die volgende pronkspreuk klaar, waarby die bangerd beurtelings die vuiste onder die neus gedruk word: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
c. Spot- en Terg-ryme.Spot- en terg-ryme in verband met persoonsname is betreklik talryk. Die klein broertjie, wat te pas en te onpas agter sy groter susters aansleep, word afgejakker met | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 48]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Jan’ kry nog meer onaangenaamhede tot sy deel. Hy word graag in verband gebring met ‘skoen’Ga naar voetnoot1) Jan pampoen,
Skyt in die skoen,
Was jou gat met suurlemoen.
(Petrusburg).
Tiepies vir 'n Afrikaanse tergrym is: Jan Makkepan,
Die duiwel jaag hom an,
Die satan keer hom voor
By die poskantoor.
(Noord-Vrystaat).Ga naar voetnoot2)
Jan tiek, Jan tak (ook Jan twiek, Jan twak) is ook in Europa bekend: (Afrikaans)
Jan tiek, Jan tak,
Jan hawersak,
Jan ryerpolGa naar voetnoot3)
Jan perdedrol,
Jan vinger in die hol.
(Petrusburg.)
(Nederlands)
Jan kwik, Jan kwak,
Jan haver in de zak,
Jan pijp in de mond,
Jan peerdestront.
(CT. VIII, 82.)
‘Piet’ word steeds gerym op ‘riet’: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 49]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.
Piet verdriet,
Die hondebandiet,
Vermoor sy vrou en kinders puur verniet.
(Smithfield).
'n Rympie wat ook op ander name kan toegepas word is: Meisiekinders moet net so goed tol betaal:
Anna: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1.
2.
Anna kapaat,
Sy steel 'n granaat,
Sy loop in die pad,
Dat haar voete so klap.
(Bethulie)
'n Twede rympie op Anna is ook in Nederland bekend:
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 50]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kaatjie:
Kaatjie, Kaatjie, kekkelbek,
Val van die trap en breek jou nek.
(Dealesville)
Sara:
Sara, Sara, bamboesblare,
Sy lap haar rok met rooi gare.
(Albertinia).
of, Sara, Sara, bloekomblare,
Die ou meid werk met rooi rugare
(Worcester).
Hessie.
Hessie tessie,
Spinnekopnessie,
Loop met 'n bottel
Maar nie met 'n flessie.
(Parys).
Sannie.
Sannie, Sannie
Van oom Jannie,
Sy wil graag slim wees.
Maar sy kannie.
(Parys).
Op famieliename bestaan eweëens passende spotryme:
Faurie.
Piet Faurie,
Byt aan sy knie,
Dan sê hy nog, ‘Wie?’
(Zastron).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 51]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Van Blerck.
Piet van Blerck,
Styf en sterk,
Gou by die bak,
Maar lui by die werk.
(Calvinia).
du Plooy.
Piet du Plooy,
Sit in die kooi;
Hy vang 'n vlooi;
Dit byt hom rooi;
Hy sê dis mooi.
(Rouxville).
du Toit.
Liewe oom du Toit,
Sit in die kooi,
Vang 'n vlooi,
Knyp hom rooi,
En sê dis mooi.
(Ficksburg).
Terblanche.
Pieter Terblanche,
Hy sit op die krans,
Hy speel dat die parras so dans.
(Ladybrand)
Gert Terblanche,
Sit op 'n krans,
Skreeu soos 'n oopbek gans.
(Zastron).
Bouwer.
Lenie Bouwer,
Loop tog gouer,
Trek jou kousies hoger op,
Sit jou kappie op jou kop.
(Bethulie).
Van Zyl.
Oom Piet van Zyl
Skiet met sy pyl
Twee patryse
Ag ou muise -
Brawe oom Piet van Zyl!Ga naar voetnoot1)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 52]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
d. Wilde Gebedjies.Kinders is groot naäpers: die gewoontetjies en hebbelikheidjies van die volwassene om hulle heen word nie gespaar nie, maar dikwels nageboots en selfs belaggelik voorgestel. Ook die gebede van die grootmense vind hulle teenhangers in die Wilde gebedjies van die kinderwêreld.Ga naar voetnoot1) Baie maal word so'n wilde gebedjie deur die moeder self aan die kinders geleer om erger te voorkom en die gevaar af te wend van papa se tafelgebed oor poppedineetjies te hoor prewel. So'n poppegebedjie voor die ete is ‘Biesie, biesie, bame’. Van belang is veral die eerste reël; die kom ook voor in 'n Nederlandse wilde gebedjie (v. Vloten, bl. 172): Bestje, bestje bramen,
De kat leît in de kramen,
't Hondje leît in 't nestje,
Gouwen, gouwen bestje;
Daar kwam Jaapje met zijn schuit,
Maakte 't heele bestje bramen uit.
By ons is die eerste twee reëls gewoonlik konstant; daarna tree die variante in; dit lui: 1. in Zastron:
I. Biesie, biesie bame,
hôu jou handjies same,
Stomp stert, visvang,
Amen.
II.
Biesie, biesie bamen,
hou jou handjies samen,
Eers 'n bietjie vleis,
Dan 'n bietjie rys.
Amen.
2. Petrusburg:
Biesie, biese bame,
of: (Bietjie, bietjie brame)
hou jou handjies same.
Kook 'n potjie rys
en 'n potje vleis.
Amen.
3. Heilbron:
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same,
kook 'n potjie rys,
dan 'n potjie vleis.
