| |
II. Anleiding.
Mar die samesprake van albei Klaas Waarsê'ers, met die pleidooi van Ware Afrikaander en die Voorlesing van Dr. Brill same, sou egter nie in staat gewees hê om die Afrikaners tot erkenning en beoefening van hulle taal te bring nie. Want in alle dinge is 'n Afrikaner mar lanksaam en versigtig, en veral in letterkundige sake stel hy mar min belang; daarby kom die veroordeling dat die taal te sleg is, ens. Daar moes dus iets gewigtigers bykom
| |
| |
om die trage gees op te wek en die diepgewortelde vooroordeel te lat o'erwin; daar moes iets bykom wat die hart van die volk raak. En dit was
| |
'n Afrikaanse Bybelvertaling.
Die Afrikaner is verstandelik seer verwaarloos en veragterd. Dit kan oek nie anders, deur gebrek an onderwys, en veral deur verkeerd onderwys. Mar één ding hou hy vas, dis syn Bybel, en dit geef an ons volk 'n adel vêr bowe vele geleerde en daarby sedelik ontaarde volke van Europa. Liwers 'n ongeleerde Afrikaner met syn Bybel, as 'n geleerde Europeaan sonder God en syn gebod; want die Bybel hou die fondament goed waarop kan gebou worde.
So was dit dan hier oek. Die krag wat die Afrikaners wakker geskud het was die gedagte om ‘in onze taal de groote werken Gods’ te kan lees en hoor. 'n Afrikaanse Bybel - was die saak wat die eerste 12 persone by makaar gebring het en dis die saak wat nou nog die voorstanders besig hou. Al die andere is mar bysaak, of liwers is mar middele tot die grote doel.
Die wenselikheid en noodsakelikheid om die Bybel in Afrikaans te vertaal is die eerste voor die andag gebrag deur 'n naamlose korrespondensie o'er die saak in die Zuid Afrikaan. Daar is toen veul voor en teen geskrywe, mar alles naamloos, daarom vermeld ons net die daadsaak, sonder iets daarvan o'er te neem. Wat die saak egter dadelik van meer belang gemaak het was
| |
'n Onderhandeling met die Bybelgenootskap.
Hoewel die onderhandeling tot gen bisonder gevolg gelei het nie, so was dit tog nodig om die saak by die voorstanders des te vaster te lat wortel. Die oorsprong was, die vollende brief van Meneer A. Pannevis:
Paarl, Kaap Kolonie, 7 November 1874.
An die Komité van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap.
Menere, - Ek gevoel myn verplig, en neem die vryheid, om an julle te skrywe o'er 'n onderwerp van die hoogste belang.
Die taal van die Kaapkolonie, oorspronkelik 'n Hollanse volkplanting, is 'n soort van verbasterde Hollans. Van dat
| |
| |
die Engelse daarvan besit geneem het, in die begin van dese euw, is die Engelse taal voorgestaan en die Hollanse trapsgewyse onderdruk. Veral in onse dage span die burgerlike en kerkelike autoriteite same om die o'erblyfsels van die Hollanse taal heeltemal uit te roei, en ver die Engelse taal 'n volkomene en algemene heerskappy te verseker. Mogelik sal dit luk, en sal al die inwoners van Suid Afrika, na verloop van tyd, net mar die Engelse taal gebruik en verstaan. Mar baing jare sal nog moet verloop voor die dag sal anbreek. En in die tussen tyd, wat sal die toestand van sake wees? Ver die teenwoordige is die Engelse Bybel van gen nut ver die grootste gedeelte van die bevolking nie; mar tegelykertyd, ver duisende en duisende onder die Hollans sprekende bevolking, moet die Hollanse Bybel beskou worde as 'n geslote boek. Want in die verloop van jare is, gedeeltelik deur verwaarlosing van die moedertaal, 'n dialek gevorm wat in uitdrukking heeltemal verskil van suiwer Hollans, en terwyl daar gen ander Hollanse Bybels gedruk word nie as in hoog Hollans, so kan ons ver seker sê dat vele duisende in die Kaapkolonie sonder enige Bybel is, en dit is ongetwyfeld een van die redes van die snelle agteruitgang van die Koloniste, veral van die gekleurde bevolking. 'n Vreselike vooruitsig leg voor ons! Die Bybel alleen kan ons help!
Professor Hofmeyr, van die Kweekskool van die Ned. Ger. Kerk an Stellenbos, het onlangs in 'n brief an myn die noodsakelikheid erken van 'n Bybelvertaling in Kaaps Hollans. Vele duisende kan gewonne, en die maatskappy verbeter worde, totdat die Britse gesag in Suid Afrika volkome gevestig is.
