te kry, en dit was toen oek al te laat om nog ferdere ondersoekings te doen.
Toen hulle nog 'n end fan di wa af ankom - dit was 'n warme dag, en ek sit onder 'n doringboom en skrywe - toen skré Henni al fer my: ‘Ek het mos gesê, ek sal di Boesmans nou laat werk dat dit help. Di gat is nou ope. Nou kan julle weer soos dassiis in di gate gaan kruip.’
Fer di fylighyd het ons di Boesmans eers laat eet en toen weer fas gemaak, hoewel hulle baing soebat en mooie beloftes maak. Toen ons oek 'n stukki ge'eet het begin di geselsery weer by di fuur. Di grote fraag was of ons nou mar di Boesmans sou laat gaan. en tefrede wees om net di grafkelders waar ons reeds in was en wat nou weer ope is te ondersoek, dan of ons eers sou perbeer om di andere klipdeur oek weg te kry.
Sofeul was seker dat di klipdeur te swaar was om dit so weg te kry. En gaan ons weer dit met 'n grote skot dinamiit laat weg spring, dan loop ons gefaar ni alleen dat di gat toefal ni, mar di ander-een oek wat ons nou weer ope gesukkel het; want di twe ingange is naby makaar.
Yndelik was ons besluit om nou eers di grafkelders wat ons nou weer ope het noukeurig te ondersoek, en dan met dinamiit te perbeer om di ander gat oek ope te kry. Di Boesmans sou ons intussen mar laat loop; want dis te gefaarlik om fer hulle te hou.
Na di bespreking stop hulle di pype en ek begin weer te lees wat ek di twe dage fertaal het. Mar eers fertel ek fer hulle wat ek denk dat di ferband is; want di end fan di twede rol en di begin fan di derde was fermuf en grotendeels onleesbaar. Uit di brokstukke wat ek hiir en daar kon ontsyfer maak ek di draad fan di geskidenis aldus op: -
Di omruilery fan Hanes en Balkis het deurgegaan, denkelik deur Salomo self in di gehym beforder, waarskynlik deur middel fan Osifra, hoewel hy sig geheel onwetend hou. Osifra is blykbaar megekom tot in Egipte om di sake daar oek reg te hou. Di ferhaal herfat waar di geselskap in Egipte is, terwyl Elihoref in 'n gesprek is met Hor-pa-seb-en-sha, seun fan di Koning Pinetem, broer fan Hanes en Hogepriister fan Amen-ra.
* * * * * * * *
* * * ‘hiir in Mitsra'im [Egipte] is di skatkamer fan alle kennis en wetenskap. Alle wyse fan alle lande kom hiir soos kinders om di wetenskappe te leer wat hiir bewaar is fan di kindshyd fan di menselike geslag af. In ons tempels en in ons grafkelders is di oue geskidenisse afgebeel en beskrywe. Mar di ware sleutel fan alle kennis is di ferborge skat fan ons priisters, ni alleen fan di léwe in hiir di wêreld ni, mar oek di leer fan Amen-ra, di ferborge God, en fan di deurgang fan di siil na di léwe na di land fan lig en heerlikhyd. En dit alles is beskrywe in di “Boek fan di Meester fan di Ferborge Plekke” [Boek fan di Dode] en afgebeel in steen deur di aartsfader Melgisedek in “Di Khut” [letterlik Ligte, Egiptise naam fer di Grote Piramide]. As jy dus di waarhyd wil weet, en di sleutel tot di ware kennis wil hê, moet jy hiir o'erbly en fer jou eers laat inwy in ons ferborge wetenskap, anders sal di land fan Khent [waar di Paradys was] en fan Punt [Skeba] tog mar fer jou 'n geslote boek fol onoplosbare raaisels wees.’
Elihoref antwoord hiirop: ‘Wat, moet ek hiir kom leer? En ek is di gehymskrywer fan Salomo, di slimste man fan syn tyd, na wi di forste en wyse fan alle lande kom om syn wyshyd te hoor. En wat di oue geskidenis en di gehyme fan di godsdiins betref dit het Moses fer ons beskrywe fan di Skepping af tot nou toe. Wat sal ek dan hiir nog leer. Molik kan jy eer by my leer.’
Daarop antwoord di Hogepriister: ‘Salomo mag slim wees, mar di sleutel tot di ware kennis het hy tog ni, di is hiir bewaar. En wat Moses geweet het, dit het hy tog mar hiir geleer. Mar in di woestyn moes hy dit beskrywe en dit mar fer di folk, an wi hy di gehyme fan ons ferborge wetenskap ni kon openbaar ni. Hy het net mar an di folk megedeel wat fer hulle nodig was, soos ons oek doen.’
Elihoref antwoord weer: ‘Ja, mar by di wetgewing op Horeb het Jawê, di ware God, an Moses meer geopenbaar as hy in Mitsra'im [Egipte] geleer het, sodat by ons Hebreers ygenlik di hogere wetenskap en feral di ware godsdiins bewaar en ontwikkel is.’
‘Ag né,’ sê di Hogepriister, ‘di geskidenis en di godsdiins wat Moses fer julle nagelaat het is alles mar brokstukke fan wat hy hiir geleer het. Ons he di boeke wat hy geskrywe het in ons tempel; ek sal fer jou dit wys. Syn geskidenis fan di skepping is mar 'n korte samefatting fan wat ek fer jou hiir uitfoerig en folledig kan wys in beeld en skrif. Di Kennis-boom waarfan hy fertel met di slang as ferlyer kan ek fer jou wys op ons tempelmuur afgeteken. Di Gerubs wat di toegang na di Lewens-boom bewaak staan nou nog léwendig afgebeel op ons monumente. Julle wette het Moses fan ons o'ergeneem, soos di besnydenis. Julle tydrekening, fan