VI. By di Molimo.
Di Gehyme fan di Molimo en syn ouste Dogter en haar Halsband. - Waarfan di Molimo en syn Dogters so oud worde. - Di Molimo en di Witte Koningin. - Fermoede fan Ferraad. - Hieroglife in di Grot. - Waarnemings by Dag en by Nag.
Sodra ons an di ry was - Klaas foor di tou en Neef Hendrik di sweup - begin ons di induna uit te fra. Eers hoe hy dit dan o'erlê het om fer ons di halsband te kry, terwyl hulle eers ni fer ons daaran wou laat fat ni. Hy sê toen: ‘Mar as julle daaran kan neem, dan kan julle dit net so goed heeltemaal neem; want soos 'n ander mens daaran neem, dan kan sy ni meer daarmé waarsê ni.’
Ek fra toen: waarmé sy dan nou sal waarsê? Syn antwoord was: ‘Sy het nog mooie sténe oek met sulke figure op, en so'n beker oek, waarmé sy kan waarsê.’ Toen had ons al spyt dat ons dit oek ni gesiin het ni; want ons denk dadelik daaran, dat di oue Egiptenare sténe oek gebruik het fer amulette of towermiddels, en an Josef syn beker, waarfan syn kneg an syn broers fertel het, dat hy daarmé waarsê, en hoekom fermag hulle dit te steel?
Ons fra hom toen waar sy dan di dinge gekry het. Mar dit kon hy ons ni folkome uitlê ni. Al wat hy kon sê is: Dit is fan di Molimo, want sy is syn dogter, en so was haar ma, en haar ouma, en ferder agteruit, meer as hy kan sê, en hulle het elkeen altyd weer net een dogter om fer haar op te folg.
Op ons fraag, of di Molimo oek so di seun di fader opvolg, roep hy ferwonder: ‘Au! né di Molimo het gen fader ni en gen seun ni. Hy was ni 'n kind ni en hy word nooit oud ni. Hy bly altyd jonk, en word nooit siik ni, en gaan oek ni dood ni. Hiir het hy gewoon, en hiir sal hy woon.’
‘En hoe lyk di Molimo?’ - fra ek.
‘Gen een het nog ooit fer hom gesiin ni’ - was syn antwoord. ‘Hy woon mos in di nag.’
‘Mar kom hy dan nooit uit ni?’
‘Né, net mar as syn oudste dogter dood gaan, dan kom hy altyd uit om fer haar weg te neem, en haar dogter in haar plek an te stel. Mar dan moet ons almal in ons struise sit huil: 2 dage mag ons ni ons kop uitsteek ni.’
‘Mar hoe weet julle dan wanneer syn oudste dogter dood is?’
‘A, ons weet, want ons breng mos al dag fer haar kos. En as sy dood is kom haar jakhals en 2 dasse foor di deur fan di grot sit huil, tot di Molimo haar dogter in haar plek breng en fer haar weg neem.’
‘En waarheen breng di Molimo dan fer haar?’
‘Né, ons weet ni wat hy met haar maak ni.’
‘En waar woon haar dogter dan? Is di dan ni by haar ni?’
‘Né, sy is alleen, di dogter bly altyd by di Molimo tot di dood fan di moeder.’
‘En hoe lank is Ionioka al syn oudste dogter?’
‘Né, ek weet ni. Mar in myn pa syn pa syn tyd was sy al daar.’
‘En hoekom word sy dan so oud? En word al di oudste dogters so oud?’
‘Ja, hulle het soorte kruie, wat hulle kry in di berge, en wat hulle kook, en di sop daarfan drink hulle fer meestergoed.’
‘En laat hulle ni fer ander mense oek daarfan kry ni?’
‘Né, daar is een soort kruie, waarfan di Molimo alleen di sop drink, daarom gaan hy nooit dood ni. En dan is daar ander kruie, wat syn dogters drink, dan léwe hulle so lank as 10 andere mense.’
Terwyl Henni di antwoord fertolk, sê hy telkens tussenin fer ons: ‘Nou liig di Kaffer ons lekker di hals fol. - Wi sal nou so gek wees om dit te glo?’ - en so meer.
Di induna het intussen 'n paar plekke angewys hoe ons moet ry. En nog foor sononder was ons by ons bestemming. Dis an di foet fan 'n berg, wat 'n skerpe rant uitskiit. Nou lê di kraal foor di rant, en di grot waar di towerheks is gaan onder di rant in. Ons het toen di punt fan di rant omgery en met di kloof op tussen di rant en di berg in, toen ons stil hou wys di induna ons, sowat 'n 75 tré daarfandaan, 'n 30 of 40 foet hoger, (want dit gaan styl op), net onder di krans gaan di opening in fan di Molimo syn grot.
Dit was fer ons dadelik duidelik, dat di 2 grotte net fan weerskante af onder diselfde rant ingaan, sodat hulle denkelik onder by makaar loop. Henni maak dan oek gou di anmerking: ‘Wat, dis alles bog wat di Kaffer ons wil wysmaak! Dis mar 'n spelonkerige berg, nes daar waar ons in Transfaal di Mapog-Kaffers uitgehaal het. Nou het hulle een kant 'n oue myd en in di ander kant 'n ou jong gesit, en di is nou kasta 'n waarsê'er en di Molimo. Wat, ek glo niks fan hulle storiis ni!’
Di induna sê toen ons moet mar uitspan, mar Klaas moet oppas dat di osse ni na di grot syn kant toe wy ni, hulle moet terug in di kloof af wy. En hy sal nou eers fer di Molimo 'n téken gaan maak, dat hiir mense gekom is om fer hom te fra. Mar ons moet by di wa bly.
‘Nou gaan hy fer di oue Kaffer alles fertel. So kan hulle maklik tower en waarsê!’ - sê Henni.
Klaas gaan nou di osse water gé en fer ons water haal. En ons maak intussen fuur en kook water fer té, en begin ons aand-éte reg te maak.
Nadat ons di osse fas gemaak het, sit ons by di fuur gesels. Ek fra fer Umsalomi: hoekom hy dan di héle dag so stil is en amper niks praat ni. Hy sê: hy is bang di Molimo sal kwaad wees o'er hy fer ons fertel het fan di Witte Koningin.
Op ons fraag, of di Molimo dan oek weet fan di Witte Koningin, sê hy: ‘Ja, seker, hy stuur oek al jare fer haar 'n eenjarige fêrskalf.’
Ek sê toen an di frinde: ‘As 'n mens dit nou kan glo, dan is dit in so fêr fan belang, dat daar nog 'n