| |
IV. Ons toekomstige landstaal.
Dat die Afrikaanse taalbeweging na die hart van die bevolking was, blyk uit die snelle toeneming van die Patriot, terwyl andere tydskrifte met moeite deur kerkelike en burgerlike autoriteite opgehou moet worde; uit die rasse uitverkoop van alle boeke deur die Genootskap uitgege, terwyl die hele Geref. Kerk nie in staat was om leeslus op te wek deur hulle Boekvereniging nie.
Mar sou dit ooit in hogere kringe ingang vinde, of erkend worde? Eers het dit nie so gelyk nie. Daar was 'n algemene swygende veragting en miskenning. ‘Dit sal syn eie dood sterwe!’ seg die een. ‘Dis mar 'n klein klompie domme gekke!’ roep 'n ander. En as dit van menselike mag afhankelik was, dan het hulle die hele saak dood geswyg.
Mar toen die saak so met rasse skrede vortgang maak by die bevolking, werd die hoge here verplig om daarvan kennis te neem. Die eerste openlike kennisneming daarvan was in
| |
Hoofregter De Villiers syn voorlesing
wat ons hier in syn geheel vertaal.
| |
Redevoering
van Hoofregter J.H. de Villiers, op die Jaarlikse Vergadering van die Openbare Boekery in die Kaapstad, gehou op 13 Mei 1876.
Dames en Menere, - By die oerlees van die toesprake van die manne van onderskeiding, wat myn op die plaas voorgegaan is, het dit myn andag getrokke, dat hulle met weinige uitsonderings, begin met 'n verontskuldiging ver hulle onderneming om voor te sit by een van die jaarlikse vergaderinge, of met 'n betuiging van leedwese, dat die keuse van die com- | |
| |
missie nie op 'n bevoegder persoon geval is nie. As so 'n verontskuldiging ooit nodig was dan is dit verseker in myn geval, omdat myn vak en vroegere werksaamhede, mar 'n slegte voorbereiding verskaf het ver die moeielike taak om 'n gemengde gehoor van dames en menere in 'n gemaklike en algemeen gewilde styl toe te spreek oer 'n onderwerp wat an letterkunde, wetenskap of kuns verwant is. Egter kan ek nie gemoedelik verklaar dat ek die keus van die commissie betreur nie want niet teenstaande die tekortkominge waarvan ek goed bewus is, verbly ek myn oer die geleenheid om enige woorde in die openbaar te se oer 'n saak, waar ek groot belang in stel, en wat na myn mening in 'n belangryke ververhouding staat tot die toekomstige ontwikkeling en welvaart van myn landgenote.
Die onderwerp, wat ek ver'n beknopte behandeling gekies het, kan kort saamgevat worde in die vraag: watter taal sal waarskynlik in die toekoms die (taal) van Suid Afrika wees? En met te praat van die taal van Suid Afrika bedoel ek die taal van die massa van die bevolking, nie alleen met inbegrip van die amtenare, die wat in koophandel betrokke is, die vakkundige en ander verstandelik ontwikkelde klasse nie, mar oek die landbouwende bevolking en arbeidende klasse. Sal die taal van Holland syn heerskappy suiwer en onbevlek weer herstel? Of sal dit wees die taal van Holland, soos dit veranderd, of, soos sommige seg, bedorwe is deur die anraking met die taal van Engelse, Duitsers, Maleiers en Hottentotte, of deur die langsame gang van spraak verwisseling en klank ontbinding? Of sal die Engels oer albei voorgaande segevier? Ver die meeste sal die antwoord op die vrage regte eenvoudig lyk. ‘Dit is 'n Engelse kolonie’ sal hulle se, ‘en vroeger of later moet Engels die taal van die bevolking worde.’ Met so te redeneer vergeet hulle egter dat die moedertaal van 'n land sig nie nes 'n ou verslyte stuk klere lat weggoi as dit uitgedien het nie; dat daar baing jare toe nodig is, eer 'n vreemde taal an 'n hele volk kan geleer worde, dat daar veule geslagte moet verbygaan voordat hulle daarme eie kan worde, en dat selfs na daarme eie te wees oue herinnerings en vooroordele voortdurend sal saam werk om die indringer teen te staan. Tot nog toe - hoe ongelooflik dit mag lyk - is daar mense, gebore, opgevoed en woonagtig in die Hooglande van Skotland en in Wallis, wat die Engelse taal nie verstaat of spreek nie. In Canada verstaat en spreek 'n gedeelte van die bevolking slegs Frans. In sommige wyke van die Elzas, wat omtrent twe ewe deur die Franse beset was, praat die landbouwers net Duits, en in 'n gedeelte van Friesland is die taal wat die bevolking spreek,
| |
| |
glad onverstaanbaar ver die ingesetene van ander provinsies van Holland. Dit is die boerebevolking wat altyd die meeste vashou an 'n taal, en ons land bestaat hoofsakelik uit 'n boerebevolking.
Ek moet egter nie verstaan worde as of ek die onmogelikheid wil bewys dat een taal nie deur 'n ander kan verdring worde nie. As dit myn stelling was, sou dit ver myn onnodig wees om 'n woord meer te se, omdat die redelike gevolgtrekking onvermydelik sou wees dat Kaaps-Hollans, wat die taal is van die massa van die boere bevolking van die kolonie, deur gen ander kan of sal opsy gesit worde nie. Myn doel was meer om in die begin an te toon, dat die vraagstuk, wat die onderwerp van die verhandeling uitmaak, nie so gemakkelik op te los is as party mag denk nie.
Daar is ongetwyveld voorbeelde gewees van hele volke, wat hulle eie taal ver 'n vreemde lat vaar het. Soms het die taal van 'n verowerende volk, die van die verowerde volk glad verdring. So het byv. die taal wat in England ingevoer is deur die Angele, Saksers en Jutte, die van die ou Britte, an wie 'n Celtise tongval eie was, vervang. Hier en daar is enige kwynende kentekens van die al oue taal gebly soos tot onlangs in Cornwall, mar op die ou end het Angel-Saksisch of Engels die oerhant behou. So het die Latynse taal sig oek gevestig in vele van die Europese lande, wat onder die Romeinse heerskappy gebring was. Voor die oerwinning deur die Romeine van wat nou Frankryk is, het die ingesetene 'n soort van Celtisch gepraat, mar in ongelooflike korte tyd het hulle met die wette en instellings van Rome oek syn taal angeneem. Daar het die veroweraars weer die taal van die verowerde angeneem. Die Franke, 'n Teutonise ras, het Frankryk oerstroom na die val van die Romeinse Ryk en die taal angeneem wat deur die inwoners gesproke is, en slegs enige Teutonise woorde, spreekwyse en maniere van uitdrukking behou. Gedurende drie ewe na die Normaanse verowering van Engeland, was Frans en Engels neffens makaar in gebruik, totdat eindelik Engels die taal van die verowerende nasie lat wyk het. Mar ons hoef nie ver na ophelderende voorbeelde te soek nie. In die Westelike distrikte van die Kolonie het die taal van die oorspronkelike bewoners reeds plaas gemaak ver die KaapsHollans en in die Oostelike distrikte ge dit langsaam mar seker pad ver die vaste vooruitgang van Engels en Kaaps-Hollans.
