| |
III. Die genootskap van regte Afrikaners.
Mogelik sal 'n latere geskiedskrywer, - as teenwoordige vooroordeele al uitgestorwe is en die tyd elke gebeurtenis na waarde sal gerangskik hê, - die veertiende Augus 1875 opteken as 'n gedenkwêrdige dag in die Geskiedenis van Suid Afrika. Dis die dag waarop ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’ opgerig is. Dat die anleiding daartoe eintlik was 'n Afrikaanse Bybelvertaling het ons al gesien. Om die weg daartoe te baan was so'n liggaam of vereniging nodig, ten einde an die eenkant die bevolking eers tot erkenning van hulle taal te bring, en an die ander kant om die taal self eers as skryftaal te leer beoefen. Dis onmo'entlik om in korter woorde 'n duidelike voorstelling te ge van die ontstaan en vortgang van die genootskap as die Bestuur dit doet in hulle Verslag op die derde Jaarlikse Vergadering gehou op 24 Augus 1878.
Ons Verlede
kom ons nou lewendig voor die gees, toen ons nou voor 3 jaar, met 'n twaalftal by makaar was. Ons had 'n insig in 'n grote, seer grote werk wat moes gedaan worde
| |
| |
ver land en volk. Mar alles was teen ons: ons getal was klein, en die teenstanders baing - die saak vereis geld, en ons had nie veul nie - gesag was nodig, mar ons had gen manne van invloed in die politieke wêreld nie. Mar ons had die reg en die waarheid an onse kant, en 'n magtige God bowe ons hoof. Ons het gesproke, en gebede, en - beslote om 'n Genootskap op te rig. Wat die ondervinding in die tyd was, is nog in elkeen syn geheuge. Die Here het ons van stap tot stap gelei tot waar ons nou is. Roem kon ons nooit, - kan ons oek nou nie, - mag en wil ons oek nie; - mar ons had oek nie nodig om te wanhoop nie. 'n Gestadige vooruitgang was daar met ons. En veral in ons land, waar, soos dit meesal in Kolonies gaat, 'n menigte dinge in geesdrif en met groot ophef begonne wort, mar om net nou vergeet te wees, - in ons land is so'n gestadige vortgang bepaald 'n bewys van egtheid. Ons kan nou gerns sê, dat die Afrikaanse Taalbeweging wortel gevat het in die hart van onse bevolking. Ja, al sou die Genootskap vandag besluit om op te breek, dan was ons werk tog nie vergeefs; onse saak sal tog vortgaan en gesegende vrugte dra ver die nageslag. Vrugteloos was ons werk nie. Dit sal blyk by die vollende o'ersig.
| |
Re'els en bepalings van die genootskap van regte afrikaanders.
Algemene bepalings.
I. Die ‘naam’ van ons Vereniging is: Genootskap van Regte Afrikaanders.
II. Die ‘doel’ van ons Genootskap is: om te staan ver ons Taal, ons Nasie en ons Land.
III. Die ‘Bestuur’ van ons Genootskap sal in die hande wees van een President, Sekretaris en Tresurier, wat alle jare weer moet gekies worde.
IV. Op al onse vergaderings en in alle officiele stukke moet die Afrikaanse Taal gebruik worde.
| |
Aparte bepalings.
1. - Van die lede.
V. 'n Man word lid deur die re'els te onderteken, en daardeur verklaar hy dat hy hom daaran sal hou en ver die Genootskap sal doen wat hy kan.
VI. Ider lid het reg om 'n ander lid in te bring; mar dan moet hy hom eers by die Bestuur anmelde. Dan leg
| |
| |
die Bestuur dit an die vollende vergadering voor, en as twé-derde van die lede vóór hom stem dan kan hy inkom.
VII. Ider lid moet gelowe in die Versoeningsdood van onse Heer Jezus Christus.
VIII. As 'n lid die Re'els o'ertré dan kan die Genootskap hom uitset.
| |
2. - Van ons werk.
IX. Ons eerste werk sal wees om alle maande 'n blad uit te gé, wat die naam sal dra van ‘Die Afrikaanse Patriot,’ in die vorm van 'n boekie van sestien (16) bladsy'e.
X. Van tyd tot tyd word daar prysvra'e uitgeskrywe.
XI. 'n Woordeboek en Spraakkuns ge ons uit so gou as mo'entlik is, en verder ander skoolboekies.
XII. Die Bestuur kom die eerste Saterdag van ider maand by makaar met so veul lede as lus het om dit by te woon; en die Algemene Vergadering word alle drie maande gehou om ons werk vort te set.
XIII. 'n Buitengewone Vergadering kan opgeroep worde deur die President en die Sekretaris, as hulle denk dat dit nodig is, of as tien lede daarom vra.
XIV. As 'n lid die Algemene Vergadering versuim, dan moet hy daarvan vooraf an die President of an die Sekretaris syn rede opge, en as hy hieran nie voldoen nie, dan wort gehandel vollens Art. VIII.
XV. As meer as 'n derde van die lede sonder wettige rede afwesig is, dan kan die Algemene Vergadering nie gehou worde nie.
XVI. 'n Genome besluit kan nie weer verander worde nie, of daar moet op die dag as dit genome word, kennis van gege worde dat dit sal hersien worde op die vollende vergadering.
XVII. Idere vergadering sal met gebed geopen en gesluit worde.
XVIII. Die Genootskap hou die reg om die Artikels te verander, by te voeg en af te laat.
As ons nou van agter die Reels bedaard nalees dan is daar 'n paar punte wat opmerking verdien.
1. Art. VII het by vele anstoot gege. Sommige het angebode om lede te worde as die artikel vernietig word. Mar gelukkig was daar nooit die minste weife- | |
| |
ling by die Genootskap op die punt nie. Had hulle die fondament nie geleg nie, of besluit om op 'n ander fondament te bou, dan was hulle gebouw mo'entlik spoediger opgehaal, mar om weer gou te verval; terwyl dit nou duursaam en vas staat.
2. Teen die geheimhouding van die name het andere weer beswaar gehad; party het selfs geseg: ‘Dis 'n Vrymesselaars-spul.’ Mar in hulle oppervlakkigheid verlies hulle uit die oog dat die Genootskap vlak teeno'er die Vrymesselaars staat; want die Vrymesselaars maak hulle persone bekend, maar hulle werke blyf geheim, terwyl die Genootskap al hulle werke openlik publiceer mar alleen hulle persone nie op die voorgrond wil stel nie. Die Genootskap handel dus volkome o'ereenkomstig die Skrif (Mat. 5:16), terwyl die Vrymesselaars teen die Skrif is (Joh. 3:20, 21).
| |
2. - Werk van die Genootskap.
Met kleine krag het die Genootskap begin; mar die kleine krag het hulle gebruik. En dis tog mar 'n vaste reel in Gods koninkryk: ‘die wat getrouw gebruik maak van syn talente, kryg altoos meer.’ Baing grote en sterke vereniginge het nie uitgevoer wat die swakke, gehate, en by vele veragte klompie mense gedaan het nie. Die eerste wat hulle uitgege het was
| |
Die afrikaanse volkslied.
1.
'n Ider nasie het syn land,
Ons woon op Afrikaanse strand,
Ver ons is daar gen beter grond
Op al die wy'e wereldrond.
Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid Afrika.
2.
'n Ider nasie het syn Taal.
