Di koningin fan Skeba, of Salomo syn oue goudfelde in Sambesia
(1998)–S.J. du Toit– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 87]
| |
XVII. Di koningin en Lalia.Hanes haar kragtige karakter word openbaar onder Teenspoed. - Haar planne tot Ferydeling fan di Samespannings. - Geopenbaar eers an Elihoref, toen an Lalia, en toen an Numa. - 'n Getroue Hofdame wat gen Fader of Minnaar ontsiin. - 'n Someraand in di Lustuin. - 'n Liid op di Aand- en Morgester. - ‘Morge myn Bruidegom of 'n Kind des Doods.’ - 'n Naggesprek afgeluister. DAT ek di nag ni kon slaap ni spreek fan self. Di akelikste gedagtes deurkruis myn gees. Naderhand het ek dit opgege om te slaap en fer aflyding het ek mar weer begin di rol te fertaal, wat ek nou hiir laat folg, same met wat ek di forige dag fertaal het: - Di koningin haar palys is bo op di fersterkte kop, ferbinde met 'n onderaardse gang an di tempel en winkels fan di goudsmids onder in di laagte. Fan di gang, waarin enige ferborge kamers met wapens en skatte is, en waarin di goud b waar word, weet net di koningin en haar raad en di priisters, en di hogepriister had di bewaking en opsig daaro'er. En an di westekant an di foet fan di kop had di koningin haar lustuine, met terrasse teen di stylte angeleg, en met 'n sterke muur ingesluit. Daarheen gaan sy somtyds in di someraande 'n uitstappi maak met haar hof, en enige genodigde gaste. Nadat di Koningin en Elihoref nadere bisonderhede gehoor het fan di gehyme samespannings teen hulle hou hulle twe weer raad om te siin wat hulle moet doen en hoe om hulle planne agter makaar te set. Elihoref sê toen an haar, di ferraad is so diip en so feelsydig an alle kante, dat hy gen kans siin hoe hulle di ryk kan staande hou ni. Syn foorstel is dus een fan twe; òf hulle twé moet in naam 'n rys foorbery om al di myne te gaan besoek en dan te ontflug na Egipte toe; òf hy alleen moet mar ontflug, daar hy tog mar di grootste struikelblok is, en di grootste oorsaak fan di ontefredenhyd. Mar Hanes sê: ‘Né, flug as lafaards kan ons ni. Di bloed fan di Farao's is in myn are. Dan sterf ek liwers in di stryd met eer as in Mitsra'im [Egipte] an te kom as flugteling. En jou te laat ontflug en alleen agter te bly, dan is di lewe my oek niks meer wêrd ni. Né, laat ons moed en belyd paar, daar is nog baing hulpmiddels en werkkragte wat ons kan gebruik. Bowediin moet ek jou medeel dat ek moeder sal worde en fer di frug fan ons liifde moet ons di troon bewaar.’ ‘Mar dan moet ons gen dag ferliis ni, want di fuur fan ferraad en opstand smeul an alle kante en kan enige dag los breek. Sê mar wat moet gedoen worde, en ek is klaar’. ‘Wel,’ sê di Koningin, ‘di eerste moet ons 'n gesant stuur na di profeet in di Matopaberge om hom te raadpleeg. Nou is di fraag, wi sal gaan?’ Daarop sê Elihoref: ‘Daar is nimand beter ni as Numa. Mar ek het nog ni met hom o'ereengekom ni, want dis gefaarlik om somar te praat. Lanksamerhand moet ek hom pols’ ‘Né’ sê Hanes, ‘ek sal fannaand 'n uitstappi na myn luistuine maak, dit sal 'n mooie aand wees, en dan sal ons fer Numa oek nooi, en ek sal deur myn hofdame Lalia fer hom laat pols; fer haar kan ek folkome fertrou’. En so besluit hulle toen. ‘Ferder’, sê sy, ‘moet 'n fertroubare gesant na Ofir [Sofala] gestuur worde. en di moet daar bly of 'n fertroude persoon daar anstel om goed af te kyk as di follende Arabise gesantskap kom of hulle wapens di land in mebreng, en fer ons dan met snelle lopers fooruit laat weet, dat ons hulle onderweg kan laat o'erfal. En in elke gefal moet Numa myn lyfwag fersterk en ons moet meer wapens kry en di wapensaal in ons mag kry. En fan dit alles kan ek in myn raad ni gewag maak ni, want myn grootste fyande sit juis daar. Dus moet ons dit in di stilte doen.’ ‘Dit is juis myn moeielikhyd,’ sê Elihoref. ‘Nogtans sal ek myn bes doen en fannaand kan ons dan ferder praat.’