Kadoes, stompstert.
Amen.
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 53]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
4. Calvinia:
Biesie biesie bame,
hou jou handjies same,
sit die hande in die skottelgoedkas,
knoop die duiwel aan die agterpoot vas.
Amen.Ga naar voetnoot1)
5. Koffiefontein:
Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
kook 'n potjie rys,
kook 'n potjie vleis,
koes, koes, kindere.
Amen.
6. Paarl:
(a) Biesie, biesie bame,
hou julle handjies same;
braaibout is op die tafel,
stomp stert. Amen.
(b) Biesie, biesie bame,
hou jou handjies same;
katjie eet die kossies op,
Amen.
Die meeste variante herhaal ‘kook’ in reël 4: hulle is dus in hierdie opsig gelyk aan Nr. 5 hierbo. Dikwels is hulle ook drieregelig soos Nr. 6(b). Van hierdie laaste lui die 3e reël by 'n paar versies uit Parys: ‘Spring op die tafel’, en ‘Kluitjies en brame, amen’. By die langere versies kom die volgende vierde reëls nog voor: ‘Tos, tos, amen’ (Albertinia), ‘Potlekkertje, amen’ (Parys), ‘Velstoeltjie, trane, amen’ (Stellenbosch)’. 'n Lesing wat na staan aan die een uit Calvinia het r. 3-4: Vat die duiwel aan die agterpoot,
Slaat hom teen die tafel dood (Noord-Vrystaat).
As dankgebed dien dan soms nog: Ek ben versadig en verkwik,
My maag is vol, my pens is dik.
Welbekend is ook: Here gee pere vir die onbekeerde,
Appelkose vir die goddelose,
Pruime vir die opgeruimde.
(Heilbron)Ga naar voetnoot2)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 54]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die wilde gebede is in Suid-Afrika buitengewoon seldsaam! Van die talryke voorbeelde in Nederland noem ek twee by wyse van kontras teenoor die by ons: 1.
Onze Vader, die der zijt
Zet de schotel niet te wijd,
Brok de brokken niet te dik.
Dat ichder mich niet in verslik.
(CT. VIII, 171).
2.
Moeder Marij, bid voor mij,
Dat ik een dik stuk brood krij',
En dat onze Vader zoet,
Daar ook boter en kaas op doet.
(v. V1. 171).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
e. Die Luiaardsrympie en die Leuenlied.Naas die op humor afsturende tergrympies en wilde gebedjies vind die sogenaamde ‘luiaardsrympies’ hier bes 'n plaas. Interessant is een wat ons vroeër al as voëlrym leer ken het,Ga naar voetnoot1) n.l.: Kokkewiet, kokkewiet, / My vrou is siek,
In die middel van die week / Maar Sondag niet.
(Petrusburg)Ga naar voetnoot2)
By hierdie vierregelige strofe - seker op een versreël na die oorspronklike lengte van die rympie - kom sig nou nog 'n aantal voeg waarin die siektesimptome beskrywe word: Kokkewiet, kokkewiet, jou vrou is siek,
...............
Kokkewiet, kokkewiet, my vrou is siek
In die middel van die week, maar Sondag niet.
Al wat ek haar gee dat lus sy niet.
Gee ek haar 'n pot rys
Dan sê sy dit maak haar wys;
Gee ek haar 'n pot ertjiesop,
Dan skep sy dit met haar vlerkies op
Gee ek haar 'n pot boontjiesop,
Dan skep sy dit met haar toontjies op
Kokkewiet, kokkewiet,
Jou vrou is siek.
(Zastron).
Gee ek haar boontjies,
Dan roer sy haar toontjies,
Ge ek haar ertjies,
Dan roer sy haar stertjie,
Gee ek haar sop,
Dan skop sy agterop.
(Petrusburg).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 55]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dit is opmerklik dat aan elk van hierdie twee lesinge waarskynlik iets ontbreek wat deur die ander aangevul word: 'n variant in ‘Die Brandwag’ (Julie 1918) bevat die reëls. ‘Elke week maar Sondag niet,
Al wat ek kook dit lus sy niet’
Dr. C.F. Groenewald het aangetoon dat die voorloper van liedjies van hierdie soort bes moontlik die kinderrympie van ‘Kortjakje’ is, wat op sy beurt weer ontstaan is uit die refrein van 'n agtiende-eeuse volksliedjie getittel: ‘Een Nieuw Lied van Kortjackje, Of 't leve en bedrijf van een Secrete-Vrouw in dese Stad, die so gaere de Borrel had’ (vgl. Boekenoogen O.R. bl. 6). Die kinderrympie lui: Altijd is Kortjakje ziek
Midden in de week, maar Zondags niet.
Zondags gaat ze naar de kerk
Met een boek met zilverwerk.
Naas die rympie van Kortjakje noem Dr. Groenewald dan nog twee ander waarin ook dieselfde soort siekte optree: Mietje-Wantj' is altijd ziek,
geheel de week en 's Zondags niet.
's Zondags staat zij aan haar deur,
Om te verwachten haar serviteur.
Lootens & Feys bls. 217, Nr. 221.
Jan, mijne man, is altijd ziek;
g'heele de weke, g'heel de weke.
Jan, mijne man, is altijd ziek,
g'heele de weke, 's Zondags niet.
(F. v. Duijse II, 1187.)Ga naar voetnoot1)
Hy gaat dan voort as volg: ‘Die begin van die rympie is, as voëlrympie, byna woordelik in S.-Afrika bekend: Kokkewiek, kokkewiek, my vrou is siek,
In die middel van die week maar Sondags niet.