Ons praat, van Kaap tot in Transvaal,
Wat almal maklik kan verstaan,
Wat gaat die ander tale ons aan?
Ons praat, so's Pa en Oupapa,
Die Landstaal van Suid Afrika.
| |
| |
3.
'n Ider nasie het syn wet,
Wat goed gebied en kwaad belet:
En elk syn wet is na syn aard,
En gaat met syn natuur gepaard:
So volg ons oek die sede na,
Wat thuis hoort in Suid Afrika.
4.
'n Ider nasie het syn reg,
Al is hy nog so swak en sleg.
Daar is 'n Oog wat alles merk;
Hy set die onreg paal en perk.
Hy kyk oek ons verdrukkers na.
En waak oek ver Suid Afrika.
5.
'n Ider nasie het syn tyd
Om op te groei en af te slyt,
En soos ons liwe Heer dit doet,
So is dit altyd wys en goed.
Daar kom 'n dag ver ons oek ja
Vertrou op God, Suid Afrika!
6.
Want al die nasies het één God.
Hy re'el ider volk syn lot;
Hy het ver ider volk syn Taal,
Syn Land, syn Reg, syn Tyd, bepaal.
Wie dit verag sal Syn straf dra.
O God beskerm Suid Afrika!
Wat inhoud en vorm angaat hoef die Afrikaners hulle ver so'n Volkslied nie te skaam nie. Dit sal elke bevoegde en onpartydige beoordeelaar moet erken. Meneer J.S. de Villiers, die beroemde musiekmeester van die Paarl, het daar musiek op gemaak en eenkeer op 'n Konsert lat sing en dit het 'n goeje indruk gemaak. Dit werd veral deur vele opgemerk dat Afrikaans so bisonder vloeibaar en verstaanbaar is om te sing; jy kon woord ver woord so duidelik verstaan. Die enigste anmerking wat ons gehoor het was mar dat die musiek nie populêr genoeg was nie. Ons hoop dat die dag nie meer vêr is nie dat Meneer de Villiers die Volkslied met 'n populêre wysie sal lat druk, en dat dit sal weerklink deur heel Afrika van dorp tot dorp en van berg tot berg. Daar is seker gen beter kans
| |
| |
ver onse Afrikaanse Beethoven om syn naam te verewig nie.
Die twede stuk wat die Genootskap gepubliceer het was die vollende openlike verklaring of Manifest
| |
Die genootskap van regte Afrikaanders groet al hulle landgenote en wens hulle vrede.
Onse liewe Here het op die aarde verskillende Naties gestel en an ider Natie syn Taal gege. Om die sonde van die mens het onse liwe Heer die Volke verdeel en die Tale verwar, by die toren van Babel (Gen. 11). En die inrigting het God self altyd erken en bevestig. Kyk mar op Pinksterdag, (Hand. 2:5-12). God kon Syn wil bekend gemaak, he in een taal, in die taal wat al die mense gepraat het voor die verwarring (Gen. 11:1), en daardeur sou Hy dan te kenne ge: ‘Laat al die Naties die een taal leer, wat Ek an die mense gege het! Ek kan, in die openbaring van myn volmaakte wil, Myn nie steur an al die gebrekkige stukke van tale wat deur die sonde verwar is nie.’ - Mar ne, onse Liwe Heer laat deur die H. Geest ‘verdeelde tongen’ op die hoofde van die discipels sit: ‘tongen,’ om Gods wil te verkondig; ‘verdeelde tongen,’ om dit in al die tale te doen. Dit was dus bepaald vollens Gods wil, dat ‘Parthers, en Meders, en Elamieten,’ ens., moes uitroep: ‘Wy hooren hen een eigelijk in onze eigene taal, in welke wij geboren zijn, spreken.’ Dit siet ons oek duidelik uit Openb. 14:6 (wat bepaald siet op onse da'e): ‘En ik zag eenen anderen Engel, vliegende in het midden des hemels, en hij had het eeuwig Evangelie, om te verkondigen dengenen, die op de aarde wonen, en aan alle natie, en geslacht, en taal, en volk.’ - Mar nog meer - ‘die ooren heeft die hoore!’ - in die Openbaring van Johannis (5:9), lees ons die loflied van die gezaligde: ‘Gij hebt ons Gode gekocht met uw bloed, uit alle geslacht, en taal, en volk, en natie.’ En verder (7:9) lees ons: ‘Na dezen zag ik, en ziet, eene groote schaar, die niemand tellen kon, uit alle natie en geslachten, en volken, en talen, staan voor den
troon en voor het Lam,’ ens. Uit die tekste kan ons duidelik sien dat die verskillende volke en tale selfs in die hemel, voor die tro n van God, erkend wort.
En ons natuurlik verstand leer ons dit oek, al sou die Bijbel daar niks van se nie. Kyk selfs die ou'e heidense konings wat hulle gedaan het. Lees hiervan in die boek van Esther 1:22; 3:12 en 8:9. Daar siet ons dat Ahasveros,
| |
| |
‘die regeerde van Indië af tot Morenland toe, 127 landschappen,’ syn onderdane geregeer en syn wette uitgestuur het ‘aan een iegelijk landschap naar zijn schrift en aan elk volk naar zijn spraak.’ Ja, hy het dit as 'n gebod uitgevaardig: ‘dat elk man overheer in zijn huis wezen zou (zijn gewoontes sal hou) en spreken naar de spraak zijns volks’, (syn taal sal praat). - Mar ons weet dit oek uit die geskiedenis buiten die Bijbel. Wat lees ons van koning Mithridates? Hy het geregeer o'er 22 Koningrijke, en hy het idereen bestuur vollens hulle ei'e wette en in hulle ei'e taal. En syn Officiere, en Gouverneurs, en Magistrate, ens., moes almal die tale leer van die naties waaro'er hulle gestel was, en moes hulle maniere verstaan.
En as heidense volke nou so handel, wat kan ons dan nie verwag van Christelike naties, wat nie alleen die natuurlike verstand en die voorbeelde van die heidense naties hierin het nie, mar bo'endien nog Gods woord het om hulle dit te leer?.........
