| |
V. Teenstand.
Dis heel natuurlik, dat by die uitbreiding van die taalbeweging die haat sig nou in teenstand sou openbaar. Afrikaans het twe mededingers na die reg van landstaal te wees: an die een kant het hy die boel Engelse en Engelsgesinde Afrikaners en an die ander kant die Afrikaners met Hollanse harte. Die meeste teenstand had die saak egter te verduur van andere koerante, wat afgunstig is op die voorspoed van die Patriot, en van die predikante, omdat die orgaan van die taalbeweging te rondborstig na hulle sin, sonder ansien van persoon, die waarheid seg. Soos Uilspiel seg: ‘Omdat ek die waarheid seg, daarom haat die mense myn.’ Mar die skrywer siet gen kans om die teenstand beter te beskrywe nie as dit gedaan is in die
| |
| |
Patriot van 6 en 13 December 1878. Daarom neem ons die twe artikels hier o'er.
| |
Onse vyande.
Eers doodswyge;
Nou doodslaan.
Onse Afrikaanse saak neem geweldig sterk toe, in die laaste tyd veral, soos al ons lesers weet. Mar net so sterk is die vyandskap oek toegeneem, of liwers, net so sterk is die verborge vyandskap teen ons openbaar geworde.
Onse saak neem sterk toe. Gen week sonder nuwe intekenare nie. 'n Nuwe snelpers is ontbode en die Afrikaners spring van alle kante by om dit te betaal. Die Patriot kom ankomde jaar die helfte groter uit. Die Genootskap het besluit om 'n begin te maak met die Bybelvertaling. Die eerste leerboekie is gou van die hand geset, en beantwoord goed, ens.
Ons het dag en nag gewerk ver die saak, haas bowe ons swakke vermoge, sonder enige beloning, alles met die oog op die toekoms. En nou dat dit lyk of ons moeite haas sal beloond worde, ten minste deur erkenning en dank, nou wort ons eers reg gehaat en gesmaad van verskillende kante.
Ons het 'n blad opgerig, teeno'er die sterkste vooroordele en die bitterste teenstand. Ons het begin met minder as 50 intekenare; sonder geld; sonder invloed, En binnen 3 jaar tyd is ons blad so toegeneem, dat hy nog mar 3 Hollanse koerante ken in heel Suid Afrika wat meer intekenaars het as hy, en gen een wat so druk en graag gelees wort nie; en as syn inteekenaars so bly toeneem, sal dit nie lang duur nie of hy is al die ander verby. Nou, die grote meerderheid van ons intekenaars is mense wat nooit ver koerante ingeteken het nie. En ons dog al die tyd dat die man 'n grote weldaad an syn volk bewys, wat hulle tot lees bring.
Dan verder. Deur in die taal van die bevolking 'n blad uit te ge, het ons nie alleen leeslus, mar wat meer seg oek skryf lus opgewek by onse bevolking. Week op week blyf 'n boel briewe o'erle wagtende op plaats. Die mense voel dat hulle nou nie langer soos doofstomme hoef te sit nie. Dis iets wat alle teenstanders tot nog toe nie kon of nie wou sien nie. Hulle hou mar daarop: ‘die mense kan goed Hollans verstaan.’ Nou, ons het honderde getuigenisse dat dit in die regel nie so is nie. Mar dan nog, al sou ons dit toege, dan vraag ons nog hoeveel van onse bevolking kan hulle uitdruk in Hollans of Engels? 'n Taal is tog net so goed
| |
| |
die voertuig om jou gedagte uit te druk, as om 'n ander syn gedagte te verneem. Dit het al ons teenstanders tot nog toe misken, en daar is nie een wat in staat is, om ons posisie op die punt te bestry nie. Die bevolking voel dan oek die mag, daarom noem hulle die Patriot: ‘ons koerant.’ En daarom skryf hulle so fluks daarin en begin hulle gedagtes uit te spreek. Ons dog dat dit 'n grote weldaad is om 'n volk wat verstandelik geboeid was in die ergste slaverny, die tong los te maak dat hy syn regte kan verdedig.