Die vervorming van die liedjie of 'n daaruit ontstane rympie het in S.-Arika waarskynlik vroeg plaas gevind: de meegedeelde variant is die enige my bekend en word, bowedien, ok in streke gehoor maar die voël, die kokkewiek, nie voorkom nie’. Hoe het dit nou gekom dat die kokkewiet hierdie plek | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 56]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
in 'n ou rympie gekry het waar hy oorspronklik tog nie tuis hoort nie? Die antwoord vind ons in 'n drietal Afrikaanse lesinge wat Dr. Groenewald nie geken het nie. Een daarvan is n.l. dieselfde Zastronse van so flus. Die word baiemaal ook gehoor met die beginreël: Pierewiet, pierewiet, jou vrou is siek.
Die tweede stam uit die Boland en die derde is die vroeër aangehaalde versie van die Brandwag. Die Bolandse variant:
Pierewiet, pierewiet, my man is siek;
Al wat ek kook dit lus hy niet;
Kook ek vleis,
Dan lus hy rys:
Kook ek rys,
Dan lus hy vleis.
Die Brandwag se variant:
Jan Pierewiet,
My vrou is siek,
Elke week maar Sondag niet,
Al wat ek kook dit lus sy niet.
(Brw., Julie, 1918).
‘Jan Pierewiet’ sal wel ontstaan wees onder invloed van die gelyknamige dans sodat al drie versies in hierdie geval spreek vir die oorspronkelikheid van ‘Pierewiet, pierewiet’. Hierdie laaste twee woorde kon natuurlik maklik verdronge word deur die byna gelykluidende voëlnaam.Ga naar voetnoot1) Eindelik - en dit lyk my afdoende bewys - is die aanvang met ‘Pierewiet’ ook in Nederland bekend: CT. IV, | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 57]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
336 haal 'n rympie uit Lokeren an waarvan mens die verwantskap met die Afrikaanse hierbo moeilik kan ontken. Die teks lui as volg: Piere - wiere - wiet!
Mijn vrouw is ziek.
Piere - wiere - wiet!
Wat heeft z' dan?
Ze heeft wat z' heeft,
Z'en kan nie meer genezen.
Moet ons miskien nog 'n reminissensie van ‘Jan myn man’ soek in die ‘Jannet’ van 'n Afrikaanse dansliedjie uit Calvinia? Die twede reël bewys in elk geval hoe nou die verband is met die rympies van die sieke vrou. Op eg Afrikaanse wyse is hier ook eindelik die geneesmiddel gevonde: Moeder Let, moeder Let, Jan-net is Siek! Al wat ek
kook dat lus sy niet. Kook dan maar van die rooi koei
kwas, En werk dit aan sÿ brock-sak vas, En vat en
vat 'n taai-bos lat, En slaat sÿ gat so wa-ter nat.
Die rympie van die siek vrou is 'n geestverwant van twee ander, ‘Ek wens dat aldag Sondag was’, waarvan Dr. Goenewald die Nederlandse versie nie kon vind nie, en die bekende een op die dae van die week, 'n soort van luiaardskalender. By hierdie laaste haal Dr. Groenewald ter vergelyking 'n Nederlandse versie uit Driem. Bld. VI, 18, aan: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 58]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Egte Suidafrikaanse rym ook op die dae van die week, is seker Antjie, my kind. Met die idee van vlugheid daarin is hy eientlik 'n teenhanger van die vorige: Antjie my kind,
So gou as die wind;
Maandag getroud,
Dinsdag 'n kind;
Woensdag gedoop,
Donderdag geloop,
Vrydag gespeen,
Saterdag weer een.
(Petrusburg).
Die ander liedjie hierbo na gedefereer behoort tot die sogenaamde ‘Leugenliederen’, 'n genre waarin ons volkspoësie maar heel weing aan te wyse het. Die leunsprokie van Luilekkerland ken ons; so ook - maar as raaisel in ongebonde styl met antwoord: ‘'n leuen’, - die rympie van die molesteen wat op die water dryf.Ga naar voetnoot2) Die leuenliedjie par excellence, waarin vertel word: 't Koetje zat by 't vuur en spon,
't Kalfje lag in de wieg en zong,
't Katje karnde de boter, ens.Ga naar voetnoot3)
en ander dergelike is by ons onbekend. Die wens van die luiaard behoort, anders as die juis aangehaalde versies, nie tot die liedere waar die leun doel is nie, maar tot die waar hy middel is, n.l. om 'n gevormde | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 59]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
wens of genome besluit deur een of ander beeld, aan die ryk van die onnatuurlikheid ontleen, des te sterker te laat uitkom. Dit staat dus, soos Pol de Mont in Ned. Mus., 1889 bl. 246 v.v. tereg opmerk, op een lyn met uitdrukkinge en spreuke soos ‘Als de kalveren op het ijs dansen’, ‘Als de weerhaan zal kraaien’ en ‘In 't jaar één als de uilen preeken’Ga naar voetnoot1) Die Afrikaanse teks, waarnaas ek 'n Nederlandse plaas, lui as volg: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die Nederlandse versie is volgens Pol de Mont ‘'n geheel Vlaamsch-België door verspreide stroophje’; ook in S.-Afrika is hy alom bekend, maar, net soos die een van die sieke vrou, skyn hy vir die Afrikaners nog nie Afrikaans genoeg te wees nie; hy kry nog'n ander inhoud, meer pierewaaierig as lui: Ek wens dat aldag Sondag was,
En kermoesGa naar voetnoot3) in die week,
En al die klippe nooiens was,
Dan werk ek nooit 'n steek.