En wat is nou hier met ons gebeur? Onse Liewe Heer het ver ons in Afrika geplaas en ver ons die Afrikaanse taal gege. En net die te'eno'ergestelde van wat Ahasveros gedaan het, het die Engelse regering met ons gedaan. In 1812, di's voor die kolonie nog hulle wettige ei'endom was (die Prins van Oranje het toen nog mar die kolonie an hulle beskerming, toevertrou, en in 1815 is dit eers wettig an hulle o'ergege) - toen het die koning van England al 'n Proklamatie uitgevaardig, waarin hy anbeveel dat ons almal moet Engels leer. En van die tyd af het hulle net hulle bes gedaan om ons taal te misken en te verdring deur hulle taal in te voer. Kyk mar ons Parlement, die Raad van ons land, moet in hulle taal gehou worde. Nou kan ons die Vaders van ons land nie daarnatoe stuur nie, want hulle ken gen Engels nie. Daar gaat vreemdelinge, handelaars, fortuinsoekers, en al sulke soort van mense wat mar 'n bietjie Engels kan praat, daarnatoe; en hulle is glad onbekwaam om ons belange te behartig. - Kyk in ons Geregshowe daar het hulle oek hulle taal ingevoer. Nou moet ons daar staan, in ons ei'e Geregshowe, so's vreemdelinge en wort beskuldig en veroordeel in 'n vreemde taal wat ons nie verstaan nie. En al ken die regter oek al ons taal, dan moet hy daarom ver hom aanstel nes hy dit kasta nie verstaan nie, en daarom moet daar nog 'n tolk wees. - En hoe gaat dit nou in ons Skole? Nog erger. In hulle Re'els eis hulle dat die Engelse taal, so ver as doenlik is, die taal moet wees waarin onderwijs moet gege worde. En so kom ons kinders in ons ei'e Skole so's papegaai'e. Hulle
| |
| |
moet eers 'n vreemde taal leer om dan in die taal verder te kan geleer worde!!! - En in die Re'els seg hulle nog mar ‘so ver as doenlik is,’ mar in die praktyk toon hulle, dat hulle denk dat dit heeltemal doenlik is om niks as Engels te leer in ons Skole. Want 'n onderwijser hoef vollens hulle wet, glad nie ons taal te ken nie. Op die examen vraag hulle niks as Engels; Hollans wort nie vereis nie, mar gelyk gestel met Kaffertaal. - Op die manier wil hulle nou met gewold ons moedertaal by ons kinders uitroei. En di's 'n vreselike onreg. Want as jy 'n volk syn taal afneem, dan maak jy hom tot 'n doofstomme: jy ontneem hom die wysheid van syn voorvaders wat bewaard is in al die spreuke, spreekwoorde, en uitdrukkens, ens.
En die ergste is nog, hulle ontneem ons wat hulle ons nooit weer kan ge nie. Want daar is mar een moedertaal, die taal van ons hart. Die taal waarin ons an moeders bors pa en ma leer se het, - die taal waarin ons die eerste indrukke ontvang het, - die taal waarin ons vrome moeder ons as kinders geleer het om die dierbare naam van onse Here Jesus uit te spreek, - die taal waarin ons ou'ers altyd hulle God gedien het, - die taal waarin ons brawe vader ons op syn sterfbed nog vermaan het, die taal waarin ons moeder stervende haar laatste asem uitgeblaas het in 'n gebed ver ons; - die taal blyf ons heilig - die taal kan ons ver gen ander taal op die wereld verruil nie. En idere perbeerslag om ons die taal te ontneem beskou ons as 'n onteering van die nagedagtenis van onse voorvaders, as 'n onderdrukking van die te'enwoordige geslag, en as 'n onreg ons kinders angedaan. ... ... Mar, an die ander kant, elke poging, al is dit nog so swak, om ons moedertaal, wat ons dierbaar en heilig is, te bewaar en te verdedig, sal ons voorstaan en bevorder so lank as ons leef. Hulle sal ons moedertaal nie uitroei nie!
En die geskiedenis het dit oek al genoeg getoon dat dit onmo'entlik is om 'n volk syn moedertaal te ontneem. Kyk in Wallis, dit leg in die middel van die Engelse rijk, en daar het hulle tot vandag toe nog nie die volkstaal kan uitroei nie, ofskoon dit al ewe lank onder England is. En kyk watter moeite het die Russe al gedaan om die Pole hulle moedertaal af te neem! mar di's verniet, tot vandag toe praat hulle nog Pools. En so oek in Vlaanderen, Friesland, Ierland en ander lande.
En wat voer die Engelse regering dan nou hier uit met al hulle gewerskaf om ons taal te verdring deur met krag en geweld hulle taal hier in te voer? Daardeur doet hulle ons niks as skade an. Hulle ontneem ons die sleutel van alle
| |
| |
kennis. Hulle wil hier weer die toren van Babel bou, om ver hulle 'n naam te maak, en daardeur breng hulle niks as verwarring.
Mar di's hulle nog nie geluk om ons moedertaal uit te roei nie. Onse Liewe Heer het dit nie toegelaat nie. In 70 jare tyd het hulle die 20,000 blanke Afrikaners nog nie tot Engelse kan maak nie. Ne, Afrikaans is nog die baas. Daar is vandag meer wat Afrikaans praat as in 1812. Die grootste gros van ons natie praat almal nog Afrikaans.
Mar daar is daarom drie soorte van Afrikaners. Dit moet ons in die oog hou. Daar is Afrikaners met Engelse harte. En daar is Afrikaners met Hollanse harte. En dan is daar Afrikaners met AFRIKAANSE harte. Die laaste noem ons REGTE AFRIKANERS, en die veral roep ons op om an ons kant te kom staan.
En wat gaat ons dan maak?...... Regte Afrikaners, ons roep julle op om same met ons te erken dat die Afrikaanse taal ons moedertaal is wat onse Liewe Here ver ons gege het; en om same met ons te staan ver ons taal deur dik en dun! en nie te rus nie voor dat ons taal in alle opsigte algemeen erkend is as die volkstaal van ons land.
Vaarwel!
Volkslied en Manifest het die Genootskap albei lat druk in die Zuid Afrikaan en in die eerste nommer van die Patriot, en bowedien het hulle van die Volkslied nog 500 en van die Manifest 1000 apart lat afdruk en versprei. Albei, mar veral die laaste het 'n diepe en blywende indruk gemaak op die harte van vele Afrikaners. En dit kan oek nie anders nie. Daar sit waarheid in, en die waarheid is magtig. ‘Die uit de waarheid is hoort myne stem,’ seg onse Saligmaker, en dit blyk nog mar altyd. Al is die vooroordeel en teenstand nog so sterk, sodat vele daardeur verblind word, mar waar die waarheid Gods in 'n saak is, daar vind dit weerklank by diegene wat uit die waarheid is. Dit het hier oek geblyk. Ja, onse liwe Here sy gedank! daar is vele sodanige in ons land. Vele het al die stem van onse Saligmaker in die saak gehoor en het die gevolg; vele kom nog al dag by; en vele sal nog wel bykom.
| |
Die Afrikaanse patriot
was die derde publikasie van die Genootskap, hulle hooforgaan. Ons siet gen kans om die vortgang van die blad
| |
| |
in korter en duideliker woorde te beskrywe nie as dit gedaan is deur die Bestuur in hulle Verslag voor die derde jaarlikse vergadering, op 24 Augus 1878, waaruit ons die vollende uittreksel o'erneem.
| |
Ons patriot
gaat moedig voorwaarts. Hy is vooruitgegaan in alle opsigte.
1. In vorm. Die eerste jaar was hy 'n maandblad. Die twede jaar 'n kleine weekblad. Die derde jaar vergroot, met ons Wapen voorop. Soo is hy van 'n kind tot 'n jongeling opgegroei, gesond en vris, sonder lewertraan te gebruik. En alw[e]er is syn p[a]kkie klere te klein. Van alle dele van die land kom die dringende b[e]de: ‘Maak die Patriot tog groter; ons sal liwers meer betaal.’ Om an die behoefte te voldoen is onse Drukpers te klein. Mar as onse geldelike sake dit toelaat hoop ons vollende jaar die Patriot te lat uitkom in 'n vorm waarin hy ver syn ouere tydgenot[e] nie hoof agter te staan nie.