Ek breng die belangrike saak voor julle andag, in die hoop dat die God van ontferming julle harte mog bewege en julle gees vervul met 'n kragtige ywer ver die bevordering van syn Koningryk in hier-die deel van die wereld. Ek is bekend met 'n regte knappe predikant van die Ned. Ger. Kerk, wat seker bekwaam en gewillig sal wees om die vertaling op sig te neem en die werk uit te voer. Briwe an hom kan geadresseer worde ‘Revd. S.J. du Toit, Daljosaphat, Wellington, Kaapkolonie.’
Ek eindig met die opmerking dat ver weinige duisende inwoners van die Deense West Indise Eilande 'n Nuwe Testament in 'n Hollanse Dialek gedruk is, en die vele duisende Afrikaners onder Britse regering is tot nog toe verwaarloos. Die getal siele in die Suid Afrikaanse Kolonies, State, en Volksstamme, waarvoor die uitgaaf van 'n Afrikaanse Bybel
| |
| |
wenselik is, kan geskat worde op meer as 'n miljoen. Andere skat dit op meer as ander-half-miljoen.
Ek verblyf, ens.
(Get.) A. Pannevis.
Die Bybelgenootskap draag dit toen op an Ds. Morgan, - leeraar van die Skotse Kerk an die Kaap en Sekretaris van die Suid Afrikaanse Tak van die Bybelgenootskap, - om verder ondersoek te doen in die saak, in die vollende brief:
London, 7 Jan. 1875.
Myn waarde Heer,
Ons het laas 'n brief gehad van meneer Pannevis van die Paarl, om ons te versoek om 'n Bybel te druk in Kaaps Hollans wat hy beskryf as sowat tussen Hollans en Engels, deur die vermenging van Koloniste. Hy vertel ons dat daar meer as 'n miljoen mense is wat gen Hollans of Engels praat nie mar die mengelmoes. Hy rekommedeer oek 'n Mr. du Toit, Daljosaphat, Wellington, Kaapkolonie, as 'n geskikte persoon om die Bybel in die dialek toe te berei.
Ons is onder gen omstandigheid genege om brabbeltale te bestendig, deur die Bybel daar in te druk nie, en niks anders nie as die ontwyfelbare informasie dat daar 'n groot getal lesers is wat die dialek gebruik en wat gen gebruik kan maak van die Engelse of Hollanse Bybel nie kan ons regverdig om dit daarin te druk.
Ons verwys die saak daarom na jou en die Komité sal seer verplig wees as jy ondersoek wil instel tot welke uitgestrektheid Kaaps Hollans gesproke word, of daar enige boeke in gedruk is, of daar ergens godsdienstig onderwys in gege word, en in kort, of ons wys sal handel om 'n Evangelie daar in toe te berei as 'n proef - oek of meneer du Toit, van wie ons niks weet nie, die regte persoon is an wie so'n werk kan toevertrou worde.
In die hoop dat ek jou nie te veul lastig val nie,
Blyf ek, Myn waarde Heer, Jou getrouwe
(Get.) M. Girdlestone.
Ds. Morgan draag die saak toen voor op 'n Predikante Konferensie an Wellington in July 1875. By die bespre- | |
| |
king laat veral Ds. McGregor van Robertson sig sterk daarteen uit en seg o.a. dat gen man van gesond verstand ooit an so iets sou denk nie. Professor Murray en Eerw. Dempers neem dit ver die ander kant op, mar by die stemming was hulle in die minderheid.
Daar Ds. S.J. du Toit syn naam, hoewel geheel buiten syn wete, in die brief van Meneer Pannevis genoemd werd, had Ds. Morgan met hom 'n privaat gesprek an die Paarl o'er die saak, waarin hy Ds. Morgan medeel dat hy bekend is met enige voorstanders van 'n Afrikaanse Bybelvertaling en as Ds. Morgan hom die hele saak skriftelik wil medeel, dan sou hy dit an die persone voorlê, dan kan hulle self daarop antwoorde. Daarop stuur Ds. Morgan hom die kopye van bowestaande Briwe, met die vollende brief daarby:
Paarl, 18 Augus 1875.
An Ds. S.J. du Toit,
Paarl.
Myn waarde Heer,
Na anleiding van die gesprek wat ek gistraand had met jou en meneer Malherbe, het ek die genoege om jou hierby 'n kopy te stuur van die brief wat ek ontvang het van Ds. Girdlestone, een van die Sekretarisse van die Brits- en Buitelandse Bybelgenootskap. Ek sluit oek 'n kopy in van meneer Pannevis syn mededeling an die Komité in geval jy gen kopy daarvan by die hand mog hê nie.
