Daar was net nog tyd om di koei af te slag en fer ons fan di dik flys te neem so feul as ons wil hê. Di ander flys neem di Boesmans en Umsalomi en bewerk dit fer hulle. Ons let daarop dat hulle di flys wat hulle ni di aand braai ni toepak met takke, en Henni fertel fer ons dat di Boesman di Elandsbul wat hy geskiit het oek toegepak het. Ons was toen op ons hoede, want ons denk an wat di Molimo gesê het toen ons hulle di nag afgeluister het.
Dit was 'n heldere maanskyn aand, amper folle maan. Digteby di wa was 'n kuil water, een kant teen di wal fan di rifiiir. Daar het ons di dag gesiin di spore fan 'n menigte soorte fan wild, en een plek kon ons duidelik in di sand langs di water siin, hoe di forige nag 'n bok daar kom water suip het, en hoe 'n leeu hom bespring het bo far di wal fan di rifiir af.
Di aand by di fuur gesels ons, follens gewoonte, met di boesmans, om fer hulle uit te hoor. So find ons di aand uit, dat Lobengulu fer hulle oek as slawe gebruik en selfs opgekommadeer het met di laaste oorlog. Daarom het hulle oek geweet fan di meksims en meerontsag gehad fer di mens. Uit di gesprekke blyk oek, dat hulle ni weet fan 'n Opperwese ni, en dat daarnog nooit 'n se[...]adeling was by hulle krale ni.
So kom ons al nader, en fra toen hoe fêr ons nou fan hulle krale af is en waar di lê; mar daarop kon ons gen befredigende antwoord fan hulle kry ni. Dit fersterk ons nog meer in ons suspisi, dat hulle wil weg loop, soos di Molimo gesê het. En ons had oek al opgemerk, dat Umsalomi al dikker maats maak met hulle. Di Boesmans praat oek 'n soort fan Kaffertaal, wat Umsalomi ferstaan, sodat hulle same kon gesels.
'n Ander punt bespreek ons di aand onder makaar, en dit is, hoekom di Faalpense ware Kaffers is fan postuur en gesig en kleur; en tog Boesmantaal praat en deur di blanke mense by Tati Boesmans genoem worde oek. Di enigste oplossing wat ons daarfoor kon kry is, dat di moeder wat taal en levenswijse betref 'n groter infloed op di kinders uitoefen as di faders; want di Faalpense is denkelik ontstaan uit Kaffers wat Boesman-myde fer frouens had ('n Kaffer is wonderlik gek na 'n Boesman-myd).
Intussen het ons plan gemaak om fer Umsalomi en di 2 Boesmans di nag op te pas dat hulle ni weg loop ni. Mar om fer hulle niks te laat merk ni, gaan Neef Hendrik en ek di foornag kasta by di kuil water wag hou fer di wild wat kom water suip, en in di nanag kom ons weer slaap en hou Neef Gideon en Henni weer wag. Met di maanskyn kon ons mooi by di wa siin. Mar hulle maak di nag gen anstalte om weg te loop ni.
Di follende oggend span ons in en di 2 Boesmans loop foor. Hulle fertel fer ons, dat ons gou weer di 2 oue waspore sou kry. Eers het ons gesukkel om uit di rifiir uit te kom, en daarna sukkel ons an tussen di bosse en hoge gras deur, mar di spore kry ons ni weer ni.
Eers had ons nog 'n soort fan ope gras-laagte, wat tussen di bosse loop en wat ons folg, mar di word al nouer en loop yndelik dood. Toen moes ons deur 'n plaat mopani-bome deur sukkel, en nou en dan 'n boom afkap. Hiir het ni lank te fore 'n trop olifante deur getrek. En dis naar om te siin watter ferwoesting so'n trop olifante anrig. Oral kon jy mar siin hoe hulle di toppe en takke fan di mopani-bome afgebreek het, om di jonge blare en toppe te freet.
Nadat ons di mopani-bos deur was kry ons rante en koppiis met doringbome, sodat dit al moeieliker word om deur te kom. Eers het ons nog deur gesukkel, deur enkele bome weg te kap en hiir en daar klippe weg te rol om deur kliprante te kom. Mar naderhand was dit onmolik om ferder te kom. Di enigste raad was om so'n ope plekki te kyk, wat ons kon uitspan, om dan di omtrek te bekyk, of daar fer ons kans is om ferder deur te kom. Want di Boesmans hou mar an ons sal net nou weer ope wêreld kry. Mar, gedagtig an wat ons di nag by di Molimo afgeluister het, fertrou ons hulle ni meer ni, en lyk dit fer ons al meer of hulle klaar maak om fer ons op so'n ongelege plek te breng en dan di nag weg te loop.
Sodra ons uitgespan het neem Neef Hendrik en ek di een Boesman en Neef Gideon en Henni neem di ander Boesman en Umsalomi, en ons gaan na 2 teeno'ergestelde rigtinge om di omtrek te bekyk; fer Klaas laat ons by di wa en osse staan. Hy het syn geweer en so het alby partye fan ons, met di afspraak, soos gewoonlik, dat ons ni op wild sal skiit ni, mar alleen in gefal fan noodsakelikhyd, sodat di ander dadelik moet ankom as hulle hoor skiit.
Dit was toen al in di namiddag, en ongelukkig was daar gen water in di omtrek oek fer di osse ni, en ons foorraad was oek mar net min, skaars genoeg fer di aand.
Ek weet ni of di leser al ooit in 'n onbekende bosfeld geloop het ni. Dis di ferradelikste ding fan di wêreld! want di bosse lyk mar orals eenders, en en jy kan net by jou siin. As jy dus ni baing fersigtig is ni, dan kan jy mar daarop reken, ferdwaal is jou foorland. Baing oue erfare jagters en férboere wat di boswêreld goed ken, het al dikwils so ferdwaal en party het so hulle dood gekry oek. Mar ons het gewoonlik di foorsorg gebruik om 'n byl of mes te neem en oral op sekere afstande di kenbaarste bome te merk, met 'n stuk bas uit te kap of af te sny. En so het ons mar oek weer gedoen.
Neef Hendrik en ek wou di Boesman ni fer ons laat foorgaan ni, omdat ons bang was da hy ons ekspres ferkeerd sal ly. Ons hou dus ons y'e koers. Nadat ons omtrent 'n goeie half uur fan di wa af was, siin ons 'n tamelik hoge graniit-koppi 'n end fan ons af deur di bosse, en ons hou oek somar daarnatoe. Di koppi is begroei met di akelige brandnetel-bome, wat toen net ferfel, en fan woeste struikgewas. Mar ons sukkel deur di bosse en o'er di klippe, en yndelik is ons tog bo op,
Dit was 'n wonderbaarlike gesig. So fêr as ons oog kon siin kyk ons net op 'n sé fan bosse, met 'n menigte fan graniit-koppiis wat oral tussen di bosse uitsteek