2. In getal Intekenare is hy oek by die dag sterker geworde. In alle dele van ons land is hy nou al versprei. Van die hardste teenstanders is party intekenaars geworde. In Kolonie, Vrystaat, Transvaal, Natal, Diamandvelde, ja byna in elke hoekie van Suid Afrika wort syn stem al gehoor. Syn eerste jaar het hy begin met skaars 'n 50 intekenare. In die helfte van syn twede jaar, dis by onse vorige Jaarlikse Vergadering, was die getal al geklim tot 663. En nou is dit omtrent 950, en daar kom nog al weke nuwe intekenaars by. In anmerking geneem dat die laaste jaar 'n regte teenspoedige was in alle opsigte ver ons land, deur droogte, oorlog, ens. is die toeneming buitengewoon groot. Seg nou mar dat elke Patriot deur 3 of 4 persone gelese wort, is dit dan g[...]n segen dat 'n 4000 landgenote - en die grooste deel daarvan mense wat vroeger gen koerant gelees het nie, - nou an die lees geset is, en belang begin te stel in die gebeurtenisse in ons land en die hele wêreld?
3. In Medewerkers. Daar is nou twe flukse jonge Afrikaners wat hulle heeltemal gewy het an die saak om ver die uitgaaf te sorge, sodat int[e]kenaars verder nie hoef te kla o'er die versending van hulle koerante nie. Dan het ons die belofte van enige invloe[d]ryke persone, dat h[...]le ons verder sal help met inleidings stukke. 'n Vaste medewerker het ons nou ver die twe afdelings ver Kinders en Gedigte, en 'n ander ver Vrage en Andwoorde. Ons wens nou mar n[e]t dat ons nog 'n goeje hand kan kry om o'er Boerdery te skrywe. Ons sal moeite doen daarvoor.
4. In Invloed. Dit kan nie anders nie, met so'n toeneming in alle opsigte, moes s[y]n invloed sterk toeneem. Vroeger vyandelike koerante en tydskrifte stuur nou ruilnommers. Op baing plase is hy al die koerant. Veral in Transvaal het gen Koloniale koerant so veul intekenaars en so'n invloed as die Patriot.
En nog altijd en gestadig an gaat die Patriot vooruit. Terwyl ons dit skryf (Juny 1879) is die getal intekenare al 'n 1400. Daarby is hy nou 'n grote koerant van 24
| |
| |
kolom, met 'n korrespondensie-blad daarby. So vêr on bekend is, is daar nou nog net één Hollanse koerant wat meer intekenaars het; mar die is dan oek opgerig met 'n kapitaal van £5.000, en word gesteund deur 'n sterke maatskappy, en noodwendig opgehou as enige Hollanse koerant in die hele Vrystaat. Mar hier staat die arme, gesmade, vertrapte Patriot, opgegroei onder ramp en teenspoed, tot 'n teken van die waarheid van Gods woord: ‘Het dwaze der wereld heeft God uitverkoren, opdat Hy de wyzen beschamen zou; en het zwakke der wereld heeft God uitverkoren, opdat Hy het sterke zou beschamen; en het onedele der wereld, en het verachte heeft God uitverkoren, en hetgeen niets is, opdat Hy hetgeen iets is te niet zou maken, opdat geen vleesch zou roemen voor Hem’ (1 Cor. 1:27-29). Ja, dit blyk al duideliker, wat oek van die Genootskap en van die Afrikaanse taalbeweging mag worde, dat God in syn genade reeds die Patriot gebruik het tot 'n getuige ver syn naam. En dis die vaste o'ertuiging van hom wat dit hier skryf, dat die blad by toenemende afval deur onse trouwe God sal gebruik worde tot 'n getuige ver syn naam. En dan sal dit blyk dat die vele gebede en geldelike opofferinge en nagte van moeite en gelede smaad ver die blad nie te vergeefs was nie! Mar ons skryf die geskiedenis van die verledene en gen profesie ver die toekoms nie. En tog behoort ons nooit uit die oog te verlies dat onse God in die verlede die toekoms voorberei.
Dit was 'n verstandige besluit van die Genootskap om in Art. IX as hulle eerste en vernaamste werk te beskou die uitgaaf van die Patriot. As daar ooit wat tereg kom van die taalbeweging dan sal die Patriot hoofmiddel daartoe moet wees. Dis 'n tyd van koerante waarin ons leef; die drukpers neem al meer die plaats van die preekstoel in; en koerante oefen die grootste invloed uit op die publieke opinie. En daar haas alle koerante vyandig was teen, en gen een 'n bepaalde voorstander was van die Afrikaanse taalbeweging nie, moes die Genootskap 'n eie orgaan hê: die Patriot moes hulle tong wees by die bevolking. En nou van agter mog hulle mar bly wees dat die noodsakelikheid hulle gedwing het om dadelik 'n eie orgaan te kry, - 'n orgaan waarin hulle beginsels blootgeleg en verdedig word, waarin deur verstaanbare en nuttige
| |
| |
stukke leeslus by die bevolking bevorder word, en in die eie taal van die volk sodat dit veral die skryflus by die volk opwek.
| |
'n Afrikaanse Spraakkuns
werd toen oek dadelik as 'n nuwe behoefte gevoeld en erkend. Daar moes eenvormigheid kom in die spelling, die regels en beginsels van die taal moes nagespoor worde, om die spreektaal tot skryftaal gevormd te kry. Oek daaran het die Genootskap dadelik die hand geleg, en onder die nederige titel van ‘Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal’ is 'n boekie van 30 bladsye uitgege, wat ver elke taalgeleerde die duidelikste bewys gelewer het: 1. dat die Genootskap lede en medewerkers het wat in taalkennis ver niemand in Afrika hoef agter te staan nie; 2. dat Afrikaans nie alleen vaste reels het soos alle tale nie, mar in vele opsigte selfs deugde het bowe die meeste hedendaagse tale. Vergelykings van Afrikaans met Hebreus, Grieks, Latyn, Frans, Duits, Engels, Hollans, Deens, ens., word so gepas ingevleg dat dit selfs gen skyn het of die samestellers hulle geleerdheid wou lat lug nie, mar dat dit tog an die boekie 'n blywende waarde en gesag geef.
Daar is 'n duisend van gedruk, en binnen weinige maande was dit uitverkog. Tot nog toe had die Genootskap altyd so veul nuwe werk voor dat hulle gen herdruk kon ge nie. Ter wille van die vele lesers wat dit nie het nie geef ons hier 'n paar uittreksels daaruit. Vereers die geestige gedig voor-in o'er.
| |
Die Afrikaanse taal.
1.
Gen Hollans, Duis, of Frans,
Gen Kaffers, of Boesmans,
Al goi jy almal in die skaal,
Ver ons kan hulle nooit ophaal
Die ware Afrikaanse Taal.
2.
Ofskoon ons taal hier blyf,
Net na die wind hom dryf;
Die Afrikaans blyf daarom reg:
Wat regtig goed is wort nie sleg,
Al trap jy hom, of goi hom weg.
| |
| |
3.
Ofskoon gen een dit leer,
Verfoes, verknooi, onteer;
Ons Moedertaat blyf daarom goed;
Ons Taal sit in ons murg en bloed,
En groei nog op in te'enspoed.
4.
Ek wed as jy ons spraakkuns leer,
Dat jy gen taal so hoog sal eer,
Nou kom, seg: Top! man, en perpeer.
Hulle doel leg die bewerkers duidelik ope in
| |
'n Klein woortjie vooraf.
Die eerste boekie wat ‘Die Genootskap van Regte Afrikaanders’ uitge is Die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal. En dit kan oek nie anders nie, want die Genootskap is mos opgerig ‘om te staan ver ons Taal, ons Nasie, en ons Land.’