Wat waar is van nasies en volksstamme, is oek waar van grote partye landverhuisers, wat sig in lande neerset waar 'n taal gesproke word wat verskil van hulle eie. Die Hugenote, wat na die intrekking van die Edict van Nantes teen die
| |
| |
einde van die 17de eeuw uit Frankryk gevlug is, het geredelik die taal geleer van die lande waarin hulle afsonderlik gaat woon het en meesal het hulle afstammelinge die kennis van hulle moedertaal verloor. Die abt De la Caille, wat ver sterrekundige ondersoek die Kaap besoek het, 60 jare na die ankoms van die Franse vlugtelinge, leg die vollende persoonlik opgedane getuigenis af. Na die vlakte van Drakenstein, in die buurte waarvan die Hugenote hulle eers neerge set het, beskrewe te he, seg hy:
‘Met betrekking tot die vtugtelinge, hulle het die Franse taal bewaar en an hulle kinders geleer; mar omdat die (kinders) verplig was Hollans te praat, gedeeltelik omdat hulle al hulle sake moes doen met Hollanders en Duitsers, wat Hollans praat, en gedeeltelik omdat hulle getroud of verwant is met Duitsers en Hollanders, het hulle kinders gen Frans geleer nie, sodat, nou daar gen oorspronkelike vlugtelinge oergebly is nie, dit slegs hulle kinders is wat Frans spreek, en die is algar oud. Ek het gen enkel persoon gesien wat onder die 40 is en Frans praat as hy nie self uit Frankryk gekom is nie. Ek kan egter nie met sekerheid verklaar dat dit algemeen die geval is nie, mar deur die wat Frans praat is myn versekerd, dat daar in 20 jare gen persoon in Franshoek sal wees wat die taal sal kan praat nie.’
As hulle inplaas van 20 die Abt 50 opgege het, sou die voorspelling ten stelligste bewaarheid wees. By die begin van deuse euw was die kennis van die Franse taal heeltemal verlore onder die Afstammelinge van die Hugenote, en as daar nou onder hulle is wat Frans verstaat of spreek, mog hulle dit van hulle Franse meester geleer, mar verseker nie van hulle voorvaders geërwe he nie.
Dis dan duidelik dat in die kolonie die tale van die oorspronkelike bewoners ten ondergang gedoemd is, en dat die Frans nie sal herlewe nie; mar dis nie net so duidelik, watter taal die plaas sal inneem nie. Twe of meer Europese tale mag 'n tyd lang neffens makaar bestaan, mar dit vereis gen profetise blik om te voorspel dat ten slotte die een die ander sal verdring nie. Die vraag is watter sal dit wees?
Sestig jaar gelede is met sekerheid voorspeld dat Hollans, dit wil se die taal van Holland, as onderskeie van die Kaapse taal - die meester sou bly. In die tyd - sover as 'n mens kan oordeel na die skrale literatuur van toen - was die strydlustigheid tussen die voorstanders van Engels en Hollans ten toppunt geklim. Die Hollanse party beskou dit as 'n teken van vaderlandsliefde om Hollans te praat en vort te plant. Die Engelse party van hulle kant ag dit 'n blyk van
| |
| |
getrouheid an England om Engels te praat en vort te plant. Langsamerhand egter het die hewigheid van die gevoel bedaar; mar dis tog nie uitgesterwe nie. Toen an die end van 1825, die Hollanse ‘Tydschrift’ uitloop het die Engelse Chronicle 'n juigtoon lat hoor in die vollende bewoordings:
‘Othello het uitgedien. Oerlede in die ouderdom van van 365 da'e. “Het Nederduitsche Zuid Afrikaanse Tydschrift” diep betreurd deur die lui van die kaap, wat van voor die Sonvloed dagteken en die afstammelings van VanRiebeek, wie syn geskrifte deur die oerledene diep bestudeerd was, en wie syn wapen onlangs an die stadshuis van Syne Majesteit George IV hernuwd is. Die afgestorwene had 'n eienaardige geneigheid en humeur, en ofskoon opgepas en as ware getroetel, in die wieg van die Regering geskommel en die geswore seun van Groot Brittanje, het hy egter nooit die lippe oopgemaak tot lof van syn (Brittanjes) sede, gewoonte en taal.’
Hulle pligplegings in plaas van die voorstanders van Hollans te ontmoedig het hulle angespoor tot grootere bedrywigheid, en die ontslape tydskrif sien toen weer die lig, onder 'n veranderde titel. Dit werd egter gevoeld dat die bederf wat die Hollanse taal ondergaan het, 'n grote struikelblok was op die pad van syn algemene verspreiding, en syn ondersteuners het toen getrag, om hom van vervalsing te suiwer, in andere woorde, om die taal van Holland vry van koloniaal vermengsel te herstel. Als 'n eerste stap om die doel te bereik, onderneem 'n seer geleerde professor om 'n boek te skrywe, waarin die barbaarsheid van Kaaps Hollans ten toon sou gesteld worde, en waarin die mense van die kolonie moes leer om nie alleen goeje Hollans te lees nie mar oek te skrywe - kort geseg, 'n boek wat die wonderdadige uitwerking sou he, om die een taal ver 'n ander in die plaas te stel, as die moedertaal van die volk. Die denkbeeld werd in 1840 opgevat. In 1844 verskyn dit onder die titel: ‘De Hollandsche Taal in Zuid Afrika hersteld,’ mar in plaas van an die eersugtige oogmerke van syn bewonderaars te voldoen, was dit 'n gewoon taalkundige leerboek, met hier en daar een paragraaf wat die Kaapse taal aanwys, en met 'n aanhangsel van 'n lys van woorde wat an die Kaap gebruikelik is, mar in Holland nog nie ver gelauterd deurgaan. Die voorrede egter verklaar die verandering van die plan. Nadat die skrywe syn oorspronkelik in die oog gehoue doel vermeld het, gaat hy so voort:
| |
| |
‘Wy kunnen dit niet ter neder schryven, zonder zelf te glimlachen om het denkbeeld, dat wy ons, by den aanvang dezer onderneming, misschien diets maakten, dit te kunnen doen. Drie jaren en zes maanden zyn er sedert verlopen; en in dien tusschentyd hebben wy zoo veel nieuwe proeven van onverschilligheid, ten aanzien van de Hollandsche taal, opgemerkt, dat wy nu althans over de mogelykheid om het kwaad te stuiten, geheel anders denken. Thans beschouwen wy de taal, waaraan wy onze moeite besteden, gelyk een geneesheer een ongeneeslyken lyder, wiens kwaal in hare verderflyke uitwerkingen wel eenigzins kan gematigd, wiens gewissen dood wel eenigen tyd kan vertraagd worden, maar op wiens volkomen herstel niet meer te hopen valt.’
In die boek selfs stem die skrywer egter toe dat die beskaafde klas o'eral hulle bes doen om die kenmerke van die Kaapse spraak af te le, en dat veel van die opgenoemde voorbeelde in die boek van die platte taal van die Kaap by die onbeskaafde klas tuis hoort. Hy voeg daarby dat wie grammaties praat, geseg word hoog Hollans te praat, en dat 'n Engelsman wat Hollans praat, dit altyd doet in die platte taal van die Kaap. Van 1844 tot nou is die onverskilligheid waaro'er Dr. Changuion klaag eer toe - as afgenome, terwyl, as hy nog hier was, hy nie langer die troos sou smaak om te denk dat die beskaafde klas die Kaaps-Hollanse spreekmanier laat bly nie. Hy sou integendeel bevinde dat wat verkeerdelik Hoog Hollans genoem word, byna geheel uit die gewoon gesellig omgang verbanne is, en dat selfs op die preekstoel, die jongere geslag van Nederd. Ger. predikante nie altyd na die taalkundige suiwerheid streef, wat die ou'e geslag onderskei en wat nog van 'n predikant in Holland verwag word. Selfs die imigrante, wat uit Holland hiernatoe kom, neem die Kaapse taal an, en hulle kinders leer gou by voorkeur om te praat in ons sagte en gemaklike taal, as in hulle hardklinkende moedertaal. Dit kan te wyte wees an die klein getal van imigrante wat na Suid Afrika kom, mar daar bestaat gen waarskynlikheid dat 'n genoegsame grote stroom van landverhuisers uit Holland hierheen sal vloei, om invloed te he op die toekomstige taal van die land nie. Daarom, geoordeeld na die ondervinding van verlope ty'e, en die strekking van die teenwoordige, kan ons veilig tot die slotsom kom dat Hollans nie die bestemming het, om die toekomstige taal van Suid Afrika te worde nie.