* * *
Daarop laat di Koningin haar getroue hofdame Lalia by haar alleen kom in haar kamer en sê fer haar: ‘Lalia, jy was my altyd getrou. Sal jy my ferder oek getrou bly?’ ‘Ja, Koningin fan di hemel, skoonste ster, dogter fan di son, solank daar nog 'n hart in my klop sal myn laaste wens en strewe wees uw geluk’. ‘As ek jou nou 'n gehym toefertrou sal jy dit fer jou bewaar, en an nimand openbaar ni as net an wi ek sê en fer wat ek dit nodig het?’ ‘Wat uw mond sê is myn wet; uw gehym sal in | |
[pagina 88]
| |
myn hart begrawe wees. Gen pyl of dolk sal uw hart hart tref ni as eers deur myne heen.’ Daarep deel di Koningin haar di drifoudige sameswering me, en sodra Lalia hoor dat haar minnaar Numa oek 'n sameswering het same met di jonge adel ontken sy dit eers ten furigste. En toen di Koningin haar ferseker dat dit so is sê sy: ‘Dan wil myn oog hom ni weer siin ni, en myn mond ni meer met hom praat ni, en myn hart hom haat in plaas fan bemin. Laat hy morge gedood worde as hy 'n fyand fan myn Koningin is.’ ...... ‘Né,’ sê di Koningin, ‘juis daarin moet jy my help, al moet jy jou self ferlogen. Kyk, ek wil deur jou met hom 'n o'ereenkoms maak. Hy moet myn lyfwag fersterk om my te help teen Matipa en Abdemon, en na myn dood word hy dan koning en jy koningin. Mar een foorwaarde: ek sal moeder worde en 'n Koningin fan Skeba mag gen moeder wees ni. Nou trou jy so gou as molik met Numa, en myn kind neem jy an as jou kind en troonopfolger. Nou fannaand het ek 'n uitstappi na di lustuine en ek het hom oek laat nooi, dan moet jy fer hom dit in gehym foorstel. Mar of hy dit anneem of ni, hy mag met nimand daaro'er praat ni. Neem hy dit an, dan sal ek self met hom ferder afspreek en syn eerste werk sal wees om di profeet an di Matopasberge te gaan raadpleeg. En neem hy dit ni an ni, dan moet hy nog fannag gedood worde foor hy ons ferraai. Daarop steek di Koningin haar hand uit, Lalia neem dit en soen dit met 'n eerbidige buiging wat instemming en gehoorsamhyd beteken. * * * Dit was 'n pragtige someraand toen hulle in di lustuine omwandel in di koele lug en hiir en daar op di banke sit. Di aandster skitter lustig en frolik an di weste, waar di laaste strale fan di dag kort te fore ferdwyn is, en op ferlange fan di koningin sing Lliaa eers di follende liid op haar siter: - Liid an di morre- en aandster.Ga naar voetnoot*
Di Son is mooi by dag, met skitterende prag;
Di Maan is liif by nag, met glanse wit en sag.
En an di hemelboog blink menig ster so hoog
Waar ek myn starend oog mar opwaarts heffe moog.
Mar, liwe Awondster,
So na en tog so fêr,
Ek min jou meer en meer
Bo al di hemelheer.
As skaars 'n sonnestraal nog in di weste dwaal,
As nag en donker daal en dek ons allemaal,
As wolf en leeu en tiir, en elk ferskeurend diir,
Deur bos en dal gaan swiir en rooflus bot gaan fiir,
Dan, liwe Awondster,
Blink jy so liif fan fêr,
En wek in myn gemoed
'n Sagte minuegloed.
En as di Dagbreek gloor, di sterreglans fersmoor,
Gaan jy di dag weer foor, en wys di son syn spoor;
As dan di dag ferskyn, di sterre laat verdwyn,
Dan blink jy o so ryn met strale sag en fyn;
Dan, liwe Morgester,
Lag jy ons toe fan fêr,
Roep jy ons uit di rus
Tot nuwe lewenslus.
So wenk di soete Min ons oek di lewe in;
Dit sterk ons hart en sin di lewe te begin.
En as ons awond daal, met menig pyn en kwaal,
Werp Min nog menigmaal 'n frindelike straal.
Dus Aand- en Morgester,
Bestraal my steeds fan fer;
Wees my 'n Minnebeeld,
Wat hart en sinne streelt.
