kant weggespring; maar grote stukke fan di rotsen was meteen afgefal, sodat di opening geheel toe was, en andere stukke was los gebars en hang oek klaar om net in te stort. Ons skré weer, maar hoor eers niks fan ons frinde ni. Naderhand kom hulle nader en gé antwoord. Hoe gefaarlik oek, daar di geskeurde rotsstukke ider ogenblik op ons kon instort, besluit ons tog mar om fan weerskante di los klippe weg te rol en so 'n opening te kry waardeur hulle kon uitkruip. Na lang sukkel en na infal fan 'n paar stukke, een waarfan Klaas syn been tamelik beseer het, kry ons yndelik so'n opening dat hulle kon deurkruip, en di eerste wat syn kop uitsteek was Henni met twe oge soos artappels. Hy kruip nog op syn hande o'er di los klippers toen seg hy al: ‘Dit het ek geweet! Dit het ek geweet! Ek het julle gesê wat is dit fer 'n inkruipery in di gate? Mar dit sê ek julle nou so nooit as nooit nooit is kruip ek in gen gat weer ni.’
Hoe ernstig di posisi oek was, terwyl Neef Hendrik en Neef Gideon kort agter hom uitkruip, kon ek tog ni help om fer Henni te lag ni, en ek fra hom: ‘Henni, waar is dan nou al di skatte? Ek dog julle breng 'n wafrag goud en diamante uit di skatkamer uit.’
‘Né wat,’ sê hy ewe fererg, ‘dis alles net di frotsige ou Boesmanmyd. Ek moet haar mar net dood geskiit hê, dan was ons ni in di dikkedensi ni.’
‘Kyk, Henni, hoe kan jy so praat?’ sê ek. ‘En di arme ou myd het dan fer ons di skatkamers gewys en fer julle dit ope gemaak, en nou is sy nog ferpletter onder di klipdeur ook.’
‘Ja, mar dit het sy aspres gedoen di ou heks,’ sê Henni, ‘om fer ons op te sluit daar in di donkere gate, en dis mar naalskraap gegaan om weer uit te kom. Ons is al amper dood fan di honger en dors en ons kêrse was ook al opgebrand. Gelukkig het Neef Hendrik syn grote tabaksak nog gehou, sodat ons mar in di pyp kon troos soek.’
Toen fertel Neef Gideon en Neef Hendrik hoe di sware klipdeur eenkant in di rots moet ingaan en hoe dit op 'n spil of as moet balanseer; want di ou myd slaat eers 'n klipkyl uit en dadelik slaan di deur een kant op, en hulle gaan in. Mar terwyl hulle nog besig was hulle kêrse en fuurhoutjiis uit te haal om lig te maak, slaan di ou myd weer 'n klipkyl in di ander kant bo an di syrand uit, en dadelik slaan di klipdeur weer neer en ferpletter haar daar onder. Hulle is almal fan gedagte dat dit ni 'n ongeluk is ni, mar dat sy dit ekspres gedoen het. En ons het di dinamiit juis in di kant geset waar di klipdeur in di syrots ingekap was, daarom het di spul nog meer los geruk fan di skot.
‘Mar wat is nou fan di skatte, Henni?’ fra ek.
‘Gè, wi sal dan na skatte kyk as jy daar onder di berg begrawe is? Wat wil jy dan maak met skatte in di graf? Mar ek het daarom fer my een stuk goud gebreng, en had ek geweet dat ons sou uitkom dan het ek meer gebreng’. Hiirop haal hy 'n stuk goud uit soos 'n klyne baksteen met ronde uitstekende punte by di 4 hoeke.
Neef Gideon en Neef Hendrik fertel toen dat daar grote stene kiste is met sware yster deksels en op gehymsinnige wyse fersegel. Mar dat hulle tog een ope gekry het wat fol sulke goudstukke was. Henni wou toen dadelik begin uitpak om mé te neem, mar hulle twe sê toen: ‘Né, wat sal dit help? Kom ons nooit uit ni, dan baat dit ons ni, en kom ons uit, dan kan ons terugkom en sofeul as ons wil kom uithaal.’
‘Ja, sê Henni,’ had ek fer Oom Gideon gehoor dan het ons nou niks gehad ni. Nou het ek tog di een stuk goud fer al di angs en moeite. Hoefeul sal dit werd wees?’
‘Ek denk 'n paar honderd pond,’ sê ek.
‘Ja, mar wat beteken dit, Henni?’ sê Neef Gideon. ‘Ons gaan tog weer di gat ope maak en 'n hele wa frag fol goud en edelgesteentes uithaal.’
‘Wat, ek? Moe ni glo ni! So nooit as nooit kry julle fer my weer in di gate ni! Né, ek gaan nou weg fan di frotsige plek af, al moet ek oek alleen te foet loop.’
Ons bespreek toen in erns di posisi. Daar hang sofeul stukke fan di krans los dat dit onfylig is om nou di ingang te gaan ope maak met geweld. Oek was hulle hongerig en dorstig, en ons almal was mar moeg en had di forige nag ni geslaap ni. Dan had hulle al 3 erg hoofpyn en naarhyd op hulle maag, denkelik fan di bedompige lug wat hulle al di tyd ingeasem het. Ons besluit om nou eers wat te gaan eet en rus en slaap en dan teen di aand of di follende oggend weer te kom kyk of daar meer rotse ingefal het en of daar kans is om di gat weer ope te kry om fan di skatte uit te haal. Dan sou ons fan di Boesmans neem om te help di klippe weg rol en ope maak.
Mar terwyl ons nog di planne bespreek stryk Henni al weg wa toe, brom, brom: ‘Julle kan weer in di gate gaan kruip, mar ek ferfas ni. Ek gaan nou eet en slaap.’
Toen ons by di wa kom laat ons sterk koffi maak om te perbeer, en dit het hulle maag en hoof beter gemaak oek en na ons ge'eet het gaan ons almal slaap. Mar hulle 3 kon ni feul eet ni, hulle maag wil mar opbreng.
Toen ek wakker word was dit al omtrent son-onder. Dog di 3 slaap mar ewe lekker. Ek laat toen mar fer Klaas weer koffi maak en flys braai, sodat hulle weer kan eet as hulle opstaan, en ek gaan mar an met fertaal fan di rol, wat al na di end toe gaan; mar myn hoof was oek te naar en ek was te ongerus om feul te forder.
Ek was al naderhand in di nood dat hulle so lank slaap. Ek denk di bedwelmende lug en langdurige spanning was di oorsaak daarfan.
Dit was al donker toen hulle een fer een begin wakker te worde. Hulle foel toen almal wat beter, hoewel Neef Gideon nog tamelik hoofpyn had en Neef Hendrik oek effentjiis, mar Henni was weer heeltemal reg. Hulle het dan toen oek feul lekker-