Ons het 'n nasionaliteitsgevoel help opwek, wat sig al kragtiger op verskillende punte openbaar, en waaran so'n behoefte was in ons land, en wat veel goeds beloof ver die toekoms. Van alle kante kom getuigenisse: ‘Die Geskiedenis van ons Land is die lig van Suid Afrika, wat ons oge lat ope gaan het’ - ‘Die Patriot het ver ons geleer, dat 'n Afrikaner oek 'n reg het,’ ens. En ons dog dat ons heel wat dank daarvoor verdien het.
So sou ons kan vortgaan. Mar dis onangenaam om genoodsaak te wees op syn eie dade te wys. Mar hier is dit noodsakelik, want die ander korante doet dit nie; hulle haat en smaat ons so veul as hulle kan. Buiten 'n paar klein Distrikskorante, wat net uitkom ter wille van die advertensies, kan ons net die Zuid-Afrikaan noem as 'n blad wat 'n onpartydig stilswyge bewaar het, wat die redaksie angaat, mar korrespondente het die stilswyge goed gemaak deur daarin gal teen ons uit te braak so veul as hulle kan. Korrespondensies teen ons daarin alleen, by makaar gedruk, sou 'n mooi groot boekdeel uitmaak. Dan die Volksblad is oek 'n gunstige uitsondering in die laaste tyd. Eers wou die blad ons volstrek nie erken nie; en nou erken hy tog dat die Patriot opgang maak by 'n deel der bevolking; dat hy druk gelees word, ens.
En dit is nou al genade. Verder is dit vuur en vlam. 'n Hele resiment van vyande staat rondom ons. Eers wou hulle ons doodswyge deur gen notisie van ons te neem nie. Mar nou die saak te sterk toeneem, wort die vyandskap openbaar en nou wil hulle ons doodslaan of doodtrap soos een van hulle geseg het.
Ons seg 'n hele resiment vyande het ons rondom ons. Pas dreig die Argus ons met England syn lange arm en sware hand, of die Cape Times wil ons doodtrap met 'n lompe Engelse voet. Skaars lat hy ons los, of die Graaff-Reinet Advertiser verguis ons met die hardste woorde wat hy kan kry, en toon dat hy ons sou vergruis as hy kon. Nouweliks begin die Transvalers te erken, dat ons ver hulle regte pleit, of die Volksstem maak ons veragtelik, ten minste so ver as hy kan.
| |
| |
Syn onmag is pas geblyk en die Patriot begin net mooi wortel te skiet in die Vrystaat, of die Express wil ons met wortel en tak uitroei, as hy kon. En nader kom die vyande, nouwer word die cirkel, nes hulle ons wil dooddruk. Daar vlieg Meneer Willemsen van Richmond op, nes 'n reus Goliath, en tel syn magtige ‘penneswaard’ teen ons op. Zuid-Afrikaan, Volksblad en Era moet syn orakels teen ons uitbasuin (gewillig, of nie?). Colesberg Advertiser voel dieselfde woede, mar het nix te se, en neem dus een van die drogredes van Willemsen syn stuk o'er. Die Era voel weer dat Willemsen syn stuk laf en kragteloos is, en neem nog die lastertaal van die Express o'er. Mar né, hulle kom nog nader. Ds. du Plessis van Rustenburg en die kerkeraad van Pretoria val ons in ons eie blad an. In een woord, ons sou in die laaste tyd net die hele Patriot wekeliks kan vul, met wat daar direk of indirek teen ons geskrywe wort.
Wat is dit dan? Wat is dan onse sonde? Dit wort nou hoog tyd, dat ons self ondersoek. Daero'er vollende maal. Een troos ver ons lesers ver ditmaal: Dis 'n gek wat 'n knopkirie opneem om 'n vlieg dood te slaan. Of liwers: dis 'n sotte koning wat 'n hele leger oproep om 'n muis in syn klerekas te kom vang. Oordeel dus self o'er die wysheid van ons teenstanders wat so'n lawaai maak teen die nietige, veragtelike Patriot!
| |
Onse sonde.
Wee u, wanneer al de menschen wel van u spreken; want hunne vaders deden desgelijks den valschen profeten. - Luk. 6:26.