Daarna ferdeel di geselskap en gaan hiir en daar omwandel en sit te praat, en nou neem Lalia haar kan waar om met Numa te praat. Sodra hy wou begin met syn fryery sê sy: ‘Ne, foor jou arm my weer omhels, of foor jou mond weer myn lippe kus, moet ons eers fannaand iits tussen ons uitmaak. En fannaand sal moet beslis of ons fer eeuig an makaar sal behoor of fer eeuig sal gesky wees.’ Terwyl Numa fan ferbasing ui weet wat om te sê ni, ferfolg sy: ‘Jy is in gehyme sameswering teen myn Koningin, en eer jou dolk haar hart tref sal jy eers myn hart moet deurboor’. Fan skrik en ontsteltenis wou hy dit eers ontken, mar sy sê: ‘Stop, né, ferswaar jou skuld ni nog meer ni!... Ek wou dadelik alle gemeenskap met jou breek, en ek het haar gesmeek om jou dadelik te laat onthoof. Mar onse Koningin is sag as di maan en kragtig soos di son. Sy sê: Né, daar | |
[pagina 89]
| |
is andere ferraaiers wat samesweer met Fenisi'ers en Arabire, namelik jou fader Matipa met di Arabire en Abdemon met di Fenisi'ers, en dan is jou eersug nog edeler as di fan hulle. As di land ni onder di opperheerskappy fan Mitsra'im [Egipte] kan bly ni, dan geheel fry en onafhankelik. En daarom is sy beryd met jou 'n ferbintenis in te gaan, dat jy na haar dood sal Koning worde, mar dan moet jy haar nou bystaan. Jy moet haar lyfwag fersterk en haar beskerm en al haar planne help uitfoer; en nou moet jy fer di eerste al na di profeet an di Matopoberge gaan om syn raad te fra’.... Hiir wou hy haar in di rede fal, mar sy sê: ‘Né wag, jy moet eers alles hoor, en morge is jy myn bruidegom of 'n kind des doods. Hoor ferder, di koningin wil hê, as jy di foorstel anneem, dan moet ons twé so gou as molik is trou; di koningen sal moeder worde, en di kind moet ons anneem as ons syne en as troonopfolger na ons. Wat is nou jou beslissing?’ ‘Ek neem dit an,’ was syn korte en besliste antwoord. ‘Dan ferwag di Koningin jou morge an di palys,’ sê Lalia. ‘Mar ek het oek 'n foorwaarde,’ sê Numa: ‘di koningin moet my haar halsband met segel megé na di profeet en ek sal dit fer jou in pand hou as bewys fan haar goeie trou.’ Daarop ge di twe makaar 'n hartelike soen. Mar in hulle drukke gesprek het hulle ni opgelet dat bo in di boom waaronder hulle sit praat het, imand fer hulle afgeluister het ni. Ek het in di tent langs di wa sit fertaal. Toen ek so fêr was kyk ek uit en dis al skemerdag, terwyl di dagster frolik fonkel foor di dag uit. Ek kon ni help om te sug dat di dag gelukkiger mag yndig as dit begin ni. Ek maak fer Klaas wakker om koffi te maak en intussen maak ek fer my klaar en neem kêrse me om weer onder di berg te gaan ferneem of ek niks fan ous frinde kan gewaar ni. Klaas moes ek by di wa laat, want mog een fan di Boesmans los kom en di ander oek los maak, dan kon hulle baing kwaad doen. So moes ek mar alleen gaan. Ek gaan eers weer by di klipdeur waaronder di ou Boesmanmyd ferpletter leg, en stamp teen di klip leur en skré, mar ek hoor niks. Daarop gaan ek toen in di grafkelders rond, in di gedagte dat di skatkamers waarin hulle nou toe is altemit ergens met di grafkelders kan ferbinde wees. Eers daal ek af met di gang na di onderste fertrek en stamp en skrè daar, mar gen stem of antwoord ni. Toen gaan ek op met di gang na bo, en besoek al di grafkelders, een fer een, en bekyk alles noukeurig, of daar gen sy-gange is ni, en stamp en skré orals, mar net di akelige weerklank fan myn yge stem deur di gewelwe fan di dood, dis al wat ek ferneem. Yndelik kom ek tot in di bo'enste kelder, waar di Koningin fan Skeba gebalsem in haar stene kis leg, waarfan ons di deksel afgehaal en waar ons di perkament rolle gekry het, mar nog gen spoor fan ons frinde ni. Ek was nou al dood moeg, en myn hoop en moed was nou ferlore. Daar gaan ek sit en ek wou oek al amper di dode gelukkig ag bo di lewende. Wat 'n sombere gewaarwording om daar so allenig te sit tussen di dode wat daar al duisende jare di doodslaap slaap!...Maar ek onderneem dit ni om di gewaarwordings te beskrywe ni. Yndelik gaan ek terug, wanhopig. En tog was dit of imand fer my sê, ek moet weer by di klipdeur gaan hoor. Ek gaan daarheen en stamp en skré, en ja, ek hoor hulle oek stamp en skré binnekant...Myn hart jubel fan freugde. Mar hoe hulle nou uitgekry?... |
|