Di koningin fan Skeba, of Salomo syn oue goudfelde in Sambesia
(1998)–S.J. du Toit– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 47]
| |
DI eerste wat ons di aand doen, hoewel dit al skemeraand was, is om di osse te gaan kyk, wat Henni en Klaas al fasgemaak had. En ja, dit was so, an twé fan di osse kon ons al goed siin dat di plekke waar di tsetse-flige gesteek het al begin op te swel. Di eerste fra ons fer Umsalomi of hy dan ni daarfoor oek ‘meestergoed’ had ni, mar hy sê: ‘Né, waar di fliig di os steek, hy moet dood.’ Ons gaan toen mar na di aandfuur. Henni had al té gemaak, en 'n paar patryse gebraai wat Klaas di forige dag geskiit het (want Klaas fersiin ons goed fan klyn-wild). Nou gaan ons mar and' eet en daarna ons pyp rook en intussen gesels. ‘Henni, sou al di osse nou gesteek wees, en sou almal wat gesteek is nou moet doodgaan?’ - fra Neef Hendrik. ‘Al te seker,’ sê Henni, ‘di flige slaan gen os o'er ni, en wat hulle steek kom ni fry ni.’ ‘Mar hoe sal ons dan terug kom hiir fêr uit di woeste wêreld uit?’ - fra Neef Hendrik. ‘A, ons sal mar moet foet slaan,’ sê Henni. ‘Né, Henni, jong, ek het 'n betere plan, ’ fal Neef Gideon in, ‘jy fat net morre oggend di pêrd en jy ry na di Boesmans toe en gaan perbeer om fer ons andere osse te kry.’ ‘ô Liwe tyd! en denk Oom Gideon dan om by di Boesmans osse te kry?’ - fra Henni ferbaas. ‘Né, dan kan jy net so goed gaan wors soek in di hondehok.’ ‘Nou, Henni, dan het ek nog 'n plan. As jy by di Boesmans ni gehelp raak ni, dan ry jy deur tot an Tati en gaan kry fer ons daar osse’ - was Neef Gideon syn antwoord. ‘Jy kan fan di skatte wat ons hiir kry party meneem, en gaan ferkoop dit daar, en koop fer ons osse en pak meteen op hulle enige dinge wat ons meen wat di eerste mog kort raak.’ ‘Ag né, Oom Gideon ek sal dit so nooit doen ni. Di leeus freet my op foor ek ooit halfpad is, en as ek di leeus al mog fryloop, dan fermoor di Boesmans fer my. En waar kry ek kos en water fer al di tyd op di grote end pad. Né, ek kan dit so nooit doen ni.’ En Henni was op di punt net beslis. ‘Nou, Henni, dan bly ons mar hiir woon,’ sê Neef Gideon half spottend, ‘ons het 'n bitji boontjiis en ertjiis, en 'n bitji artappels op di wa, en dit het nou mooi gereen, dan begin ons mar morre tuin maak fer groente en Klaas kan fer ons wild skiit. En dan het ons baing tyd om al di dinge hiir goed te ondersoek. Né, wag, di ding kom nou net mooi.’ ‘Ja, en altemit kom hiir follende winter weer jagters in di buurte, dan kan hulle fer ons uithelp,’ - was Neef Hendrik syn anmerking. ‘ô Liwe tyd! né, as Oom Hendrik daarop wil wag, dan kan ons hiir oud worde en dood gaan, want kyk in watter jare was hiir gen jagters ni’ - sê Henni. ‘Ja, Henni,’ sê Neef Gideon weer half jillerig, ‘en dan kan ons makaar mar daar onder di kop in di stene kiste begrawe. Dan het ons ni eens nodig om kiste te maak of grafte te grawe. ni.’ Half ernstig, half ferontwaardig sê Henni: ‘Ja, Oom Gideon speul nog, mar di ding is net lelik.’ ‘Mar, Henni, kerel, ons kan tog di osse ni gesond huil ni,’ - merk Neef Gideon spottend an. ‘Ja, mar ons kan daarom perbeer om hulle gesond te dokter,’ - fal ek toen in, want ek merk dis al hoog tyd om di gesprek 'n ernstiger wending te gé. ‘Ja, mar hoe en waarmé?’ - fraag Neef Gideon. ‘Ons kan homoeopati perbeer:’ - fal Neef Hendrik in. ‘Daar is goeie middels by fer byt en steek fan giftige dire. Altemit help dit fer di flige hulle steek oek.’ ‘Né, ek het 'n ander gedagte,’ - sê ek op myn benrt. ‘Ek het fer julle al fertel hoe goed di slang gif teen alle soorte fan fergif en fer ferskillende siiktes is. Ek denk ons moet di slanggif perbeer fer di twé osse wat nou al begin te swel. Dan kan ons morre oggend al di uitwerking siin, en dan weet ons wat om te doen, as di ander oek molik begin te swel. Mar wag, laat ons eers fer Umsalomi fra of hulle al ooit di slanggif geperbeer het fer di byt fan di gifflige.’ Umsalomi ferklaar toen dat hulle nog nooit dit geperbeer het, sofêr as hy weet ni. En op ons fraag, of hy ni denk dat dit sal help ni, sê hy: altemit. En daar di kwaad fan di flige hulle byt oek mar 'n fergif is, besluit ons om myn plan te folg. Di lantêrn word angesteek, di twé osse onder foet getrek; op elke swelplek 'n kruisi gesny en 'n bitji slangif ingesmeer; en toen dit klaar was, elke os 'n bitji gif ingegé. En daarop gaan ons slaap, mar ek glo ni dat een fan ons al te lekker drome di nag gehad het ni. Di follende oggend was alby osse beter. Di swelsel was gesak. 'n Menigte taaie gele fog het daaruit geloop, en loop nog daaruit. Mar ferder kon 'n mens niks an hulle merk ni, en toen ons hulle los maak gaan hulle freet of hulle niks makeer ni. Mar toen ons di andere 6 ondersoek kry ons op 3 fan hulle oek al plekke wat begin te swel. Ons behandel hulle toen op diselfde maniir, en di aand daarop di laaste 3, toen was al ons osse ‘gesout’ teen di giftige flige, en ons had meteen 'n middel daarteen uitgefinde. Ons kon di dag oek alweer elkeen an syn werk gaan. Toen ons di aand di laaste 3 osse behandel het, sit ons follens gewoonte by di fuur, en nadat ons ge'eet het, sou ons nou weer follens gewoonte ons befindings en werk fan dag o'ergaan. Mar di dag was mar onrustig en gebreek met di osse-doktery, en daar Neef Gideon en Neef Hendrik niks bisonders di dag ontdek had in di Grafkelders ni, sê ek toen an hulle: ‘Ons sal dan mar liwers gaan slaap, want ek is oek nou net besig met 'n mooie geskidenis fan Josef in Egipte, en ek is ni klaar gekom ni. Dan kan ons morre aand twé dage syn werk o'ergaan.’ Dit besluit ons dan oek. en di follende aand lees ek hulle toen di geskidenis foor wat ek di twé dage fertaal het, soos folg: -
Di eerste Konings fan Mitsra'im [Egipte] het o'er di hele land geregeer, Bo en Onder Mitsrai'im. Hulle hoofstad was eers Memfis en later Tébe. Mar | |
[pagina 48]
| |
naderband dring di Hiksos [Herders-forste]o n, en ferower di onderste deel fan Mitsra'im, en hulle hoofdstad was Tanis of Soan. Hulle eerste koning was Sut en hulle laaste koning Apepi. Daar was dus in di tyd twé Koninkryke in Mitsra'im. Mar Ra-Sekenen het 'n ynde gemaak an di ryk fan di Hiksos, en daarna was dit weer een Koninkryk. Dit was foor di tyd fan Koningin Hatasu. Onder Apepi is Josef as slaaf ferkoop na Mitsra'im toe, en onder Ames I is di Hebreers weer uit Mitsra'im fertrek na Kanaän. Same met Josef het di Isma'elite nog andere slawe megebreng, en