ryp is, is hiir 12 tot 13 duim lank en so dik as di foorarm fan 'n gewone man.’
‘Tussen Mtarega en Ulegga was ons ferbaas o'er di ontsaggelike streek fan wilde pisang bosse, party waarfan 18 duim dik is in deursny 2 foet bo di grond. Di blare spry sig uit bo by di top soos 'n natuurlike blomruiker, elkeen 2 foet breed en 10 foet lank, met di pragtige trosse pisangs in di middel. Dit lyk of di hoogte fan di wilde pisangbome gen perke het ni.’
‘Mar hoor dit moet 'n mooi land wees,’ sê Henni, en hy was oek somar kant en klaar om morge 'n dag di wa in te span en na di plek toe te ry en fer hom daar 'n mooie plaas te gaan neem. ‘Mar waarom is daar op di plek dan 'n eeuige lente en groei di frugte daar somar wild en so gyl?’ fraag hy.
‘Wel, Henni, dis moeielik om fer jou alles uit te lê; mar sofêr as jy dit ferstaan sal ek dit ferklaar. Kyk, di Maanberge lê flak onder di sonlyn. Nou moes dit daar baing warm en dor en droog wees. Mar dis net omgekeerd. Dis 'n hoogland. Di Mére selfs an di foet fan di berg is ruim 2,300 foet bo di sé, en dan ferhef di berge sig nog 14,000 of 15,000 foet hoger. Di toppe fan di berge is dan oek altyd deur fol sneeu en bedek met wolke. Dis mar heel selde dat 'n mens di toppe fan di berge kan siin. Na mate 'n mens dus hoger gaan, word dit kouer, en na mate jy lager afkom word dit warmer. So kan jy nou net in di middel 'n plek uitsoek wat di lug altyd gematig en sag is ni te koud ni en ni te warm ni. En di berg-klowe en bulte is dan oek bewoon en beplant en begroei tot 'n hoogte fan 8000 foet.
Dan reen dit onder di sonlyn gewoonlik meer, omdat daar 'n sterkere uitdamping fan water is. So reen dit dan oek hiir op plekke amper al dag, sodat di Maanberge so fogtig is fan di altyddurende sneeu en gedurige reens, dat an di hange fan di berg oralfontyne uitbreek en in strome afloop. So word hiir di grote Mére geform: Victoria Niansa, Tanganjika, Albert, Albert Niansa, Ibrahim, ens. wat nog meer fogtighyd an di lug gé. Daarom ontspring uit di hoogland oek di 4 rifire wat Moses beskrywe, soos ons froeger gesiin het; en dis di enigste hoogland op di wêreld waaruit sulke 4 rifire ontspring. Hiir is dus 'n landstreek waar jy alle grade fan warmte het na ferkising en alle grade fan fogtigheid of droogte; en daarom groei hiir oek allerhande soorte fan frugte.’
‘Dis daarom snaaks dat di land later weer so onbekend geworde het,’ - werk Neef Hendrik an.
Ek wys hulle toen daarop dat dit ni so erg freemd is ni, as 'n mens denk hoe di mensdom met di Nyl afgesak het na Egipte toe en fandaar ferspry is. Ek gé hulle toen di korte inhoud fan di boek fan Adams, The Drama of Empire, waarin hy duidelik antoon hoe hiir di wiig fan di mensdom was en hoe hulle fan hiir ferspry is o'er di aarde na di Sondefloed. Ferder wys ek hulle hoe Stanley, wat nou weer di streek besoek het, in syn boek duidelik antoon uit oue kaarte en gedenkskrifte hoe di bekendhyd met di landstreek langsamerhand ferlore geraak het. Hy begin fan Homerus syn tyd af, en gé dan kaarte fan Hekateus (500 jaar foor Gristus), fan Hippargus (100 jaar f.G.), fan Ptolemeus (150 jaar f.G.), fan Edrisi (1154 na Gristus), fan Margarita Filosofika (1508 jaar n.G.), fan Ruysch (1508 jaar n.G.), fan Silfanus (1511 jaar n.G.), fan Hieronimus de Verrazano (1529), Sebastian Cabot (16de eeu), ens., en di almal het di Maanberge met di mére as di oorspronge fan di Nyl en andere rifire daarop gemerk. Wonderlik juis in en na di 17de eeu toen di westerse wetenskap begin op te kom is di oue aardrykskunde fan Afrika ferlore geraak.
En net so met di oue skrywers. Hy haal 'n menigte oue skrywers an, feral Egiptise en Arabise, wat ferhaal dat di Paradys hiir was en di 4 rifire hiir in di hoogland ontspring, waarfan di Nyl nog di naam fan Gihon het in Etiopiis. Mar dis natuurlik te lank om al di uittreksels te gé. Di leser kan self di boeke wat ons angehaal het kry en nalees. Ons gé nog net 'n paar uittreksels wat ons di aand foorgelees het.
Di follende beskrywing (Stanley II, bl. 157) kom na o'ereen met di fan Elihoref as di plek waar di paradys was: -
‘In 'n kom, ingesluit deur ruwe rotse, het ek 'n gelyke bergflakte gesiin fan anderhalwe myl lank en 'n myl breed en grasgroen soos 'n werf (tennis lawn). Rondom an di foet fan di flakte loop 'n heldere stroompi water, deur 'n digte ry bome, di toppe waarfan net gelyk kom met di bergflakte. Dis di mooiste plek ver 'n blanke koloni wat ek in lange tyd gesiin het. Di hoogte was 5,500 foet bo di sé. Fan di top fan di rotse wat dit omsingel is 'n pragtige uitsig o'er 3,000 fiirkante myle fan een fan di pragtigste lande op di wêreld. Pisga, 60 myle in di weste, beheers al di heuwels en rante in di rigting fan di grote houtbosse; Ruwensori (di toppe fan di Maanberge), 18,000 tot 19,000 foet hoog, wit fan di eeuige sneeu, 80 myle ferwyder, sluit di gesig af ten suide; an di ooste het 'n mens 'n ferre uitsig o'er di land fan Unjoro; en noordoos leg di lengte fan di meer Albert Niansa.’
Wat Stanley gefoel het toen hy daar-di belangrike landstreek besoek het, beskrywe hy ons aldus (bladsy 246): -
‘Helaas! Helaas! Met di grootse bergketen binnen 'n klipgoi fan ons kamp af - nog ni eens op myn kaart afgemerk ni; - met di andere meer waarfan ons Muma Kaptyn, Kaibaga, fer ons so baing fertel het, nog ni ontdek ni; - di Semliki flakte, met syn skatte fan houtbosse en ryke foortbrengsels nog ni ondersoek ni; en di Semliki-rifiir, wat di bo'enste met di onderste meer ferbinde nog ni nagespoor ni. Om te hoor fan