Ek dink die vollende vrage bevat die vernaamste punte, waarop dit wenselik skyn om informasie te ge an die Komité:
1. Tot welke uitgestrektheid word Kaaps Hollans gesproke?
In syn brief an die Komité merk meneer Pannevis op: ‘Die getal siele in die Suid Afrikaanse Kolonies, State en Stamme, ver wie die uitgaaf van 'n Afrikaanse Bybel wenselik is, kan geskat worde op meer as 'n miljoen. Ander bereken dit op anderhalf miljoen.’ Sou jy bereid wees om die opgaaf oer te neem? of wat sou jy daarvoor in die plaas stel?
2. Om ons ondersoek tot die Kaapkolonie te bepaal en ons begrooting te neem van die laas gepubliseerde Volkstelling, soos dit gedruk is in die ‘General Directory’ voor 1874 vind ons die hele bevolking opgege as 496, 381, namelik:
| |
| |
181,592 |
Europeane. |
81,598 |
Hottentots. |
103,536 |
Kaffirs. |
132,655 |
Andere. |
Hoeveul van die hele getal, 'n ruwe skatting, kan beskoud worde Afrikaans te spreek, en hoel veul wat 'n lesing van die Bybel in die dialek nodig het?
3. Is daar al enige boeke, godsdienstige of skoolboeke, in die bedoelde dialek, en as daar is, hoe ver en by watter bisondere klas of klasse van die samelewing word gesegde boeke gebruik?
4. Is daar nou enige skole in die Kolonie waarin geleerd word om Afrikaans te lees, of waarin jy dink dat dit geredelik kan ingevoerd worde as geskikte boeke verskaf word? As daar nie sulke skole is nie, kan jy 'n doenlike plan an die hand ge waardeur die behoefte kan verhelp worde?
5 Is daar rede om te verwag dat 'n ansienlik getal Predikante, Sendelinge, Katkeseermeesters, Skoolmeesters, en andere, wat werkelik betrokke is in die gé van godsdienstig onderwys an die Afrikaans sprekende klasse van die samelewing, enig skema sal anmoedig wat bostaande oogmerk bedoel, of gereed sal wees om 'n Afrikaanse vertaling van die Bybel an te neem en te gebruik inplaas van die teenwoordige geoutoriseerde vertaling? Wil jy vrindelik die adresse van sulke persone besorge ter wille van verwysing as dit nodig is?
6. Wil jy so goed wees om die Komité van die Bybel vereniging te voorsien van proef-vertalings in Afrikaans van een of meer gedeeltes van die Nuwe Testament soos die Evangelie van Markus Hoofstuk 1:1-20, en die Brief an die Romeine Hoofstuk 5?
Antwoorde op die bo'enste vrage, saam met verdere anmerkings wat jy mag nodig oordeel om te maak, sal met dank ontvang worde deur
Jou ware
(Get.) George Morgan.
Vollens belofte breng Ds. du Toit die saak voor die andag van enige voorstanders van 'n Afrikaanse Bybelvertaling en hulle beleg 'n vergadering op 14 Augus 1875 om die saak te o'erwege. En dit was meteen die dag waarop beslote werd om 'n Genootskap op te rig. Hulle besluit
| |
| |
was toen dat Ds. du Toit, as privaat persoon uit naam van enige vrinde, die vollende andwoord sou stuur:
Paarl 25 September 1879.
An Ds. Geo. Morgan,
Kaapstad.
WelEerw. Seergeleerde Heer!
Ek is nou eers in die geleentheid gestel om jou twe briwe van die 18 en 14de van van deuse Maand te beantwoorde. Die voorstanders van die Afrikaanse taal woon so ver uit makaar uit, dat dit met die beste wil van die wereld nie moentlik was om UWelEerw. eerder te skrywe nie. Lat dit as verskoning dien ver myn skynbaar versuim.
Op 'n vergadering van die vrinde wat 'n Bybel in die Afrikaanse taal wenselik en noodsakelik ag, het ek albei jou briwe met bylage voorgeleg. Eenparig is hulle van gevoele dat meneer Pannevis, op syn eie verantwoordelikheid en geheel buite hulle wete, 'n bitjie haastig was met syn skrywe an die Brits en Buitelandse Bybel Gen. Hulle denk dat dit nog nie tyd is om sig tot die genoemde Genootskap te wende nie. Die Afrikaanse saak is daartoe nog nie ryp nie. Hulle hoop egter dat die dag nie meer ver af is nie dat hulle sig met volle vrymoedigheid tot die Genootskap kan wende om ondersteuning ver die publikasie van 'n Afrikaanse Bybel, en hulle wil graag die noodsakelikheid van so 'n Bybel met meneer Pannevis onderskrywe. Die Afrikaanse beweging begin nou tot 'n krisis te kom; meer en meer win die oertuiging veld dat die enigste manier om die Afrikaans-sprekende bevolking, blanke en gekleurde, te beskawe, deur middel van hulle Moedertaal moet geskiede, en dit spreek van self dat ver sodanige beskawing 'n Afrikaanse Bybel 'n eerste vereiste is. Die Britse en Buitelandse Bybel Genootskap stel hulle sulke vrage wat hulle dus nie kan beantwoorde nie. Hulle begeer 'n Afrikaanse Bybel om die middel te wees tot beskawing, en uit die skrywing van Ds. Girdlestone leer hulle, dat hulle eers beskawing moet hê en dat hulle dan kan verwag dat die Genootskap genege sal wees om hulle 'n Afrikaanse Bybel te verskaf. Mar hoe kan 'n mens 'n volk beskawe sonder 'n Bybel in hulle moederspraak?
