Gelukkig is uw manne, ja gelukkig is hiir-di knegte fan u wat gedurig foor uw angesig mag staan en uw heerlikhyd siin en uw wyshyd hoor. Geloof sy Jawê, uw God, wat behage in u gehad het, om u op di troon fan Isra'el te set! Omdat Jawê Isra'el tot in eenighyd bemin, daarom het Hy u tot koning gemaak, om reg en geregtighyd te doen. Ontfang nou uit di hand fan uw diinsmaag di slawe en di geskenke wat ek fer u gebreng het fan myn land af as 'n teken fan agting en respek.’
Sy neem toen met haar yge hand di kroon en di septer uit di hande fan haar ministers en gé dit in di hande fan Salomo; en hy buig en neem dit an en gé dit an syn ministers om dit op syn troon te set. Daarop spreek hy haai aldus an: -
‘ô Koningin fan Skeba! Uw besoek maak fandag er my tot di gelukkigste dag fan myn léwe. Fan alle forstelike gesante uit alle lande was gen een my so angenaam as di fan u. Dikwils het ek ferlang om di Koningin te siin fan di ryke goudland, fanwaar ek sofeul rykdomme ontfang het. Di kroon op myn hoof is fan fyne goud uit uw land. Di edelgesteentes wat myn kroon fersiir is uit uw land. Di ifoor en goud, di goue skilde en al di goue gereedskappe is uit uw land. Di wirook wat in di tempel fan Jawê brand en di goud wat di tempel fersiir, is uit uw land. Driwerf welkom, Koningin fan di Suide! Ek het net een begeerte: maak al uw wense an my bekend, en al uw begeertes sal geskide en wat uw hart ferlang sal gebeur. Nou het ek een fersoek: dat u agtermiddag met my uitry na myn tuine en fywers en morge aand met my eet an myn tafel.’
‘Uw woord is wet, ô Koning!’ antwoord di Koningin met 'n buig.
Daarop gaan Salomo met syn ministers en di Koningin fan Skeba met haar ministers en Elihoref met Osifra en Hanes in een fan di sy-kamers, terwyl di hofbeambte en dinare di geskenke uit di hand fan di slawe ontfang en berg.
Hiir was 'n rusplek waar ons 'n bitji gesels. Henni was weer di eerste wat sê: ‘Mar hoor, dan het di oue mense daarom baing goud hiir uit di land uit kom haal.’ Ek sê toen: ‘Ja, laat ons perbeer om 'n bitji dit by benadering te bereken. Eers lees ons dat Salomo syn skippe 420 talente goud gebreng het. Wel, sofer as ons weet is 'n talent omtrent £375, want di oue mense het di goud en silwer afgeweeg met di skaal. Dan sou di waarde daarfan gewees hê £157, 500. Dan lees ons dat di Koningin fan Skeba fer Salomo persent gebreng het 120 talente goud, dis di waarde fan £45,000. En dan weer dat di gewig an goud, wat Salomo elke jaar ingekry het was 666 talente dis £249,750. Reken ferder mar net dat hy 500 skilde fan goud laat maak het, buiten al di goud fan di tempel en fan syn Palyse.’
‘Mar dan het hulle al di goud uitgehaal,’ sê Henni. ‘Dis puur ferniit dat di prospekteerders nou al di oue myne naloop en afpen en ope grawe.’
‘A né, Henni,’ sê Neef Gideon, ‘kyk, het jy dan ni gesiin oral waar hulle di oue myne ope maak kry hulle mos weer di ryke riwwe onder. Kyk di Luipers Rif, onder an di Gwelo, daar het hulle di rif weer gekry op 50 foet diipte en in di grote stukke kwarts kan jy di stukkiis en strepe goed so dik as 'n mes syn rug op tiin tré afstand siin in di kwarts. Né, jong, as ons ni ons skatte hiir kry ni, dan moet ons mar gaan goud grawe; want hulle sal nog baing goud in di land uithaal.’
‘Ja,’ sê Neef Hendrik, ‘eenkeer het di Jode hulle goud hiirfandaan gekry om hulle tempel te bou, en nou gaan hulle terug om hulle tempel te herbou en hulle sal weer hiir fandaan hulle goud moet kry.’
Daarop fal Henni in: ‘Dis seker daarom wat ek nou al so baing Jode op Bulawayo siin. Mar hoekom sou di oue mense dan opgehou hê met grawe, as daar nog so baing goud is?’
‘A dit moet di oue rolle ons nog fertel,’ sê ek daarop.
‘Nou Ja,’ sê Henni, ‘fertaal dan mar fluks op, want ek wil al te graag weet hoe di oue mense hiir in di land gewerk het en hoe dit met hulle gegaan het. Ek wens dat ek Hebreeus ken, dan het ek al lank di oue rolle dwars deur gelees. Dan gaan ek ni slaap foor ek di end het ni.’
‘Né, jy moet mar liwers siin om di gat ope te maak en di andere gat oek, dat ons di end fan di berg kan kry. Straks het ons di end fan di rolle foor ons di end fan di berg het -’ merk Neef Gideon an.
‘Nou ja, net morre moet di gat ope, ek wil weer di fername koningin gaan kyk; ek wil haar nou goed beskou -’ sê Henni.