daaronder was 'n mooie jonge mysi, wat hulle gekoop het fan di kinders fan Het, by Mamre, waar Jakob toen oek gewoon het. En Josef het fer haar daar al geken, en hulle twe was baing gek na makaar. Josef bid toen fer Jawê [di Here] dat hulle twe tog by makaar mag kom in Mitsra'im. En di oggend op di slawe-mark kom daar 'n man met 'n deftige rytuig en hy hou stil en kyk al di slawe deur. En Josef bid in syn hart dat di man fer hulle alby mag koop. En nadat di man al di slawe deur gekyk het koop hy fer hulle twe. Dit was Potifera, 'n priister fan On, en di Kaptyn fan Farao syn lyfwag. Hy was 'n goeie en sagsinnige man en het syn slawe baing goed behandel en fer hulle baing fryheid gegé. En feral fer Josef het hy opsiner gemaak o'er syn hele huis, sodat Josef di opsig had o'er di slawe en alles in di huis. En Josef was baing ferliif op di jonge slafin wat met hom same gekom het. Haar naam was Asenat. Mar ongelukkig werd Potifera self oek ferliif op haar, en wou self met haar trou, sodra di treurtyd o'er Tammus ferby was, en Apis, di hylige bul, weer ferskyn. Di hele Mitsra'im siin nou met ferlange uit na di dag wanneer di treurtyd sal ferby wees en di blye dag anbreek. Mar hoe nader di dag kom, hoe treuriger di arme Asenat foel, want sy had Josef liif met haar folle hart en gru fan di gedagte dat sy met Potifera sal moet trou. Toen di treurtyd amper ten ynde was gé Potifera befel an Josef, dat syn bruid Asenat moet foorbery worde om met hom te trou op di dag as di hylige Apis weer ferskyn. Terwyl di hele stad treur om Osiris ferful 'n dipere smart di hart van di arme Asenat. Sy eet of slaap ni, en treur mar in di tilte, terwyl almal om haar denk dat sy deel in di algemene treurtyd. Dis nou al di laaste aand en morre moet sy di bruid wees. Mar sy had liwers haar doodskleed angetrek as di pragtige bruidspak wat fer haar gemaak is. Hoe nader di dag kom, hoe swaarder dit word. Sy kan daar ni an denk om met haar Meneer te trou ni. Sy gru fan di gedagte. En wat kan sy, 'n arme slafin, doen? Sy mag sig ni teen di wens fan haar Meneer ferset ni. En di swaarste fer haar is nog, fan dat haar Meneer besluit het om fer haar tot fron te neem en dit an Josef bekend gemaak het, fermy Josef fer haar. Hy kom ni meer soos gewoonlik by haar ni, en as hy haar moet siin, keer hy syn oge af, en spreek gen woord met haar ni. Dit ferswaar haar druk en smart, en maak haar al meer afkerig teen Potifera. Haar enigste troos is nou nog mar om te deuk hoe sy en Josef same fé opgepas het an Hebron, toen hulle nog kinders was. Hoe hulle same as slawe hiir na Mitsra'im toe gebreng werd, en hoe hy fer haar toen fertel het fan Jawê [di Here], di God fan syn ouers, Abraham, Isak, en Jakob, en fer haar geleer het om by di God troos te soek. Dit doen sy dan nou oek. Sy kniil neer en smeek Josef syn God om haar nog mar een slag troos te gé uit Josef syn mond en haar dan mar te ferlos uit di lewe en fan di huwelik waarteen sy 'n afsku het. Toen sy klaar had met bidde, hef sy haar hoof op, en kyk daar staan Josef foor haar. Mar wat was sy ferbaas en teleurgestel! Hy fal foor haar op syn kni en sê: ‘Mefrou! eers was ek uw mede-slaaf; nou is ek uw onderdaan! - Di genadige heer Potifera het an ons alby syn weldadighyd betoon. My het hy ferhef uit myn slawestand en het my baas gemaak o'er syn hele huis; en nou stuur syn guns my om u as syn bruid te begroet, en an te kondig dat morge as di hele stad in feesfreugde jubel, dan sal hy u as syn gelukkige bruid in syn arme ontfang. En mog ek daarby 'n enkele wens foeg dan is dit: di God fan myn faders, fan Abraham, Isak en Jakob, di God wat ons same anbid het as kinders in di felde fan Mamre, en as | |