Inderdaad, ons hoor oek nie meer van pogings om die Hollanse taal in Suid Afrika te herstel nie.
| |
| |
Mar weinige van julle sal misskien weet, dat in sekere plase op die o'enblik kragtige pogings aangewend word, om an die Kaaps-Hollanse dialek 'n voordurend bestaan te verskaf, deur dit te erken, en as die letterkundige taal van Suid Afrika an te neem. 'n Maandblad genaamd de ‘Patriot’ is begonne, wat verklaar alleen die taal te gebruik, en ek verneem dat die bevorderaars van die blad voornemens is, om 'n Geskiedenis van die Kolonie en 'n Bybelvertaling in dieselfde taal uit te ge. As dit die doel is van die vereniging om die verstand en hart te tref van diegene ver wie iedere andere taal onverstaanbaar is, dan kan daar niks meer prysenswaardig wees nie. Mar dit skyn my twyfelagtig toe, om die minste te se, of daar enig ansienlik gedeelte van onse bevolking is wat nie goed Hollans kan verstaan nie. Hoe verbasterd die Kaaps Hollans oek is, meen ek, dat wie genoeg geleerd is en verstand het om dit te lees en te verstaan, oek in staat sal wees om taalkundig Hollans te begryp. Sonder twyfel, moet die behoefte van die Hollans-sprekende Koloniste nog ver 'n lang tyd deur andere, dan Engelse korante vervuld worde, mar dit is my nie bewus nie, dat die bestaande Hollanse korante, wat tot dus ver met soveul bekwaamheid, billikheid en gematigheid bestuurd is, nie in staat is om an die behoefte te voldoen nie, en hulle redakteure het dit tot nog toe nie nodig geag, om af te daal tot die gebruik van Kaaps-Hollans, alleen om hulle verstaanbaar te maak. Oek is dit myn nie bekend, dat die Hollanse vertaling van die Heilige Skrif ver enig aansienlik deel van die Hollanssprekende ingesetene van die Kolonie onverstaanbaar is nie. Die taal van die o'ersetting, soos die van die gewettigde Engelse o'ersetting en Luthers Duitse vertaling is so eenvoudig en te gelyk so suiwer, dat dit moeielik is om te glo in die noodsakelikheid van 'n ander oersetting wat meer bevattelik sal wees, of ver die hogere of ver die lagere stande. Natuurlik gaat die vraag myn nou nie an, of 'n
mens nie nader sou kon kom tot die oerspronkelike, o'ereenkomstig met die werke van die hedendaagse kritiek, mar alleen die vraag: is die taal verstaanbaar of nie? So geheg is die Engelse. Protestante an die vertaling, wat as die ‘Bybel van Koning Jacobus’ bekend is, dat ofskoon die getal van woorde of menings van woorde wat in die Bybel voorkom, en wat sedert 1611 in onbruik geraak is, 'n vyftiende deel is van die getal woorde wat in die Bybel gebruik worde, ieder voorstel om in plaas daarvan 'n verbeterde o'ersetting uit te ge en wat meer met die teenswoordige taal van England oereenkom, na ek meen, met weinige anmoediging of goedkeuring van die kant van die Engelse volk ontvang sal worde. In alle
| |
| |
geval sou gen Engelsman, wat die waardigheid van die Bybel op prys stel, in eens voorstel om daar 'n nuwe vertaling van te maak in een of ander patois wat in enkele streke gesproke worre, op grond dat die bestaande gewettigde vertaling nie volkome verstaan word nie. Die Duitse Protestant klem hom vas met liefde, nie onvermeng met trots, an die beroemde vertaling van Martin Luther, en hy sou sig erger as 'n man sou trag om daarvoor 'n vertaling in plat-Duits, ten nutte van die lagere klasse, in die plaas te stel. Die Hollanse gewettigde vertaling het wel is waar enige veranderings ondergaan in die spelling en in enige taalkundige opsigte, mar in die hoofsaak het hy die taal en die grammatise styl behou wat daaran gege is deur die nougesette vertalers, wat deur die Dortse Synode van 1619 benoemd is. Dit is ver onse Suid Afrikaanse Patriotte bewaard om te ontdek, dat daar 'n diepte van eenvoudigheid is, selfs bowe die wat deur die Hollanse o'ersetting bereik is, en dat in ons midde 'n klas van mense bestaat, wier onnnosel gemoed en swak verstand nie getroffe kan worde, sonder (as ek myn so mag uitdruk) die Heilige Skrif tot hulle maatstaf te lat neerdaal. Wat myn betref, glo ek nie dat die Hollans sprekende inwoners van die Kolonie, tot die staat van verstandelike verlaging afgedaal is nie, mar selfs al was dit, dan sou dit 'n veel edeler en nuttiger werk wees om hulle verstand op te hef dan om die enige boek te verdring, wat om syn algemene lesing onder ons nog 'n maatstaf van juiste, suiwere en egte Hollans bewaar. Ver wetenskappelike einde sal dit seker nuttig wees, om die bewyse te bewaar van die grote verandering wat die Hollanse taal ondergaan het deur dat dit o'ergeplant is van Holland na die Kolonie. Die bevorderaars van die so ewe genoemde beweging sou op dieselfde wyse 'n goeie diens doen om 'n versameling te maak van die brokkies grappige en o'erspronkelike digstukkies, wat o'eral in die land te vinde is, en waarvoor die taal
nie so ongeskik is nie. Mar as die nuwe Suid-Afrikaanse letterkunde ten doel het, om die verspreiding van Engels te'en te hou, en die invoer van Hollanse letterkunde te belet glo ek dat dit 'n misslag is, en op die end sal blyk 'n mislukking te wees. Dit is ydel om te verwag dat Kaaps-Hollans gou, indien ooit, 'n letterkundige taal sal worde, in die hoogste sin van die woord, bekwaam om in 'n wedyver vol te hou met Hollans of Engels. Omdat dit arm is in getal van woorde, swak in syn verbuigings, gebrek an juisheid van mening en ongeskik om denkbeelde uit te druk verbonde met hogere gedagtensfere, sal dit 'n grote wysiging moet ondergaan, voordat dit 'n letterkunde sal voortbring wat die naam
| |
| |
verdien. En die krag en bekwaamheid, wat verspild sou worde om die taal so ver te bring, sou nuttiger besteed worde in die toeeigening van die ryke en heerlike taal, wat voor ons gereed le as 'n taal met 'n letterkunde van die eerste rang. Die slegste kenmerk van die nuwe beweging is dat dit 'n beroep doet op die vaderlands liefde van die koloniste om hulle ondersteuning te verkry alsof vaderlandsliefde alleen bestaat in die behoud van die gebruike, van ons voorvaders, en dit daar nie op an kom of sulke gebruike dit werd is om behoude te worde nie. Dit sal vervas 'n dedeliker vaderlandsliefde wees as die geestelike toestand van ons landgenote verbeter en opgehelp word deur hulle die uitgestrekte hulpbronne van verstandelike rykdom oop te stel, wat die studie van die Engelse letterkunde moet onthul. En as enige vooroordele hulle in die weg staat zou die ware Patriot dit bestry, selfs op die gevaar af van syn eie populariteit te verlies, net mar om syn landgenote nie te lat agterbly in die wedloop na beskawing en geestelike verbetering nie. Dog dis waarlik misbruik van woorde, as gepraat word van patriotisme in verband met die onderwys. Die Franse kolonis van Canada of die Hollanse kolonis van die Kaap, bemin syn eie land nie so veul te meer omdat Frans of Hollans syn moedertaal is nie. Die Australiër of die Canadiër van Engelse afkoms bemin syn eie land nie minder omdat Engels syn moedertaal is nie. Die Amerikane het Engels gepraat voor die onafhankelikheids-oorlog; egter het hulle op manmoedige wyze hulle regte gehandhaaf teenoer die Regering en Parlement van Groot Brittanje. Toen hulle hulle onafhankelikheid verworwe het, het die gebruik van die Engelse taal hulle nie verhinder om een van die vernaamste mededingers van die moederland te worde nie. Ek siet dus gen gevaar ver die patriotisme van Suid Afrikaners, of hulle al in die Kolonie of een van die naburige State woon - as hulle sal ophou om 'n Hollanse dialek te spreek nie. Alle eer
