gaan na Simbabwe toe ni, mar het by di myne angegaan en 'n klyne legermag by makaar gemaak en daarme na Simbabwe opgetrek. Elihoref wat fan syn inkoms wis het alles foorbery, en so het hulle stilletjiis an di nag Simbabwe o'erfal en ingeneem. Matipa met party fan syn anhang is toen geflug di Arabise leger tegemoet. Lalia het hulle ferlos uit di gefangenis waarin Matipa haar opgesluit het, nadat hy di kindji fan di Koningin laat fermoor het. En Nonna, di ferraaier het Elihoref laat dood maak. Mar 'n paar dage daarna kom daar 'n grote leg r fan di Soutmere af wat Matipa oek laat oproep het en kort daarna kom Matipa oek met syn manskap en di Arabire en hulle beleger di stad. Daar was foorraad fan kos genoeg en di stad was onneembaar. Mar daar was ferraad binne in di stad en so het di fyand di wagte omgekoop en di het een nag di poorte ope gemaak en toen Elihoref en Numa dit gewaar was di fyand binne en di stad anbrand. Hulle het eers nog di fersterkte kop 'n tyd lang ferdedig en dit was 'n woedende handgefeg, man teen man. Mar op laas kon hulle di kop oek ni meer ferdedig ni. En toen is Elihoref en Numa en Lalia en enige getroue folgelinge in di oud eraardse grot gegaan en daar het hulle same di gifbeker gedrink, nadat Elihoref di gedenkskrifte in di yster kissi fersegel het; want hulle wou deur di hande fan di fyand ni gemartel worde ni. Dit blyk egter, dat Elihoref onder syn druk tot erkentenis gekom
is dat hy syn teenspoed daaran te danke het dat hy di God fan Isra'el, di enige ware God, fer aat het.’
‘So is dan di eenmaal magtige en ryke koninkryk fan Skeba ten onder gegaan deur inwendige ferdeeldhyd,’ merk Neef Gideon an met 'n sug.
‘Ja,’ was myn opmerking, ‘want hoewel di Arabire toen di o'erhand hiir had en nog lank hiir handel gedrywe het, tog blyk dit dat di bloeityd fan di ryk fer altyd ferby was.’
‘Daarom het hulle toen di ryke goudmyne oek somar di een na di ander laat ferfal,’ sê Henni.
‘Mar wat sou fan Klaas geworde wees?’ fal Neef Hendrik in. ‘Ek is baing ongerus o'er di klynjong. Hy is al foormiddag weg om te gaan wild skiit same met Umsalomi, en hulle kom nog ni uit ni. Straks het di Kaffer hom fermoor, of het di leens hulle opgefreet.’
En ons was almal mar ongerus. Mar terwyl ons nog sit praat kom hulle en Klaas fertel, hulle het fêr geloop agter 'n trop elande an, en toen het hulle di koers ferloor en naderhand op 'n kop geklim om weer hulle rigting te kry, en toen het hulle twe wagens gesiin fan olifantsjagters.
‘Dis net soos di ou Boesmansmyd gesê het. Nou is di hele wêreld reg,’ fal Henni in. ‘Morre froeg gaan ek na hulle toe om 'n plan te maak om met hulle same terug te gaan.’
‘Nou ja, Henni,’ sê Neef Gideon, ‘dan sal ons solank di gebalsemde lyk fan di Koningin uithaal om me te neem’
‘Ag wat bog!’ sê Henni, ‘ons het nou o'er genoeg fan di ou dooi mense. Laat hulle nou mar rus. Ons gaan nou na di lewendige mense terug.’
Klaas s[...]t so'n entji fan ons af doodstil te eet, soos gewoonlik, want hy is 'n klynjong wat nooit 'n woord ferniit praat ni. Mar naderhand kyk hy op en fra: ‘Baas, en gaan ons nou weg hiir fandaan af?’
‘Ja,’ sê Neef Hendrik, ‘waarom fraag jy dit dan Klaas? Wil jy dan nog langer hiir bly?’
‘Né,’ seg hy, ‘mar weet baas di laaste 3 nagte omtrent middernag kom daar 'n witte gedaante fan 'n froumens daar onder di berg uit met 'n kindji op haar arm en dan kom sy tot hiir digteby di wa, en staan 'n ruk en kyk na ons; dan wenk sy drimaal met haar een hand en gaan weer terug met 'n nare sug.’
‘En waarom het jy ni fer ons geroep, dat ons kon gaan kyk wat sy wil hê ni?’ - fraag Neef Hendrik.
‘Ek was bang om fer baas wakker te maak,’ sê Klaas.
‘Nou dan moet ons fannag waak en as sy weerkom dan moet ons baar folg. Wi weet wat sy an ons wil medeel,’ sê Neef Gideon.
‘Né, ek ferfas ni,’ sê Henni, ‘ek gaan ni saam ni.’
Ons het di nag op di wag gesit, mar di gedaante is ni weer ferskyn ni.