[pagina 49]
| |
slawe, di God segene u as bruid en frou fan myn genadige heer!’ Hy swyg en soen de soom van haar tabbert, en bly so op syn kni haar antwoord afwag. Sy staan 'n hele ruk geheel o'erbluf. Naderhand is dit nes sy ontwaak uit di slaap of bykom uit 'n floute, en met 'n dipe sug seg sy: ‘Staan op, myn geliifde Josef! staan op! Dis ni jou plek om foor my te kniil ni! - Ag, duisendmaal soeter sou dit fer my wees om foor myn Josef te kniil en syn foete te was met myn trane; duisendmaal soeter sou elke slawediins, ja di swaarste slaweketen fer my wees, as ek myn liwe Josef mar as heer o'er my had en ek mar 'n enkele glimlag kan siin tot myn fertroosting. Mar wat is myn lot nou? Befryd fan liggaamlike slawerny, sal myn gees, myn hart en siil nou onder 'n wredere slawerny moet ferkwyn. ò Ek gru, ek walg daarfan! Sal ek hom teen myn sin in myn arme en in myn boesem moet ontfang! Ag né, Potifera kan my ferneder tot di diipste slawerny, hy kan my dood maak, (en liwer eenmaal dood as duisend dode sterwe en lanksaam te ferkwyn), mar hy kan, hy sal my nooit dwing om hom myn hart en myn liifde te gé ni. Ag, Josef, het jy dan gen medelyde met my ni? Het ik my dan so bedriig? Het jy my dan ni bemin toen ons saam jonk en onskuldig was en jy my geleer het wat deug en ware liifde is? - En nou is jy koud soos ys. Ag, erbarm jou tog o'er my!’ Sy stik weg in trane en fal neer an syn foete. Hy rig haar op en sê: ‘Asenat! wees getroos. Gé tog ni toe an 'n onredelike smart ni. Jou bruidspak is klaar, so kosbaar as fan 'n koningin. Duisende maagde in Mitsra'im beny jou gelukkige lot. Morre is jy fan slaaf ferhef tot di hoogste adelstand.’ ‘Ag,’ seg sy, ‘wat baat my alle staat of rang, wat alle goud en purper en edelgesteente, as myn arme hart sig self moet beween! o Red my, Jozef, red my fan di afskuwelike huwelik wat fer my erger is as di swaarste slaweketen. Ek floek di ferwenste huwelik. Ag, red my, red my tog, ferlos my fan di juk! Ek folg jou tot an di ynde fan di aarde. Geef my net jou hand. Ek fra niks meer ni. - Ag, Josef, jy wyer? - Jy kyk weg! Ag keer di hemelse oog tog ni fan my af ni. Dis di enigste ster wat nog fer my op aarde blink Ag, denk tog, ek staan op di rand fan di graf. - Ek stort nou, fer di laaste maal, myn hart, myn siil, myn alles foor jou uit. Ek fal an jou foete neer. Ontfang my as jou bruid, jou metgesel deur sandwoestyn en wildernis! Jou hand, myn Josef, of di dood! - di dood an jou sy! - Josef, jy ken myn suiwere hart. Lees daarin! of ag jy di hart on waardig, dan folg ek jou as slafin! Mar ferstoot my tog ni. Red my, of ek sterf.’ Sy werp sig weer neer op di grond en omklem syn kni'e, en roep nogeens: ‘Eén woord fan ontferming een ek sterf!’ en béwende klem sy syn bene al faster. Josef self was ontsteld. Hy sug en beef, en al wat hy kan uitkry is: ‘Asenat! beminnelike Asenat!’ Wénende en snikkende lig hy haar op. ‘Ag, Asenat, wil jy my dan tot so'n sonde, so'n roof ferfoer? Jy is Potifera syn slaaf en ek oek. En hy het jou ferhoog tot syn bruid en my tot syn opsiner. Hoe sou ons dan so'n sonde doen? Ons ken Abrahams God, wat reg en geregtighyd ys. Roep di God an om krag. Ag, help haar, help my, barmhartige God! Help ons, want mensekrag skiit hiir te kort!’ Hy ruk sig los, en seg: ‘Né, ons mag ni! Asenat! faarwel!’... ‘Né,’ gil sy uit, en gryp hom weer om syn lyf. ‘Né, ek het gen andere hoop as jy ni, gen God ni as jy alleen! Né, ek laat jou ni los ni. Fer ewig hou ek jou fas. Ek sterf an jou bors. Gen almag ruk my fan di bors los ni. Hiir, ja hiir sterf ek. Di fuur fan myn siil sal di ys fan jou hart laat smelt. Hiir’....en koorsagtig omhels sy hom en 'n warme soen fersmoor di woorde op haar lippe, terwyl haar trane syn bors besproei. Josef, self radeloos en buiten sig self, maak haar arme los en fal an haar foete neer, en sê: ‘Ag Asenat! om Gods wil, om jou selfs wil, en om my ontwil, wees tog be laard!’ ‘Né,’ gil sy uit, ‘né, dis nou afgedaan. Nou fry of dood! Neem my, of dood my!’ ‘Ag hemel!’ sug Josef, ‘né, dis tefeul! Dit kan gen mensehart hou ni. Faarwel fer eeuig!’ ‘Wreedaard! né, bly! bly, of sleep my same! Sleep my huilende in myn bloed na di afgrond mé as jy wil!’ - Hy flug...sy gryp syn opperkleed...Dit skeur los. Sy hou dit fas, fal op di grond neer en stamp haar hoof stukkend op di floer, en na nog 'n | |
[pagina 50]
| |
gil leg sy daar in haar trane en bloed, flou, sonder asem. Di huisgenote het haar geskreeu gehoor, en stroom an fan alle kante. Daar leg sy met Josef syn opperkleed in haar hand, fol trane en bloed en ademloos... Di slafinne breng haar na haar bed. Potifera word geroep. Josef werd gefang en in boeie geset, en foor hom gebreng, terwyl almal onstuimig om wraak roep. ‘Ontmenste booswig moet jy so myn guns beloon? Het ek daarom fer jou ferhoog en o'er myn hele huis geset, dat jy myn bruid, myn diirbaarste moet anrand en onteer? Ferb rg jy so'n bose hart onder di sedige gesig? - Mar spreek! Wat kan jy sê tot ferskoning fer jou gruweldaad?’ ‘Myn Meester!’ seg Josef bedaard, ‘ferwag tog ni dat ek fer my sal beskuldig of ontskuldig ni. Daar leef 'n God wat alles siin en alles an di lig sal breng. Di eer laat ek an Hem, wat di onskuld liif het. Ek leg myn lewe an uw foete neer as u dit ys. Mar u ken myn wandel, oordeel self of 'n menselike hart sig self so meteens kan ontrou worde. Mar ek gefoel self, alles getuig hiir teen my. Ek ondergaan myn lot gewillig. Net een woord. Het tog medelyde met uw bruid. Gen berou beswaar myn hart ni. Spreek mar myn fonnis uit.’ Hy gaan weg. Di brawe Potifera is hewig angedaan. Na 'n ruk stilte seg hy: ‘Né, di fergryp an di bruid fan syn meester is te groot. Dit kos hom syn hoof...Mar né, daar is tog ferskoning. Di fersoeking was te groot. Same opgefoed, alby nog so jonk en furig. En molik het sy hom nog angemoedig oek. Né, ek sal syn bloed ni soek ni, mar hom in di tronk syn skuld laat boet.’ Mar di gerug fliig deur heel Mitsra'im, tot in Farao syn palys. Almal roep om wraak. So'n misdaad moet swaar gestraf worde tot 'n afskrik. Asenat word foor Farao gebreng en di opperkleed tot 'n getuigenis teen Josef. Mar Farao bekyk di mantel en siin di skeur en fingermerke agter in di sleep, en sê: ‘Di merke getuig fan flug, en ni fan 'n geweldadige anranding ni. Dit bewys dat di slaaf di frou wou ontflug en dat sy hom wou fas hou en dus fan agter gegryp het toen hy flug. Di kleed toon syn onskuld. Mar, Asenat, jy moet bloos, want di kleed was in jou hand.’ ‘Ja, wreedaards,’ seg sy, ‘ferskeur myn arme hart mar nog meer! Mar wi het dan fer Josef beskuldig? Dis julle, julle self. Ek was in fertwyfeling ferfoer; ek weet ni wat ek gedoen het ni. Ne, spaar di edele jongeling! Set hom di kroon fan onskuld op di hoof. Di straf behoort an my. Straf my mar, ek dors tog na di graf.’ En meteen gryp sy 'n dolk en druk dit diip in haar bors, en fal neer wentelend in haar bloed. Dadelik laat hulle di koning syn dokter kom. Hy bekyk haar en pyl di wond en wend al di kragte fan di geneeskuns an om haar lewe te redde, want dit was di begeerte van Potifera en fan Farao. Hy herken haar toen, en seg by sig self: ‘Ag, frisse, teere blom, ek het jou hart gegriif, ek is oorsaak fan jou ongeluk. Mar né, ek sal fergoede wat ek gedoen het, ek sal jou genees en jou geluk herstel.’
Daarop wend hy sig tot Potifera en sê: ‘Jy weet, Fors, hoe fêr myn kennis fan ferborge dinge strek. Wel, ek het uit di sterre gelees, dat jy in gefaar was om bloedskande te pleeg met jou oudste dogter. Di kwaad wou ek foorkom, en het jou huis laat oppas. Toen jou oudste dogter gebore is, sterf jou frou in di kraam. En ek het di kindji laat weg steel en na Midian gestuur. En fandaar is sy as slafin terug gefoer in di arme fan haar fader, wat in onwetendhyd haar as bruid in syn arme wou neem. Gelukkig, di hemel het dit afgeweer. Di onskuld fan julle alby is gered. Daar leg jou dogter, Potifera. Jou droewige ferliis is fergoed. En met haar bloed het sy di noodlot fersoen. Nou wag haar 'n saliger huwelik.’ ‘Ja, wat ek gefoel het was faderliifde, mar ek het dit ni ferstaan ni. Myn diirbare Asenat, jy behoor my toe, ni as bruid ni, mar as kind. Nou ferstaan ek jou afkeer om met my te trou. Ek was ferblind.’ En di Koning Farao klim fan syn troon en sê: ‘Eer nou di mag wat julle fan bloedskande ferlos het. En an di edele Jongeling behoor sy toe. Reeds het ek, deur syn wyshyd foorgelig, syn bande losgemaak. Josef en Asenat is nou bruid en bruidegom, en Potifera is di gelukkige fader fan 'n seun en 'n dogter, wat 'n troon en 'n septer wêrd is.’ So is Josef getroud met Asenat, di dogter fan Potifera, en syn oudste dogter is getroud met di Kroonprins fan Mitsra'im, en aldus is later uit di saad fan Josef | |
[pagina 51]
| |