an die land, natuurlik (physiek)so klein, sedelik so groot, wat die eerste beskawing in Suid Afrika gebring het. Ek wens dikwils dat die geskiedenis daarvan, hier meer bestudeer word, veral deur hulle, wat tot die land opsiet as die voorbeeld ver ons tot navolging. Mar dis ongelukkig te waar, dat die geboorte plaas van die godsdienstige en burgelike vryheid die indirekte middel was om in hulle Kolonies die grofste vorm van dwingelandy (despotisme) daar te stel. As die staatsliede van Holland onmiddelik verantwoordelik was ver die goeje bestuur van hulle Kolonies, dan twyfel ek nie of die sake
| |
| |
sou glad anders gewees hê. Dog die bestuur van die Oos-Indise besittings was toevertrou an 'n handelsmaatskappy, wat hulle weinig bekommer het om die sedelike, verstandelike of stoflike vooruitgang van die ingesetene, solang as die maatskappy mar alleen handel kon drywe en an die andeelhouders 'n grote wins kon oplewer. Die Kaap die Goede Hoop, as een van die handelstasies van die maatskappy, val direk onder die bestuur daarvan. Ver anderhalwe euw het hulle die wanbestuur oer die land uitgeoefen, in sulk 'n omvang dat die kwaje gevolge van hulle wanbestuur nog merkbaar is. As julle ver die bewering bewyse wil he, lat myn julle dan verwys na die uitstekende voorlesings van die geleerde Regter en ware Patriot, die vroegtydige dood van wie nog betreurd word deur die lede van syn vak in die hele Kolonie, ek bedoel o'erlede Regter Watermeyer.
Verseker het ons Hollanse regeerders weinig anmoediging gege ver enige taal behalwe hulle eie. Ek het reeds gewag gemaak van twe ooorsake, waar an die abt de la Caille die afneming en trapsgewyse vernietiging van die Franse taal onder die nakomelinge van die Hugenote toeskryf. Hy kan daar gerus 'n derde en kragtiger, as een van die twe, bygevoeg het. Dit was die vaste besluit en die bepaalde politiek van die Kamer van XVII, soos die algemeene Raad van Bestuur van die Hollanse Oos-Indise maatskappy genoemd is, om die gebruik van die Franse taal slegs in sover te gedoge as volstrek noodsakelik was, en om die uitbreiding daarvan geheel en al te verhinder, en die plaselike raadslede an die Kaap was nie traag om die wense van hulle meerdere uit te voer nie. Die waarheid van die bewering word ten volle gestaaf deur die oue argiwe van die kolonie; dog ek sal myn te vrede stel met seer weinige anhalings.
In die jaar 1701 skryf die plaselike Raad an die Kamer dat die Franse predikant, Pierre Simon op die punt staat van uit die Kolonie te vertrek en dat hulle tog 'n ander predikant in syn plaas moet uitstuur. Die antwoord, gerig an gouwerneur van der Stel, en ondertekend deur al die lede van die Kamer, was gedagtekend 20 September 1701 en luid aldus:
‘Ons veronderstel nie dat die Eerw. Pierre Simon die Kolonie sal verlaat voordat 'n ander predikant kom om syn plaas in te neem nie. Deur die Kamer van Amsterdam sal iemand uitgestuur worde wat die Hollanse en Franse tale verstaat, nie, soos ons dit verstaan, om in die laasgenoemde te preek nie, mar slegs om die oue koloniste, wat nie ons taal verstaan nie, te besoek te vermaan en te troos. Deur sulke middele sal dit ons naderhand geluk om die
| |
| |
taal te vernietig en, as ware, verban van die plaas, en met die doel in die oog sal jy sorg dra, dat die skole ver gen ander of verder doel sal gebruik worde nie, as om die jeug ons taal te leer lees en skrywe’.
Na 'n sorgvuldige deurlesing van die ou oorkonde vind ek gen vormeel besluit, wat deur die Raad geneem is na die ontvangs van die boodskap nie, mar in hulle antwoord van 3 Februari 1702, wat 'n belangrik verslag bevat van die maatskappelike en geldelike toestand van die volkplanting, kom die vollende voor: - ‘Wy zullen zorg dragen, dat door middel van de Hollandsche taal in de Kerk en school te Drakenstein, de Fransche taal in onbruik zal raken onder de leden der gemeenten, en dus in den loop des tyds geheel zal worden uitgeroeid; en dit zal des te gereeder geschieden, dewyl er geene Fransche scholen meer zyn.’ Die Raad het sig an die belofte gehou en gen geleentheid ongebruik lat verby gaan om die Franse taal te ontmoedig en selfs te verbiede nie. So vind ek dat in December 1709, by die ontvangs van 'n brief in Frans, van die kerkraad van Drakenstein, waarin die name werd an die hand gege van sekere persone, as geskik en bevoeg om gekies te worde as lede van die Kerkraad, die Raad die vollende besluit geneem het: - ‘Dat den Kerkeraad worde verwittigd dat dezelve voortaan geene brieven zal mogen schryven aan de Regeering in de Fransche taal; maar dat dit zal moeten worden gedaan in de Hollandsche alleen.’ Uit wat ek gesien het omtrent die Hollanse Oos-Indise maatskappy, blyk dit duidelik dat ons mar 'n uiters geringe dankbaarheid verskuldig is an die nagedagtenis daarvan; en die bitjie wat ons daaran verskuldig is, sou ons slegs ongenoegsaam af betaal deur 'n taal in stand te hou, wat in die ore van die Direkteure hateliker sou geklink hê as die Franse, en barbaarser as die Engelse self. Dog ek glo nie dat dit instant sal gehou worde nie. Gedurende verskeie geslagte mog die twe tale meer of min same, naas makaar woon; dog op die end sal die geskikste die langslewende wees. Langsamerhand wyk die oue vooroordele teen Engels ver verstandiger insigte. Die jongste onder ons kan sig waarskynlik die tyd herinner, toen dit as 'n soort
van heiligskennis sou beskou wees om voor te stel dat 'n preek in die Engelse taal sou uitgesproke worde in die Hollans Gereformeerde Kerk hier in die stad, terwyl ons tans bevind dat 'n Engelse diens net so gereeld gehou word as 'n Hollanse. In menig sogenoemde Hollanse huishouding is Engels die huistaal van die familie, en namate die ankomende geslag opgroei, kan verwag worde dat die neiging sal toeneem. In die Hoofstad van die Oranje Vrystaat self word, soos ek van
| |
| |