(Petrusburg).
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
f. Die Uittelryme.Ons kom stadig aan tot 'n belangryke groep van die rympies wat die poëtiese produkte van die kinderlewe uitmaak. Dit is die sogenaamde Aftel-, Uittel- of Uitbofrympies; hulle vorm die inleiding tot tal van spele. Veral in 'n ver- | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 60]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
sameling Afrikaanse kinderrympies is hierdie groep nie te onderskatte nie; in getal oortref hulle al die ander soorte; dit ook omdat meer as een rympie, wat van huis uit elders tuis hoort, deur die praktyk hier ondergebrag is. Die kind is imitatief: wat die ouers in hulle daelikse bedryf verrig, doen die kind hulle na in sy spel. Die kinderspel is dus as 'n reël 'n refleks van wat daar so al in die wêreld van die volwassene te koop is. Ons sou egter 'n fout begaan as ons in ons kinderspele enkel 'n afspiegeling van die hede sou gaan soek; want die kind is ook konserwatief: voorwerpe en gebruike, wat by die volwassene al afgedaan het, word in die kinderwêreld nog gehandhaaf. Wat op 'n meer primitiewe trap werktuig was van die vader, word in 'n later tydperk speeltuig van die kind.Ga naar voetnoot1) Die kinderspel word dus, naas spiegel van die teenwoordige tyd, in seer ruime mate ook nog so min of meer museum van voorwerpe en gebruike uit die verlede. Een van hierdie gebruike, wat by sport en spel nog die plek inneem wat hy vroëer ook in gewigtiger aangeleënthede gevul het, staat in verband met die gewoonte om die lot te laat beslis. Van die gebruik wat gemaak werd van die lot by die Jode lewer sowel die Oue as die Nuwe Testament voorbeelde.Ga naar voetnoot2) Die Germane, vertel Tacitus, het die lot gewerp om daaruit die toekoms te leer ken.Ga naar voetnoot3) Ook by die Grieke en Romeine was dit in algemeen gebruik.Ga naar voetnoot4) Bekend is in verband met laasgenoemde die Sortes Virgilianae, ewe as by die Kristene later die Sortes sanctorm (apostolorum, prophetorum, ens.) In die lewe en verrigtinge van heel primitiewe volke is die lot tot vandag toe nog 'n gewigtige faktor. Uittel by spele berus op die beginsel van lotsbeslissing, en is as sulks as res van 'n verouderde gebruik te beskoue. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 61]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Meer as een van die formules by die uittel in swang dateer sonder twyfel ook uit 'n ver verlede; ja, juis hier tref ons miskien ons oudste kinderryme aan. Die raadpleging van die lot het soms met veel plegtigheid gepaard gegaan, want, in die woorde van Spreuke XVI, 35, ‘Het lot wordt in den schoot geworpen, maar het gehele beleid daarvan is van den Heere’. Die gebede, formuliere en inkantasies, wat die kind hierby van die lippe van die priester of die paterfamilias afgehoor het, het hy ongetwyfeld later ook by sy spel te pas gebring; en juis daar het dit kans gehad om bewaar te bly as spelproloog of uittelrympie self ook nadat dit op sy wettig gebied al lang verlore gegaan was. Meer as een aftelrympie - ook ‘lotrympie’ genoem, - het seker 'n dergelike ontstaan gehad, ofskoon dit weëns latere verbastering en verwildering in die meeste gevalle nou moeilik met sekerheid meer uit te make is. Soms sal die uittelrympie seker ook 'n ander weg gevolg het as direk van priester tot kind. Dit is bekend dat ook die formuliere waarmee towenaars en gogelaars hulle toere inlei vroeër dikwels uit heilige boeke, gebede, en dergelike sake in verband met die godsdiens ontleen is. Sulke gogelaarsbesweringe het dus baiemaal die weg opgegaan van hoc est corpus toe dit hocus pocus werd. Langs toornaar en waarsêer sal meer as een formule, dan, onverstaanbaar al, sy lewe as lotrympie begin het. Soms word sulke rympies vandag nog voorafgegaan deur 'n klein seremonie soos roer met die hand in 'n pet, iets waar die Nederlandse ‘Rommele, rommele, deire pot’ ons nog aan herinner. Ook sulke handelinge laat denk aan die gebare waarmee die kunstemaker sy toere inlei. Naas die formuliere van priester en toornaar het daar verder nog tal van siektebesweringsformules bestaan, waar ook die gewone mens gebruik van kon maak. Ook hier was 'n ryke bron waaraan die uittelrym kon ontleen.Ga naar voetnoot1) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 62]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Wat die interpretasie van die uittelrympie betref, is sommige vandag nog slegs half verstaanbaar. Andere weer is so onverstaanbaar geword dat daar weinig hoop vir ons oorbly om ooit weer hulle oorspronkelike betekenis trug te vind. Veral waar uittelryme uit 'n vreemde taal oorgeneem is en deur die spelers maar half begrepe word, kan verbastering snel sy invretingswerk voltooi. Die volgende Afrikaanse rympie is daar tot op 'n seker hoogte al 'n voorbeeld van: Koning, koning paardelyn,
Steek jou kop in terpentyn;
Want dit laat hom blink en skyn,
Koning, koning paardelyn.
