Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging (onder ps. 'n Lid van die Genootskap van Regte Afrikaners)
(1880)–S.J. du Toit– AuteursrechtvrijDie besluit van die genootskap,Neem ons oer uit die Jaarlikse Verslag van die Genootskap, gehou 24 Augus 1878, en gepubliceer in die Patriot van 6 September, 1878:- | |||||||||||||||||
Bybelvertaling.In verband hierme lees die Voorsitter 'n brief voor van 'n afwesige lid. Meneer - stel voor om in beginsel an te neem dat die tyd daar is om die Bybel in Afrikaans te vertaal. Meneer - sekondeer. Meneer - het drie bedenkings darte'en:
Die besware word ver algar weggeneem, behalwe ver die inbrenger daarvan. In antwoord op die vraag of dit sal vertaal worde na ons Statevertaling, of uit die ou Tale - is die vergadering van gevoele om na die Bron en Oorsprong terug te gaan. En op die vraag wie dit sal vertaal, wordt dit an die bestuur opgedra om 'n Kommissie daarvoor te kies. Verder word an die Bestuur opgedra om so gou as mo'entlik is 'n Spel- en Leesboekie uit te ge. - Die bestuur word herkose. Besluit om die verrigtings van die vergadering met die voorgelese brief te lat druk. Met dankgebed gesluit. | |||||||||||||||||
[pagina 126]
| |||||||||||||||||
Die beste toeligting wat ons kan ge van die besluit is om oer te neem die leader van die Patriot van 27 Sept. 1878:- So het ons Genootskap dan in beginsel dit aangeneem, dat dit tyd is om die Bybel in Afrikaans te vertaal. | |||||||||||||||||
Die besluit self1 - is ni e o'erhaastig geneem nie, want-
2. Die besluit is nie onversigtig uitgedruk nie. Die voorstel wat angeneem is, was: ‘om in beginsel an te neem dat die tyd daar is om die Bybel in Afrikaans te vertaal.’ Let op-
| |||||||||||||||||
[pagina 127]
| |||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Die besware daarteenis oek by die Besluit nie uit die oog verloor nie. Die vollende besware is op die vergadering gemaak en weerleg: 1. Die taal is nog nie ryp genoeg daarvoor nie. Daarop is voldoende geandwoord in die vergadering: a) 'n Taal is nooit volkome nie. Die spelling, ens. verander nog gedurig in elke taal. Lees mar die oue Hollanse en Engelse Bybels en vergelyk dit met teenswoordige. As die Hollanders en Engelse dus moet gewag he om die Bybel in hulle taal te vertaal totdat die taal eers volmaak was, dan sit hulle van dag nog sonder Bybel in hulle taal, en sal dit nooit kan vertaal nie, want die tale verander nog al dag. En so is dit mar met Afrikaans oek; dit sal mar altyd nog verander. b) Mar dis nog die vraag of die veranderings wel verbeterings is. Een ding is seker dat die tale met die veranderings veel van hulle oorspronkelike karakters verloor, deur vreemde woorde en vorme van ander o'er te neem. En veral met Afrikaans, wat hier so tussen Hollans en Engels verward is; hy loop gevaar van Engelse woorde en uitdrukkings en Hollanse vorme o'er te neem. Dis die vraag of Afrikaans o'er 4 of 5 jaar nog so suiwer is as dit nou is. (Kyk Patriot, 1876, bl. 113). Ons het nou die reel: ‘Skryf soos jy praat,’ en sou dit dan nie die beste wees om die Bybel te vertaal in ons taal net soos hy is nie? Dis seker nodig as ons met so'n vertaling die welsyn en nut van onse bevolking bedoel; want ontwikkeling van taal en nasie gaat gelyk. Sodra jy bo die stand van die taal gaat, gaat jy oek bo die stand van die nasie. c) Mar so ver as 'n taal volmaak kan wees, bestaat die volmaaktheid juis daarin dat die bevolking o'ereenkom om so veul as mo'entlik is eenders te skrywe. Mar die volmaaktheid moet jy nie eers in 'n taal hê voor dat jy die Bybel daarin vertaal nie. Mar omgekeerd, juis die Bybelvertaling breng die taal tot die eenvormigheid. So is die Gotise taal gevorm deur die vertaling van Ulfilas, die Duitse taal deur die vertaling van Luther, en die Hollanse taal deur die Statevertaling. En as een ding die Afrikaanse taal tot skryftaal sal vorm, deur 'n overeenstemming in die spelling en gebruik van woorde te breng, dan sal dit juis 'n bybel- | |||||||||||||||||
