seker ni al hulle dode hiir begrawe ni, mar net di Koninginne soos di Rol sê.’ So wou ek Henni inly.
‘Ja, julle kan alles glo wat in di oue rol staan, mar ek glo ni foor ek ni met myn oge gesiin het ni.’ So kom Henni syn ongeloof weer bo.
‘Nou ja, ons sal dan mar nou gaan slaap. Dan is Hen i morre oggend uitgerus om fluks te kan grawe, totdat hy met syn oge kan siin. -’ Daarmé maak Neef Gideon 'n end an di gesprek. Ons besluit toen nog net, dat ons di wa mar sal laat bly hiir by di plek waar ons wil grawe, en Klaas kan mar bedags as hy en Salomi di osse gaan water gé, meteen fer ons water mebreng.
Di oggend was almal op toen dit lig word, en nadat ons koffi gedrink en 'n stukki ge'eet het, is di grawe en pikki uit, en ons is na di bos tussen di 2 grote klippe toe, soos di Molimo fer ons bedui het. Almal was mar nuwsgirig om te weet of daar nou regtig 'n ingang is of ni. Di bos en klippe is mar naby di foet van di berg, en digteby di wa, en toen di son opkom was ons al kliphard an di werk, batjiis uit, hoewel gen mens daar 'n ingang sou gaan soek hê as ons ni di anwysing had ni.
Ons begin 'n end ouderkant di boom, want di Molimo het mos gesê: di boom syn wortels bedek di ingang. Di een rol di los klippe weg. Di ander het di pik, om los te kap. Di derde het di graaf, om di los grond weg te goi. En dit forder net fluks. Naderhand skré ons Klaas moet di byl breng, want ons moes begin wortels weg kap.
Eer dit reg middag was kom ons op 'n grote platte klip, wat skuins staan. Mar ons bemerk dat ons an een kant nog di wal wi weet hoe fêr moes weg grawe foor ons di minste kans het om di klip te bewege. Daarom gaan ons toen mar eers 'n stukki eet, wat Henni fooraf gaan klaar maak het.
Toen ons nog 'n end fan di wa af kom, skré Neef Gideon al: ‘Henni, jong, ons het di klip-deur al gekry.’
‘Ag, Oom Gideon speul al weer,’ was Henni syn antwoord.
‘Né, regtig, net so'n klip-deur soos di 2 wat ons in Simbabwe onder di toren gekry het. Ons moet mar net gou eet, en dan moet ons almal same met alle krag perbeer om di klip-deur weg te kry. Foor son-onder moet di grafkelders ope wees, en Henni moet fannaand daarin gaan slaap, want hy sê mos hy is ni bang fer spoke ni’ - sê Neef Gideon, half ernstig, half spottend.
Mar ja wel. Ons het di héle agtermiddag net hard gewerk en di aand had ons di klip nog ni weg ni. Want hoe meer ons weg grawe, hoe meer ons uitfind hoe groot di klip is. Henni had al enige male di graaf neer gegoi en gesê: hy sal ni so gek wees om fer hom dood te werk om di tamaai klippe uit te grawe ni. En werkelik begin ons oek al in di stilte te frees, dat ons ni in staat sal wees om di klip te ferroer ni, wat sal sê weg te kry fan syn plek af.
Boeg lam hou ons di aand op, en ons had lank ni so feul storiis by di fuur as di forige aand ni. Tog was ons plan ni om di saak op te gé foor ons alle middels perbeer het ni.
Di follende oggend herfat ons di werk met nuwe moed. Ons begin toen wat bre'er en diper fan onder af di grond en los klippers weg te werk. By di oop maak word dit ons al duideliker, dat dit ni somar 'n gewone klip in syn natuurlike posisi is ni. En toen ons di kant wat nog in di wal eenkant was ope het, toen merk ons al dat daar 'n opening fan omtrent 'n half-foet breed was. En toen ons di hele klip mooi fan buite ope gegrawe het, kon ons duidelik siin dat dit 'n klip-deur foor 'n opening is; mar dit blyk oek duidelik, dat di klip ni so sekuur in di natuurlike rots in geset is ni as di klip-deure wat ons by Simbabwe gesiin het. En myn eerste opmerking was: ‘As dit di opening is, dan frees ek dat dit al froeger ope gemaak is foor ons, deur mense wat ni geweet het om dit weer so sekuur toe te maak ni.
‘Mar wi sal hiir in di woeste wêreld dit kan ope gemaak hê? En kijk di tamaai boom wat dan al o'er di klip gegroei het’ - sê Henni al weer éwe ongelowig.
‘Ja, mar, Henni, jy moet oek denk dis al amper 3 duisend jare dat di laaste Koningin fan Skeba hiir begrawe is. En di nasiis wat toen hiir in di land gewoon het kan dit maklik na tyd di kom ope maak hê, om di skatte, wat met di Konninginne same begrawe is uit te haal. En na di tyd kon dit weer so toegefal hê en di boom hiir gegroei hê. Het jy dan ni gesiin di oue bome in di oue myne en in di geboue by Simbabwe ni?’ - merk Neef Gidoen an.
Mar di grote fraag was nou: Hoe sal ons di klip weg kry? Dit staan skuins teen 'n faste rots an, bo leg dit fas teen di rots en onder is dit sowat 'n foet fan di rots af. Neef Hendrik syn plan was ons moet nog diper grawe en laat di klip sak. Mar toen ons dit wou perbeer merk ons dat dit onder oek rus of 'n faste rots; sodat dit amper lyk of di oue mense di rots foor soingewerk het, om di klipdeur mooi fas daarin te kan fersegel. En di wat dit later ope gemaak het kon dit ni weer so kry ni. Di klipdeur was omtrent 5 foet breed en amper 7 foet hoog. En by di opening weerskante onder kon ons duidelik siin dat daar agter 'n ingang, of in elke gefal 'n holte moet wees.
Ons begin toen al te denk om di klipdeur met dinamiit te laat stukkend skiit of eenkant 'n gat te laat inspring. Mar ons laat eers di koefoet haal bij di wa, en met ferenigde kragte kon ons tog di klip so effe beweeg. So sny ons dit eers di een kant, dan weer di anderkant onder al meer weg. Naderhand neem ons di klyne domkrag wat ons gebruik om di wa te smeer, en set di in di opening, en wen dit op, sodat ons di klip onder al ferder en ferder weg skuiwe.
Naderhand sê Neef Hendrik, ons kan nou mar gerus fer Klaas roep en fer hom 'n kers gé om in te kruip een kant langs di klip. Mar ek had weer frees dat di lug wat so lank toegesluit was ferpèstend kon