Daarop neem hy 'n lam en steek dit op 'n grote dritandige furk met 'n lange steel en steek dit eers drimaal op in di lug en goi di lam dan in di fuur, met di follende woorde: -
Fontyn fan alle léwe! ontfang di eersteling!
Laat ons lammers huppel in di gras!
Laat ons kalwers drink uit folle uiers!
Terwyl hy di lam in di fuur goi roep di folk weer ‘Amen!’
Nou neem hy 'n seuntji fan 3 maande oud en steek di in diselfde spit en steek dit oek eers drimaal op in di lug en goi dit dan in di fuur met di follende woorde:
Fader fan alle mense! ontfang di eersteling!
'n Offerlam, ryn en teer, uit edelste liifde geteel.
Laat suigelinge speul an moedersbors!
En terwyl hy di kindji in di fuur goi roep di menigte: ‘Amen!’
Daarmé was di diins fan di morge afgeloop, en gaan di menigte sig nou fermaak met dans en feesmale en spele tot di aand sononder.
Mar di Koningin Hanes was stil en neerslagtig di hele dag, want een fan haar fertroude maagde, wat met haar same gekom het, het fer haar opmerksaam gemaak dat di hogepriister gen melding fan haar gemaak het soos gewoonlik ni, en dat hy di freemde, ongewone toespeling gemaak het op ‘'n storm wat fêr in di weste ontwaak.’ Sy had al iits freemds gemerk in di houding fan di hogepriister teeno'er haar, mar sy het ni geweet wat dit was ni.
Mar di regte fees was eers di aand en di word fernamelik bo op di kop gefiir, mar oek onder by di tempel. By alby plekke word 'n grote fuur gemaak, onder op 'n grote platte klip an di westekant fan di tempel, en bo net onder tussen di twé kranse waarop di tempel en di palys staan.
Net foor sonsondergang word onder bij di tempel 'n bul gewy an di ondergaande son en dan dood gesteek en geoffer in di grote fuur, terwyl sekere déle daarfan gebraai en deur di priisteresse opge'eet word, onder 'n menigte seremoniis. Nou kom een fan di priisteresse foorwaarts, gekleed in wit soos 'n bruid en omkrans met blomme. Sy neem di gebraaide stukke fan di hogepriister, eet self 'n sekere deel en deel di orige uit onder di andere priisteresse, wat nou di follende liid sing ter ere fan di ondergaande son: -
Koning fan di Hemele! Beheerser fan di Dag!
Middelpunt fan di Lig! Bron fan di Léwe!
Ontfang di hulde fan jou kinders,
Muggiis en stoffiis wat in jou glans sig baai.
Laat ons ni in di duisternis ferkwyn ni.
Stuur di Koningin fan di Nag om ons te ferbly.
Omhels haar foor jou fertrek;
Kus haar foor jy heengaan;
Laat 'n nuwe blos haar gelaat ferhelder;
Laat farse lewenslus uit haar oge straal;
Laat haar liifde wek onder di mense;
Laat jou gloed deur haar op ons afstraal.
En ferrys dageliks in ferhoogde glans en gloed.
Terwyl di son ondergaan anbid di hogepriister en di ganse menigte, gekniild en met di hande ten hemel uitgebryd, di euwige Godhyd, wat woon in di Sirkel fan di lig.
Nadat di sonnestrale weg is fan di toppe fan di berge breng di priisters nou 'n koei, wat opgemaak en fersiir is, en onder gejuig word 'n jonge maagd wat oek fersiir is as koningin fan di fees, op haar geplaas, en nou begin di optog onder fan di tempel na di palys en tempel bo op di kop. Di hogepriister gaan voorop, dan folg di priisters met di koei en di bruid fan di fees, dan di priisteresse en dan di menigte, onder feessange en loflidere.
As hulle bo kom word dit al skemeraand, en di twe grote fure werp al 'n rooie lig op di koppe rondom. Intussen staan 'n priisterwag op di uitkyk en sodra hulle di nuwe maan siin blaas hulle op di trompette en 'n gejuig gaan op fan di menigte, waarfan di berge en dale weerklink. Intussen word di koei gewy an di Maan, geslag, geoffer, en sekere déle daarfan gebraai en opge'eet deur di priisters. Terwyl di offerande geskiid sing 'n koor fan priisters, staande op 'n ferhéwe platform ten weste fan di tempel, bo op di kop di follende lofliid ter ére fan di Maan: -
Koningin fan di Nag! Diamant onder di sterre!
Hoe sag blink jou glans, hoe liiflik jou lig!
Drink, drink liifde en léwe uit di eeuige bron!
Straal liifde af op ons, stort liifde uit in ons hart.
Lig en Liifde, tweling susters!
Lig geef blydskap, Liifde teel geluk.