niks meer kry ni as net di bene en di kloue; want di laaste ene slag hulle fannaand en fannag hou hulle di hele nag dansparty om di fuur.’
Daarop fertel hy ons hoe di Boesmans maak as hulle fé gesteel het: ‘Dan skiit en slag hulle almal gelyk en di aand maak hulle 'n grote fuur, en trek dri sirkels om di fuur. In di binneste sirkel braai en eet hulle; in di twede sirkel dans hulle; en in di buitenste sirkel maak hulle fer hulle leeg, en dan kom hulle mar weer begin in di binneste sirkel. Dan slaap hulle di follende dag di hele dag, en di aand begin hulle weer. So gaan hulle an tot di flys op is. In 8 dage tyd eet 'n Boesman hom so fet dat hy blink, en dan slaap hy tot hy faal is fan di honger; dan bind hy syn pens in en gaan weer op roof uit. Morre kan jy reken lê hulle almal 'n slaap di hele dag.’
Tot befestiging fan wat Henni fertel deel ek toen an hulle enige staaltjiis mé fan wat ek oek gehoor het, feral hoe hulle kan eet. Een fan di Transfaalse jagters het my fertel dat di ‘Faalpens Kaffers,’ of Boesman Kaffers altyd met hulle megaan op di skiittogte om di wild an te keer en di flees en felle te dra; hulle enigste beloning is dat hulle fan di flees kan eet sofeul as hulle wil. Mar di eerste dag skiit hulle niks as net enige kwaggas. Nouwel, ons mense eet gen kwaggas ni, want dis mos wilde pêrde en hulle flees stink. Mar di Faalpense het di hele nag deur ge'eet, want hulle was uitgehonger.
Di follende oggend toen hulle moes inspan kom di Boesmans een fan di felle fra. En toen gefraag word wat hulle daarmé wil maak, sê hulle een fan hulle maters is siik, hulle wil fer hom dokter. Toen gaan di jagters kyk, en ja, een fan di Boesmans lê 'n steun en rol fan benoudhyd, tot barstens toe opgeswel, nes 'n pêrd wat opblaas fan miliis. Di Boesmans fat toen di fel en sny dit al in di rond een riim fan omtrent 'n hand breed. En toen begin hulle bo onder di arms en woel dit so styf as molik is om di siik Boesman syn buik tot by syn heupe, en toen maak hulle dit fas, dat hy ni kan bars ni.
Dit was di hele doktery. Daarop laat hulle net 'n bakki water by hom staan en hulle ry weg. En di aand by di uitspanning was di sike Faalpens weer by, fris en gesond, en hy eet weer fluks op.
‘Nou ja, en dan sê party mense nog dat Boesmans oek mense is,’ laat Henni daarop folg; ‘ek glo dit ni. Hulle is mar 'n soort fan gediirte.’
Ek fra hom toen: ‘Henni, maak 'n Boesman fuur? En hou 'n Boesman honde by hom?’ - ‘Ja’ sê hy. - ‘Wel, dan is hulle mense, want kyk watter dire maak dan fuur en hou dan honde by hulle?’ - was myn antwoord.
‘Nouwel, of hulle dire of mense is, dit traak my ni, mar morre as hulle nog slaap is ek op hulle lyf, en ek sal hulle skiit dat hulle so waai,’ - sê Henni.
‘Ja, as hulle jou ni sal skiit met di gifpyle ni’ - merk Neef Hendrik an.
‘Mar kom laat ons hoor wat di ou rol fertel, want ek wil gaan slaap, ons moet froeg opstaan om di frotsige goed by te draf,’ - sê Henni.
‘Ja, Henni, altemit sal di lees ons nog fertroos, want ons sal siin dat di ouspan oek mar net swaar gekry het en oek mar in di dikkedensi was nes ons nou is’ - sê ek en begin te lees: -
‘By di eerste fergadering wat di Koningin had met haar Raad na di Son-fees - want foor di tyd was elke andag net gefestig op di foorberyding fer di fees - bemerk sy al dat daar onenighyd and' broei was. Di hogepriister was di eerste raadsman, of onderkoning en hy toon teenstand teen alles wat di Koningin foorstel. En feral haar foorstel om Elihoref een fan haar raadsmanne te maak het hy sterk tengestaan omdat, di freemde infloede al te sterk worde in di landsbestuur. Mar di Koningin het al dadelik getoon dat sy 'n frou is fan 'n faste wil en goeie deursig en teeno'er Matipa syn teenstand foer sy tog al haar wense uit.
Enige weke daarna kom daar 'n Arabise Karafaan of handelsgeselskap an fan Ofir [Sofala]. Di handel fan di land werd gedrywe langs twe wege, o'er land na Mitsra'im [Egipte], met kamêle, meesal deur Egiptenare, mar meer nog met skippe o'er sé tot an Ofir [Sofala], want dit was di naaste sé-hawe en dan fandaar ferder o'er land met Karafane; so het di Fenisi'ers en Arabire meesal goud en andere goed kom ruil fer hulle koopware. Met di Karafane kom gewoonlik oek koninklike gesante met koninklike persente en boodskappe same.
Met di Karafaan same kom Soliman, een fan di raadsmanne fan di koning fan Arabi'e met 'n persent en met 'n gehyme sending. Matipa, di hogepriister, was oek fan Arabise afkoms, en so het Soliman eers syn sending met hom bespreek. Di foorstel fan di koning fan Arabi'e was om 'n bondgenootskap met di Koningin fan Skeba an te gaan, daar di Arabire tog di grootste handel met di land drywe, en dan kon di Koningin sig los maak fan Mitsra'im [Egipte]; en kan sy selfstandig regeer, en hoef sy ni ferder jaarlikse skatting an Mitsra'im [Egipte] te betaal ni. En as daardeur 'n oorlog mog ontstaan sou di koning fan Arabi'e fer di Koningin fan Skeba help. Daartoe sou hy sorre dat hy 'n leger op di kus het by Ofir [Sofala], waar reeds 'n Arabise Koloni is. Mar di bedoeling was yndlik om di ryk onder Arabi'e te breng.