[pagina 128]
| |||||||||||||||||
vertaling wees. Soos 'n man die taal in syn Bybel lees, so sal hy dit skrywe oek. En daarom is dit 'n versigtige besluit van die Genootskap, dat die spelling, ens. in die vertaling eers deur hulle moet goedgekeur worde vóór dit uitgege wort. En ons sou die wenk wil ge an die vertalers om so veul as hulle kan die karakter van die taal suiwer te bewaar; mar om dan oek nie al te lage uitdrukkings te gebruik nie waar hulle betere kan kry nie, soos tamaai ver groot, ens. 2. Die twede beswaar is: ‘Ons kan nog sonder 'n Afrikaanse bybelvertaling klaar kom, omdat die Kinderbybel verstaanbaar is ver die eenvoudigste; omdat die mense an hulle predikante kan vra waar hulle die Bybel nie verstaat nie; en omdat die weg der saligheid verstaanbaar genoeg is in die Bybel.’ Dit sou dus 3 bewyse wees, dat so'n vertaling onnodig is. a) ‘Die Kinderbybel is verstaanbaar genoeg.’ Hierteen is opgemerk: 1. Die Kinderbybel is mar ver kinders. 2. Dis nie die Bybel self nie, mar 'n boek o'er die Bybel. Dis nie die suiwere onvervalste melk nie (1 Petr. 2:2); dis melk met water gemeng. En ons wil die Bybel self in onse taal he; ons wil Gods woord puur en louter in ons eie taal hoor. b) ‘Die mense kan ver hulle predikante vra waar hulle die Bybel nie verstaat nie, Hierteen is geseg: 1. Dis onmo'entlik; algar kan gen predikant bereik nie. En as algar dit al kon en sou doen, waar sal die predikant die tyd van daan kry om algar reg te help? En al sou hy al die tyd hê, waar kryg jy al 'n predikant wat altyd klaar is om op alle punte inligting te ge? 2. Die beginsel is Rooms, dat ons 'n Bybel moet hê wat die volk nie verstaan nie, en wat net die predikante kan verstaan. Die Bybel is juis ver die eenvoudige (Ps. 19:8, waar ‘slegten’ moes vertaal wees ‘eenvoudige’ of ‘ongeleerde;’ Matth. 11:25), en wat hulle daarby noodig het is die leiding van die Heilige Gees (1 Joh. 2:20, 27). c) ‘Die leer der saligheid is verstaanbaar genoeg in onse Hollanse Bybel ver die eenvoudigste.’ Gode dank! hierin is de waarheid; die beginsels is eenvouddig genoeg. Mar ons kan nie by beginsels bly nie (Hebr. 5:12 tot 6:2. Die saad moet syn wortels diep uitskiet in die leer van die Koningryk, anders gaat dit net soos met die saad wat gen diepte van aarde het nie; dit groei mooi ver 'n tyd, mar soos verdrukking of vervolging kom wort hulle geërger, of soos dit moet vertaal wees, dan wort hulle afvallig (Mat, 13:20, 21). Die hele Bybel is een, en 'n gristen moet so veul weet om in | |||||||||||||||||
[pagina 129]
| |||||||||||||||||
alles te kan staande bly. As ons mar met 'n paar verse kan uitkom, waarom het onse liwe Heere dan die hele Bybel lat beskrywe? Dat daar 'n menigte plekke in die Hollanse Bybel onverstaanbaar is ver onse algemene bevolking sal gen man van verstand en wat kennis van die saak het ontken nie. Kyk maar die lys van onverstaanbare woorden in die Bybel in ons Almanak van vanjaar (1878); en dis mar 'n proewe; daar is honderde meer. Dan van uitdrukkings, hoeveul Afrikaners verstaat die krag en betekenis byvoorbeeld van ‘deze’ en ‘gene’ in die Bybel (byv. Hebr. 12:10). En hoe vele Afrikaners verstaat sulke uitdrukking as: ‘Eenen dorschenden os zult gy niet muilbanden’ (1 Tim. 5:18) ‘zyn rieken zal zyn in de vreeze des Heeren’ (Jes. 11:3) - ‘olie tot den luchter’ (Ex. 25:6), ens. 3. Die derde beswaar is: ‘Ons het die geldelike middels nie, omdat die tekort nog op ons druk.’ Hierteen is opgemerk:
