Wi di ingang sou toegemaak hê, sê hy dadelik: ‘Dis seker di Witte Koningin met haar nois. Hulle het fer ons nou hiirin toegemaak, dat ons nooit moet uitkom, om an andere mense te fertel wat ons gesiin het ni.’
‘Wat! jy 's gek met jou Witte Koningin! Dis di Kaffers di, wat fer ons afgeloer en toegemaak het. En sal hulle dan ni weer ope maak, dat ons kan uitkom ni?’ - fra Henni.
‘Au!’ roep di towerdokter, ‘nooit ni! Ek het m[...]s fer julle gesê di Witte Koningin sal fer ons almal dood maak.’
‘Is hiir dan ni 'n ander plek waar ons kan uitkom ni?’ - fra ek.
‘Né,’ was syn antwoord. ‘Ek weet mar net fan di een plek, waar ons altyd ingegaan het en uitgekom het, en waar di Witte Koningin en haar nois oek altyd uitgaan en ingaan.’
‘Ek het nog een hoop’ - sê ek toen fer myn maters. ‘Mor'e oggend sal Meneer Fry, di Kurator, ons kom besoek by di wa. En as hy daar kom sal Klaas hom wel fertel, dat ons met Umsalomi mége gaan het hiir na di grot toe, en ni terug gekom het ni. En dan sal hulle fer ons kom soek.’
‘Mar molik weet Mnr. Fry self ni fan di ingang ni’ - merk Neef Gideon op.
‘A ja, mar Klaas kan wonderlik spore hou’ - sê Henni, ‘hy sal op ons spore loop en fer Mnr. Fry hiir by di ingang breng, en dan sal hulle wel 'n plan maak om dit ope te kry, en fer ons te laat uitkom.’
‘Ja, mar dan is di gehym oek meteen ontdek fan di grot en van alles wat ons ontdek het, en dit sou jammer wees’ - merk Neef Gideon op.
‘Mar daar is nog 'n kans fer ons’ sê ek toen. ‘Kyk, di pad wat regsweg gedraai het onder di Kop in, moet tog iwers na toe loop. Soos ek my dit voorstel loop di onderaardse gang omtrent reguit fan di ronde gebou af na di Kop toe, en fan hiir-di ingang af is mar 'n gang, wat in di hoofgang inloop nes 'n T. Nou kan ons teruggaan en volg dan di gang regsweg onder di Kop in. Altemit kom dit iwers uit. - Henni! fra fer Umsalomi waar di gang na toe gaan, en of ons ni daarmé iwers kan uitkom ni?’
Henni doen di fraag, mar Umsalomi hou fol, dat hy ni weet fan 'n ander uitgang ni, en dat ons almal mar daar sal moet dood gaan.
‘Nou denk ek oek an iits’ - sê Henni. ‘Ek sal nou mar skuld beken, waarom ek di héle agtermiddag weg gebly het op di Kop. Di Kaptyn het my ni al di tyd opgehou ni. Mar ek was te nuusgirig en so het ek tussen di oude rewines rondgeloop. En dis tog te wonderlik. Daar is grote rotse en klippe, wat baing groter is as di grootste kerk En tussenin is oral grote, dikke mure opgemessel. En daar is noue ga[...]ge. En onder party klippe is dipe gate, en noue skeure tussenin. En een plek het fer my gelyk, of daar 'n noue uitgang was fan onderaf. Mar dis toegefal met losse klippe fan di verbrokkelde mure en dis tussenin toegegroei met bosse en struike.’
‘Wel, dan moet ons maar perbeer om di pad te fat. Ons sal wel daar iwers uitkom,’ - sê Neef Hendrik.
‘Ja, mar as dit ons al geluk, dan kom ons straks net tussen di kaffers uit bo op di kop, en by di moeielike uitgang kan hulle ons algar fermoor. As di uitgang so styl uit klim, kan hulle ons met klippe dood gooi van bo af.’
‘En so is dit oek, Oom Gideon!’ - roep Henni ferfaard. ‘En nou denk ek an nog iits: ons kêrse is amper uitgebrand, en ek het fan effe di laaste orige entji kêrs wat in di lantêrn was angesteek.’
Toen ons di saak reg ondersoek had ons skaars nog fer 'n half uur lig.
‘Henni, jong! hoe het jy dan gemaak!’ - sê Neef Gideon. Ek het fef jou gesê jy moet orige kêrse mebreng.’
‘Mar, Oom Gideon! ik kan dit ni help ni. Ek het 2 orige kêrse megebreng. En di het ons al opgebrand. Mar wi het dan kan denk, dat ons di héle nag hiir in di ellendige gate sou deurbreng?’
‘Nouwel, Henni! dan moet ons mar fer ons klaar maak om hiir in di donker fan honger en dors om te kom. - Een geluk, ons het tog nog tabak, ons kan dan mar di tyd 'n bitji kort maak met rook. Ons is nou tog moeg. Ons moet nou mar 'n plekki kyk om te te slaap, en di kêrse uit blaas. En dan so nou en dan n bitji lig maak fer fertroosting’ - was Neef Gideon 'syn plan.
‘A né, Oom Gideon moet ni so praat ni! Ons kan ni hiir slaap op di akelige plek, op di klamme grond en tussen di flêrmuise en geraamtes ni’ - sê Henni.
‘Mar, Henni, wat wil ons dan maak? Ons moet nou mar op di beste maniir siin di tyd om te maak, tot ons ferlos word of fan honger omkom. Want al is daar 'n ander plek waar ons sou kon uitkom, dan kan ons dit tog ni sonder lig opsoek ni.’
Ons word nou al almal neerslagtig. Umsalomi sit dood stil op syn hurke, met syn elleboge op syn kni'e en syn hande onder syn kinnebakke, en ge so nou en dan 'n sware sug. Neef Hendrik het syn pyp angesteek en rook groot-groot skuiwe. Ous kyk toen fer ons elkeen 'n legplek, blaas di lig dood. Elkeen leg eers te pyns, en toen begin ons gesels in di donker.
Meteen fal mij 'n gedagte in. ‘Henni, fra fer Umsalomi, watter lig hulle dan gebruik as hulle al jare hiir 'n bok kom slag en di biir kom breng fer di Witte Koningin?’
Daarop had Henni 'n hele gesprek met di towerdokter, wat soos gewoonlik 'n lange omhaal het, met gebare en omslag. Nog nooit het ons met so 'n spanning gewag op di fertolking fan 'n kaffer syn pratjiis ni. Naderhand sê Henni fer ons: ‘Hy sê hulle het 'n soort fan lamp, wat hulle daar digte by di ingang in di skeur ber'e’
‘Laat hy dat dan uithaal, kerel’ - sê Neef Gideon. En ons almal met Umsalomi same na di plek toe, ja, daar haal hy 'n êrde lamp uit fan 'n wonderlike fatsoen. Dit lyk of dit 'n oue offerbak of wirookfat of so iits was. Daarin het hulle 'n soort brandstof, wat lyk