Di koningin fan Skeba, of Salomo syn oue goudfelde in Sambesia
(1998)–S.J. du Toit– Auteursrechtelijk beschermdXIII. Ankoms in Skeba.Ankoms an Gwelo. - Beskrywing fan di Maniir fan Goudgrawe en bewerk in di oue Tyd. - Ankoms an Simbabwe. - Beskrywing fan di Hof. TOEN ons in di ryk fan Skeba kom ontmoet ons 'n Gesantskap fan di hoofstad Simbao [Simbabwe?], by di rifiir Guela [Gwelo?], waar een fan di goudmyne was. Di gesantskap het bestaan uit Sulemo en Dalma, twe fan di raadshere fan di Koningin, met hulle gefolg. Hulle kom, same met di opsiners fan di myne di Koningin in gemoet om haar te begroet en te berig dat dit frede en foorspoed is in haar hele ryk. Daar was 'n festing op 'n kop 'n end an di oostekant fan di rifiir, soos by al di myne. Daarin was di ferblyf fan di opsiners en daarin werd di goud bewaar totdat dit opgestuur word na Simbao [Simbawe?]. En daarby was 'n wag fan 50 krygsmanne en 'n tronk waarin misdadigers opgesluit worde. In di festing was fertrekke gereed gemaak fer di ontfangs fan di Koningin en haar geselskap, waar sy enige dage o'erbly om uit te rus en di toestand fan haar ryk uit te hoor en di myne te besiin. In di tyd het Elihoref met een fan di opsiners di myne in di omtrek besiin en ondersoek.
Di fernaamste myne leg an di westekant fan di rifiir, sommige flak by, sommige enige myle fan di rifiir af. By elke myn is 'n opsiner met 'n wag en 'n party slawe as mynwerkers. Di maniir waarop hulle di kwarts uithaal is deur fuur daarop te maak en dit warm te maak, en dan koue water daarop te goi, dan bars di harde kwarts uit makaar. Daarna word di kwarts bo in klynere stukke geslaan en alle stukke waar sigbare goud in is uitgesoek en di andere weggegoi. Di uitgesoekte goudkwarts word dan op kamele en andere lasdire na di rifiir toe gebreng. Daar is weer andere opsiners met wagte en slawe om di kwarts te fermaal en te was. Di slawe sit almal langs di rifiir, elkeen met 'n ronde klip in di hand om di kwarts daarmé fyn te maal in holtes in di klippe. En dan is daar weer dipere gate waarin di kwarts fyner gestamp worde met yster stampers. Di laaste gate is in rye, en di kwaad gedoen het sit met hulle bene an makaar gebinde in twe rye om di kwarts fyn te stamp. Sodra di kwarts fyn is gaan dit weer na andere slawe wat [...]rde bakke het waarin hulle di andere stoffe uitwas sodat net di goud agter bly. En di ruwe goud word dan na Simbao [Simbabwe] gestuur om daar gesmelt en gelouter en bewerk te worde. Fan di myne an Guela [Gwelo] alleen gaan jaarliks omtrent fyftig talente goud op, bewerk deur duisende slawe onder honderde wagters en opsiners. Mar di ferdere terugrys werd ferhaas, want di Sonfees was anstaande, en dan wou di Koningin te huis wees om daaran deel te neem. Daartoe was oek farse | |
[pagina 76]
| |
lasdire in gemoet gestuur hiir na di rifiir Guela dat sy gouer kon kom. Di stad Simbao leg tussen twe koppe, en di Koningin haar palys leg op di noordelike kop, wat geheel fersterk is rondom, en langes haar palys is 'n tempel fan Astarte [Fenus of di Maan]. En onder in di laagte is 'n grote ronde bouwerk, met twe ingange. Di noordelike ingang, met 'n afgesluite gang tot an di grote toren, is fer di priisterdiins; en di ingang fan di weste, met di orige deel fan di gebouw, wat weer in ferskillende dele afgedeel is, is fer di goudsmits, om di goud te louter en te bewerk. En by alle ingange buite en binne is wag huise met wagte. Mar dan het di tempel oek nog 'n ferborge uitgang onder di grond, met onderaardse fertrekke, wat met 'n onderaardse gang ferbinde is met di palys op di kop, mar wat net an di priisters en priisteresse en an di raadshere fan di Koningin bekend is. Di oostelike helfte van di buitemuur fan di tempel is bolangs fersiir, en wel sodanig dat di opgaande son met di somer-sonstilstand net di hele fersiirde deel beskyn. En sofêr as di fersiirde deel strek staan bo op di muur regopstaande stene pilare, waarfan di skadu by sonsopgang net op 'n altaar binne di ono'erdekte tempel fal, di een na di ander, nadat di son draai in somer en winter, en daardeur di hele jaar bepaal word. En as di son op di fêrste na di noorde is, en net weer wil terugkeer, dan word di Sonnefees gefiir. Toen di Koningin nog dri dage fan Simbao af wa kom daar 'n nog grotere gesantskap haar in gemoet (want boodskaplopers het altyd fooruit di berigte gebreng waar sy and' kom is), bestaande uit nog enige fan haar raadsmanne en 'n trop slawe om haar ferder te dra op 'n maklike draagbed, en met haar pragtige feldtent om in te loseer. Toen sy naby di stad was kom haar stoet fan maagde en di priisteresse fan AstarteGa naar voetnoot* haar in gemoet party met blomkranse en party met ferse frugte en andere ferfersinge. Di Koningin haar palys is ni so groot as di fan Salomo, mar kosbaarder fersiir. Di mure en deure en fensters is alles fersiir met goue platjiis en goue spykertjiis fan di fynste kunswerk, ferder is dit uitgeleg met ifoor en diamante en kosbare stene. Di floer fan di palys en fan di tempels is fan fermaalde graniit, mar so fas gesmelt en so glad gepoleer, dat 'n mens jou daarin kan spigel nes in glas. Haar troon is geheel fan ifoor, kunstig bewerk, en fersiir met goud en edelgesteentes. Net ag dage na di ankoms fan di koningin was di jaarlikse fees fan di son en fan Astarte. Hiir hou ek op met lees. Ek had di dag wat hoofpyn en kon ni so flug fertaal ni. Henni was ontefrede; hy wou nou eers reg lekker hoor. Mar Neef Gideon maak hom dadelik duidelik dat dit beter is, want o'er di deel fan di rol het ons des te meer te gesels, omdat dit nou handel o'er di oue myne en boufalle wat ons self gesiin het. En di diskoers het oek di hele aand geduur. Ons find dat di beskrywing in alle dele o'ereenkom met ons yge waarnemings. Ons het self houtskool nog onder in di myne gesiin. Ons het self nog di hope weggegoide kwarts, wat gen sigbaar goud in is ni, siin lê by di oue myne. Ons het self di ronde holtes in di klippe langs di Gwelo en op andere plekke gesiin en di ronde klippe daarby waarmé hulle di kwarts fermaal het. Ons het self di goue spykertjiis en platjiis gesiin wat hulle kry oral waar hulle di grond was rondom Simbabwe. Daar was dus fer ons stof genoeg om o'er te gesels di aand. |
|