geloofwaardige syde verneem het, Engels net so veul gehoor in gewone gesprekke as Hollans, ja deur die Vrystaatse bevolking word stellig beweer, dat Engels juister en algemener gesproke word in Bloemfontein as in die Hoofstad van ons Kolonie. As ons 'n blik slaat op die letterkunde wat in ons Kolonie ingevoer word, bevind ons, dat die Engelse boeke in getal al die oerige saam geneem, oertref. In die buite dorpe, wat openbare boekerye het, maak die Engelse boeke die grootste gedeelte van die versamelinge uit. In hierdie boekery self, wat kan beskou worde as in sekere mate die smaak van die lesend publiek van die volkplanting an te dui, is die eweredigheid van Engelse teen Hollanse boeke soos 9 teen 1. Oek moet 'n mens sig hieroer nie verwonder nie. Die praktise nut van 'n taal sal altyd die grootste waarborg wees ver die verspreiding daarvan. By belanrike handelstransaksies en offisele briefwisseling is die gebruik van Engels so goed as onmisbaar geworde. Die strenge noodsakelikheid vereis buitendien 'n kennis van die Engelse taal van die wat hulle land wens te verteenwoordig in die Parlement, of te praktiseer in Geregshowe, of lede te worde van afdelingsrade en Municipaliteite of bevoeg te worde ver die amp van Vrederegter, of sig te wy an die edele betrekking van onderwyser van die Koloniale jeug. Dog, onafhankelik van die praktise nut van 'n taal sal die angebore rykdom en krag daarvan, dit 'n onmetelike voordeel verskaf bowe die armere en swakkere, wat daarme wil wedywer. Op welsprekende wyse is angemerk deur Donaldson in syn Varronianus, dat, ‘'n taal ons alleen dierbaar is, as ons die vermoge daarvan ken en wanner dit as geheilig is deur 'n duisend betrekkings met onse beskawing, ons letterkunde en ons gerief. So lang as dit mar die onduidelike uitings lispel van half opgevoede mense, het dit gen vat op die harte van die wat dit praat nie, en word dit geredelik verontagsaam of verworpe ten gunste van 'n beskaafder taal,
wat, terwyl dit name vind ver die, te vore onbekende, weeldrighede van die beskawing, oek die gemeenskap open met die wat optre as die ankondigers van sedelike en verstandelike wedergeboorte’ Ver die waarheid van die opmerking strek as voorbeeld die bereidwilligheid, waarme die ou Gallen die taal van die Romeine angeneem het. Dis ongetwyfeld waar dat die taal van 'n nasie meer die gevolg as oorsaak is van hulle verstandelike hoedanighede, mar dis net so goed waar dat die verstandelike vooruitgang van 'n nasie groteliks onder die invloed staat van die taal wat hulle gebruik, of hulle dit van hulle voorouders geërwe of van 'n ander ras angeneem het. ‘Die mense,’ seg Lord Bacon, ‘glo dat hulle rede meester is oer hulle woorde, mar dis
| |
| |
oek waar dat die woorde 'n wederkerige en terugwerkende krag uitoefen op ons verstand’. Kan die taal van 'n volk dan 'n onverskillige saak wees ver die wat die volksbelange ter harte gaat? As dit waar is dat ons woorde 'n wederkerige en terugwerkende krag op ons verstand vermogens uitoefen, dan is dit seker 'n saak van die grootste belang dat dit heel noukeurig in mening, en instaat moet wees om 'n wye reeks van onderwerpe te behandel en nie te kort skiet om uitdrukking te ge an die gedagte van grote denkers nie. Waar die hoedanighede in die ou taal ontbreek, mar in die nuwe in oervloed anwesig is, is dit gen anmatiging om te voorspel dat die eerste ver die laaste sal wyk nie. Denkbeelde wat in die oue taal nie kan uitgedruk worde nie, vind gerede toegang deur in die nuwe ingekleed te worde. In die loop van die tyd word die nuwe taal ingewewe met die dagelikse lewe van die volk, en inplaas van as 'n indringer beskoud te worde, word dit ver hulle van netso veul waarde as ver diegene by wie dit syn oorsprong gehad het. As 'n afgetrokke stelling sal nimand dit betwyfel nie, dat dit goed is ver 'n volk om een gemeenskappelike taal te praat. Die bedrywighede van die lewe is so dringend en die natuurlike vadsigheid van die mens so groot, dat dit ydel is om te verwag, dat 'n groot gedeelte van die bevolking instaat sal wees om twe of meer tale meester te worde. Solang egter as verskillende klasse verskillende tale spreek, kan op die duur gen gemeenskappelikheid van belange tussen hulle bestaan nie. Met so veule elemente van onenigheid wat onder ons betrekkelik klein en wyd verspreide bevolking bestaat, sou dit ver hierdie land 'n werkelike voordeel wees, as die tegenpartydigheid wat uit 'n verskil van taal gebore word, heeltemal kan weggeruimd worde. In die teunswoordige tyd verkry die kwessie, wat ek nou bespreek, meer as gewone belangrikheid. 'n Onbepaalde sug na 'n nouwere vereniging van die onsamehangende brokstukke van Europese bevolking is oer die
land gevare. Die begeerte na 'n Confederasie van die verskillende state van Suid-Afrika win langsamerhand veld. By sommige neem die denkbeeld die vorm an van 'n gebied onder die Britse Kroon; by andere die van 'n Confederasie van onafhankelike state. Ek sal die kiese en verbode grond van staatkunde nie betre nie, mar dit wil ek sê, dat die voordele van 'n gemeenskaplike taal ewe groot sal wees, of ons oek al 'n Suid Afrikaanse gebied onder Britse vlag, of wel 'n unie van anafhankelike state onder die Suid Afrikaanse vlag sal hê. Wat die toekoms sal baar kan nimand van ons
| |
| |
sê nie. Op syn allerbeste geneem is onse verstandelike gesigskring so beperk dat ons daar meer dikwils in feil as slaag om die volledige werking te ontdek van al die omstandighede, wat die stilswygende gebeurtenisse van die toekoms in syn vorm kne. Plotselinge rampe goi oek dikwils die sorgvuldigste berekeninge omver. Mar sulke o'erwegings hoef ons nie trug te hou van die studie van die tekene des tyds, en van ons kennis en ervaring van die verledene op die waarskynlikhede van die toekoms te lat gelde nie. Daar is iets gewonne, as ons op die manier instaat is om ons self gereed te hou, en ander te versoek om hulle oek gereed te hou ver naderende gebeurtenisse, waarvan ons die donker skaduwe vooraf siet gaan, en daar sal niks verlore wees, as ons verwagtings nie ten volle verwesenlik word nie. En as dit as 'n daadsaak mog blyk, dat die loop van gebeurtenisse eenvormig in een en dieselfde rigting gaat, sou dit ons plig kan wees, om te doen al wat ons mogelik is om die stroom te stuit, of dit sou 'n verstandiger gedragslyn kan wees om die onvermydelike an te neem; mar dit sou klinkklare dwaasheid wees om die oge te sluit ver die bestaan van die daadsaak. Om die opmerkings toe te pas op die vraagstuk waarvan ek uitgegaan is, het ek daar slegs by te voege dat al die feite en argumente, nou deur myn bygebring, ver myn lyk op die slotsom te wys, dat die tyd nog ver verwyderd is, waarop die ingesetene van ons Kolonie een algemene moedertaal sal spreek en erken; dat dit egter ten laaste sal kom en dat as dit kom die taal van Groot Brittanje oek die taal sal wees van Suid Afrika.
