XIX. - Dood fan di koningin.
Di Koningin stuur Numa na di profeet in di Matopaberge, mar alles is ferraai deur Nanna en Numa kom ni terug ni, en word feronderstel fermoor ts wees. Di Koningin befal fan 'n seun en sterf kort daarna. Met haar begrafenis stuur Elihoref di gedenkrol same wat daarmé yndig. Mar di geskrif by Simbabwe ontdek set dit fort.
DI follende oggend froeg kom Klaas fer ons roep, en fertel di laaste Boesman is di nag weg. Een fan hulle moet op 'n maniir los gekom en di ander oek los gemaak hê. Hulle het al ons flys en biltong wat opgehang was weg, en het toen laat fat. Neef Hendrik wou Klaas op hulle spore set en hulle agterfolg, omdat hy meen as ons hulle fry laat dat hulle weer fer hulle pyl en boog sal maak en ons ferradelik by nag kom anfal. Mar Hennie sê: ‘Né wat, ek ken 'n Boesman goed. Hulle sal so fêr loop dat ons hulle nooit weer siin ni.’ En gen een fan ons had lus om ons ferder o'er hulle moeg te maak ni.
Nadat ons koffi gedrink en 'n stukki ge'eet het gaan ons weer na di ingang fan di skatkamers kyk, of daar kans is om dit weer ope te kry. Onderweg sê Henni: ‘Hulle sê nou altyd hulle gaan ergens natoe met 'n halwe hart; mar ek gaan fan morge, soos di Kaffer sê, na di gat toe met twé harte. Myn een hart wil niks met di frotsige plek meer te doen hê ni, en myn ander hart wil daarom ni somar weggaan en di skatte hiir laat bly ni.’
Toen ons daar kom blyk dit duidelik dat daar freselike werk sal wees om di gat weer ope te kry; want grote stukke krans was ingestort en as ons di met dinamiit laat stukkend skiit sal denkelik andere grote stukke weer instort. Sodat ons mar beswaar siin om di werk weer an te fat, en dan was ons dinamiit oek al min. Yndelik find Neef Gideon syn raad byfal, namelik ons moet mar perbeer om terug te gaan op 'n maniir, al was te foet, tot ons by mense kom en hulp kan kry. Mar fan di ontdekking moet ons stil bly en an nimand fertel ni, en dan moet ons fer ons klaar maak en met gereedskap en werkmense genoeg terug kom met 'n grote wa om dan di skatte en gedenkwaardighede uit te haal en fan hiir te ferfoer.
‘Ja,’ sê Henni, ‘dis 'n goeie plan, Oom Gideon; want di ou Boesmanmyd stink al hiir, wi sal nou hiir werk? En dalk kom spook sy nog by ons. Né, dan kom ons liwers weer. Mar hoe sal ons weg kom?’
‘A kyk, Henni,’ sê Neef Hendrik, ‘het jy dan al fergeet wat di ou boesmanmyd fer ons foorspel het, dat hiir sal Olifantsjagters kom wat fer ons sal méneem?’
‘Ja, kyk, ek het regtig ni daaran gedenk ni; en di ou myd het daarom alles waarhyd fertel.’
‘En terwyl ons tog wat moet wag moet ons mar intussen weer di grafkelders ferder ondersoek. En di mummi (fersteende lyk) fan di Koningin moet ons tog seker méneem.’
‘Wat?!’ sê Henni - ‘Ek sal so nooit di lyk same neem op di wa ni. Wat maak daarmé?’
‘Ons kan dit baing duur ferkoop, Henni’ - sê Neef Gideon.
Daarop sê ek toen: ‘Ja, ons moet nou mar enige dage daarfoor neem. Henni wil tog ni weer in di gate gaan ni, dan kan hy mar fer ons wild skiit en kos maak. Neef Gideon en Neef Hendrik met Klaas kan di grafkelders ferder noukeurig ondersoek, en ek sal di rol klaar fertaal. Dis ten minste al fereers werk fer fandag.’ Dit find byfal. So gesê, so gedoen. Mar foor hulle weer in di grafkelders gaan sê ek, hulle moet oplet, di oue mense het 'n maniir gehad om in di onderaardse grafkelders ekspres di nageslag wat dit mog ope maak en ondersoek te misly. Ek het dit gesiin in Egipte en gelees oek. Hulle maak partykeer 'n gang reguit met kamers agter makaar en dan draai uit di gang uit meteen 'n andere gang dwarsweg wat sorgfuldig toegemessel is, sodat jy dit nooit sal merk as jy ni fyn oplet ni. En juis in di fersegelde of weggesteekte fertrekke is di gebalsemde lyke fan di Konings en di skatte ferberge.
Hulle had egter gen lus om di dag alweer in di grafkelders deur te breng ni, en besluit om liwers same te gaan jag terwyl Klaas en ek alleen by di wa bly, en Umsalomi met hulle same gaan om di wild te help dra.
Toen hulle di aand kom, met 'n boel wildsflys, was myn eerste sê: ‘Henni, di rol is nou klaar.’
‘Nou kom, laat ons hoor, want ek is oek al nuwsgirig om di end te hoor.’
‘Ja, mar ons sal eers eet,’ sê Neef Gidion, ‘want ons het almal honger.’
Ons braai toen lekker karmenatjiis an di spit en nadat ons lekker ge'eet het steek ons di pype an en ek begin te lees: -
Daarna werd di huwelik fan Numa met Lalia haastig toebery en feestelik gefiir. En kort na di fees fertrek Numa stilletjiis met 'n klyne lyfwag op 'n gehyme sending na di profeet in di Matopaberge, toegerus met enige persente en met di Koningin haar