en Asenat di prinses gebore, wat di Koningin fan Skeba geworde het, waar fan ons nou ferder de geskidenis sal ferhaal. * * * ‘En staan dit alles daar in di ou rolle?’ - fra Henni ewe haastig toen ek klaar had met lees. ‘Ja seker, Henni, siin jy nou, jy wou mos ni glo ni’ - merk Neef Gideen op. ‘A né, mar nou glo ek, Oom Gideon, di ou rol het fer my regtig laat huil fannaand. Né, nou wil ek al te graag weet wat ferder in di ou rolle staan. Meneer du Toit moet nou finnig fertaal. Ek word nou nuwsgirig’ - was Henni syn bekentenis. ‘Ja, Henni, glo my, ek het di twe dage net hard gewerk om te fertaal wat ek fer julle nou gelees het,’ was myn antwoord. ‘Mar hoe kom sou di rol dan net di een ding fan Josef fertel?’ - fra Neef Hendrik. ‘Wel, omdat di skrywer soos ons fan di begin af al gesiin het di oue geskidenis fertel net so fêr as dit in ferband staan met di geskidenis fan hiirdi land, waarfan hy di kronike beskrywe, soos hy beloof en soos ons dit waarskynlik later sal kry. Di ferhaal gé hy so uitfoerig, omdat hy wil laat uitkom dat di Koningin fan Skeba 'n afstammeling is fan Josef en Asenat, net soos di geskidenis fan Rut ons uitfoerig ferhaal word om an te toon dat David en later Jesus uit haar afgestam is.’ Dit was myn antwoord. ‘Mar waar sou Elihoref al di bisonderhede gekry hê?’ - fraag Neef Hendrik ferder. ‘Waarskynlik fan di Koningin fan Skeba self, in elk gefal uit Egiptise bronne,’ - merk Neef Gideon op. Daarop merk ek op: ‘Ja, en molik uit andere bronne oek. Di Koran en andere oue geskrifte het oek heel wat daarfan. Daar was baing mondelinge o'erlewerings in di dage.’ ‘Mar di ferhaal is mos in stryd met di Bybel,’ - merk Neef Hendrik an; ‘want kyk fereers, hy maak Potifar en Potifera één persoon.’ ‘Né, dis ni juis in stryd ni. Di oue Griikse fertaling fan di Oue Testament deur di 70 geleerde Jode, wat juis in Egipte gemaak is, ge di twé name oek net eenders op, en di meeste bybelferklaarders stem oek in dat dit een en diselfde persoon is, net mar di naam Potifar is 'n ferkorting fan Potifera, soos ons find dat meer name in di bybel ferskillend gespelde word. - So oek met di naam fan syn dogter. In Hebreeus is dit Asnoot, di Griikse en Latynse fertaling het dit Asenet, en ferskye andere fertalings het dit Asenat, terwyl ons Hollanse fertaling is Asnat. Mar dis duidelik dat dit mar diselfde Egiptise naam is wat in di ferskillende tale ferskillend uitgedruk word,’ - was myn opmerking, want ek had di twé dage fer afwisseling reeds nagelees omtrent di geskidenis wat ek kon kry. ‘Né, di geskidenis kom fry na o'ereen met di bybelse ferhaal, dis net meer uitgebryd,’ merk Neef Gideon an. ‘Selfs daarin is gen beswaar ni, dat di bybel haar noem Potifar syn frou, en follens di ferhaal was sy mar syn bruid. Mar follens di gebruike fan di tyd was ferloofde so goed as man en frou. Kyk mar Lot syn skoonseuns, hulle word reeds syn skoonseuns genoem, hoewel hulle mar ferloof was an syn dogters. En di geskidenis ferklaar dit wonderlik mooi, hoe Potifar syn bruid meteen syn dogter was en later met Josef getroud is. Di enigste punt fan ferskil lyk fer my, dat sy hiir onskuldiger foorgestel word as in di bybelse ferhaal.’ ‘Ja, en daarfoor is oek 'n heel begrypelike rede. Daar haar dogter later in di koninklike famili fan Egipte getroud is, is dit heel natuurlik dat di Egiptise tradisi, waaruit Elihoref denkelik geput het, di saak fer haar so mooi en skoon as molik is foorlê,’ - merk ek op. ‘Sodat di ferhaal fan Moses hiir op di punt fan ferskil oek di waarhyd befat.’ ‘Mar 'n ander beswaar wat ek siin,’ sê Neef Gideon, ‘is dat di Farao waaronder Josef ferneder en ferhoog is blykbaar geregeer het o'er di hele Egiptelan l, follens di bybel, en follens di ferhaal was dit een fan di herdersforste (Hiksos), wat mar o'er Onder Egipte geheers het.’ Di beswaar had ek oek al by di fertaling gehad en had dit o'erdenk en di boeke wat ek had daaro'er nagelees; daarom kon ek maklik dit oplos: ‘Dit is opperflakkig beskou 'n beswaar. Mar dit fal weg as ons bedenk, dat di honger swaar was o'er di hele land fan Egipte, ens. dat dit moet ferstaan worde sofêr as di Farao syn regering gaan.’ Ferder lees ek hulle toen foor wat Professor Rawlinson daarfan seg (in Ancient Egypt, bl. 145): ‘Daar was 'n oue o'erlewering dat di Koning wat fer Josef tot syn eerste Minister gemaak het, en di hele bestuur fan Egipte in syn hande gestel het, Apepi was. Georg de Sinsellus seg dat di tydsbepaling deur almal angeneem is. Dit is duidelik dat di ankoms fan Josef ni, nes di fan Abraham, gefal het in di tyd fan di Oue Ryk ni, want onder Josef was pêrde en wagen ens en karre in gebruik, wat onbekend was foor di infal fan di herdersforste (Hiksos). Dis oek natuurliker dat Josef, wat 'n freemdeling was, sou ferhoog worde deur 'n freemde Koning as deur 'n gebore Egiptenaar, en di guns an Josef syn broers bewys, wat herders was (Gen. 46:32), kom in elke gefal o'ereen met di o'erlewering dat dit 'n Herdersfors was, wat op di troon was in di tyd fan hulle ankoms. 'n Priester fan Heliopolis sou bowediin ni lig syn dogter met Josef laat trou het ni as dit ni in 'n tyd was toen di priisterskap in 'n fernederde posisi was. Foeg hiirby dat di Farao fan Josef blykbaar in Beneden Egipte gewoon het, en ni an Tébe ni, wat di setel fan di regering was enige honderde jare foor en na di regering fan di Herdersforste. En as ons anneem om Josef te plaas onder een fan di Herdersforste dan is daar gen rede waarom ons ni di o'erlewering sou anneem wat hom ferbind met Apepi ni. Apepi was heerser o'er di hele Egipteland, soos dit lyk of Josef syn Farao was. Hy het een God | |
[pagina 52]
| |
erken, soos di koning gedoen het (Gen. 41:38, 39). Hy het as koning heeltemal di Egiptise sedes en gewoontes angeneem. Hy had 'n raad fan geleerde skrywers, 'n pragtige hof, en 'n freedsame regering tot di ynde toe. Syn setel was in Benede-Egipte, in Tanis of Anaris. Hy was 'n fors fan sterke wil, standfastig en gedetermineerd; een wat ni terug gedyns het om grote feranderinge in te foer ni, en wat syn besluite uitfoer op 'n bitji willekeurige maniir. Di gronde dat hy di koning fan Josef was is wel ni onfylbaar ni, mar tog so waarskynlik, dat ons genyg foel, met di meeste nuwe geskiidskrywers fan Egipte, di andoenlike geskidenis fan Josef te plaas onder di regering fan di laaste Herdersfors.’ Daarop merk Neef Hendrik nog an: ‘En daarmé kom oek o'ereen wat di Bybel sê, dat na Josef syn dood 'n freemde koning opstaan wat Josef ni geken het ni, en Israël ferdruk. Dit meen dan 'n nuwe forstehuis (dinasti).’ Hiir fal Henni in, fer wi di geselsery nou 'n bitji te droog worde: ‘Ja, hoe dit oek mag wees, mar dis daarom net 'n mooi stori; ons moet nou mar gaan slaap, dat Meneer du Toit morge fluks kan fertaal. Ek wil nou graag weet wat ferder in di ou rol staan.’ En di wenk word gefolg. |
|