Die bowestaande is die besware soos dit op die Vergadering uitgesproke en weerleg is. Daaruit kan ons lesers sien, dat die Genootskap die besluit nie geneem het voordat hulle die besware in die oge gekyk het nie. Mar daar is nog 'n beswaar wat ons hier moet in aanmerking neem, en wat die bestuur me te doen het. 4. ‘Waar kryg ons die manne wat bekwaam is om die Bybel te vertaal? Wie is hier wat bekwamer is om die Bybel te vertaal as die manne wat onse Statenvertaling gemaak het?’ Die beswaar lyk gewigtig, mar dit val gou weg als ons op die vollende punte let:
| |||||||||||||||||
[pagina 130]
| |||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Die uitvoering daarvan.Hier moet ons op drie dinge let: 1. Hoe dit moet vertaal worde. In die Verslag staat: ‘In antwoord op die vraag of dit sal vertaal worde na ons Statevertaling of uit die oue Tale - is die vergadering van gevoele om na die ‘Bron en Oorsprong terug te gaan.’ Die besluit seg meer as 'n mens by die eerste lesing sal denk. Dit seg a) Die Afrikaanse vertaling moet nie uit Hollans maar uit Grieks en Hebreeuws gemaak worde. Nou dis seker 'n goeje besluit; want die Apostels het nie in Hollans maar in Grieks geskrywe. En as jy wil weet wat 'n man eintlik meen, dan moet jy hom in syn eie taal hoor. Maak jy 'n vertaling van 'n vertaling, dan gaat jy al verder van die oorsprong, en eers is dit melk en water, mar naderhand is dit water en melk. En dat onse Hollanse vertaling oek mar feilbare mensewerk is, sal elkeen moet erken, of ons moet weer Roomse worde, wat onfeilbaarheid an 'n bepaalde vertaling teeken. Hoe dikwils hoor ons nie van die preekstoele dat ons predikante seg: die vertaling moes hier so of so gewees he! Hoe dikwils lees ons in boeke verbeterings van die vertaling! Op hoe veul plekke is in die Bybelverklarings foute in die vertaling ontegenseggelik angetoon! En waarom moet ons nou die lig alles verwerp? Lat ons mar hier op 'n paar van die foute wys. Drie aparte Griekse woorde wort in onse Hollanse vertaling o'ergeset met een woord: wereld. Jy het in die Grieks: (1) aion, euw of bedeling (Mat. 13, 39, 40; 24:3; 28:20; Ef. 1:21; ens); (2) oikoumenè, de bewoonde wereld, die; geordende maatskappy (Mat. 24:14; Luk. 2:1; 4:5 Hand. 11:28; ens); en (3) kosmos, die wereld in syn teenswoordige vorm, soos die dinge nou daaruit siet (Mat. 13:35, 25:34; ens). Kyk nou wat 'n verwarring geef dit af. Daar gaat verskeie aiones of bedelings o'er onse kosmos of wereld. En as ons lees in onse vertaling Mat. 13:39, 40, en 24:3, | |||||||||||||||||
[pagina 131]
| |||||||||||||||||
ens ‘voleinding der wereld,’ ‘dan denk ons dat dit beteeken die verbranding der wereld deur vuur waarvan ons lees 2 Petr. 3:10 en Op. 20:11, terwyl onse Heer nie daarvan spreek, maar eenvoudig van die einde van deze bedeling. Of neem 'n ander voorbeeld. Drie verskillende woorde in Grieks wort in die Hollanse Bybel vertaal met: hel. Daar is (1) hades, dodenryk, plaas van die afgeskeidene (Mat. 11:23; Hand. 2:27, 31; 1 Cor. 15:55; Op. 1:18; 6:8; 20:13, 15); (2) tartaros, afgrond, skuilplaats van die bose geeste (2 Petr. 2:4, vergeleke met Luk. 8:31; Op. 9:1, 2, ens.); (3) gehenna, hel, strafplaas der verdoemde (Mat. 5:29, 30 10:28; Mark 9:43-45). Kyk nou hier alweer wat 'n verwarring en misverstand geef dit. In Op. 20:14 staat: ‘En de dood en de hel werden geworpen in den poel des vuurs.’ Nou hoe kan die hel in die hel geworpe worde? Maar alles wort duidelik as ons vertaal soos in Grieks staat: ‘En de dood en de doodenryk wort geworpe in die poel van vuur.’ Nou het ons maar net voorbeelde gege van een soort van foute, namelik waar verskillende woorde met dieselfde woord in Hollans vertaal is. Maar ons sou nog 'n menigte sulke voorbeelde kan bybring. En al die punte sou ons moet o'erneem as ons net uit Hollans vertaal. Sou dit nou nie baing beter wees dat ons vollens die oorspronkelike tale al die angewese en erkende foute verbeter nie? Dan kan ons teenstanders tog duidelik sien dat hulle verkeerd het as hulle seg: ‘ons wil die mensdom agteruit breng.’ Ne, ons wil ons volk neem waar hulle is, en dan daarvandaan vorthelp deur te gebruik wat voor ons gedaan is. b) Mar 'n twede punt wat hier in anmerking kom as ons tot die bron en oorsprong moet teruggaan is: Wat is die regte Griekse en Hebreuwse teks? Die handskrifte van die profete en apostels het ons nie meer nie. Daar is 'n menigte handskrifte, veral van die Nuwe Testament. Op baing plekke verskil die handschrifte; die een geef die woord, die ander glad 'n ander woord; of hulle geef verskillende vorme van dieselfde woord. Ja somstyds geef die een 'n sin wat die ander uitlaat. Watter is nou die regte? In die tyd van die Hervorming toen die algemeene angenome Griekse teks (textus receptus) opgemaak is vollens die uitgawe van Robert Stefanus en Erasmus, vollens welke teks die Hollanse vertaling gemaak is, toen het hulle nog nie veul ondersoek gedaan na die juiste lesing nie. Hulle had oek mar min handskrifte waarna hulle kon gaan en die was mar van late datum. Erasmus had so min handskrifte, dat hy mar één had op Openbaring, en van die het stukke makeer | |||||||||||||||||
[pagina 132]
| |||||||||||||||||
sodat hy parte van die boek moes terug vertaal in Grieks uit die Latynse vertaling van die Roomse Kerk. Robert Stefanus had tog 13 handskrifte. Mar van die handskrifte wat hulle toen gehad het is gen een ouwer as uit die tiende eeuw. Nou in 900 jare tyd kon die teks deur al die o'erskrywe al erg verander en bedorwe wees. Na die tyd is daar honderde handskrifte ontdek, en regte ouwe oek, party uit die 4de eeuw of allig uit die einde van die derde eeuw. Dan is daar manne opgestaan wat hulle hele lewe daaran gewy het, en nog wy, om die ouwe handskrifte op te spoor, met makaar te vergelyk en so uit te vinde wat die suiwere teks is soos die Apostels dit geskrywe het. Erasmus het an syn uitgaaf van die Grieks en Latynse teks mar 6 maande gewerk. Met die naukeurige ondersoek is daar meer as 500 plekke in die Nuwe Testament gekry waar verskil is tussen die handskrifte. Nou is dit wel waar, die meeste verskille is mar kleinighede, verskille van enkele letters en woorde; gen enkel leerstuk van ons geloof wort daardeur beskadig nie. Mar tog wil ons so na as mo'entlik die Nuwe Testament hê soos die Apostels self dit geskrywe het, nie waar nie? Bowedien doet dit hier en daar veul tot verduideliking as jy die ware lesing het. En waarom moet ons hierin nou oek die lig weggoi wat ons in die laatste 300 jare gekry het, onder leiding van die Heilige Gees, want dis gelowige manne wat die handskrifte ondersoek, soos Tischendorf, Alford, Scrivener, ens. Ne, oek hierin moet ons toon dat ons die mensdom nie 3 eeuwe wil agteruit bring nie; mar hulle wil neem waar hulle is, en met die lig wat ons het hulle wil ophelp. 2. 