En di priisters fan di afgode kom toen na di kinders
Set en ferly hulle oek tot afgodery. * * * * * * * * * * * * * * * * * * *
Met gespanne andag luister almal terwyl ek lees, tot Klaas inkluis Na 'n rukki stilte sê ek: ‘Di stuk ferhaal ons dus iits tussen di skepping en di sondefloed. Di foorpunt wat weg is het denkelik di skepping beskrywe. Dan het ons nou hiir 'n nadere beskrywing waar di Paradys gelê het en hoe di mense fandaar ferdeel het. En dan makeer weer 'n stuk, wat waarskynlik di sondefal megedeel het. Wat ons dan ferder lees is in so fêr fan belang, dat di Hére foor di sondefloed di mense ni alleen fermaan het deur Henog ni, mar oek gewaarsku het deur 'n o'erstroming fan di Nyl. Hiir is dus twé nuwe punte fer ons om 'n bitji o'er te gesels.’
‘Ja, en twé allerbelangrikste punte oek,’ sê Neef Hendrik. ‘Dis wonderlik, ek kon my nooit ferenig met di gewone opfatting dat di Paradys in Asi'e geleg het ni.’
‘Wel, hiir is di eerste bewys fer di juishyd fan di geskrif,’ was myn opmerking. ‘Daar is tot nog toe gen plek op di aarde ontdek wat oek mar enigsins beantwoord an di bybelse beskrywing fan di geaardhyd fan di land waar di paradys gelê het ni. Nergens is so'n hoogland woaruit 4 rifire hulle oorsprong neem ni. Daarom het di ferklaarders tot nou toe ni min rond gefal om di plek te soek ni. En hiir lê nou 'n pragtige hoogland waaruit di 4 grote rifire ontspring; en in di ooste fan di hoogland lê di wonderbare, frugbare flakte, 3000 fiirkante myle groot, wat onder andere di ontdekkingsrysiger Stanley so pragtig beskrywe, dat 'n mens buitendiin by di lees somar onwillekeurig terugdenk an di paradys. Hiir flak onder di sonnelyn ferhef sig di Maanberge, 18 duisend foet hoog, met eenige sneeu bedek, en selfs di grote mere an di foete, fan di berge is nog 3 tot 4 duisend foete bo di séopperflakte; en an di hellinge fan di berge beskrywe Stanley plekke waar 'n eenige lente heers en waar di aarde altoos in weelderig groene gewaad fersiir is, en di pisangs en plantaan en andere frugte nou nog di heerlike frugte dra.’ (In Darkest Africa, II, bl. 294-298).
‘Mar party oue skrywers ferklaar dit mos dat dit ni 4 rifire is ni, mar 4 takke of arme wat naderhand in makaar loop as een rifiir, en dit wys hulle dan in Armeni'e of oek op ander plekke in Asi'e an,’ merk Neef Gideon op.
Mar hiirop was myn antwoord: ‘Elke mens kan siin dat di ferklaring mar gesoek is uit kan ni anders ni. Hulle kon in Asi'e gen plek kry wat an di beskrywing beantwoord ni, toen het hulle mar daar 'n lesing an gegé net flak di teeno'ergestelde wat daar staan. Want in plaas fan dat daar sprake is fan 4 spruite of hoofde wat tot een rifiir word, word daar juis gepraat fan een rifiir wat uit di hoogland fan Eden kom om di tuin te bewater, en dat in di waterskyding of hoogland di bron is waaruit 4 rifire hulle oorsprong neem, en dan word di 4 rifire beskrywe hoe hulle deur aparte lande loop en di lande word oek beskrywe. En hiir is di twede bewys dat di beskrywing juis is: di name en beskrywing fan di rifire en lande waar hulle deurloop is hiir in Afrika fan toepassing en nergens anders op di wêreld ni.
Neem nou mar di bekendste fan di 4, di Nyl. Fereers noem di Abissini'ers nou nog di rifiir “Gihon,” en di Kopte noem dit Kêon. Dan word uitdrukkelik fermeld dat di rifiir deur di land Kus loop, waarin alle geleerde erken dat dit in Afrika lê, en wel Abissini'e is. Alle geleerde fan enige betekenis, insonderhyd di oue skrywers, erken dan oek dat Gihon di Nyl beteken. Daar kan hulle ni uitkom ni,’
‘Mar wat sê di oue skrywers dan daarfan?’ fraag Neef Hendrik seer tereg.
‘Wel, dis wonderlik hulle erken almal dat di Nyl di Gihon is wat Moses fan spreek. En dis 'n ander bewys fer di waarhyd fan di foorstelling dat di paradys in di hart fan Afrika gelê het. Di Egiptise oudhyd (wat di ander folke 'n duisend jaar fooruit is in geskidenis-beskrywing) is eenparig op di punt. Di 70 fertalers fan di Oue Testament in Griiks het dit oek so opgefat follens hulle fertaling fan Jer. 2:18. Di Arabire, wat na di Egiptenare di meeste handelsbetrekkings had met Afrika had dit oek so; Stanley gé baing anhalings uit Arabise skrywers. Di oue Kerkfaders had oek almal di opini.’
‘Mar hoe kry di latere ferklaarders dit dan reg as hulle di Paradys in Asi'e plaas, terwyl di Nyl tog syn oorsprong het in di hart fan Afrika?’ - fraag Neef Hendrik ferder.
‘Ja, dit was fer hulle mar 'n harde neut om te kraak. Hulle enigste uitflug was: di onkunde fan di oue mense met di aardrykskunde. Hulle wil dan fertel dat di oue mense so onkundig was om te glo, dat di Nyl syn oorsprong had in Asi'e, mar onderaards onder di sé deurkom na Afrika en dan so weer terug, en al sulke ongerymdhede.’
‘Né, mar dis tog te erg,’ - sê Neef Hendrik; ‘want di Bijbel sê mos dat Mozes geleerd was in al di wyshyd fan di Egiptenare, en dit was mos 'n slim folk.’
‘Ja,’ - was myn antwoord, ‘en dis nog di sterkste bewys dat di Paradys in di hoogland fan Afrika was: omdat al di ouste folke daarin o'ereenstem en hulle het meer geweet fan di aardryks kunde as di Grike en Romyne, fan wi ons later di wetenskap gekry het. Di Egiptenare was fer di andere folke ruim 'n duisend jare fooruit in geskidenis-beskrywing, en follens hulle hi'eroglife, of beeldskrif, wat nou eers ontsyfer word, en follens hulle afbeeldings, is hulle eenparige leer: dat hulle en di ganse menselike geslag afkomstig is ni uit di noorde, uit Asi'e ni, mar uit di suide, uit Afrika, en dat hiir di Paradys was, “di Heilige Land fan Khent.” Dit het 'n geleerde onlangs angetoon en tot nog toe het nimand fer hom kon weerspreek ni. (Adams, The Drama of Empire, en The House of the