‘Er is 'n tyd om te zwygen en 'n tyd om te spreken,’ seg Salomo. Daar is 'n tyd om met David te sê: ‘Laat Simeï vloeken.’ Mar daar is oek 'n tyd om met onse grote Meester te se: ‘Indien ik kwalyk gesproken heb, betuig van het kwade; en indien wel, waarom slaat gy my?’ Die kuns is mar net om te weet wanneer ons met Salomo moet sê: ‘Antwoord den zot niet naar zyne dwaasheid, opdat gy ook hem niet gelyk wordt,’ - en wanneer; ‘Antwaard den zot naar zyne dwaasheid, opdat hy in zyne oogen niet wys zy.’ (Spr. 26:4, 5).
Ons is nie al te fyngevoelig nie; eersug set ons nie an om elke beskuldiging te weerle nie. Mar nou is spreke plig; spreke eens en veral.
Laaste week het ons geskrywe o'er onse vyande. Ons was nog lang nie op die end nie. Dis nie alleen korante
| |
| |
en tydskrifte wat vuur spuw teen ons nie. o Ne, op elk gebied het ons onse vyande.
1. Onder Skoolmeesters. Om mar twe voorbeelde te noem.
a) | Op die Stellenbosse Gymnasium is die redevoering van Juts de Villiers oe'r onse toekomstige landstaal openlik voorgelees, waarin hy wil antoon dat Engels en nie Afrikaans ons landstaal moet wees nie. Natuurlik is die grondige weerlegging deur die Zuid-Afrikaan en deur ons self nie daarby voorgelees nie. Dit was dus 'n partydige handeling, met 'n bepaald vyandige bedoeling teen onse taalbeweging. |
b) | In die Kosskool an Blou Vly (Wellington) was jongelinge wat lede was van ons Genootskap, en hulle is gedwonge om te bedank, of hulle moes die skool verlaat. Wil jy 'n direkter vervolging he! |
1. Onder Predikante. Om weer twe voorbeelde te noem. (As dit nodig is kan ons hulle naam en agternaam noem; nou verskoon ons hulle persone, om ons net met die saak besig te hout) hoewel hulle onse vyande is.
a) | Ds. N. wou syn susters kind nie by hom an huis loseer nie, as hy die Patriot lees. Kan jy jou bekrompener teenstand denk! |
b) | Ds. J. het 'n lid van syn gemeente angeset om ver die Patriot te bedank, omdat dit onder die wederdopers uit kom, - daar hy beter weet of ten minste kan en behoor te weet. Het jy ooit oneerliker en gemener middels sien gebruik! |
Sal ons verder gaan? Ne, dis nie nodig, want onse lesers weet self, watter gemene en lage liste agteraf gebruik wort, om ons teen te werk. Ons het oek genoeg geseg om te lat sien, hoeveul vyande ons het, en van watter soorte.
Lat ons dus lievers tot ons self inkeer. 'n Mens kan van jou bitterste vyande oek leer. Lat ons hoor, wat hulle teen ons getuig. Wat eintlik onse sonde is. Dis goed om so'n afrekening te hou voor die jaar uit is.
Nou lat ons dan eenkeer die swatte register van onse sonde naslaan, en verneem, waarvan onse vyande ons so al beskuldig.
1. ‘Julle maak die volk op teen die regering’ - so roep Meneer Willemsen van Richmond, die Graaff-Reinet Advertiser, ens. Die beswaar het ons al dikwils weerleg. Mar daar is mense, al het jy hulle honderd mal o'ertuig, dat hulle verkeerd is, dan kom hulle die honderd en eerste mal weer met dieselfde oue storie an, nes dit splinter nuut
| |
| |
en nog nooit weerleg is nie. Daarom geef ons hier weer wat ons geseg het in die Patriot van 10 Mei 1878.
‘Nou seg meer as een altemit: Mar is dit wel reg, om die sonde van ons regering so an die lig te breng? Sondig ons nie darme teen Gods woord, wat zeg, dat ons die magte moet onderdanig wees nie?
Wat hier in die oog moet gehou worde, is, dat om die foute van 'n regering aan te wys en tot opstand teen 'n regering op te roep, twe glad aparte dinge is.
Kyk Israëls profete, byvoorbeeld. Hulle het nooit ontsien om die regering syn foute aan te wys nie, en toch het hulle nooit oproer gestook nie. Mar dit leg in die aard van die sondaar, as jy syn sonde anwys, om te se: jy is 'n oproermaker, soos Achab ver Elia geseg het (lees 1 Kon. 18:17). En toch kan dit zoo ver kom, dat die gristen hom moet verset oek, as die eer van syn God aangerand wort, soos die Apostels, Hand. iv:19: en v; 29.’