Mar let op! Di's mar ‘Eerste Beginsels’ wat ons hier ge; dis nog nie een eintlikke spraakkuns nie. Né, ons weet te goed dat gen taal, nes 'n swareweersteen, soumar kant en klaar uit die hemel val nie. Dit neem lank tyd om 'n taal goed te kry. Kyk mar Hollans en Engels: wat was dit eers, en wat is dit nou? En heeltemal volmaak wort gen taal ooit nie. Want waar is 'n taal wat nie syn foute en gebreke en onregelmatighede het nie?
Daarom ge ons vereers mar ‘Eerste Beginsels.’ Di's vêr van volmaak af; dit weet ons goed. Want di's mar die eerste perbeerslag. En idereen wat kennis het daarvan weet dat dit gen gemakkelikke werk is om die beginsels van 'n taal op te spoor nie. Mar dit durf ons tog gerus se: Ons het hierin getoon, dat Afrikaans net so goed 'n taal is as enige taal van die wereld. Hy het net so goed syn woorde, syn vorme, syn wette, ens. En ons daag enige vyand uit om te bewys dat dit nie so is nie.
‘Eerste Beginsels’ ge ons mar. Want ons wil vereers nog nie 'n Spraakkuns maak nes 'n jurkie om ver die
| |
| |
Afrikaanse taal an te trek nie. (So het hulle met baing ander tale gemaak). Né, die taal groei nog altyd an, en dan is die jurkie net nou te klein en dan knel dit. Ons taal is nou nes 'n kind wat begin te loop en nou ge ons die ‘Eerste Beginsels’ ver 'n leiband om an vas te hou en so goed te leer loop.
'n Afrikaander kan nou uit die Eerste Beginsels in 'n paar da'e of weke net so goed leer om syn ei'e taal te skrywe, as 'n Engelsman Engels, en 'n Hollander Hollans. Ja, Afrikaners! nou kan julle sien hoe veul gemakkelikker dit is om julle ei'e taal te leer, as vreemde tale. En dan kom dit nog daarby, dat 'n mens 'n vreemde taal nooit so goed leer as jou ei'e nie.
Vrinde en vyande kan mar anmerkings maak so veul as hulle wil. Ons sal dit in ons sak steek. Op 'n goeje dag kan dit ons te pas kom.
Groetenis van die Genootskap!
Van blywende waarde is oek die vollende opmerkings in die
| |
Inleiding.
1. | Die Afrikaanse Taal is eintlik 'n tak van die Hollanse taal. Mar in die loop van die tyd veral nadat die Kolonie van Holland los geraak het, is dit heeltemal verander, so dat
'n rou Hollander wat hier kom ons nie kan verstaan nie, omdat ons so veul ander woorde in ons taal opgeneem het, en die Hollanse woorde in ander vorme en betekenis gebruik. |
2. | Ons taal is dus 'n afstammeling van die Germaanse tale, en dit het die karakter gehou oek. Daarom dat ons woorde byna almal uit Hollans en Duits kom. Van Engels en Frans, wat 'n mens dit sou verwag, kry jy amper gen woorde in ons taal nie; mar wel enkele uitdrukkings. |
3. | Daar is in ons taal suiwer Afrikaanse woorde, so's karkatjie, pondok, skaapsteker. amper, biltong, koggelstok, hot-op-ses, haar-naas-voor, ens. |
4. | Die meeste van ons woorde is daarom mar Hollanse woorde wat ons verkort of veranderd gebruik. Ons woord mos kom van die Hollanse woord immers, naand van goede avond, ens. |
5. | Uit Duits het ons meer woorde as 'n mens sou dink. So's stewel, gewêrskaf, dan en wan, vergange jaar, ens. |
| |
| |
6. | Uit Engels, Frans, Portugees, ens., kry 'n mens oek nou en dan 'n woord. Mar di's mar min. |
7. | Mar die tale het daarom invloed uitgeoefen op die gebruik van ons ei'e woorde, veral Frans, deur die Franse Vlugtelinge. So's die twemal ons ver die Hollanse wij en ons kom ver die naaste van die Franse nous ver wij en nous ver ons oek. So oek ons dubbele nie is nes die Franse ne pas, ens. Uitdrukkens so's die een, die ander een, ens., kom weer uit Engels. |
8. | Ons taal kom meer as enig ander taal o'ereen met ons tyd: kort, kort! Ons het al die slepende uitgange van die werkwoorde lat val. Ver eten, drinken, loopen, ens., seg ons so mar kortaf eet, drink, loop, ens. |
9. | Ons taal en ons geaardheid kom net oe'reen: in ons woorde nie neer letters as nodig is nie, en in ons werk gen omslag nie en min onkoste. Veral baing medeklinkers goi ons uit, en dit maak ons taal sag en vloei'end, so's ei'e ver eigen, ou'e ver ouden, ens. En hoe meer klinkers in 'n taal, hoe beter dit klink. |
Dat die bewerkers heeltemal selfstandig gehandel het en nie mar die vorme van Hollans of Engels an Afrikaans opgedring het nie, soos onnodige en lastige Latynse vorme an die meeste moderne tale opgedring is, is 'n grote en ongewone segen, en blyk op elke punt, byvoorbeeld by die alfabet erken hulle mar 22 letters, terw. c, q, ae, en z, as vreemde letters erkend word net nar in vreemde woorde. Nie alleen selfstandig mar oek duideliker is dit as hulle ver byvoegelike naamwoorde in die plaas stel die naam hoedanigheids-woorde, en ver tusschenwerpsels seg uitroep-woorde. Mar die beste voorbeeld van 'n selfstandige en grondige behandeling is o'er die naamvalle, bl. 12.
10. By die Naamwoorde praat hulle oek nog van Naamvalle in die taalkunde van ander tale, wat moet lat sien in watter betrekking 'n naamwoord gebruik wort. En in die ou'e tale het hulle oek werkelik sulke Naamvalle gehad, so dat die woord in elke Naamval wesenlik anders verbuig wort. So's in Latyn het hulle ses Naamvalle en in elke Naamval is die laaste letters van die woord anders. Mar in die nuwe tale is die veranderde uitgange al meer en meer weggeval. Dan wort die betrekking waarin so'n woord staat angewys met voorsetsels. Mar di's gen verbuigings nie, want 'n verbuiging moet 'n buiging of verandering an die woord selwers wees. Lat ons nou 'n voorbeeld neem:-
| |
| |
Eerste Naamval: equus: |
'n perd. |
Twede Naamval: equi, |
van 'n perd. |
Derde Naamval: equo, |
an 'n perd. |
Vierde Naamval: equum, |
'n perd. |
Vyfde Naamval: eque, |
o perd! |
Sesde Naamval: equo, |
deur 'n perd. |
Hieruit siet ons nou duidelik dat die Latynse woord equus in elke Naamval 'n ander uitgang het, mar ons woord pèrd blyf mar altyd perd; en so is dit in die meeste nuwe tale, en daarom is dit nix as pure gekheid om van Naamvalle te praat. Die Hollanse taal het nog iets daarvan o'ergehou, so's:-
Twede Naamval: eens paards, |
van 'n perd. |
Derde Naamval: eenen paarde, |
an 'n perd. |
Mar Afrikaans, Engels, Frans, ens, het glad nix gen verbuiging van die Naamvalle an die woord self o'ergehou nie. Nou gebruik die ander tale wel nog konsuins die Naamvalle en noem dit verbuiging, omdat hulle taalkunde na die Latynse gemaak is. Mar dis nix anders as 'n lege en onnodige vorm. Want hulle verbuig tog nie die Naamwoorde self nie, mar hulle set mar net die voorsetsels voor die woorde. En op die manier kan hulle wel honderd Naamvalle maak deur mar idere mal 'n ander voorsetsel voor die naamwoord te set. Daarom lat ons die gekheid, om verder te praat van Naamvalle, mar gladenal staan.