Daar is veel in die Voorlesing waarme ons hartelik instem, en wat nie weinig bydraag om onse hande te sterk nie, byv. die vollende punte:
1. | Dat die landstaal ‘eene belangryke verhouding het tot de toekomstige ontwikkeling en welvaard’ van die inwoners. |
2! | ‘Dat de moedertaal van een land zich niet als een afgedragen kleed laat wegwerpen als het heeft uitgediend.’ |
3. | ‘Dat er vele jaren toe noodig zyn, eer een vreemde taal aan een geheel volk kan worden geleerd; dat vele geslachten moeten voorbygaan vóór dat het er mee eigen kan worden; en dat zelfs na er mee eigen te zyn oude herinneringen en vooroordeelen steeds zullen samen werken om de indringster te wederstaan. |
| |
| |
4. | Dat daarvan duidelike voorbeelde is in Skotland, Wallis, Canade, Elzas, en Friesland. |
5. | ‘Dat het de boerenbevolking is die steeds zich het meest vast klemt aan eene taal en dat ons land hoofdzakelyk uit eene boerenbevolking bestaat sodat verdringing van die landstaal hier zwaarder zal gaan as ergens elders. |
6. | Dat Afrikaans of ‘Kaapsch-Hollandsche de taal is van de massa der bevolking van deze Kolonie’ (en natuurlik nog meer van Vrystaat en Transvaal). |
7. | Dat Hollans hier onherstelbaar verlore is, en dat alle pogings sowel om Hollans teeno'er Engels te handhawe as om Afrikaans tot Hollans te herstel, hopeloos misluk is. |
8. | Dat 'n Engelsman gen Hollans, mar wel Afrikaans, leer praat. |
9. | Dat ‘Hoog-Hollandsch byna geheel verbannen is uit het gewone gezellig verkeer.’ |
10. | Dat die jonge predikante van onse Ned. Ger. Kerk selfs op die preekstoel gen suiwer Hollans gebruik nie. |
11. | Dat selfs Hollanders wat hier inkom Afrikaans leer praat en dat hulle kinders eerder Afrikaans as Hollans leer. |
12. | ‘Dat dus de tegenwoordige taal van Holland niet de bestemming heeft, de toekomstige taal van Zuid Afrika te worden.’ |
13. | Dat ‘niets prysenswaardiger is’ as die Afrikaanse taalbeweging ver so vêr as ‘het doel der heweging is om het verstand en het hart diergenen te treffen, voor wie iedere andere taal onverstaanbaar is.’ |
Die vraag is by onse Hoofregter: ‘Wie van die 3: Engels, Hollans, of Afrikaans, sal landstaal worde?’ As verengelste Afrikaner, of as Engelsman in syn hart (hoe sou hy anders ooit Hoofregter geworde wees?) moes dit by hom vooraf vasstaan, dat Engels landstaal moet worde Dis nou mar net die vraag: Wat dan gemaak met die ansprake wat Hollans en Afrikaans maak op dieselfde reg?
Syn besware teen Hollans is genoegsaam, en sal haas elke lid van die Genootschap van Regte Afrikaners graag o'erneem.
Mar nou, wat hy teen Afrikaans seg dan? Wel,
| |
| |
dis so glad en al omver gegoi deur die redakteur van die Zuid Afrikaan in syn leader, dat dit lyk of nimand van die Regte Afrikaners sig eens moeg gemaak het om dit te weerleg nie. Hier is die leader.
| |
Onze toekomstige taal.
Die onzen Hoofdregter, den heer de Villiers, kennen, zullen, toen hy by de Bibliotheekvergadering van l.l. Zaturdag de vraag ‘welke zal onze toekomstige taal zijn?’ als zyn onderwerp aankondigde, wel voor geen enkel oogenblik in twyfel verkeerd hebben omtrent het resultaat waartoe hy zou geraken. Maar zy zouden tevens iets meer degelyks, grondigs en wetenschappelyks hebben verwacht, dan het interressante opstel, dat wy elders vertaald weergeven. Zy stelden zich welligt voor een onderzoek naar de taalwetten en andere oorzaken, welke leidden tot het ontstaan en tot de door hem geboekstaafde aanvankelyke heerschappy van het Kaapsch Hollandsch, zoowel als naar den eigenlyken aard en den aanleg van die ‘taal’, als onderscheiden van het eigenlyk Nederduitsch. Dezulken werden erg teleurgesteld. Hy gaf blote ongemotiveerde feiten op. En toch, welk eene schoone gelegenheid had hy om aan te toonen, dat het ontstaan van ‘die Afrikaanse Taal’, wel verre van zonderling en alleenstaand te zyn, slechts een is van vele dergelyke verschynselen! Hy zelf haalde, blykbaar onbewust, een verwant voorbeeld aan. Dat de taal der overwonnelingen soms die der overwinnaars verdringt, dat helderde hy op met het feit, dat het Angel-Saksisch en het Fransch eeuwen lang een gemeenschappelyk bestaan in Engeland hadden, maar dat het laatste uiteindelyk voor het eerste week. Doch dat hetgeen in de 17de en 18de eeuwen in Zuid Afrika plaats vond op het gebied der taal, eene bloote herhaling was van hetgeen in de 11de, 12de en 13de eeuwen in Engeland werd aanschouwd, daaraan schynt de heer de Villiers niet te hebben gedacht. En toch, welk eene analogie bestaat er tusschen beide! Gelyk het Hollandsch de inheemsche talen alhier verving, zoo verving het Angel-Saksisch de taal der Britten. Franschen landden hier aan en verloren in den loop des tyds hunne taal, doch namen niet het geschreven, het grammatikaal Hollandsch aan, maar een gesproken dialect of
‘patois’ - indien men dat woord verkiest - ontstaan uit eene ontbinding van het zuiver Hollandsch. Naar Engeland kwamen Fransch sprekenden over in veel grootere getallen dan naar deze kolonie; zy kwamen als overwinnaars met al den invloed van stand en
| |
| |
magt, en gevolgelyk slaagden zy er in hunne taal in te voeren als die der Regering en der beschaafde zamenleving; doch ten langen laatste trof het Fransch daar hetzelfde lot als hier - het verdween. Doch het maakte plaats, niet voor het geschreven Angel-Saksisch van vóór de verovering, met zyne ingewikkelde grammatica, meer verwant aan het Hollandsch dan aan eenige andere taal ter wereld; maar voor eene corruptie dier taal, die, even als ons Kaapsch Hollandsch, wel door het volk werd gesproken, maar niet geschreven. Het zuiver Angel-Saksisch bestond niet meer. Het had (alweer even als ons Kaapsch) verloren ‘die grammatikale ingewikkeldheden, veroorzaakt door de verbuiging der zelfstandige naamwoorden, die schynbaar willekeurige onderscheidingen van geslachten, dat regeren door voorzetsels’ enz., welke het Hollandsch voor zoo velen moeijelyk maken. ‘Alles dat maar eenigzins kon verwaarloosd worden, zonder schade te doen aan het groote oogmerk van de meening des sprekers of schryvers uit te drukken - welk ander doel van een sierlyken of kunstlievenden aard het oog mogt dienen, werd zonder genade geweerd. Eene verandering als deze is buiten kyf de ontbinding eener taal.’ Zoo schryft Craik van het Engelsch, dat de overwinning behaalde. Het is alsof wy een taalkundige hooren declameren tegen de oplossing van het Nederduitsch in ‘die Afrikaanse Taal.’ Het was voor zulk een praatvorm, alzoo ontstaan, dat het Fransch moest zwichten. Het zwichtte voor een dialect, even ontaard, en op dezelfde wyze ontaard. als ons Afrikaansch, waardoor het hier werd overwonnen. Telt het Afrikaansch vele woorden van Hottentotschen, Maleischen en Franschen oorsprong: het dialect, dat in Engeland kwam bovendryven, telde nog veel meer Celtische, Deensche, Latynsche en Fransche woorden. In haast ieder opzigt schynnen zy verwant. Waarom zou dan de eene voor de andere moeten wyken in Zuid Afrika? De heer de Villiers zegt, omdat