'n Twede vraag, wat by die uitvoering te pas kom, is: Wie sal so'n vertaling maak? Het ons wel die regte manne daarvoor? Die vraag hoort einlik by die Bestuur wat die manne moet aanstel. En tog wil ons hier oek in kort onse gedagte sê. Ons dink so'n kommissie moet minstens uit 4 leden bestaan. Twe daarvan moet in staat wees om die oorspronkelike tale te verstaan, die Latynse, Hollanse, Engelse, Duitse en Franse vertalings te vergelyk, om sodoende goed en grondig uit te vinde wat eintlik in die oorspronkelike staat. En die 2 ander moet niks anders ken as Afrikaans, sodat hulle die sin en mening in suiwer Afrikaans kan uitdruk, 3. Die laatste vraag is: Hoeveel moet vertaal worde? Die hele Bybel? Of die Nuwe Testament mar? Of net 'n enkele boek? Ons was eers van gedagte die hele Nuwe Testament. Mar omdat die saak so gewigtig is sou ons nou raai: neem liwers mar eers een boek; vertaal die; ge dit uit; dan kan ons eers daaruit sien en oordeel of dit goed is soos die saak | |||||||||||||||||
[pagina 133]
| |||||||||||||||||
aangevat wort; dan of daar 'n verandering in die uitvoering moet kom. Naderhand natuurlik die hele Bybel. | |||||||||||||||||
Teenstandteen die besluit werd verwag, en is dan oek opgedaag, hoewel nie so algemeen en so hewig as verwag werd nie. Die enigste wat dit gewaag het om ridderlik met syn naam voor de dag te kom en hierteen te skrywe was Ds. du Plessis, van Rustenburg, Transvaal. Syn hoofbeswaar is, dat daar gebreke en onvolkomehede in die Afrikaanse taal is, wat sal maak dat so'n vertaling op sommige plekke dubbelsinnig en onseker sal wees. Toen die redaktie van die Patriot daarop antoon, dat al die gebreke wat hy in Afrikaans kon aanwys in andere tale ook bestaat waarin die Bybel vertaald is, sommige daarvan selfs in die oorspronkelike tale waarin God syn Woord lat beskrywe het - toen het hy geswege; ons hoop dat hy overtuigd is. | |||||||||||||||||
Toestemmingmet die besluit werd van verskillende kante vernome. In die Patriot van 4 Oktober het 'n predikant van die Ned. Geref. Kerk openlik syn goedkeuring aan die besluit geheg. Andre net privaat hulle medewerking beloof. Private persone het geldelike ondersteuning beloof. Een man sal 'n vette slag-os gee ver die eerste Afrikaanse Bybel, ens., ens. En | |||||||||||||||||
Hoe staat dit nou?waarom is die vertaling nog nie in die lig gekom nie? Ons is nie 'n staat om die vraag volkome te beantwoorde nie. Mar die besluit van die Genootskap was mar om met die saak te begin. Mar in die Patriot van 19 Sept. 1879 siet ons 'n leader o'er die ‘Nuwe Engelse Bybelveraling,’ waaran 'n menigte van die bekwaamste en regnnigste predikante van England en Amerika same enige are al besig is, en wat in 1880 sal uitkom; en ons denk dat die gekose komite wag om die hulp daarvan oek te he. Daar is al verskeie nuwe vertalings wat die komite same met vroegere kan gebruik, byv. in Hollans die van Van der Palm, die van de Synode, ens., en in Engels die van | |||||||||||||||||
[pagina 134]
| |||||||||||||||||
Alford, Darby, ens. Mar dis seker dat in onse eeuw, en miskien nooit so lank as die gristelike kerk bestaat, is daar 'n werk van soo'n omvang, ondersoek en degelikheid gedaan, as die nuwe Engelse vertaling wat nou gemaak word. Dit word dan oek verwag dat die meeste Engelse Protestantse Genootskappe dit sal erken en aanneem. Daarom is dit van belang om wat te wag op die voltooiing van so'n werk. Van groot gewig is die saak. Elke gristen in ons land mag wel dagelyks bid om wysheid en die leiding van die Heilige Gees ver die manne an wier hande onse Bybelvertaling is toevertrouwd, Mag Gods Woord weldra suiwer, ongeskonde, en klaar in ons in taal gelees en gehoord worde! Dan sal dit die vernaamste vrug van die Afrik. Taalbeweging wees, en vele sal God in die eeuwigheid nog daarvoor dank. |
|