en éwe bedaard neem sy 'n snuifi uit 'n dop fan 'n wilde frug. Di induna sê toen fer haar: hiir is witte mense, wat fan di Witte Koningin by Simbabwe af kom, en wat na di Molimo toe wil gaan, met 'n boodskap fan di Witte Koningin. Want dit was wat ons an di Kaptyn laat fertolk het.
Di oue myd steun toen 3 male, en frywe toen haar oge, wat fan di léwe in di donkere grot amper te swak lyk om in di lig te kyk. Di induna wenk toen, dat ons kan nader kom. Toen merk ons eers reg hoe wit haar hare was fan ouderdom en dat zij 'n wonderlike halsband, of amulet, om haar nek had. Dit was fan metaal, mar so fuil, ja angepak fan di fullis, dat 'n mens ni kon siin of dit goud, of silwer, of koper, of staal, of wat dit is ni. Mar dit kon ons siin, dat dit 'n baing oue ding moet wees, en bestaan uit ferskillende stukke, wat an makaar gelas was. Dadelik fluister ek fer Neef Gideon: ‘Daar-di halsband moet ons perbeer om te kry, as daar enige kans is.’
Ons fra toen fer di induna of ons fer haar 'n persent moet gé, want sy sit toen doodstil met di regter elleboog op haar kni en met di hand keer sy di skerpe lig af, en onder di hand deur beloer sy ons, soos dit lyk. Di induna sê: ja, ons kan dit an hom gé, en hy sal dit an haar o'erhandig. Ek merk dadelik dat dit ferniit is om fer haar krale en sulke goed te gé, en ek dog ek sal mar perbeer of 'n mens so 'n ou skepsel haar hart oek nog kan win fer iits op aarde. Ek haal toen 'n snuifdoos uit myn sak, fol goeie snuif.
Ons neem toen eers elkeen 'n snuifi, om fer hulle oek te laat siin dat dit ni giftig is ni. Toen fra ons di induna moet oek 'n snuifi neem, en dan di doos fer haar gé, en fra of sy dit wil anneem fer 'n persent. Hij neem toen oek 'n snuifi en gé toen di doos fer haar met enige woorde, wat ons ni verstaan ni; en sy neem di doos, en bekyk dit eers goed, fan alle kante, buite en binne; toen neem sy oek 'n snuifi en niis 'n paar keer. En 'n mens kon duidelik siin, dat sowel di doos as di snuif haar goed befal. Ons sê toen fer di induna, hy moes fer haar fra of sy meer fan di snuif wil hê, dan sal ons fer haar meer gé, om di doos elke keer as dit leeg is weer fol te maak; want ek had 'n bottel fol fan di snuif by di wa. Toen ons merk dat dit haar gefal maak ons dadelik plan om di bottel snuif te laat haal. Neef Hendrik biid an hy sal dit gou gaan haal.
Di induna fraag toen weer, of ons na di Molimo kan gaan, en hoe ons moet maak om fan hom 'n antwoord te kry op wat ons wil weet. Sy sê toen di induna moet di halsband afhaal fan haar nek af. Dit lyk of sy self al te styf is om dit af te haal. Daar is weerskante somar 'n fuile oue riimpi an, en so is dit agter haar nek fas geknoop. Toen kon ons nog beter siin dat di amulet bestaan uit 7 stukke metaal, elkeen omtrent so groot soos 'n borsspeld, wat an makaar geskakel is tot 'n halsband.
Sy neem di amulet toen in haar dubbele hand en skud dit en préwel daarby iits, omtrent soos Umsalomi voor hy syn dolosse goi. Toen laat sy dit fal in haar karos, of skootfel, wat oek freselik fuil was. Dit herhaal sy tot 3 male, en elke maal bekyk sy oplettend 'n héle ruk lank hoe dit lê. Daarna sit sy weer 'n héle ruk stil, met di regterhand foor di oge. Toen sê sy tamelik hard, en di induna tolk fer Henni en Henni weer fer ons, so elke 2 of 3 woorde, terwyl ek in myn sakboeki dit opteken, soos folg: -
‘Ek siin en hoor. - Ek siin en hoor. - Um ja! - Ek siin di kinders fan di Molimo - wat fan fêr afgekom het. - Um ja! - Ek hoor hulle soek na di lig. - Um ja,! - Di Molimo sal di lig gé. - Um ja! - Uit di huis fan di nag sal di Molimo di lig laat uit kom. - Um ja! - Mar syn kinders moet 3 dage wag. - Um ja! - Hulle moet wag foor di huis fan di nag. - Um ja! - Elke mor'e moet hulle 'n witte ooibok. laat slag fer di Molimo. - Um ja! - Hulle moet dit laat slag in di foorste kamer fan di huis fan di nag. - Um ja! - Mar di kinders fan di Molimo moet ni diper ingaan ni. - As hulle diper ingaan sal di mistegeweer fan di nag fer hulle dood maak. - Um ja! - Di mistegeweer kom onder uit, waar di Molimo woon in di nag. - Um ja! - En di dood is in di mistegeweer. - Um ja! - Mar di kinders fan di Molimo moet foor di deur fan di huis fan di nag bly. - Um ja! - En 3 male sal di son ondergaan, daar by di huis fan di nag. - Um ja! - En di kinders fan di Molimo sal wag by syn deur. - Um ja! - En di derde aand, skemeraand, sal di Molimo syn vo'el uitstuur. - Um ja! - Syn vo'el fan di skemerdag en skemeraand. - Um ja! - Syn vo'el met di lange toue an di flerke. - Um ja! - En dan kan syn kinders in di mond fan di huis fan di nag staan. - Um ja! - En dan an hulle fra wat hulle wil weet. - Um ja! - Di Molimo sal dan fer hulle di woord gé. - Um Ja! - Uit di nag uit sal hy di regte woord gé. - Um ja! - Mar syn kinders moet reg fra. - Um ja! - Want di Molimo praat mar net een keer. - Um ja! - En dis nou di woord fan di Molimo syn ouste dogter. - Um ja!’
Sy neem toen weer 'n snuifi uit di doos wat ek fer haar gegé het, en bekyk di doos weer goed. Toen sê sy, di induna meet weer di halsband om haar nek binde. Ons fra toen fer di induna, of sy dit ni sal wil ferkoop of ferruil ni. Mar hy sê: ‘Né, dis daarmé wat sy waarsê, hoe sal sy dit dan weggé? En di Molimo het dit fer haar moeder haar moeder haar moeder, baing fêr agteruit, gegé.’
Ons fra toen of sy dit ni in ons hande sal gé dat ons dit kan bekyk ni. Hy sê toen: Né, nimand mag daaran neem ni; ons kan mos siin hy self neem oek net an di riimpiis om dit los te maak en weer om haar nek te binde. Ek fra toen of sy ni sal toelaat, dat hy dit ophang teun di klip of teen di struis ni, dat ek 'n portret daarfan kan neem sonder daar an te raak ni.