het Engelsch eene prachtige taal is, en het Kaapsch een barbaarsch mengelmoes. Maar dat was juist het oordeel, dat in de twaalfde eeuw werd geveld over het Fransch en Engelsch respectivelyk; en toch verdrong het laatste het eerste. En er zyn tallen van andere voorbeelden, dat het niet altyd de beste taal is die wint. Zie, de heer de Villiers zegt, dat het Kaapsch lang niet haalt by zuiver Hollandsch, en toch beweert hy, dat het eerste in Zuid Afrika meer levenskracht dan het laatste aan den dag legt. Het Latyn plaats makende voor het Italiaansch, het oude Grieksch voor het moderne Grieksch, het Zuidelyk voor het Noordelyk Fransch - ze zyn
| |
| |
allen voorbeelden in denzelfden trant. Het Kaapsch, zegt hy, is zoo ellendig arm. Had hy over het onderwerp nagedacht; hy zou inzien, dat die tegenwerping ongegrond is. Hy zou begrypen, dat het Kaapsch, van het Hollandsch hoofdzakelyk verschillende in spraakkunst alleen, byna het gansche Hollandsche woordenboek ter zyner beschikking heeft, en eene hoedanigheid bezittende, die het gemeen heeft met Engelsch, d.i., gemakkelykheid van toeëigening van vreemde woorden, vatbaar is voor eene onbeperkte uitbreiding. Deze gemakkelykheid van toeëigening, gepaard by vryheid van grammatikale regels, verklaart de voorkeur, die het Kaapsch in zoovele rigtingen erlangt boven het Hollandsch; en die hoedanigheden, gevoegd by een patriottisch gevoel, geboren uit de gedurige oorlogen der Engelschen tegen de Franschen, verschaffen ook de verklaring der verdringing van het Fransch door het Engelsch. In den regel wint de gemakkelykste taal het, mits de voorwaarden gelyk zyn. Maar de voorwaarden zyn in Zuid Afrika niet gelyk. Wint Engelsch het op den langen duur van Nederduisch en Afrikaansch beiden - het zal zyn als gevolg, niet van zyn eigen uitstekende verdiensten, maar van den gedurigen aanwas der Engelsche bevolking, van zyne aanmoediging met uitsluiting van alle andere talen door de Regering, en vooral van zyne literatuur, die niet alleen ryk, maar ook goedkoop is. Wy zyn geene voorstanders van Afrikaansch. Wy meenen, dat de mannen van die Patriot een hopeloozen stryd voeren; maar wy houden staande, dat, indien Afrikaansch en Engelsch als splinternieuwe talen met malkaar in aanraking konden worden gebragt, het eene zonder eenige letterkunde en het andere met eene van zeshonderd jaren achter den rug, de kans der overwinning zoowat gelyk zou staan.
Die enigste wat ons in die Patriot hierop vind is 'n Korrespondensie in die blad van 15 Juny 1876. Ons neem dit o'er omdat hierin 'n argument is voor die Afrikaanse taalbeweging, wat al honderdmal die teenstanders voorgeworpe is, wat nog nooit imand kon weerlê nie, en tog blyf hulle dit altoos misken, namelik dat ons nie alleen 'n taal moet hê waarin ons kan verstaan wat andere ver ons vertel nie, mar oek waarin ons onse gedagte kan uitdruk as volk. Ons geef dit as bewys ver die teenstanders dat hier 'n onomstotelike klip al 3 jaar lank in hulle pad lê wat hulle nog nie kan verroer nie.
| |
| |
| |
An Lokomotief.
Meneer, - Ek siet in die Zuid-Afrikaan van die 17de Mei dat ons Hoofregter, meneer de Villiers, 'n rede gehou het o'er: ‘Wat die toekomstige taal van ons land sal wees.’ Meneer moet tog asseblief myn kompelmente gé an die meneer wat die Zuid-Afrikaan uitgé - en se dat ons Afrikaners ver hom hartelik lat bedank, dat hy ons saak so verdedig het. Ons wens dat hy oek 'n voorstander van die Afrikaans mag worre.
Ons Hoofregter veroordeel die Afrikaanse beweging, omdat hy meen, ‘dat as 'n man verstand genoeg het, en genoeg geleer het om ons taal te kan lees en verstaan, hy dan oek in staat sal wees om taalkundig Hollans te begryp.’ Nou, ek wil daar nie voor stry nie, en kan oek nie; want daar is mos glo groot verskil tussen 'n saak te verstaan of mar te begryp. En dit is dan juis in ons voordeel, want dan kan ons mos nog altyd van die Hollanse letterkunde gebruik maak tot ons een dag self 'n groot letterkunde het. Mar wat ek myn om verwonner is, dat di Hoofregter so kan praat nes dit genoeg is as 'n man mar 'n ding kan begryp! moet hy dan nie oek 'n taal he om ver hom in te kan uitdruk nie? Moet hy dan mar net kan begryp, sonder ver hom oek te kan lat begryp? Hy se wel ons moet opgehelp worre - mar hoe kan hy dan te'en die Patriotte wees? Dis mos juis wat julle an ons wil doen - ver ons ophelp. Daarom kom julle tot by ons, om ons hand te neem en op te help. Mar hulle staat bo'op die berg en skré: ‘Julle moet opgehelp worre! julle moet opgehelp worre! Kom op, dan sal ons julle ophelp!’ en al die skré en lawaaimaak bring ons niks verder as ons is nie. As hulle ons wil ophelp - lat hulle dan na ons toe kom, ons hand vat en dan met ons opklim. So lank as hulle dit nie doet nie, is al hulle praat van ‘ophelp’ net spot met ons. Né meneer, ons sal die Patriot ondersteun, en saam werk so veel as ons kan. En al mag ons taal self met geweld onderdruk worre (wat ons hoop dat God nie sal toelaat nie, want ‘Hy regeer’) en al mag die hele saak dan misluk, dan sal ons nog altyd met dankbaarheid terug dink wat ‘die Genootskap van Regte Afrikaanders’
ver ons gedaan het. Gaat voort, julle doel is edel. ‘Die met julle is, is meer as die te'en julle is.’ Ek wens julle voorspoed en se'en. - ‘Die Heer regeer.’
Een dankbare Afrikaner.
| |
| |
Wat onse Hoofregter bybreng van verdringing van die Franse taal deur die Hollanders moet blykbaar dien tot 'n sydelingse verskoning van die verdringing van Hollans of Afrikaans nou deur die Engelse. Hy vergeet egter dat die saak toen letterlik net teeno'er gesteld was van wat dit nou is. Hollans was toen landstaal en Frans 'n vreemde taal van inkomende immigrante. Mar nou is dit omgekeerd, Afrikaans is die landstaal en Engels is die taal van vreemde setlaars wat hier inkom. Mar bowedien die Franse taal is hier nie so verdring nie, soos duidelik blyk uit die vollende anhaling uit ‘Die Geskiedenis van ons Land,’ bladsy 71.
Hulle eerste kerk het hulle gebou in Groot Drakenstein, waar nou die ‘Simondium’ staan, wat deur hulle nakomelinge opgerig is as gedagtenis van hulle eerste predikant, Pierre Simond. Die kerk van Drakenstein het vier Franse predikante gehad: Simond, Daillé, Beck en Campher. Hulle het in die Franse taal gepreek tot in 1724. Di's ruim 35 jaar na die aankoms van die Hugenote in die kolonie. In die tyd was byna almal wat uit Frankryk gevlug het al dood en hulle kinders wat hier gebore is, het almal Hollans geken. Toen daar nog mar twé of drie van die ou vlugtelinge was wat gen Hollans verstaan nie, het die Hollanse regering expres 'n krankbesoeker ver hulle aangestel.