Buitengewoon eenvoudig en maklik is die verdeling van die werkwoorde.
Ons het twe soorte van werkwoorde:
a. | O'ergaande werkwoorde, waar die werking van die werker op 'n ander ding kan o'ergaan. So is liefhê 'n o' ergaande werkwoord, want ek kan sê: ek het myn vrou lief; die werking liefhe gaat dan o'er van myn op myn vrou. |
a. | Nie-o'ergaande werkwoorde, waarvan die werking by die werker self bly, en nie op 'n ander ding kan o'ergaan nie, so's sit, slaap, ens., want 'n mens kan nie sê; ek sit, slaap ens., ver hom of ver haar nie. |
Die O'ergaande werkwoorde kan 'n mens op twe maniere gebruik, nadat jy die werking beskou van die kant van die werker of van die kant van die lyder waarop die werking o'ergaat. Dan is dit-
| |
| |
a. | Bedrywend (werkend) as jy dit van die kant van die werker beskou, so's: Piet slaat ver Jan. |
b. | Lydend, as jy dit van die kant van die lyder beskou, so's: Jan word geslaan van Piet. |
Van noukeurige waarneming getuig die opmerkings dat daar in die nuwe tale eintlik mar twe wyse van vervoeging bestaat; dat die onvolmaak verlede tyd alleen by die hulpwerkwoorde bestaat; dat in Afrikaans mar 1 vorm ver die teenwoordige en 1 ver die verlede tyd is, mar 4 ver die toekomende tyd, ens.
Die geheel is 'n model van kortheid en daarby volledigheid, eenvoudigheid gepaard met duidelikheid. Om in 30 bladsye 'n volledige spraakkuns te ge met voorvoeging, prosodie en alles, is gen kleinigheid nie, veral waar dit die eerste in syn soort is. Die boekie is 'n volkome sukses.
Gen enkele teenstander het dit dan oek gewaag om die boekie an te val of te weerleg nie, hoewel hulle daartoe uitgenodig was en die Genootskap 'n exemplaar na alle koerante en leeskamers in ons land gestuur het. Die enigste beoordeling wat ons daarvan gesien het was die vollende in die Standard and Mail van 29 April 1876.
‘Ons het 'n “Afrikaanse Spraakkuns” ontvang, uitgegé deur die Genootskap van Regte Afrikaners, wat 'n grote guns (boon) is ver alle Engelse wat met Ooms en Neefs van die land wil praat in hulle ei'e taal sonder ver hulle moeg te maak met die Hollanse taalkunde. As Britte kan ons daarop roem, dat ons 'n heel party re'els van geslagte en uitgange en ander taalkundige bog weggegoi het waarme onse Duitse en Hollanse broers nog opgeskeep sit; mar die “Afrikaans” het ons sonder te'enpraat gewen. Al die re'els (van hulle taal) is gedruk op 25 kleine en wijdgedrukte bladsij'e, en dan nog 'n heel party bisonderhede omtrent Hebreuws en ander vreemde tale het hulle daarin geset wat sonder enige nadeel kan weggelaat worde. Die mooiste re'el daarin is, dat die onderskeiding van persone in die werkwoorde glad nie eens sou angeroer wees in die taalkunde nie, omdat die in die Afrikaanse taal heeltemal onbekend is, mar omdat die mense daaran gewend is in ander spraakkunste
| |
| |
het die skrywer dit goed gedenk om dit nie heeltemal onopgemerk te laat nie. Ons hoop dat die nuwe spraakkuns baing sal gebruik worde, nie allenig omdat dit ons die moeite uitspaar om Afrikaans te leer uit Hooghollanse spraakkunste nie, mar oek omdat dit 'n heilsame invloed op die Engelse taalkunde kan uitoefen. As ons siet dat “I am, thou art, he is,” daar vertaal wort deur “ek is, jy is, hy is” dan is dit buiten twyfel dat Afrikaans baing eenvoudiger is as Engels, en as die Vereenigde State van Zuid Afrika een dag nes die van Noord Amerika sal wees, dan is ons seker daarvan, dat 'n Suid Afrikaanse Webster dit sal regkry om “I is” en “we is” smakelik te maak ver ons broers in England.’
| |
Die geskiedenis van ons land
was die twede boek wat die Genootskap uitgege het. Die werk was al deur enige vrinde en voorstanders begin vóór die oprigting van die Genootskap. Dit was egter 'n groter werk as hulle oorspronkelik gedag het. Meer as 'n jaar was dit in die druk. In die eerste Jaarlikse Verslag 19 Augus word daarvan geseg:-
is amper klaar. Hij het lank weggebly, want die Genootskap het briewe geskrywe na al die oorde van ons land, tot in Vrystaat en Transvaal, om van ooggetuige te verneem hoe alles gebeur is. Dis die oponthoud gewees. Mar nou het ons agter die waarheid gekom oek. Baing duistere sake sal op die manier nou an die lig kom. Mar binnen kort sal hy klaar wees. Daar is nou al anvrage van alle kante. Jammer dat ons, toen dit begin is, mar 500 lat druk het. Ons het toen nog nie gedenk dat die saak so'n vaart sal neem nie. Dit sal nou stellig te min wees.
En in die twede Jaarlikse Verslag 11 Augus 1877 lees ons al:-
| |
Ons Geskiedenis.
het gevlieg duer die land. Binnen 'n paar maande is die 500 uit die hand. Ons het nou meer aanvraag as ons kan stuur. Ons boekverkoper het nog 'n ‘bietjie.’ So lank as ons het sal ons stuur. Die wat wil hê moet mar nou skrywe. Dis nou jammer dat ons nie eenkeer meer lat druk het nie. Briewe van alle kante kom ons bedank ver die boek.
