waar di gang na toe ly. En toen Henni siin dat ons almal forentoe dwing, was hy te bang om alleen terug te draai, en al pruttelende gaan hy oek mar ferder same.
Nadat ons nog 'n end geloop het kom ons in 'n tamelik grote kamer, mar laag en onregelmatig, feral di bodem of floer is heeltemaal hobbelagtig en ongelijk, terwijl di symure glad is, oek amper net soos in di grote piramide. En op di mure is enige lelike wangedrogte afgeteken, wat baing na bose geeste gelyk. Mar ons het hiir ni te lank fersuim ni, fereers omdat di lug erg bedompig was en ferder omdat ons plan was om nou mar eers deur te loop so fêr as ons kan en 'n algemeene o'ersig te neem, om dan later noukeuriger alles na te gaan.
Foor ons omdraai sê Henni, toen ons di ruwe, akelige afbeeldings langs di mure bekyk: ‘Né, kom, laat ons loop! Hiir woon di duiwel!’ En ons het almal oek mar 'n bitji so gefoel, meer of ons in di afgrond is as op di aarde.
Toen terug tot waar di andere gang uitdraai en daarmé toen weer skuins op na bo'entoe. Ons foel toen dat ons weer in di farse lug kom. Werkelik kon ons toen merk, dat daar 'n koele lugstroom fan di opening by di ingang af met di opgaande gang deurtrek, wat weer 6 foet hoog is, sodat ons orend kon loop.
Ons het ni te fêr met di opdraande gang geloop ni of ons kom in 'n grote kamer glad en nettjiis afgewerk an alle kante en bo weerskante skuins toelopende. Di floer is oek mooi glad. Daar di klippe op di floer en an di kante wel glad en gelyk loop, mar onregelmatig fan form is, lyk dit of hulle di gange en kamers gedeeltelik uitgekap het, en gedeeltelik ingemessel.
In di middel fan di kamer is 3 sarkofage, of doodkiste fan diselfde seepklip, met klipdeksels op. Ons lig een fan di deksels op en siin, ja, daar lê 'n mummi of fersteende lyk in. An di mure rondom is 'n héle party afbeeldings (hieroglife ?), een daarfan lyk amper nes di fersterkte kop by Simbabwe. Party fan di afbeeldings lyk amper of dit 'n rys andui. Mar daar is 'n paar skippe, wat wys op 'n sérys, en dan weer Olifante en Kamele wat 'n landrys foorstel. Mar fan goudgrawery is hiir gen afbeelding ni. Oek siin ons hiir niks fan waarde in di doodkiste by di Mummiis ni, wat ons fersterk in di mening dat di plek froeger ope gemaak en di kosbare dinge uitgehaal is. Mar soos ons gesê het, ons plan was nou nog ni 'n noukeurige ondersoek ni, net mar 'n algemene o'ersig. Daarom het ons ni lank hiir fersuim ni. Want ons had dadelik gesiin dat di gang an di andere kant fan di kamer weer uitgaan, waarmé ons nou ferder op gaan.
Nadat ons weer 'n goeie end, sê omtrent 'n honderd tré, geloop het, kom ons in 'n fertrek, ruim so groot as di forige, of molik nog groter; want ons het gen meetlyn mégeneem ni, en ons plan was oek ni, om di slag noukeurige mate te neem ni. Hiir is oek 3 sténe kiste, met sténe deksels op en gebalsemde lyke in, nes di forige, mar di kiste het meer fersirings buitekant op gegrafeer, nes di Egiptise en Fenisise, mar ni so fyn ni; en di mure is oek weer fol afbeeldings, een daarfan lyk nes 'n party boesmans wat langs 'n rifiir sit goudkwarts te fermaal op di klippe. Mar di tekeninge is oek mar grof.
Waarnatoe nou? Want uit di kamer gaan nou 3 ferdere gange behalwe di wat ons ingekom het. In di teeno'ergestelde rigting fan wat ons mé ingekom het gaan weer di gang ferder skuins op, en dwars na weerskante toe loop 2 gange waterpas uit. Ons besluit toen om eers di twee dwarsgange te folg, om te kyk waar hulle natoe gaan, foor ons ferder op gaan.
Mar soos ons met di sygange uit di lugstroom gaan wat met di opgaande gang na bo trek, merk ons dat di lug weer bedompiger worde. Di 2 sykamers is net so groot as di andere, mar agtertoe in gaan hulle nog elkeen met 2 punte in, en rondom langs di mure is stene kiste, somar in di kante uitgekap, omtrent soos 'n krip, en daarom elke kis met 'n klip deksel op en 'n mummi in. Mar di mummiis is anders toegedraai as di andere. Dan het ons in di haas enige kiste ope gemaak en daarin gekry diselfde fo'els en falli as by Simbabwe gekry is, oek fan seepsteen gemaak en eenige erde en koper bakke, wat lyk na di wirookfate of offerbakke, oek soos by Simbabwe ontdek is. Dit, en di afbeeldings langs di mure, wat offerplegtighede en godsdiinstige optogte en di anbidding fan di opgaande son foorstel, breng ons op di gedagte dat di 2 sykamers di lyke fan di priisteresse befat, terwyl di kamers an di opgaande gang di mummiis fan di koninginne bewaar.
Mar foor ons di lesers ferder ly op ons eerste rondgang di nag, wil ons 'n sketskaart gé hoe di gange loop en hoe di kamers gelege is binne in di kop, want anders frees ons dat di beskrywing ni fer hulle so duidelik sal wees as ons dit wens ni, en dat hulle by di eerste lees net so in di war sal foel soos ons by di eerste deurloop di nag. Ons het gen onderaardse meetkunde geleer ni en had oek ni di benodigde instrumente om 'n suiwere sketskaart follens 'n skaal te maak ni. Maar ons had 'n kompas, 'n waterpas, en di meetlyn, waarmé ons later di héle binnewerk fan di kop so noukeurig as ons kon opgemeet en bepaal het, soos ons dit nou op di follende bladsy gé.
Di leser siin dus, ons is by di ingang (c) in gegaan en met di gang skuins af tot in di afgrond kamer (x). Daarfandaan af is ons terug en toen met di andere gang skuins op na di kamer 1, en fandaar na kamer 2, en fandaar na di sykamers a en b. An di buitekant d is di fywer wat ons di forige dag gekry het, met di graniit formasi rondom met stippels angewys.
Ons is dus gebly in kamer 2. Daar wou Henni alweer omdraai. ‘Kom, ons gaan slaap,’ sê hy, ‘ek is moeg. Di héle dag het ons fer ons boeg lam gegrawe om di klipdeur ope te kry, en nou nog di liwe nag hiir in di gate tussen di dooi mense rondloop! Ons kan mos morre weer ferder kom kyk.’