(Huisgenoot Des. 1922 bl. 335).
Oorspronkelik was dit 'n Engelse rympie en het dit gelui: Queen, queen Caroline,
Dipped her face in furpentine,
Turpentine made it shine,
Queen, queen Caroline,
(Gregor bl. 11).
Van die kinderryme, daardie seer wilde bloeme van die volkspoësie, is die uittelrympie seker die wildste. Heel dikwels dien getalle as uitteleenhede, maar daarnaas ook die name van voorwerpe: diere, spyse en dranke, kledingsstukke, liggaamsdele, verwantskapsname, en selfs eiename. Van versies wat op ander gebiede tuishoort, onegte uittelryme, word hier ook ruimskoots gebruik gemaak, sodat die aftelrympies, as geheel, soms 'n sonderlinge mengelmoes vorm. 'n Groot aantal van die Uitbofrympies by ons is van elders afkomstig: waar moontlik plaas ek 'n Nederlandse variant daarnaas. Let op die spyse en dranke wat optree in die volgende: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 63]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2
Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe,
Om die hoek van mama's skewe,
Ongeluk - dientje, ongeluk - daantjeGa naar voetnoot3)
Môre kraai die honderhrantjie.
Kejoeps! Suiker en kaneel -
(Die Huisgenoot, Jan. 1923 bl. 384).
3
Drie dae melkrys,
Drie dae vry,
Ses soldaatjies op 'n ry.
(Die Huisgenoot Des. 1922 bl. 334.)
4
Een patat, twee patat,
Drie patat, vier;
Vyf patat, ses patat,
Sewe patat weer. -
(Die Huisgenoot, Jan. bl. 385.)
5
Ek is ek en jy's my gek,
Bonte vark en dikke spek,
Alles in 'n groot swart pot,
Vat dit en jy het die vrot.
(Die Huisgenoot Des. 1922 t.a.p.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 64]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Ellietjie, kelellietjie kelykeklok,
Uitgestole uit die hok,
Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, ag, nege, tien,
Die beul blaas op sestien.
(Zastron).Ga naar voetnoot1)
8
Bik, boek, baas,
Een pond kaas,
Eet dat jy nie meer kan in kry,
Dan is jy vry.
(Die Huisgenoot, 17 Maart, 1924, bl. 29).
Ook Anna pan(n)a (s. bl. 49-50) hoort hier tuis. Onverstaanbaarheid en verbastering is skering en inslag by hierdie rympies. Die volgende lewer daar nog eens bewys van: Hoendertjie, kapoendertjie, gebraaide spek;
Die man op strooi,
Ver van die huis af is so mooi.
Tot by tot, hamba sot,
Jan Kapelonie, op-sy-dot.
(Die Huisgenoot, Des. 1922 bl. 334).
Sommige woorde en uitdrukkinge van hierdie vers vind ons letterlik trug in 'n Nederlandse speelrympie: Nichtje, nichtje, ik nôo je te gast.
Waarop?
Op Spek en boonen
Dat 1ust ik niet.
Wat dan?
Hoendertjes, kapoendertjes, gebraden in de pan.
Nichtje, nichtje, kom over dan.
(v. Vloten bl. 120).
Spykers is die voorwerpe waarmee die uittel in 'n ander rympie geskied. CT. rangskik dit onder sy ‘Echte Aftelrympjes’ omdat daarin ‘een bepaald aantal keeren geteld wordt’ (VIII bl. 268 v.v.) Soms is dit 'n perd wat beslaan word; meesal egter 'n kis, raam ens., soos blyk uit hier die aanhaling uit v. Vloten: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 65]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Kinderballaden’ noem Böhme die uittelrympies, omdat hulle meesal 'n epies karakter vertoon. Die feit dat soveel van hierdie rympies dit oor persone en diere het klop met hierdie uitspraak. In die rympies wat nou volg is 'n persoon of 'n dier dikwels die onderwerp waaroor dit gaat: Een, twee, drie, vier, vyf, ses,
Sewe, ag, nege, tien, en elf,
Die koning van Delf,
Die koning van Dort,
Gaan jy maar vort.
(Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335).
‘Een, twee, drie, my moeder heet Marie’, vorm by v. Vloten ‘'n touter-, of schommel-rijmpje’. In Suid-Afrika is hy uittelrym: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 66]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In Groninge en Drente word hierdie rympie ook nog by die kaatsspel en by ‘het touwtjesspringen’ gebruik.Ga naar voetnoot1) In Zuiderwolde lui die slot van dieselfde toutjiespringrympie: In spin, spring er dan maar in,
Uit spuit, spring er dan maar uit.
'n Variant hiervan word deur Die Huisgenoot, Des. 1922, bl. 334, as uittelrym aangegee, maar is ook nog in Zastron by die ‘riemspring’ in gebruik: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Uit die ‘Franse tyd’ dateer waarskynlik die Hollandse rym, ‘Onder de groene bomen’. By v. Vloten, 159, o.a. is dit uittelrympie; in België ewewel skommelrym (CT. IV, 217.)Ga naar voetnoot2) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die rympie word volgens Schonken ‘in Zuid-Afrika bij een kinder-rondedans en ook bij een pandspel gezongen’. Die eerste redaksie hierbo wys egter dat daar ook by getel word. Interessant is ook die getalle by 'n Noord-Vrystaatse versie, waarby nog eens 'n slot ongeveer gelyk aan die van Nr. 7 (bl. 64): ‘Die beul blaas op sestien’: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 67]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Onder die groene bome,
Daar leg 'n Engelse skip.