2. Julle werk 'n valse vroomheid. - Dit verwyt Willemsen ons oek, en die Colesberg Advertiser praat dit na. En waar haal hulle dit nog al vandaan? In ons ‘Eerste Afrikaanse Spel-en Leesboeki’ het ons geseg: ‘Die goddelose haat die Patriot.’ Daaruit maak hulle nou op dat ons leer: ‘Almal wat teen die Patriot is, is goddelose; en almal wat daar voor is, is vrome.’ Wat moet daar tog in sulke mense hulle hersens omgaan? Hulle maak ons uit ver dom en laag, ens. En hulle verstaat die eerste beginsels van redeneerkunde nie. Verbeel jou, hulle redeneer so: die goddelose haat die Patriot, dus almal wat teen die Patriot is, is goddeloos. Dis net of iemand sou se:
al wat 4 bene het, is honde.
Nou wat sal jy nou nog redeneer met sulke mense!
3. Julle taal is te laag. - Dis 'n algemene beskuldiging. Mar gen een het nog kan antoon waarin onse taal lager is as enige andere taal nie. Ons daag enig een uit om an te toon in watter punte ons taal slegter is as enige andere taal, en dan sal ons in net so veul punte antoon dat dit beter is.
4. Julle voer 'n nuwe taal in, seg die Express gansegaar. Nou, dit is te mal om van te praat, daar ons eerste regel is: ‘Skryf soos jy praat,’ en vrind en vyand erken dat
| |
| |
dit die taal is van die algemeene bevolking van ons land wat ons skryf - al beweer Ds. du Plessis van Rustenburg dat die mense in Transvaal niet so praat nie. Daar sal wel genoeg Afrikaners an Rustenburg wees wat, as dit nodig is, met hulle name sal verklaar dat die Patriot suiwer hulle spreektaal gebruik. Afrikaans is in Afrika net so min 'n vreemde taal as dat Afrikaners hier 'n vreemde volk is. Dieselfde verandering wat die volk ondergaan het, het die taal oek ondergaan. Op dieselfde natuurlike manier as Hollanders en Duitsers en Franse hier Afrikaners geworde het, is hulle taal oek Afrikaans geworde. Maak nou eers weer ver ons algaar tot Hollanders, Franse en Duitsers - breng ons dus twe honderd jare agteruit - en dan kan Hollans, Frans en Duits weer ons taal weer. Dis nou die mense wat seg: hulle is ver vooruitgang, terwyl hulle ons twe honderd jare wil agteruit breng; en ver ons beskuldig hulle van agteruitgang, terwyl ons die bevolking neem waar hulle is, om daarvandaan hand aan hand vooruit te gaan.
5. ‘Julle is vuil-gewin-soekers,’ - dit goi die Express ons voor die kop. En die gemene laster neem die Era gretig o'er; en Willemsen stuur dit na die Zuid Afrikaan, en neem dit ver syn rekening deur te sê, dat dit ‘niet geheel verkeerd’ is. Ons lesers, wat van beter o'ertuig is, sal dit nie kan glo dat ons van so iets beskuldig wort nie. Nou, hier is die woorde:
‘Dit boekje (het ‘spel-en lees-boeki’), zoowel als het voornoemde blad (die Patriot) word uitgegeven als een spekulatie, berekend om te azen op den eenvoud der Zuid Afrikaansche boeren, wiens vooroordelen het aanmoedigt op de allerlaagste wyze.
Verbeel jou! 'n Saak, waarvoor deur sommige lede jaarliks £25, ja £50, en meer bygedraag wort om dit vort te set en uit te brei; - 'n saak waarin die redaksie en bestuurders gen oulap trek ver hulle persoon en werk nie; - 'n saak waarin bowedien nog jaarliks 'n tekort is wat vrinde buitenaf help afbetaal...... so'n saak wort 'n geldmakery genoem!!! Die spreekwoord seg: ‘As jy 'n hond wil slaan, kan jy gou 'n stok kry.’ Mar waarlik, die stok is vêr gesoek; daar moet al 'n grote gebrek an beskuldigings teen ons wees, as dit so ver moet gesoek worde! Mar hier geld mogelik 'n ander spreekwoord: ‘As iemand nie agter die deur gestaan het nie, dan sal hy 'n ander oek nie daar soek nie.’ Dit kan die Redakteur van die Express in syn sak steek.
