mé te breng tot by di rifiir waar di twe padwysers omgedraai het, so dat ons dan self kan perbeer om met hulle te onderhandel en fer hulle om te praat: Hy moes eers perbeer om di twe padwysers te kry en met hulle te praat; want hulle ken nou al fer ons.
Klaas is 'n stille klyne Koranna; hy praat amper ni. Toen ons fer hom di aand, toen hy met di osse uit di feld uit kom, ons plan medeel, had hy 'n heel andere beswaar, waar ons ni an gedenk het ni. Hy ferseker ons dat di bygelowighyd fan di Boesmans, om ni o'er di rifiir en naby di kop te kom ni, di rede is dat ons so fylig en ongestoord hiir kan bly; anders sou di Boesmans al lank geperbeer hê om ons osse te steel en altemit oek 'n anfal op ons gemaak hê. Ferder fertel by fer ons, dat hy nog nooit met di osse o'erkant di rifiir gaan wy het ni; mar hy het al enige male tot naby di rifiir gewy en hy het gewaar dat di Boesmans fer ons oppas by di rifiir. 'n Paar male het hy spioene daar gesiin. Mar, hy self was ni bang om te gaan ni.
Dit ge di saak toen 'n andere ansiin. Tog besluit ons om dit mar deur te sit en fer Klaas di follende oggend froeg te stuur, sodat hy di aand weer kan terug wees.
Intussen sou ek mar angaan met myn fertaling, terwyl Neef Gideon, Neef Hendrik, en Henni mar sou begin met te perbeer om di gat ope te maak; want ons grashuise en kraal was al klaar; sodat alle hande nou an di opening fan di ingang kon gebruik worde.
Foor ek begin te fertaal gaan ek eers saam om te bekyk hoe di instorting lyk en same raad te hou wat di beste plan sou wees om dit ope te kry. Ons was dit almal eens dat dit 'n grote werk sou wees, want 'n grote stuk fan di rots het ingeskuiwe; en dan sal ons weer dinamiit moet gebruik om di rotse stukkend te spring, en daardeur kon ons molik nuwe instortings feroorsaak.
Tog besluit ons om mar an te gaan en te siin hoe ons forder, hoewel Henni mar bra onwillig was en gedurig nog pruttel.
Di dag het ons egter ni feul gedoen ni. Ek gaan an met fertaalen Neef Hendrik en Henni het gaan jag, en dis hulle geluk om 'n baster-eland koei te skiit, wat ons op 'n slé moes laatansleep, en toen moes slag om lekker flys fer di Boesmans te stuur. Di follende oggend froeg ry Klaas dan oek te pêrd na di Boesmans toe met 'n goeie party flys, en gewapend met syn dubbele loop ha'el-geweer en 'n rewolwer. Di andere 3 gaan nou ernstig begin an di opruiming fan di ingestorte grond en klippe, ek bly alleen by di wa om fort te gaan met di fertaling, en Umsalomi kyk na di beeste.
Di aand kom. Di 3 frinde kom fan di werk af. Di son is onder. Dit word donker Umsalomi kom ni uit met di osse ni. Fan Klaas oek gen taal of tyding ni.
Dit was 'n treurige aand. Dit kan di leser self wel begryp. Ons maak 'n stukki kos, mar gen een eet lekker ni. Ons perbeer elke maal om te gesels, mar telkens draai di gesprek mar op feronderstellings en frage: Waar sou Umsalomi nou wees met di osse? - Sou hy nou straks met osse en al weggeloop hê na di Boesmans toe? - En Klaas? - Dis mos ni te fêr na di Boesmankraal toe ni. Hy kon maklik in 'n dag heen en terug ry, as hom niks o'ergekom is ni. Sou di Boesmans hom ni straks fermoor hê ni? Ens.
En soos dit onder teenspoed gaan, 'n mens het mar altyd selfferwyt en eer jy dit weet begin jy makaar te ferwyt. Henni was natuurlik di eerste. ‘Ek het mos fer julle gesê, laat ons huistoe gaan fan di frotsige plek af...Daar is di frotsige Kaffer nou weg met ons osse...En di Boesmans het net seker fer Klaas fermoor en ons pêrd gefat oek. En hiir sit ons nou fêr in di eensame feld,’ ens. ens.
Mar ons wil di leser liwers ni fermoei met di onangename gesprekke ni, mar doen soos ons di aand ge doen het. Ek sê toen naderhand: ‘Nouwel, ons kan di dinge tog ni reg huil ni, laat ek nou mar fer aflyding fer julle foorlees wat ek nou di twé dage fertaal het.’ Dit werd goed gel eur. Ek deel hulle mé, dat ek nou met di twede rol begin het, waarfan di eerste gedeelte oek beskadig is deur di fogtige lug en dus onleesbaar is, sodat ek mar begin het waarfandaan ek kon lees. Ek lees toen soos folg: -
* * * * * * * *
* * * * * * * *
Herhor was in di dage Hogepriister fan Amun an Tébe, waar di Ramesside forstehuis hulle regeringsétel had. Di priisters had fan di froegste tijde af baing infloed en grondbesit in Mitsra'im [Egipte], en di mag is altyd toegene m, totdat Herhor naderhand bij syn Hogepriisterskap di troon beklim en di regering begin fan di priisterkonings, wat uit di afstammelinge fan Josef was. Naderhand het hy syn seun Piank Hogepriister gemaak in syn plaas, en di afstammelinge fan di forige forstehuis het hy ferban na di grote Oase. So was di lange stryd tussen priisters en konings yndelik geyndig in folkome o'ermag fan di priisters, sonder enige bloedf rgiting. Herhor het toen weer di sétel fan di regering ferplaas fan Tébe af na Soan of Tanis, waar dit in di dage fan Josef was, en waar nog altyd 'n b folking fan Hebreers was, want dit het oek di naas'e gelê an Filistia [Palestina]. Hiir was di setel fan geleerdhyd fan Mitsra'im in di dage. Soan was di ‘Boekstad’ hiir nes Kirjat-Sefer in Kanaan. Mar in di dage fan Pinetem, klynseun fan Herhor, begin di afstammelinge fan di forige forstehuis, di Ramesside, weer infloed te kry onder di folk en na di kroon te staan; daarom het hy 'n prinses uit di for-