deurgekruis, en feral di oue mynwerke nagespoor. Hy denk dis beter, dat ons nog enige dage hiir fersuim en di follende nagte ons ondersoek hiir fort set. Ons kan een nag di onderaardse fertrekke hiir onder di grote ronde gebou noukeurig ondersoek, en een nag di fertrekke onder di kop. Wi weet wat ons nog alles hiir ontdek?
‘Allementig! wil Oom Gideon dan weer in di ellendige gate gaan inkruip, dat di frotsige Kaffers ons weer moet toemaak?’ - sê Henni, en laat in een asem daarop folg: ‘Né, julle kan maak wat julle wil, mar ek gaan ni weer same ni’.
‘Aag, Henni, jy 's ferniit so bang,’ sê Neef Gideon, ‘ons het mos fylig uitgekom. En as jy dan te bang is om mé te gaan, dan help jy mar om di klip ope te maak, en ons laat ver jou daar op di wag sit om te kyk dat di Kaffers ni weer di toegang sluit, solank as ons daarin is ni.’
‘Laat di Kaffers fer my moet vermoor! Ek sal mos alleen daar bly in di nag! Mos ni glo ni! Né, julle kry my ni weg fan di wa af ni’ - was Henni syn faste besluit, en daarfan kry gen een hom af ni.
Ek was self in so'n twestryd, dat ek eers dood stil bly, en gen woord daarin wou sê ni. Naderhand fra ek fer Henni: ‘of hy dan denk ons moet gaan soek na di berg Afoer, wat di rol fan praat?’
‘Wat, daar-di ou rol! Ek glo daar niks fan ni. Hoe kom het ek dan ou Oom Jan Viljoen en al di Transfaalse olifantsjagters, wat hiir-di wêreld deurgekruis het, nooit fan so'n berg hoor praat ni? Né, julle kan gaan soek as julle wil, mar ek gaan ni same ni; ek gaan terug Transfaal toe.’ (Henni was 'n Transfaler, wat ons gehuur het fer wadrywe, feral om hy di kaffertale so goed ken.)
‘Mar Henni, kêrel, jy moet denk as ons di grote skatte daar kry, dan is jy 'n skatryk man en hoef nooit meer te werk ni.’ Met di opmerking wou ek Henni lok, want oue gedenkskrifte had fer hom gen waarde ni.
‘Wat!’ sê hy, ‘en dan as julle di skatte kry, dan wil julle dit weer ni wegneem ni. Hoe kom het julle ni laat ons di goue goed uit di klip kis uithaal ni, dan het ons di tog gehad.’
‘Né, Henni,’ sê Neef Hendrik, dit sou diifstal wees, omdat dit hiir belet is iits weg te neem. Mar as ons daar skatte gaan ontdek, waar nog gen mens fan weet ni, dan is dit ons yendom; in elke gefal sal di Getjarterde Maatskappy ons dan 'n goeie beloning fer ons ontdekking moet gé.’
‘Ja, en ek sal ni so gek wees om weer lège hande weg te gaan ni. Al wil julle niks fat ni, dan sal ek daarom stilletjiis fer my sor'e’ - was Henni syn besluit, wat toon dat ek di regte snaar by hom angeroer het.
‘Nou, Henni, fra dan fer Umsalomi: of hy ni weet waar ons sal kan ferneem waar di berg is ni’ - was myn antwoord.
‘Né, wag,’ sê Henni, ‘ek sal hom sê hy moet fer syn dolosse fra waar so'n berg is.’ Neef Gideon en ek waarsku hom daarteen, mar hy sê: dan doen hy dit fer syn y'e ferantwoording.
Ewe serieus goi Umsalomi syn dolosse tot 3 male toe. Di twé eerste male skud hy mar net syn kop, of hy ni kan reg kry wat hulle sê ni. Di derde maal prèwel hy weer syn formuliir, en skud eers di dolosse in syn y'e dubbele hande, toen gé hy dit fer Henni, en hy moes diselfde doen. Toen skud hy self di dolosse nog 'n slag en préwel weer syn formuliir en toen goi hy fer hulle.
‘Au!’ roep hy toen uit, ‘ons moet na di Molimo toe gaan; hy sal fer ons sê.’
‘Wat?’ fra Henni, ‘hoe kan ons na di Molimo gaan?’
Toen lê Henni fer ons uit dat Molimo in di Kaffertale yntlik staan ver ‘God,’ mar hulle gebruik di woord oek fer di geeste van di foorouers, en fer alles wat ons bonatuurlik sou noem.
‘Na watter Molimo moet ons dan gaan? En waar kry ons fer hom?’ - fra Henni ferder.
‘Na di Molimo, hy woon in 'n grot in di Matoppoberge’ - sê Umsalomi.
Toen kry ek gedagte, dat ek in di boeki fan Maund gelees het fan di Berggod fan di Matabeles, wat di oue Grike sou genoem hê 'n ‘orakel,’ wat antwoord gé op frage. Maund gé wonderlike foorbeelde hoe di antwoorde fan di Molimo uitgekom het. Ek soek di plek gou op en lees dit fer myn maters foor. Ek herinner hulle toen oek daaran, hoe 'n paar prospekteerders op di Selukwe goudfelde fer ons fertel het, dat hulle as frywilligers same Matabeleland ingetrek het met di oorlog, en dat hulle toen di grot bestorm het, mar foor in niks gekry het ni; mar agterin is 'n dipe donkere afgrond waar hulle ni in kon gaan ni.
‘Nou ja, dan is di ding net mooi. Ons osse is op di Selukwe gebly; daar kan ons dan hoor hoe ons moet ry om by di orakel uit te kom; en di Matoppo-berge is oek ni fêr uit ons koers uit terug na Buluwayo toe ni. Dan kan ons mar net di draaitji ry, en kyk wat di orakel fer ons fertel.’ Dit was Neef Hendrik syn plan.
‘Mar dis di fraag, of di orakel wel nog bestaan, nadat di land ingeneem en di Matabeles ferdrywe is. Straks kom ons, na al ons moeite, nog daar by 'n lége grot’ - was Neef Gideon syn bedenking.
Ek sê toen: ‘Henni, fra fer Umsalomi of di Molimo dan nou nog daar in di grot woon, nadat di Matabeles o'erwin is en di Engelse nou in di land woon?’
Zyn antwoord was: ‘Ja, di Molimo sal nooit weggaan ni, want fer hom kan hulle ni o'erwin ni.’
Onder al di praat had Henni fer ons heerlike karmenatjiis gebraai, in 'n dubbele pan, fan 'n bosfark wat hy enige dage tefore geskiit het en waarfan ons di boute fars gehou het. En dis di heerlikste van al di wild wat ons nog gekry het. Ons gaan nou lekker agtuur eet.