Di's een wonder, as 'n mens reg daaro'er denk, dat die prediking in die Franse taal nog so lank geduur het, want kyk, in Frankryk is hulle so wreedaardig vervolg geworde, en daar het hulle so veel onreg moet ly, dat hulle van selfs alle liefde ver hulle vaderland en ver hulle moedertaal verloor het. Dan kom nog daarby dat Holland hulle met ope arme ontvang het en die meeste van hulle daar 'n heele tyd deurgebreng het en toen die Hollanse taal aangeleer het, so dat hulle van selwers liefde ver die volk en ver die taal gekry het, en dit toen beskouw as hulle twede vaderland. En eindelik, hulle is hier in een Hollanse kolonie kom woon, onder Hollanders, en het as broers same gewoon en hulle kinders o'er en weer getrouw.
Verder is dit van groot belang om daarop te let, deur watter middels onse Hoofregter denk dat die voorstanders van Engels in staat sal wees om die landstaal uit te roei en Engels algemeen te maak. So kan 'n mens van jou teenstanders veel leer, as hy mar dom genoeg is om jou met syn planne te lat bekend worde. En
| |
| |
dit lyk ver ons of die Hoofregter hier die politiek van syn party heeltemal verklap het, of dit so heel slim van hom was, laat ons an die publiek o'er. Want die publiek staat nie altoos voor die Hoofregter tereg nie; mar op sommige punte staat die Hoofregter weer voor die regbank van die publiek,
Publiek. - Kom nou hier, ons roep jou op, Milord! Vertel ons deur welke middels sal julle die landstaal uitroei, en Engels invoer?
Juts de Villiers. - Deur die vollende middels:
1. | Deur Engels te lat preek in die Kerke. |
2. | Deur Engels te lat praat in die Huise. |
3. | Deur Engelse boeke in te voer. |
4. | Deur nix as Engels toe te laat in Parlement, Geregshof, Afdelingsraad, Municipaliteit, Vrederegterskantoor en Skool. |
Publiek. - Mar as ons nou seg: As dit so is, dan wil ons, -
1. | Gen Engels meer lat preek in onse Kerke nie; |
2. | Gen Engelse Gouwernantes in onse huise he nie; |
3. | Gen Engelse, mar Hollanse en Afrikaanse boeke, lees; en |
4. | Dan eis ons voortaan erkenning van onse taal in Skool, Vrederegterskantoor, Poskantoor en watter kantoor daar meer mag wees, in onse Municipaliteit en Destriksrade, ja tot in die Hoge Geregshof en Parlement; - wat word daar dan van al julle mooie planne? |
Juts de Vitliers. - Wel, die publiek het seker alle mag in hande, mar julle is te dom om julle regte te lat gelde.
Publiek, - Dankie, Milord! Genoeg ver die slag. Jy kan nou mar gaan. Jy was dom genoeg om jou party te verklap. Gaat mar! Ons weet nou wat ons moet doen.
| |
Onwederlegde punte.
Kort na die redevoering van Hoofregter de Villiers, in Juny 1876, werd daar 'n publieke vergadering gehou an Montagu, om die vraag te bespreek: wat die toekomstige landstaal van Afrika sal wees? Die vollende verslag daarvan neem ons o'er uit die Patriot van 15 July 1876.
| |
| |
| |
Ons toekomstige landstaal.
Daaro'er was 'n publieke vergadering op Montagu. Vollens die verslag in die Zuid-Afrikaan, was die grote meerderheid ver die Afrikaanse taal. Dis oek natuurlik. Duits in Duitsland, Frans in Frankryk, Engels in England, Hollans in Holland, en Afrikaans in Afrika! Onder andere het ene Meneer D. du Toit daar een flukse rede gehou ver ons taal, en ons wakkere agent daar, Meneer W.A. Joubert, het die vollende 14 punte daar opgegé, waarom Afrikaans ons landstaal moet wees, en daar was gen een wat die punte kon weerleg nie. Die punte is in die Zuid-Afrikaan oek gedruk en tot nog toe het niemand dit gewaag om dit te weerleg nie.
‘1. | Omdat Afrikaans die moedertaal is van ons te'enwoordige geslag. |
2. | Omdat die 'n inlandse taal is, wat hier tuis hoort en daarom moet in eer gehou worde. |
3. | Omdat dit deur die grote meerderheid van die bevolking van ons land as landstaal gebruik wort, selfs deur Engelse en Hollanse families wat hier woon. |
4. | Omdat dit gemakliker is ver Afrikaanse kinders om te leer as hoog Hollans of Engels. |
5. | Omdat, as Afrikaans erkend wort as landstaal, en in die skole geleer wort, dit 'n grote besparing van tyd en geld sal wees in die onderwys van ons volk. |
6. | Omdat ons dan in ons dagelikse omgang met makaar 'n beskaafde taal, en nie meer 'n tongval of patois, gebruik. |
7. | Omdat die beste manier om 'n volk te ontwikkel en te beskawe is om af te daal tot die moedertaal van die bevolking van die land. |
8. | Omdat Afrikaans gen hinder, mar 'n hulp sal wees ver ons Afrikaanse kinders om vreemde tale an te leer. |
9. | Omdat dit 'n betere nasionaliteit geef as 'n volk syn ei'e selfstandige taal het, apart van alle andere volke of nasies. |
10. | Omdat die Afrikaners dan 'n betere kans het om in eereposte en goeje betrekkings te kom, wat nou deur vreemde moet ingeneem worde, tot ongerief en skade ver ons boerebevolking. |
11. | Omdat daar min kans is om die Hollanse taal in waarde te hou of as landstaal te herstel, en die gevolg daarvan is dat Engels altemit die o'erhand sal kry. |
12. | Omdat, as die Engelse taal die o'erhand kryg, die meeste van onse Afrikaanse families heeltemal sal te gronde raak |
| |
| |
13. | Omdat die eenvoudigheid, gemakkelikheid en verstaanbaarheid van die Afrikaanse taal meer leeslus sal opwek onder die lagere klasse. |
14. | Omdat Afrikaans gemakkelik tot eenvormigheid van taal kan gebreng worde in alle bedrywigheid van ons maatskappelik lewe, sowel in skrywe as in praat.’ |
Waar is die man om die 14 punte om ver te goi? Juts de Villiers kan gerus weer 'n predikasie hou in die Kaap om die punte te weerleg, as hy kan. Hy wou die Afrikaanse taal weggoi en Engels landstaal maak, sonder één gegronde rede; hier het hy nou 14 gegronde redes waarom Afrikaans landstaal moet wees. Lat hy die nou weerleg! Ons sal wag op syn antwoord.
Tot nog toe (Juny 1879) staat die punte daar onangeroerd; Luther wag nog op Eck om syn Theses te weerlê.
Ver so vêr die kwessie van ons toekomstige landstaal openlik voor die publiek gebrag is, het die Afrikaanse party dit glorieus gewen, so wel by monde as geskrifte. Rustig werk die Genootskap vort agter onwederlegde en soos dit ons lyk onwederlegbare argumente. En as Afrikaans nie as landstaal algemeen erkend word dan is dit omdat daar andere middele gebruik word om dit teen te werk as reg, verstand, en waarheid. En dat onbetamelike middels gebruik is om die taalbeweging teen te werk sal ons in die vollende hoofstuk sien.
|
|