gaan hulle ni same na di berg toe ni. Toen ons hulle fra, waarom dan ni, toen kom dit uit waarom hulle an Tati al so huiwerig was om fer ons di pad na di berg toe te wys, en waarom hulle di nag wou weg geloop hê. Hulle fertel ons toen hulle o'erlewering fan di berg fan di dood, wat hiirop neer kom: -
As hulle dood gaan, dan gaan hulle gees in by di gat wat fan bo af in di berg in gaan en dan word 'n grote klip bo op gesit. Daar moet hulle dan 3 maal 10 mane bly, en dan word di klip weer weg geneem, en dan kom hulle onder di berg by 'n ander gat uit as een of ander diir, nadat hulle forige lewe was. As hulle baing skelm was, dan word hulle 'n jakhals; as hulle baing lui was, dan word hulle 'n skilpad, ens. Mar daarom mag gen léwendige mens by di berg gaan ni, want dan ferander jy dadelik in 'n slang en jy word bo by di gat in gegoi, en fas gedruk onder di berg 10 maal 10 mane, en nog 10 maal sofeul, en as jy dan uitkom, dan is jy 'n mamba-slang, wat almal dood maak, om jou gif fer gifpyle te gebruik. En daarom gaan hulle nooit ferder as di rifiir ni; mar as fan hulle famili dood gaan, dan kom hulle 3 maal 10 mane tot hiir om weer fer hulle te kom kyk, en di eerste diir wat hulle dan ontmoet, dis di gees fan hulle forige famili.
Ons het eers alle moeite gedoen om hulle o'er te haal om mé te gaan, want ons wou hulle hê om te help, as ons altemit moes grawe om na di ingange onder di berg te soek. Mar dis ferniit. En Umsalomi word toen oek bang en wil oek ni ferder megaan ni. Mar toen ons fer hom daaran herinner dat di Molimo self gesê het ons kan di berg gaan ope grawe, toen was hy te frede.
Toen ons siin dat daar niks an te doen was ni, besluit ons om di 2 Boesmans mar te laat gaan. Hulle wys ons toen dat di foetpaje fan hulle krale af, waarmé ons di forige dag al 'n end gery het, almal hiir by di rifiir, wat hulle noem di ‘rifiir fan di dood,’ omdraai. Ons fra hulle toen foor hulle weg gaan wat ons nou by hulle krale kan kry om te koop of te ruil; want follens hulle sê is di krale ni so fêr ni, sodat Henni dit te pêrd in een dag sal kan beryk. Mar amper niks was by hulle te kry ni. Hulle moet fréselik arm we s. Mar hulle was tog beryd om ons weer terug di pad te wys oek na Tati toe, as ons wil terug gaan.
Daar draai di 2 Boesmans toen om, en ons gaan di oggend alleen an. Ons fernaamste beswaar was of ons sou water kry forentoe; want dis mar 'n droge wêreld. Dis net droge rifire, wat jy kry, wat net in di reentyd afloop na di grote Soutpanne toe. En di Boesmans kon ons daarin oek gen anwysing doen ni, want forentoe is hulle geheel onbekend.
Nadat ons di osse goed laat suip en ons ankertji fol water gemaak het span ons di oggend in, en di nuusgirighyd om by di ‘Berg fan di Dood’ te kom drywe ons fort. Henni drywe, Klaas foor di tou en om di beurt loop Neef Gideon en Neef Hendrik en ek same met Umsalomi fooruit om di beste pad te soek. Ons pyl mar reguit na di berg syn punt toe, wat nou al hoger uitsteek tussen di bosse uit, hoe nader ons kom.
Omtrent middag kom ons by di berg. Dis 'n enkele kop wat ferrys uit di gelyke boswêreld, nes 'n menigte andere graniit-koppe, mar net baing hoger en groter. Dan leg dit in 'n ware streek fan di dood, want in di ommiddelike omtrek groei amper niks, gen bosse en oek amper gen gras ni. En di berg self is amper heeltemal kaal, met net enkele fan di giftige brandnetel-bosse tussen di klippe, en dan oek nog klyner as hulle in di ander koppiis is. En fan water siin ons daar gen bewys ni.
Mar ons kom nou by di berg an di Suidekant, en follens di Molimo moet ons di ingang an di westekant soek. Ons ry dus om di foet fan di berg. en ja, daar is di afset of klipbank, en daaronder di 2 grote klippe en di boom daar tussen in. Daaromtrent was gen twyfel ni. Mar fan 'n ingang was gen spoor te siin. Di enigste wat ons opmerkelik find is dat dit 'n bisondere soort fan boom is wat ons gen een ken ni, en wat ons in di héle omtrek oek ni gesiin het ni.
Ongelukkig siin ons hiir oek gen water ni. Wat nou gedoen? Sonder water kan ons hiir ni bly ni. En dis al hoog tyd om uit te span. Ons het dus di osse mar uitgespan en laat wij, want di gras was mar min en kort, mar dis meesal polle fan di bré'e blare soet gras, wat oral op heuweltjiis groei, nes op di grote oue miirshope in di stréke.
Eers 'n stukki ge'eet en gou was ons skikkings gemaak. Klaas bly by di osse; Henni en Umsalomi moet om di berg loop om te kyk na water; Neef Hendrik en ek sal op di kop klim met di fêrkyker om di berg en di omtrek te bekyk; en Neef Gideon wat ni reg fris was ni bly by di wa.
Maklik was dit ni om di berg uit te klim ni. Follens ons hoogtemeter is dit iits o'er di 800 foet hoog, en dan styl op en fol klippe en ruw. Mar tog was ons binnen 'n uur tyd bo. Dis 'n amper spitse punt, met 'n gat net op di top in, fan omtrent 12 foet fiirkant. En dit lyk wel of dit kan gemaak wees fer 'n luggat. Want dis te reelmatig; blykbaar is dit uit di klip uitgekap. Hoe diip di gat ingaan kon ons ni siin ni. Mar dat dit baing diip moet wees kon ons merk as ons klippiis daarin afgoi, want ons kon dit ni hoor fal ni, en dis pikdonker on 'er in.
En 'n grootse gesig is dit bo fan di kop af. So fêr as ons met di oog kon siin is 'n sé fan bosse, met koppiis wat nes ylantjiis tussenin uitsteek. Met di fêrkyker kon ons iits wits siin fêr in di suidweste, wat denkelik 'n punt fan di grote Soutpanne is, en fêr in di noorde lyk fer ons iits nes krale fan Kaffers of Boesmans.
Mar ferder ontdek ons niks bisonders ni. Soos ons in di weste opgeklim het, klim ons nou in di oostekant af, om noord om di kop terug te loop en molik fer Henni en Umsalomi te kry. En ons het oek ni fêr omgeloop ni of ons kry fêr hulle.
Hulle had daar water gekry. Onder was 'n grote, platte graniitklip en bo'op 'n hoge, amper regop krans en daaronder kom 'n klyne fontyntji uit, amper meer 'n syfering, wat sig ferspry o'er di onderste plat klip,