Vollens Art. II is die doel van die Genootskap nie alleen om te staan ver hulle Taal nie, mar oek ver hulle
| |
| |
Nasie en hulle Land. En om nasionaliteits-gevoel op te wek by 'n volk moet jy hulle bekend maak met hulle Geskiedenis. Daartoe het die Geskiedenis gewis veul bygedra, soos oek blyk uit 'n menigte van getuigenisse. Dis jammer dat die Genootskap nog nie 'n twede druk kan ge nie, angevul tot op onse tyd, waarin veral die laaste belangrike gebeurtenisse goed voorgestel word. Ons sou in alle beskeidenheid die wenk wil ge om 'n enigsins verkorte volksuitgawe te ge, en daarvan 'n grote oplaag te lat druk, en goedkoop te versprei, wat veul sal doen ver die hele Afrikaanse saak. Uit die Geskiedenis sal ons liwers gen uittreksels ge nie, in die hoop dat daarvan weldra 'n goedkope uitgaaf sal verkrygbaar wees, en dat dit op elke Afrikaner syn tafel sal le, langes syn huisbybel, om ons kinders van jongs af bekend te maak wat hulle vaders al deurgestaan en gely het hier in die land waar vreemdelinge ons nou wil vertrap.
| |
'n Afrikaanse Woordeboek.
is tot nog toe nie verskyn nie, en tog vind ek in die Notule van die Genootskap herhaaldelik melding gemaak, dat die Voorsitter die Lede versoek om elkeen 'n lys te maak van suiwer Afrikaanse woorde, ten einde stof te kry ver 'n Woordeboek; selfs word gewag gemaak van 'n paar Lede wat sulke lyste ingelewer het. En tog is daar nix geworde van die Woordeboek nie, en mo'entlik is dit mar goed oek om die vollende redes:
1. | Dis nog nie so hoog nodig nie; 'n spraakkuns was nodig om die taal reg te leer skrywe, mar elke Afrikaner het syn eie woordeboek in syn kop, as hy wil skrywe; en die woorde sal nie uitsterwe nie. |
2. | Die plan was te beperk, namelik om net suiwer Afrikaanse woorde op te neem; as daar so'n woordeboek uitgege word dan moes dit alle woorde opneem, mar sonder verklaring; net 'n woordeboek ver die spelling. |
3. | Mar daartoe is dit oek nog nie die tyd nie; daar sou dadelik stryd ontstaan of dit moet mees ek of ik, oek of ook, mar of maar, ens. |
Dit gaat nou goed. Van alle kante en hoeke van Suid Afrika draag skrywers in die Patriot woorde an om
| |
| |
onse voorraad hoe langer hoe groter te maak; so word ons taal al ryker en ons woorde-skat al groter. En wat die spelling angaat, lat elkeen hom mar an die suiver regel hou; ‘Skryf soos jy praat!’ - dan sal die spelling oek wel al meer geregel worde. Daar is nog baing Hollanse kantjies en hoekies wat moet afslyt voor ons 'n vaste Woordeboek ver die spelling kan uitge wat as regel moet bly.
| |
Die Afrikaanse Almanak
was 'n nuttige onderneming. Burgerlik so wel as kerkelik; van heel Suid Afrika; 'n algemene Volksalmanak dus, so iets het daar nog nie bestaan en in die behoefte het die Genootskap op meesterlike wyse voorsien. Die onderneming was dan oek reg voorspoedig. Die eerste jaar, 1877, is daar 1000 gedruk; in 1878 weer 2000; in 1879, nou van jaar, 3000. En nog altoos was dit ontoereikend ver die anvraag. So dat ver 1880 vooraf reeds minstens 6000 gewaarborgd is. Selfs onpartydige koerante, soos die Zuid Afrikaan en Colesberg Advertiser het erken dat dit ver onse boerebevolking die volledigste en nuttigste Almanak is.
| |
Afrikaanse Gedigte.
Die eerste Versameling van Afrikaanse Gedigte is seer gunstig ontvang; die uitgaaf van 1000 exemplare was binnen 'n paar maande uitverkog. Dis o.a, deur die Transvaal en die Colesberg Advertiser anbevole. Ons kan ons lesers gen beter voorstelling daarvan ge nie, as deur die Voorrede daarvan hier o'er te neem.
| |
Voorrede.
Die eerste voortbrengsels in alle tale was gedigte. Soos die gees van 'n nasie ontwaak ver syn taal, dan druk die gevoel sig uit in digmaat. Die ouste geskrifte in alle tale is dan oek meestal poësie.
Net so is dit hier oek. Die eerste andwoord op die Oproeping van ons Genootskap, an alle regte Afrikaners om te staan ver hulle Moedertaal en Vaderland, was 'n stroom van gedigte, gerig an ‘Oom Lokomotief’, die onbe- | |
| |
kende Redakteur van ‘Die Afrikaanse Patriot.’ Die Patriot was dan oek altyd voorsien van 'n ryke voorraad gedigte en lietjies; en toen ons besluit, op die dringende begeerte van so veule voorstanders deur die hele land, om 'n eerste versameling van die gedigte uit te ge, was dit nie moeilik om genoeg te kry nie, mar om uit die grote voorraad 'n keuse te doen. Al die gedigte is dan oek uit ons Patriot en Almanak, en uit die tyd van die taalbeweging. Twe uit die Volksblad is van 'n bietjie vroeger en daar staat dit by waaruit dit o'ergeneem is. Een is uit die Z.A. Tydschrift, oek in die tyd van die beweging. Verder het ons die eerste versameling nog moet inkort, omdat dit mar 'n proewe is, en die twe hoofde: Ver Kinders en Jong Mense, en Godsdienstige Gedigte het ons gelaat ver later.
Natuurlik is hierin, as versameling van gedigte deur verskillende persone, stukke van meerdere en mindere waarde, Ons is nog mar in die begin, en dus ver van die volmaakheid. En tog kan ons nie sien waarin Die Afrikaanse Volkslied (bl. 1) moet agter staan ver die Volkslied van enige andere nasie nie. En waarom sou Helena en Eduard (bl. 48) nie 'n plaas kan he naas ballades in andere tale nie? Wat kan 'n mens meer verwag van snaakse geestige gedigte as byv. Moeilikheid om Liedjies te maak op 'n Boereplaas. (bl. 41)? 'n Meesterlike all[e]gorie (verbloemde voorstelling) is 'n Onmenselihe drooom (bl. 7). Laat imand perbeer om 'n beter gedig met 'n sedelike strekking te maak as Jan Bantjies (bl. 70). Ware nasionaliteit kom uit in Ons Toekomstige Volkslied (bl. 2), vloeibaarheid van die taal in 'n Afrikaanse Lietjie (bl. 21), voortreflikheid van digmaat in Rasende Afgodery (bl 25) en Die Steweltjies Van Sannie (bl. 60). Om kort te gaan, hierin is 'n proewe om te laat sien dat onse taal geskik is ver digkunde op ider gebied.
Mog oek die klein boekie dien, om die liefde van onse landgenote ver hulle Moedertaal meer te versterk, en die lus ver digkunde meer op te wek!
Dit lyk of ons Afrikaners te danig anleg en smaak het ver gedigte. Hoe nodig is oek hiervan 'n twede vermeerderde uitgaaf! Mar reeds het die uitgewers 'n twede en derde versameling angekondig van Godsdienstige Gedigte en Kindergedigte. En an stof sal dit nie ontbreek nie. Al weke geef die Patriot een of twe gedigte, en die voorraad in hande groei steeds an, vollens 'n bekendmaking onlangs in die blad. Daar is dus in die opsig oek nie te klaag dat die saak te sukies gaat nie.
| |
| |
As 'n staaltjie van die gees wat die beweging onder die bevolking opgewek het, geef ons uit die versameling en proef.
| |
| |
Ver ons taal moet ons staan.
| |
| |
| |
| |
Dat 'n mens dan kan sweet.
| |
Leesboekies.
