kry ons di héle geskidenis daar in beelde afgeteken langs di mure. Ek het bowediin di beskrywing wat Professor Rawlinson gé fan di geskidenis oek megeneem, in Ancient Egypt (bl. 178-186), een fan di bo ke, wat ek an Bulawayo gekoop het. Ter wille fan di samehang gé ons eers di hele geskidenis soos ons dit fertaal het en daarna 'n samefatting fan ons bespreking, hoewel ons dit punt fer punt gelees en dan di afbeeldings nagegaan en bespreek het.
* * *
En Mitsra'im syn seun Ames word koning na syn dood. En di bewoners fan Mitsra'im [Egipte] was naby di sé en had 'n frugbare land, wat jaarliks o'erstroom word fan di rifiir Gihon [di Nyl], en het in omgang gebly met di kinders fan Jafet en Sem, en het daar 'n grote ryk gestig en grote huise en stede en grafte [Piramides?] gebou, follens di gedenkteken wat hulle daar gebou het foor di o'erstroming.
En omtr nt 2,300 jare na di skepping fan di mens, en omtrent 650 jare na di grote o'erstroming, en omtrent 700 jare foor Salomo di tempel gebou het, het daar 'n geweldige koning in Mitsraim [Egipte] geregeer, wat 'n dappere krygsman was en al di lande rondom ferower het. Syn naam was Totmes, en syn hoofstad Tébe. Eers had hy net 'n dogter, Hatasu, mar toen hy al oud was is hy weer getrou, en het syn frou 2 seuns gekry, een wat hom moes opfolg as Totmes di twede.
Mar Totmes was al oud, en syn dogter Hatasu was 'n slimme en dappere frou, nes haar fader. So het sy in syn laaste jare same met hom geregeer en hy het an haar di troon-titel gegé fan Ra-ma-ka, en het fer haar genoem di ‘Koningin fan di Suide en fan di Noorde.’
Toen Totmes dood was folg syn seun fer hom op, vollens gebruik fan di land, onder di naam fan Totmes-nefer-shou. Mar hy was mar jonk en swak fan ferstand en sag fan aard, en Hatasu was ouer en slimmer. In naam trou sy toen met haar halwe broer en regeer di land.
Sy het baing grote geboue laat maak, en het stukke angebou an di tempel fan Ammon by Karnak, en het oek di tempel gebou by Menet Abou, naby Tébe.
Di gesamelike regering fan Hatasu en haar broer het mar kort geduur. Sy wou heeltemal alleen regeer en het in 'n sameswering haar broer laat fermoor, terwyl hy nog jonk was.
Sy het toen geregeer as Koningin fan Mitsra'im [Egipte], en het sig self genoem: ‘di lewende Horus, fol fan goddelike gawe, di beheerseres fan di krone, ryk in jare, di goue Horus, godin fan di krone, Koningin fan Onder en Bo Mitsra'im [Egipte], dogter en frou fan di Son, frou fan Ammon [een fan hulle go 'e], wat eeuig lewe, wat woon in syn hart.’ Dan wou sy oek 'n man wees en het mansklére gedra en 'n false baard. Haar naam het sy angeful tot Hatasu-Khnum-Ammon, waardeur sy sig fereenselwig het met 2 fan hulle fernaamste gode. Later het sy fer haar Koning genoem en di titels angeneem fan: ‘Seun fan di son,’ ‘di goeie god,’ ‘heer fan di 2 lande,’ di ‘beminde fan Ammon, di beskermer fan di Konings.’
Mar sy was ni tefrede met di folle heerskappy in Onder en Bo Mitsra'im ni, mar sy wou haar handel uitbry en feral gemeenskap open o'er sé en o'er land met di land fan Punt, Ta-neter, di Heilige Land, di ferblyf fan Ator, in di suide, waar di seuns fan Kus di ryk fan Skeba gestig het. Daarom het sy an di Skelfsé 12 skippe laat bou, wat met roeie en syle gedrywe worde, en het op elke skip 70 man geset, erfare sémanne, en een fan di seuns fan Kanaän [fan Tirus?] fer opperskipper op elke skip. Op elke skip was 30 roeiers, 10 werk met di syle, en di ander was gewapende soldate, as hulle mog angefal worde. En o'er al di skepe same het sy een gesant geset, met persente fer di stamme waar hulle kom.
Di skippe het sy toen uitgestuur fan di Skelfsé, met di order dat hulle ni mag terug kom ni, foor hulle an di land fan Punt was ni. Met 'n gunstige wind beryk hulle yndelik di hawe fan Ofir [Sofala?], waar hulle di skippe laat met enige manne, terwyl hulle di rys maak na Skeba met kamele, wat hulle megebreng het met di skippe.
Hulle breng toen di persente an di Koningin, wat in di tyd o'er Skeba geregeer het, en sy ontfang hulle regte frindelik. Sy was getroud met Parihu, mar follens di gebruik fan di land het sy geregeer. Di geselskap fan Mitsra'im [Egipte] het enige tyd, daar gebly, en di gesant fan Hatasu het 'n o'ereenkoms gemaak, waarby di Koningin fan Skeba di oppergesag fan Hatasu en fan di konings fan Mits-