Die Fransman is gekome,
Hy is so gek as ek;
Hy dra 'n hoed met pluime,
Gans bedek met lint en strik.
Kom laat ons telle
Onder onse selwe:
10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100.Ga naar voetnoot1)
Ou Delima blaas op sestien.Ga naar voetnoot2)
‘Holder de bolder’ het in S.-Afrika soms in die rigting van nuwe vorme gedryf. 'n Sprekende voorbeeld van hoe uit die brokke en skerwe van reeds bestaande ryme nuwe kon ontstaan, lewer redaksie b.: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
b.
Ena dena kat op sena, solder jana,
Polka pana, elsie pelsie, troef!
(Die Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335.)
c.
Holderstebolder,
Die kat op die solder,
Die muis in die heining,
Die heining aan die brand,
Die Duiwel op die land
Met 'n sekel in die hand.Ga naar voetnoot3)
(Worcester.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 68]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Suidafrikaanse afwerking het ook die rympie van die ‘drie eendjies’ gekry in die versie van Die Huisgenoot (1922 bl. 335); dit is egter maar 'n vlentertjie van die oorspronklike rym: Onder die brug sit drie eendjies
Die een se naam is Driemeloklantjies,
Die een se naam is Suikerbek,
Die een se naam is haak, haak, haak.
Die ou meid sit te vaak, vaak, vaak.
‘Daar zwommen drie hennekens door de beek’, begin één Nederlandse versie (K.V.B. II, bl. 460), en ‘Er waren drie eendjes in een pontje’, 'n ander (v. Vloten 138). 'n Derde versie, waarin dit ‘drie oude wijfjes’ is wat oor ‘'n zwik-zwak bruggetje’ gaan, is by ons beter bewaar: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In Duitsland is die rym ook bekend: ‘Er flogen drei Enten wohl über den Rhein’ ens. (Böhme bl. 300-301, Nr. 1496: ook Nos. 1494-5). Hier word dit egter by die pandspel gebruik: ‘Das spielende Kind spricht in zeilenweisen Absätzen diese Verse vor, die andern müszen es nachsprechen. Wer sich verspricht, giebt ein Pfand’ (Böhme, t.a.p.) Ook by van Vloten val dit onder die rubriek ‘Pandverbeuren’. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 69]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die rympie van die hongerige Gys noem De Cock en Teirlinck (VIII, bl. 73 en 79) onder die spotryme. Dit vang dikwels aan met getalleGa naar voetnoot1); hierin sal die rede te vinde wees waarom dit by ons ook uittelrym geword het. Oor die Nederlanders van ouds, skryf Ter Gouw, De Volksvermaken bl. 216: ‘Een ander vermaak bestond in 't veel eten’. Wie dit goed kon doen werd daarom vereer. ‘Oudtijds werd aan zulke helden openbare eer bewezen. Zij werden op een wagen gezet en in triomf rondgevoerd, en er werden liederen bij gezongen. De overlevering heeft er ons nog een bewaard: Heb je gehoord van den hollebolle-wagen,
Daar de hongerige Gijs op zat?
Hij kon schrokken heele groote brokken,
Een koe en een kalf en nog veel meer,
Een pot vol smeer,
En een kerk vol rapen
En nog kon de hongerige Gijs niet slapen’.Ga naar voetnoot2)
Sewentig jaar geleden, volgens Schonken bl. 66, het hierdie rympie by ons diens gedaan as spreekoefening op skool. Hier volg Schonken se versie naas die van Die Huisgenoot: Arme Flippie, hy kon slokke grote blokke,
'n Koei met 'n kalf,
'n Dooie perd en 'n half,
'n Honderd skape,
'n Berg vol rape.
En tog kon die arme Flippie
Van honger nie slape.
(Die Huisgen. Jan. 1923, bl. 385.)
Een, twee, drie, vier, vijf, zes, zeven,
Ik kwam Flip met de lappen tegen,
Hij kon slokken grote blokken,
'n Koei en 'n kalf, dood perd half,
Honderd duizend schapen,
'n Hele berg met rapen,
Nog kon hij van honger niet slapen.
(Schonken t.a.p.)
‘My pa bou 'n huis’ is een van die mees wyd en syd verbreide uittelrympies in Suid-Afrika. In Nederland skyn hy onbekend te wees, altans ek kon hom nergens trugvinde. Hy kom by ons in tal van variante voor: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 70]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(a)
My vader het 'n huis.
In die huis is 'n kamer
In die kamer is 'n kas
In die kas is 'n laai,
In die laai is 'n brief,
In die brief staan geskrywe:
Jan Kalintjie hoenderdief.
(Die Huisgenoot, Des. 1922.)
(b)
My pa het 'n huis gebou,
In die huis is 'n kamer,
In die kamer is 'n laai,
In die laai is 'n brief,
In die brief staan geskryf:
Jan Kolonie,
Hy ry op 'n ponie,
Hoendereierdief.
(Zastron.)
(c)
My pa het 'n huis.
In die huis staan 'n tafel,
Op die tafel staan 'n kas,
In die kas is 'n laai,
In die laai is 'n brief,
In die brief staan:
Jy is uit!