Op die derde Jaarlikse Vergadering, 24 Augus 1878, het die Genootskap dit an die Bestuur opgedra om so gou as mo'entlik is 'n Spel-en Leesboekie uit te ge. Dit is
| |
| |
gou geskied. Mar dit het oek 'n vreselike storm van vyandskap lat losbreek by die teenstanders. En dit was 'n vaste bewys ver die voorstanders dat dit die regte punt is. Dit het oek gen twe maande geduur nie, of die 1000 boekies was verkog, en van verskillende kante kom nog anvraag. Onshoop die punt sal die Genootskap nie uit die oog verlies nie, en dat hulle binnen kort 'n tweede Spel-en Lees-boekie sal uitge en andere Leerboekies o'er Cyferkunde, Aardrykskunde, ens. In sulke boekies, in die taal en na die vatbaarheid van onse kinders geskrywe, sal hulle veel gouwer leer as in 'n vreemde taal waar hulle nooit tuis in word.
Mogelik maak sommige die beswaar, dat dit tog nie sal help nie, omdat Afrikaans nog ne op die skole erkend is nie. Mar duisende van onse kinders in die buitedistrikte kom nooit op 'n skool nie. Die meeste veraf wonende Boere neem mar ver 'n tyd 'n skoolmeester in die huis, en weldra sal hulle dit uitvinde dat hulle kinders in Afrikaanse boekies in 'n maand meer leer as in 'n jaar in Hollanse of Engelse boeke. En dis juis die veragterde deel van onse bevolking, waarvoor Staat en Kerk nie sorg nie, wat ons wil ophelp. En dan hoop ons dat die dag nie meer vêr af is nie waarop Afrikaans sal erkend wees op onse lagere of derde klas skole.
| |
Prysvrage.
Art. X van die Reels bepaal dat daar van tyd tot tyd prysvrage sal uitgeskrywe worde. Dit is nog mar eenkeer gedaan, toen daar 'n prys uitgeloof is ver die beste Afrikaanse verhaal. Klaas Waarsegger Jr. het dit gewen met syn verhaal van ‘Cathrina, die Dogter van die Advokaat.’ Dis agtereenvolgens in die Patriot gepubliceer, en apart in 'n boekie afgedruk oek. Die verhaal op sig self is nie bisonder boeiend nie; mar dis deurdronge van so'n eg patriottise Afrikaanse gees, dat dit al 'n dojerige Afrikaner moet wees wat dit nie met smaak lees nie.
Waarom nie meer prysvrage op die manier uitskrywe nie? Is die natuurlike vraag wat by ons en by elke leser opkom. En die enige andwoord is: omdat daar nog te min skryflus is. As die Genootskap weet dat
| |
| |
daar 10 sal perbeer om te skrywe op elke prysvraag, dan skryf hulle seker 4 per jaar uit. Mar goeje dinge kom langsaam, seg die spreekwoord.
Wat egter beter beantwoord is prysvrage ver kinders. Die uitgewer van die Patriot het laas twe, 25 talle Bybelse Raaisels opgege ver kinders onder 12 en onder 15 jaar oud, en daar is nie minder as 47 oplossings ingekom, en die meeste daarvan voortreflik. Dis ver 'n eerste proef uitmuntend. Dit toon wat 'n belangstelling en leeslus en skryflus die Patriot by die opkomend geslag opwek.
| |
Geldsake.
Uit die vlugtige o'ersig blyk dit dat die Genootskap in die drie jare tyd met die één talent wat hulle had gewoeker het. En dit het nie gegaan sonder moeite en grote opoffering. By die eerste jaarlikse verslag staat wel an die slot: ‘Die Tresurier leg voor 'n verslag van Inkoms en Uitgaaf van die jaar, waaruit blyk dat daar 'n bietjie o'er is.’ Mar as ons die Notule van die menigvuldige vergaderinge van die eerste jaar naslaat, dan siet ons haas an die slot van elke vergadering 'n lys van ‘Vrywillige Bydrage,’ van £6 tot £2 per keer, en dit deur 'n 20 of uitters 30 lede, wat nie juis tot die ryke behoor nie. In die tweede jaarlikse verslag word 'n tekort gerapporteer van £173 7s. 1d. Dit is deur die Genootskap met 'n weinig hulp van buiteaf gedra. Die derde jaarlikse verslag rapporteer 'n tekort van £141 12s 4d.
Toen was dit dat 'n paar lede huiwerig werd om verder vort te gaan, daar die las te swaar begin te druk op weinige skouers. Mar enige lede kom toen moedig voorwaarts en bied an om die hele geldelike verandwoordelikheid verder op hulle alleen te neem, en die Patriot, en Almanak, ens., heeltemal ver eie rekening te neem. En daarmee het die Genootskap as werkend liggaam so goed as uitgedien, soos dit lyk. Die Genootskap was nodig, soos 'n stok wat jy by 'n jonge boompie steek om hom te ondersteun. Mar sodra die boompie groot word en die steun nie meer nodig het nie, dan begin die stok oek al te verrot.
| |
Takgenootskappe.
Kort na syn oprigting, op 4 December 1875, het die Genootskap die vollende Reels ver Takke van die genootskap angeneem.
| |
| |
I. As 7 Lede daarom vraag by die Bestuur van die Genootskap, dan kan die ver hulle reg gé om 'n tak op te rig.
II. Die Takke moet ver hulle hou an die Re'els van die Genootskap so ver as mo'entlik is. Mar hulle kan ver hulle selwers bepalings maak daarby, as dit mar nie in stryd is met die Re'els nie.
III. Die Bepalings wat hulle bymaak sal daarom eers moet goedgekeur worde deur die Bestuur van die Genootskap.
IV. Die Takke moet oek Notule hou van hulle Vergaderings.
V. Die Takke en die Genootskap moet ver makaar 'n uittreksel stuur van die Notule van elke Vergadering.
VI. Die Genootskap hou alle jare een vergadering tot gedagtenis van die oprigting, so na as mo'entlik is by die 14de Augustus Dan wort verslag gedaan van die hele jaar syn werk. Dan wort die Bestuur gekies. En dan moet al die Takke een of twé Afgevaardigde stuur, om oek verslag te gé-
VII. Jongelinge van onder die 20 jaar kan ver hulle oek sulke Takke oprig, vollens dieselfde Bepalings.
VIII. As op 'n plek Jongelinge genoeg is, dan beveel die Genootskap an, dat hulle liewers aparte Takke oprig. As dit mo'entlik is, dan moet hulle President daarom ou'er wees as 20 jaar.
Veel takke is daar daarom nie opgerig nie. Daar is mar 2 in die Kolonie gestig, en een in Transvaal, terwyl 'n plan wat op twe plekke in die Vrystaat bestaan het om Takke op te rig tot nog toe nie uitgevoer is nie.
Waaran is dit te wyt dat die lede en Takke van die Genootskap sig nie in gelyke mate uitgebrei het met die uitbreiding van die werk en die beginsels van die Genootskap?
Is die Reels nie goed nie? Sommige artikels is wat moeilik. Mar die kon hersien en verander worde.
Of is onse boerebevolking nog nie ryp ver sulke vereniginge nie? Ontbreek dit hulle an leiders? Die laaste is die waarskynlikste oorsaak, daar diegene wat gewoonlik voorgaat in alle publieke sake, hier en daar 'n Engelsman of Hollander op die dorpe, dit juis nie
| |
| |
in hulle belang vind dat die Afrikaners self so opgekweek word tot selfstandige handeling nie.
Hoe dit sy, die feit is daar, dat die Genootskap self op laas nie meer uitgebrei het nie. Waartoe dit nodig is, weet die Heer, die tot nog toe so sigbaar die saak bestuur en gelei het. En as 'n herlewing oek daarin nodig is, dan sal die Heer dit wel op syn tyd gé.
|
|