| |
| |
6. ‘Die saak is julle self nis erns nie,’ moet ons alweer van die Express hoor:
Alle mogelyke middelen worden door de Redaktie van Die Patriot te baat genomen om eene nieuwe taal in Zuid Afrika in te voeren; maar wanneer het er op aan komt om op eene requisitie te antwoorden, dan vindt Mynheer de Redakteur het wel raadzaam om zich van goed Hollandsch te bedienen: dan wordt de zaak (voor hem) te belangryk, als dat hy 't wagen zou in een taal te schryven, welke tot allerlei misverstand zou kunnen aanleiding geven, en waarvan hy in zyn eigen gemoed overtuigd is, dat de overgroote meerderheid zyner constituenten volstrekt niets begrypt.
Dis mooi nè. Net twe anmerkings:
a) | Die Redaktie weet dus nie eens, dat dit pligmatig is, om iemand te andwoorde in die taal, waarin hy an jou skryf! |
b) | Dis 'n mooi kompelment ver ons intekenaars, dat 'n elf honderd inteken ver 'n koerant wat hulle nie verstaat nie! |
Genoeg: Daar mag nog wel een en ander wees, mar die hoofdsondes het ons opgenoem. En an almal pleit ons onskuldig.
En tog is hulle boos op ons, en wil hulle ons vernietig as hulle kan. Sal dit dan alles verniet wees?
o Né, ons het sonde, andere sonde, van hulle standpunt beskouwd. Mar hulle noem die kind nie by syn regte naam nie. Nou sal ons self onse sonde opneem:
a) | Ons is te Afrikaans. Ons is nie heeltemal Engelsgesind, soos Cape Times, Graaff-Reinet Advertiser, ens. nie. Ons is nie tweslagtig, half Engels half Hollans, soos Era, Colesberg Advertiser, en andere nie. Ons wil nie, met 'n bietjie Hollans ver die naam, die Engels help invoer nie. Ons is Afrikaans - heeltemal Afrikaans - Afrikaans met hart en siel. Dis sonde nommer één. |
b) | Ons is te godsdienstig. - Ons wil Gods woord en syn naam en eer oral geëerbiedig hê. Ons misken die Opperwese nie, nes die ander koerante nie. En hier is 'n vername bron van al die bittere vyandskap. Die Bose kan ons nie verdra nie. Hier is sonde nommer twe. |
c) | Ons is te rondborstig. - Ons kom uit ver die waarheid, sonder ansien van persoon. Ons noem elke ding by syn regte naam. En daarom mag ons oek wel met Paulus se: ‘Ben ik dan uw vyand geworden, u de waarheid zeggende?’ (Gal. 4:16). Dis ons derde sonde. |
| |
| |
d) | Ons is te voorspoedig. - Ons intekenare neem te sterk toe. Die Patriot gaat straks alle koerante verby. Dit kan hulle skade doen... En dis ons laaste en grootste sonde, en die eintlike oorsaak van al die vyandskap. |
Mar dis onangenaam om o'er vyandskap te skrywe en te lees. As getrouwe geskiedskrywer moes ons die hoofdstuk skrywe. Mar hoe korter hoe beter. Dis genoeg, dat ons dit hier te boek gestel het, hoe pen en mond Afrikaans bestry het, hoe lis en geweld die beoefening van ons landstaal wou teenstaan; hoe hoogmoed en vooroordeel daarteen opgewek is; hoe koerante en tyds krifte as wapens gebruik werd; hoe veragting en smaad by beurte ter hand geneem werd; hoe predikant en skoolmeester, Engelsman en Hollander, ja eie landslui die oorlog verklaar het teen die arme pas gebore kindjie. Mar dit het nix gebaad. Die Afrikaanse taalbeweging het tot hiertoe die toets van Gamaliël deurgestaan. As daar mar hier 'n Gamaliël was om an die teenstanders te sê: ‘Houdt af van deze menschen, en laat hen gaan; want indien deze raad, of dit werk uit menschen is, zoo zal het gebroken worden. Maar indien het uit God is, zoo kunt gy dat niet breken; opdat gy niet misschien bevonden wordt ook tegen God te stryden’ (Hand. 5:38, 39).
|
|