(Amersfoort, Tvl.)Ga naar voetnoot1)
Wat sy inhoud en taalvorme betref is daar niks in ons rympie wat ons sou laat vermoed dat hy nie ook in sy oorsprong Afrikaans is nie. Wat egter wel onafrikaans daar uit sien is sy kettingrymagtige vorm. Dat die rympie ook oor die see tot ons gekom het, daaromtrent laat 'n Duitse liedjie ons nie lang in twyfel nie. Dit is getietel, ‘Was stand im Briefe’ (s. Böhme Nr. 606-607) en word ter begeleiding van 'n kinderspeletjie gesing: 1. Hier ist der Schlüssel zum Garten,
Hier ein Garten, da ein Garten
In der Mitt' ein Vierecksgarten.
2. In dem Garten steht ein Haus,
Hier ein Haus, da ein Haus,
In der Mitt' ein Viereckigs-Haus.
3. In dem Haus da stand ein Bett, &c.
4. Neben dem Bett stand ein Tisch, &c.
5. In dem Tisch war eine Schublade, &c.
6. In der Schublade lag ein Brief, &c.
In dem Brief stand geschrieben:
Jedes soll seine Geschwister lieben
(Böhme Nr. 607, bl. 664.)
'n Staaltjie van die kinderliefhebbery om name ‘te spel sonder letters’ is die volgende welbekende rympie: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 71]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Bobbejaan op 'n krans
Spel(de) Frans,
Deur sonder werwel;
Spel (Frans) van der Merwe(l).
(Petrusburg.)
Aan iets soortgeliks herinner die uitbofrympie, ‘Daar gaat 'n haas’: Sa! Daar gaat 'n ha(a)s, is Piet van Sas,
Skiet hom met die pyl, is Piet van Zyl,
Deur die velletjie is ou Nelletjie,
Deur die bientjie is ou Lientjie,
Agter die randjie skrie ou Antjie,
Oorkant die spruitjie sit ou Truitjie.
(Petrusburg.)
‘“Sa! Daar hol 'n haas”, sê Piet van Saas’, so begin 'n variant van hierdie rympie, nog eens uit Petrusburg - ‘Skiet hom met die pyl’, sê Piet van Zyl,
Deur die velletjie kruip ou Nelletjie,
Agter die randjie sit ou Antjie,
Deuskant die spruitjie sing ou Truitjie.
Ook nog in ander distrikte, Ladybrand en Bethulie, is die rympie bekend. Sy inhoud daar bewys meteen dat die werkwoord ‘sê’ ewe goed in die Petrusburgse variante moet deurgevoer word. Dit lui in Ladybrand: ‘Daar trek 'n hasie’, sê oom Karel Visagie;
‘Skiet!’ sê oom Piet, ‘Dis te kort’, sê ou Delport;
‘Dis oor die randjie’, sê sus Antjie.
In hierdie Iig beskou, word dit 'n dramatiese verhaaltjie in plaas van enkel 'n soeke na passende ryme. Die Bethuliese lesing sit die geskiedenis nog voort tot waar eindelik die jagbuit verorber word: ‘Daar trek 'n hasie’, sê Jan van Sasie,Ga naar voetnoot1)
‘Skiet hom met die pyl’, sê Jan van Zyl,
‘Dis oor(h)een’, se Piet Voorbeen,Ga naar voetnoot2)
‘Dis deur sy stertvelletjie’, sê ou Jan Nelletjie.
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 72]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
‘Dis oor die randjie,’ sê ou Antjie,
‘Dis mis,’ sê Jan Vis,Ga naar voetnoot1)
‘Dis raak,’ sê Jan Kraak,Ga naar voetnoot2)
‘Sit hom in die potte,’ sê ou van Otto,
‘Braai,’ sê ou Kraai,Ga naar voetnoot3)
‘Dit smaak lekker,’ sê ou Bekker.
In 'n ander rympie is skilpad die wild waar jag op gemaak word: Oom Kraai die kom met pyl en boog,
En skiet oom Skilpad in die oog.
(Petrusburg).
Of meer uitgebreid, Oom kraai gaat uit met pyl en boog;
Hy skiet vir skilpad in die oog.
Oom skilpad was so net en vet,
Daarom skiet oom kraai so net.
(Die Huisgen. Des. 1922 bl. 335.)
Die Nastergaal (nagtegaal) is in die Vrystaat 'n klein swart voëltjie met wit geteken, en met 'n sterk gevarieerde sang. Dit word algemeen geloof dat hy ander voëls naboots; vandaar ook sy twede naam, ‘Koggelaar’. Op hierdie sogenaamde gebrek aan eie sang sien die volgende uittelrympie: Ieder voël het sy taal,
Uitgesonder Nastergaal.
(Petrusburg.)
Die persoon op wie ‘nastergaal’ ‘val’ is ‘uit’; dit word onderstreep, deur nogmaals op die kind te wys en ‘Nastergaal’ te herhaal, sodat die woord tweemaal na elkaar met verskil van toon gehoor word. Saam met ‘Jan Fiskaal’ (vgl. bl. 39) kom die nagtegaal in 'n twede uitbofrympie voor: Janfiskaal en nagtegaal.
A.B.C.D. bof!
(Die Huisgen. Des. 1922, bl. 335.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 73]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Belangryke afdeling uittelrympies, vir wie volgens sywers en letters sy indeling wil maak, vorm die wat met A-B-C begin. ‘Aus der Schule’ noem Böhme hulle; daarmee is seker tereg ook hulle plaas van herkoms aangegee. Die bes bekende by ons is ‘A.B.C. die hondjie gaat mee’. Dit mag wel 'n enkele keer as uittelrympie optree,Ga naar voetnoot1) meesal is dit tog maar 'n kinderympie sonder meer. (a)
A, B. C,
Die hondjie gaat mee,
Die katjie bly tuis
In die groot kombuis.
