ek 'n man omhels of 'n kind an myn hart druk ni. 'n Frou is gebore om te bemin en bemin te worde. En ag, wat is 'n frou sonder liifde? 'n Boom sonder frug, 'n fontyn sonder water, 'n lamp sonder lig...Né, meer, sy is ni alleen onfrugbaar ni, mar oek ongelukkig. Sy soek altoos na iits wat sy ni kan kry ni...
Mar né, myn lot is nog swaarder. Ek het liif, mar ek mag ni bemin ni. 'n Moeder het ek, wat ek ni mag omhels en begroet as moeder ni. En nou, ag, di juweel onder alle manne fan di wêreld! Kon ek mar een fan syn froue, al was een fan syn bywywe, ja een fan syn slafinne wees! Mar selfs di slafinne wat ek fer hom gebreng het is gelukkiger as ek. Want hulle kan altyd foor hom staan en syn skoonhyd siin en syn wyshyd hoor. Mar ek moet weer terug na myn fêrre land, om myn eensame léwe te slyt.
Mar wag, wat het hy gemeen met te sê, op di raaisel wat ek fer hom gegé het, dat di beste oplossing fan sulke omgeruilde dogters is om weer om te ruil, dat elkeen op haar regte plek kom? Ek het gemerk uit syn blik waarmee hy fer my toen ankyk dat hy daar iits mé gemeen het, kan dit wees dat hy di gehym fan di geboorte en omruiling fan Hanes en my weet. Kan dit wees dat hy in syn gedagte kan hê, dat, Hanes en ek moet omgeruil worde? Dat ek hiir moet bly en Hanes in myn plek terug moet gaan? Mar né, dit kan ni wees ni. Dis mos onmolik. Hanes sal dit nooit frywillig doen ni en sy kan tog tot so iits ni gedwing worde ni. En as dit hiir al ni gemerk word ni, sal hulle dit in Mitsra'im [Egipte] merk as sy met teruggaan daar an di Hof kom, en in myn land sal hulle dit oek merk. Né, dit is onmolik. Mar di Koning het my genooi om morre aand by hom te kom eet, dan sal ek wel nader siin en hoor wat syn gesindhyd en foornemens is......’
Sodanig was di o'erpynsings fan Balkis di aand. In sombere stemming gaan sy slaap, mar dit het laat geduur foor sy in slaap fal, en toen droom sy fan ongelukkige liifde te midde fan dartelhyd en prag en rykdomme.
Diselfde aand ontmoet Elihoref fer di koningin Hanes in 'n andere fertrek fan di palys, in di gehym, soos froeger meermale. Onwillekeurig was di gesprek dadelik o'er di Koningin fan Skeba, haar besoek by Salomo, di gemeensame maniir waarop di koning haar ontfang het en di rit fan di agtermiddag. Mar Hanes had feral di ontmoeting bestel om an Elihoref te fertel di gehym wat haar moeder Osifra fer hulle di forige aand geopenbaar het en di gesprek wat hulle twe di agtermiddag gehad het op di terugrys, omtrent di twede omruiling; want sy was gewend om al di gehyme fan haar hart an hom te openbaar. Dit het dan oek ni lank geduur ni of sy fertel hom alles openhartig, en sy fergeet feral ni om daarby te fertel, dat sy an haar ma gesê het, dat sy tefrede sal wees met di omruiling onder een foorwaarde: dat hy met haar samegaan na Skeba toe.
Elihoref noem dadelik al di besware op fan di plan, feral dat dit onmolik is om dit te doen sonder opgemerk te worde, insonderhyd deur di skerpsiinde blik fan Salomo; en dan wi sal fer Salomo pols of hy fer hom sal laat samegaan, en onder watter foorwendsel?
Hiirop had Hanes gou 'n plan. Salomo het al meer fan syn gehymskrywers uitgestuur na andere lande om di geaardhyd en geskidenis fan di lande te beskrywe, en hy wil graag meer weet fan di land fan Punt. Nou moet dit net fer hom foorgestel worde dat hy fer Elihoref moet samestuur met di Koningin na Skeba toe om fer hom noukeurig alles te beskrywe.
‘Di plan lyk goed,’ sê Elihoref, ‘mar wi sal nou di koning pols of hy dit sal wil doen?’
‘Di beste is, Balkis gaan morre aand by di Koning eet, dan kan sy fer hom fra om een fan syn skrywers same te stuur’ - merk Hanes an.
‘Goed,’ sê Elihoref, ‘mar daar is juis di knoop. Weet sy al fan di plan? En is sy tefrede daarmé?’
‘Né, sy weet daar nog niks fan ni, want fan middag het ek en ma dit eers bespreek. Mar sy sal seker daarmé instem, want sy is smoor ferliif op di koning en hy op haar oek. Dit het ons fan middag al te goed kan siin.’
So was Hanes telkens klaar met 'n antwoord op elke bedenking fan Elihoref. En di afspraak was, sy of haar ma sou di follende oggend met Balkis di plan bespreek, en as sy dit goedkeur, dan meteen afspreek dat sy di koning moet pols omtrent Elihoref syn megaan. Elihoref erken oek, dat di saak baing gemakkelik gemaak word deur dat di twe koninginne so baing na makaar lyk, en hy en Hanes ferbly sig al in