O'eral in di tuin en an di rante is klyne fywers en lushuisiis en sitplekke. Salomo klim toen uit met Balkis en Osifra en Hanes en gaan deur di mooiste deel fan di lustuine 'n wandeling neem. Enige geurige frugte biid hy di freemde gas an, om dit te fergelyk met di frugte fan haar land. Mar Balkis ferklaar dat in frugbaarhyd, in groei en in geur di frugte fan haar land tog nog di fan Salomo syn tuine o'ertref.
Nadat hulle daar wat ferkwik was ry hulle ferder na Salomo syn grote fywers, waaruit syn tuine bewater worde en oek met 'n o'erdekte waterlyding Jerusalem, feral syn palyse en tuine om di helling fan Sion en Moria, fan water foorsiin worde. Hiir moes Balkis erken dat Salomo syn bouwerke di fan haar land o'ertref, feral in di reusagtige stene waarmé di Fenisi'ers en Jode hiir bou. Mar daarteeno'er beroem sy sig dat haar land so waterryk is dat dit ni nodig is om sulke fywers en waterlydings te bou ni.
Toen neem Salomo fer haar alleen in syn fersegelde fontyn, bokant di bo'enste fywer. Dis 'n onderaardse fontyn, wat gesluit en fersegel is, sodat di koning alleen dit kan open. 'n Mens daal daarin af met 7 trappe en onder in is 'n kamer 10 elle lang en 5 elle breed. Langes an is nog 'n klynere kamer, alby uitgebou met stene ferwulwe. Di water spring op 4 plekke uit di rots, fanwaar klyne uitgelegde fore dit bring in 'n uitgemesselde kom of bak. Daarfandaan af loop dit met 'n onderaardse rioel tot in di fywers. Hiir in di fersegelde fontyn is 'n rusbank waarop Salomo en Balkis wat gaan sit, nadat hy fer haar eers wat fan di heldere, koele water laat drink het uit 'n goue beker, wat sy fer hom persent gestuur het.
Nou ry hulle met 'n meer reguit pad na Jeruzalem. Di son gaan weldra onder en in di frisse aandkoelte ferfolg Salomo en Balkis hulle gesprekke wat algemeensamer word. Mar di rit was di eerste kans wat Osifra en Hanes oek had om alleen met makaar te praat, nadat Osifra di forige aand di gehym fer hulle geopenbaar het. Hanes was regte neerslagtig fan di begin af. Sy het 'n ruk stil gesit, en bars toen uit fan di huil en sê an Osifra: -
‘Myn moeder! nou kan ek fer di eerste maal myn hart as kind an jou openbaar, hoewel jy altoos fer my goed was. Mar ek foel tog baing ferdritig in di laaste tyd. Di koning behandel my tog met so min agting Kyk, hoe goed was hy froeger fer my en nou fan morge met di ontfangs an di hof het hy gen notisi fan my geneem ni, en ni 'n enkele woord met my gepraat ni, en nou fan middag met di rit weer netso. Al syn andag is nou weer gewy an Balkis. Né, ek kan ni langer so'n léwe ferdra ni. Wat het ek fan myn léwe? Myn palys is myn tronk, en di koning syn liifde is so ferdeel dat ek daar niks an het ni. Gelukkige frou fan di eenfoudigste boer of werksman, wat mar een frou het, an wi hy al fyn liifde en agting betoon.’
Osifra, wat al lank di stemming fan Hanes gesiin het, hoewel sy dit wou wegsteek, sê toen: ‘Myn kind ek weet wat di gehyme bron is fan jou smart. Jy is ferliif op Elihoref en hy op jou. Mar jy is nou eenmaal 'n frou fan di Koning en moet dus jou rang en stand ophou. Perbeer nou mar om dit te ferset en fer jou op te beur.’
Na 'n ruk stilte sê Hanes: ‘Mar, ma, sal daar dan gen kans wees fer my om ooit uit di treurige toestand ferlos te worde ni? Ma weet mos fer alles raad, kan ma dan ni 'n plan maak om my te ferlos ni. Ek is gewillig om met Elihoref te ontflug en in di eensaamhyd, al was dit in 'n freemde land, te gaan woon. Sal ons ni kan ontflug na Egipte toe ni?’
‘Né, myn kind, ontflug kan 'n Koningin ni. Sy is oral bekend. Mar ek begin an iits anders te denk. Jy en Balkis lyk so eenders as 'n tweling. En dit lyk fer my di Koning is tog smoor ferliif op haar en sy op di Koning. Sal ons nou ni 'n plan maak fer 'n twede omruiling in di gehym ni, sodat Balkis hiir bly in jou plek, en jy terug gaan in haar plek as Koningin fan Skeba? Wat denk jy daarfan?’
‘Ja, mar dan moet Elihoref oek megaan met my, want anders is ek al te freemd in di freemde land.
Molik kan dit oek geskik worde, as di Koning gefraag word om fer Elihoref te laat same gaan om di land en di geskidenis daarfan fer di Koning te gaan beskrywe.’
‘Mar sal ons dan fer di Koning di plan laat weet?’ fra Hanes.
‘Né, dit moet ons eers siin. Molik is dit beter om dit met Balkis te maak en laat di Koning in di onsekerhyd tot jy eers weg is Mar laat dit an my