(Calvinia.)
(b)
A, B, C,
Die hondjie gaat mee,
.....Ga naar voetnoot*) bly tuis
Om te pas op die huis.
(Worcester.)Ga naar voetnoot2)
(c)
A, B, C,
Hondjie gaat mee,
Kat bly tuis,
Woefs! sê die muis,
In die kombuis.
(Paarl.)Ga naar voetnoot3)
Volgens die Nederlandse versies is dit dikwels die kat wat mee gaat: die spreekwoord word dan waar: ‘Als de kat van huis is dansen de muizen op tafel’. A, B, C,
de kat gaat mee,
de hond blijft thuis,
piep! zei de muis
in 't vogelhuis.
('t Daghet Bk. II bl. 82.)Ga naar voetnoot4)
Soos dikwels gebeur het ook hierdie rympie 'n nuwe vorm in S.-Afrika gekry: A, B, C,
Hondjie gaat mee,
Waarnatoe? Daantjie le Roux.
Wat gaan maak? Doppie steek.
Hoeveel syn? Oulap syn.
Watter soort? Brandewyn.
(Paarl.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 74]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
As spotliedjie meer, word nog die volgde A-B-C-rym gebruik: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(b)
A, B, boek,
Die meester sit in die hoek,
Met 'n hele skottel koek,
En slaat die kinders wat vloek.
(Zastron.)
Eindelik moet hier nog genoem word die rym ‘A-Abel, B-Babel’ wat in verskillende Wes-Europese lande voorkom, o.a. in Switserland as ‘A-Abel, b-Babel, c-Zinke, d-Dieb’, ens. (vgl. Rochholz bl. 131) CT.. VII, 243-4 noem hom onder die aftelryme. 'n Afrikaanse versie uit Petrussteyn en 'n Nederlandse in die Biekorf IV, 48 lui respektiewelik: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 75]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
'n Fragment (A tot F)uit Heilbron, O.V.S. het F-Fransman, G-Gek; een uit Zastron, E-Esel, G-Gaffel; 'n twede versie by CT. VII, 243 het o.a. F-Fransman, I-Inktpot, J-Jonkheere, W-Wagenmaker.Ga naar voetnoot1)
Die aftelrym ‘Olke-bolke ens’ is slegs nog gedeeltelik verstaanbaar: | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die rympie word in S.-Afrika gebruik vir uittel by die speletjie blik-(h)aaispaai (Eng.: I spy). Die tel geskied op die vuiste van die spelers. Die hand waarop ‘knol’ val word agter die rug gehou. Wie die eerste sy twee vuiste agter die rug het ‘hou oë toe’. Ook in Europa word by hierdie rympie op de vuiste getel. Op die vuiste dui verder die woorde ‘holleke’ en ‘bolleke’ wat saam hang met ‘hol’ en ‘bol’, en dus ‘holtes’ en ‘knoppe’ beteken. ‘Knol’ is dan ook die korrekte vorm hier.
Die onverstaanbare uitbofrympie, Ôkene, bôkene, berrie makôkene,
Errika, berrika, bas.
(Stellenbosch.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 76]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
word soms opgevat as 'n variant van ‘Olke-bolke’. 'n Vergelyking met soortgelike ryme meegedeel by G.F. Northall, E.F.R. bl. 347, bewys egter dat dit eerder van 'n Engelse origineel afkomstig is. Daar lui dit: ‘Horcum, borcum, curius corkum, Herricum, berricum, buzz’, en ‘Haulk' em, baulk' em, muni, corkum, Hellicum, bellicum, buzz’. Nog meer verbrei en ingeburger as hierdie, en net so onverstaanbaar, is die Engelse ‘Eena, deena, dina, dust’; dit is selfs besig om Afrikaanse vorme aan te neem. | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
(c) Eina, deina, dana, das,
Pietle, weina, wana, was,
Ink, pink, blêr,
Poei! Poeding stink.
(Angola.)
(d) Eina, deina, dana, das,
Skotla, weina, wana, was,
Iets, piets, muskadel,
Gras, strooi, wolf is die man.Ga naar voetnoot2)
(Heilbron.)
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[pagina 77]
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
In die woorde waarmee hierdie ryme begin, wil sommige Keltiese numeralia sien. Die ryme moet dan wel heel oud wees. So moet ons bes moontlik in die eerste woord van die Nederlandse rympie, ‘Eun, deun, dip,’ ens., ook die lidwoord een sien. ‘Deun’ is dan slegs 'n rymende herhaling van ‘eun’. Sulke herhalinge is klaarblyklik ook nog enige van die ander woorde verder die rym in. (Afrikaans)
Eune, deune, dip,
Vette kane kip,
Vette kane,
Bakke bane,
Eune, deune, dip.
(Die Huisgenoot Des. 1922, bl. 335.)
(Nederlands)
Eun, deun, dip,
Ikkerde kane flip,
Ikke de kane boekenemane,
Eun, deun, dit.
(v. Vloten, bl. 153.)
Un, dun, dup,
Zeven kannen kup,
Zeven kannen bakebane,
Un, dun, dup.
(K.V.B. II, 443.)
|
|