Dit sal wel nie nodig wees om an UEerw. te se nie dat hier regte baing Afrikaners is ver wie die Engelse Bybel 'n geslote boek en die Hollanse Bybel byna net so onverstaan- | |
| |
baar is, jou ondervinding in die Evangeliediens sal jou dit wel geleer he. Die regte weg is nou om die volk 'n Bybel in die taal te ge wat hulle al dage spreek en dus die beste verstaat, mar voor dit kan geskiede moet die volk eers tot die oertuiging gebring worde, dat hulle 'n eie taal het, en die taak is moeiliker as dit, oppervlakkig beskoud, lyk.
Uit die skrywing van die Eerwaarde Girdlestone an UEerw. siet hulle dat hy en die Komité die Afrikaanse taal 'n ‘brabbel taal’ noem en dat SynEerw. seg, dat dit nie hulle plan is om ‘gemengde brabbeltale te verewig deur die Heilige Skrif daarin te lat druk nie.’ Dit spyt die voorstanders van die Afrikaanse Bybel te meer, omdat die uitdrukking uitgaat van die Buitelandse Bybel Genootskap, daar tog die ‘Bruid des Lams’ sal bestaan uit alle geslagte, tale, volke en nasies, en dat die bevel van die Saligmaker: ‘Predikt het Evangelie aan alle creaturen’ ongetwyfeld bedoel is, in die taal wat hulle bes verstaat, van daar oek die Uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag in die gawe van tale.
Hulle is bereid om enige verdere Communikasie van die Genootskap te beantwoorde, dog soos geseg is, nie vollens die eise wat gesteld is in die brief van Eerw. Girdlestone nie.
Met dank an UEerw. ver die reeds genome moeite in die saak, en met versoek om van hier-die brief an die Brits en Buitelandse Bybelgenootskap kennis te ge,
Het ek die eer, ens.
(Get.) S.J. du Toit.
P.S. As privaat persoon het ek UEerw. bostaande mededeling gedaan, mar ek versoek verswyging van myn naam, daar Meneer Pannevis my geheel buiten myn wete as vertaler anbeveel het. Verder kan ek UEerw. melde dat daar 'n Genootskap van Afrikaners opgerig is, waarvan Meneer...... Sekretaris is, an wie verder alle skrywings moet gerig worde.
In die Jaarlikse verslag van 1875 maak die Komité van die Genootskap melding van Meneer Pannevis syn brief en geef 'n uittreksel daarvan en seg daarby dat hulle verder informeer na die saak.
Daarby is die saak gebly. By die Bybelgenootskap was gen heil. Mar die fondament was nou geleg ver eie verdere werksaamheid. Later spreek ons o'er wat verder gedaan is in die saak van die Bybelvertaling. Ons besluit die hoofstuk met 'n paar opmerkings.
| |
| |
1. Die Afrikaanse vrinde had stellig gelyk teeno'er die Bybelgenootskap. Die Bybel is die ware volksbeskawer. Had Luther eek vooraf sulke eise gestel, dan had hy nooit begin om die Bybel in Duits te vertaal nie, en die Hervorming was nooit deurgegaan nie. En ons verwag oek hoegenaamd gen heil verder van die Bybelgenootskap in die saak nie. Ons sal mar self met onse swakke kragte, in Gods naam en met Syn hulp, moet vortgaan.
2. En hier kom nou 'n gewigtige vraag, wat die historieskrywer net mar in verbygaan kan anstip, sal ons vortgaan met onse gifte te ge an 'n Bybelgenootskap wat onse taal 'n brabbeltaal noem, wat hulle hart sluit ver onse behoefte, en wat duisende ponde besté an bybels te versprei waar dit alreeds dik gesaai is? of sal ons liwers begin by Jerusalem en eers, so veul as die Here onse oge geopen het ver onse eie behoefte, al onse kragte daaran wy om Gods heilig en dierbaar woord in onse eie taal vertaald gedrukt en verspreid te kry? of sal ons die een doen, en die andere nie nalaat nie?
|
|