En dis di name fan Noag syn seuns: Jafet, Gam en Sem. En hulle had weer kinders, want hulle het frouens gen em foor di o'erstroming. Jafet had 7 seuns, en Sem had 5 seuns uit wi Abraham en di Hebreën afgestam het.
Mar Gam had eers mar 4 seuns: Kus, Mitsra'im, Put en Kanaän.
En di seuns fan Kus was Seba, Hafila, Sapta, Raäma en Satega.
En di seuns fan Raäma was Skeba en Dedan.
En di seuns fan Mitsra'im was Lud, Anom, en Patros, Gaslôt en Kaftor.
En di seuns fan Put Gebal, Hadan, Bena en Adan.
En di seuns fan Kanaän was Sidon, Het, Amori, Gergasi, Hifi, Arké, Seni, Arodi, Simodi, en Gamoti.
En Noag plant 'n tuin en 'n wi gerd en di eerste maal wat hy fan di druiwesop drink word hy dronk. En Kanaän siin dit di eerste en hy bespot syn oupa, en hy roep syn fader Gam en hy lag o'ek o'er syn fader. Mar toen Jafet en Sem dit hoor het hulle fer hulle fader in di tent toegedek. Daarom het Noag toen hy ontwaak uit syn dronkenskap fer Jafet en Sem gesegen en fer Kanaän, di seun fan Gam ferfloek.
En na di ferfloeking en bestraffing het Gam met syn kinders, omtrent 730 man, toen weg getrek fan Noag af, na di suide, waar di mense eers gewoon het onder an di rifiir Gihon [di Nyl]. Mar Kanaän en syn kinders het langes di [Middellandse] Sé gaan woon. En Put met syn seuns gaan langs di Skelfsé woon. En Mitsra'im en syn seuns bly by Gam hulle fader, en na hom is di land Mitsra'im [Egipte] genoem.
En Kus, di seun fan Gam, di seun fan Noag, neem 'n frou op syn oue dag en sy baar fer hom 'n seun, en hy noem syn naam Nimrod, want in di tyd begin di mense weer te rebelleer teen Elohim [God]. En syn fader was baing gek na hom. En di fel-klere wat God fer Adam en syn frou gemaak het, toen hulle uit di Paradys ferdrywe is, was an Kus gegé. Want na di dood fan Adam is di klere gegé an Enog, di seun fan Jered, en toen Enog opgeneem is na God het hy dit an syn seun Metusela gegé, en na syn dood het Noag dit geneem en in di skip bewaar. En by syn weggaan het Gam dit gesteel fan Noag en dit weggesteek. En Gam het dit an syn ouste seun Kus gegé, stilletjiis; en Kus het dit oek lank weggesteek fer syn broers en seuns. Mar om hy fer Nimrod so liif had gé hy di klere an hom, en toen hy 20 jaar oud was trek hy dit an. En hy word sterk en God gé fer hom krag, en hy was 'n geweldige jagter, en dood di wilde dire en hy bou altare en offer di dire fer Jawê [di Here]. En Nimrod was 40 jare oud toen daar 'n oorlog was tussen di kin lers fan Gam en fan Jafet, en Nimrod o'erwin di kinders fan Jafet en hy was di heerser o'er di land en bou di stad Sinear, en hy wyk af fan Jawê en diin afgode, en bou 'n toren en dit was kwaad in di oge fan Jawê [di Here] en Hy ferwar daar hulle tale, en daardeur werd hulle werk ferydel, en ferstrooi di mense o'er di aa de.
Mar Kus en syn seuns gaan terug op met di rifiir Gihon [di Nyl] na di land waar di mense foor di o'erstroming gewoon het. En syn seuns Hafila en Raáma met hulle kinde s trek nog ferder suid o'er di rifiir Pison [di Sambesi], waar di goudland is, wat na Hafila genoem werd. En Raama syn seuns was Skeba en Dedan, en Skeba was di stigter fan hiir di koninkryk, wat na hom genoem werd, en hy was di eerste ko ing fan di ryk. Mar hy had net 5 dogters en gen seun ni, en daarom het hy dit tot 'n wet gestel, dat o'er di ryk altyd koninginne moet regeer, eers syn oudste dogter, en so altoos di oudste dogter in opfolging.
En di koninkryk fan Skeba was ryk an goud en edelgesteentes en ifoor, en di aarde was frugbaar om alle soorte frugte en groentes op te bieng, en di folk word groot en sterk, en hulle grawe goud en drywe handel, en hulle had goudsmits om di goud te bewerk. Mar hulle het eenfoudig gelewe in strooihuise.
* * *
'n Predikant het nooit 'n andagigter gehoor as ek had met di voorlees ni, tot Klaas inkluis, wat nou weer heeltemal beter was.
‘Hiir het ons nou hoe hiir-di ryk gestig is deur 'n agterklynseun fan Gam. Dis ferwonderlik dat dit ni froeger opgemerk is hoe di name fan di geslagsregister in Genesis 10 o'ereenkom met di name wat Mozes Genesis 2 noem fan di woonplek fan di eerste mense ni. Dis tog alg meen erkend, dat Gam in Afrika kom woon het. En kyk nou, di name fan syn seuns is almal hiir in Afrika: en dis bekend dat di stamfaders in di oue tyd di lande waar hulle gaan woon het na hulle name genoem het. En let nou op,