Di koningin fan Skeba, of Salomo syn oue goudfelde in Sambesia
(1998)–S.J. du Toit– Auteursrechtelijk beschermdII. Di Ontdekte Perkamentrol.By Nag deur Bosse en Klippe - 3 Sware Klipdeure. - Tussen Flêrmuise, Geraamtes en Biirpotte. - 'n. Moeilike Onderaardse Gang - 'n Doolhof van Kamers. - Di Fersegelde Kamer onder di Gehymsinnige Toren. - Di Kis van Graniit en wat daarin was. ONS had mar 2 lantêrns by di wa, en een daarfan was met 'n rooie lig, wat ek by di portretnemery gebruik. Nou moet ons and' loop gaan, en dit was werkelik so donker dat jy gen hand foor jou oge kon siin ni, terwyl nog so nou en dan enkele grote druppels uit de lug fal nes trane. Umsalomi - so was di towerdokter syn naam - loop foor; ek agter hom met myn rooi lantêrn in di een, en myn rewolwer in di ander hand; want ek was nog mar al di tyd bang dat hy sou weg loop, daarom dryg ek om hom te skiit as hy wil flug; en ons andere 3 frinde agteran met di ander lantêrn. Ons moes almal op 'n streep agter makaar loop, want di foetpatji is mar smal. En so loop ons, struikekelende en fallende en slingerende, deur di oue rewines en klippers. Di grote tempel waar ons wa staan lê omtrent 'n halwe myl suid fan di kop, en Umsalomi ly ons om na di oostekant fan di kop. Naderhand had ons glad gen foetpad oek meer ni en moes ons fortsukkel deur di hoge gras en bosse. Neef Henderik het al 'n paar male gesê: ‘Di Kaffer ferly fer ons; wi weet waar hy ons fannag in breng; dit lyk of hy self ni weet waarnatoe ni.’ En Neef Gideon had al angemerk: ‘As dit mar ni 'n plan is fan di Kaffer om fer ons weg te ly fan di wa af ni, dat hulle ons kan besteel ni.’ Mar ek wou di end fan di stori weet, en hou mar fol: ‘Né kom mar, wat, laat ons siin waar hy ons wil breng.’ Naderhand begin ons teen di kop uit te klim; dit word al styler en ongemakliker. Deur hoge bosse en bome, tussen graniitklippe deur. Dit word nou so ruig en ongemaklik in di donker, dat ek oek al moeg worde en amper wil moed opgé. Yndelik kom ons onder 'n klomp hoge en digte bosse onder 'n krans. Daar bly Umsalomi staan en wys fer ons op 'n grote platte klip wat skuins lê, half toe met grond, en sê: ‘Dis di plek.’ Met hande en foete skraap ons haastig di los grond weg fan di klip af, en nou met ferenigde kragte wou ons di klip somar anpak en wegskuiwe. Mar wi sê? Dis onmolik te swaar. Mar Umsolomi sê: ‘Wag! wag!’ En hy gaan uit 'n klipskeur daar digteby 'n koefoet haal. Neef Hendirik en Henni was di sterkste en hulle 2 fat di koefoet, en steek dit onder di klip in, en lig dit so effe op. Ons ander 3 fat met di hande en so sny ons di klip eenkant toe weg. Mar dit het sweet gekos. Ja daar is 'n gat. Met koes kon ons een fer een daarin kruip. En nadat ons omtrent 'n 50 of 60 tré styl afdra'end en mees gebuk geloop het, word di gang hoger en breder en kon ons orent | |
[pagina 5]
| |
loop. Nog 'n 20 of 25 tré, toen kom ons in 'n ruime grot of kamer, gedeeltelik natuurlik en gedeeltelik uitgegrawe en opgebou, soos dit lyk. Dit was 'n bedompige lug daarin, en di flêrmuise flüg en warrel so rond, dat di indruk ni plisirig was ni. Di grot is omtrent 12 by 20 tré, en is fol geraamtes fan di bokke, wat hulle fau jaar tot jaar hiir geslag het, en fan 'n menigte êrde potte, wat hulle fol biir neergeset het. En di wonderlikste is, elke pot is 'n klynestukkiuitgebreek, almal net eenders.Ga naar voetnoot* ‘Daar is nou di bokke en biirpotte wat ek fer julle fan fertel het,’ sê Umsalomi. En toen begin ons al meer geloof te slaan in syn ferhaal. Mar ferder siin ons niks bisonders hiir ni. Alleen in di een hoek siin ons gaan weer 'n gang diper in Ons fra hom toen waarnatoe dit gaan. Eers sê hy, hy weet ni; hy was nooit diper in gewees ni. Mar toen ons hom dryg, dat ons hom sal dood skiit, as hy ni fer ons alles wys en sê ni, fertel hy di pad loop al onder di grond tot by di grote gebou waar ons wa staan, en 'n pad draai weer regs daaruit, deur 'n onderaardse rifiir, reg onder di kop in. Ons sê toen hy moet mégaan en fer ons breng by al di plekke. Mar daarfan wou hy ni hoor ni. Hy hou mar an, hy mag ni, di witte koningin sal fer hom dood maak, en fer ons oek. Henni maak toen 'n plan, en sê fer hom: ‘Ons ken di witte koningin, en sy het een fan haar noiens gestuur om fer ons te nooi ons moet by haar kom kuier; want sy wil met ons 'n boodskap stuur fer Rhodes, dat hy ni ander witte mense hiir moet laat kom woon ni; want dis haar folk wat hiir woon, en sy wil ni hê di witte mense moet fer hulle kom ferdruk ni. En daarom is ons nou hiir.’ Henni siin toen, hy kyk nog ongelowig, en sê fer hom: ‘Nou toe, jy is mos 'n dolos-gooier. Fra nou fer jou dolosse, dan sal jy siin of dit ni waar is ni.’ Hy haal toen syn dolosse af, en skud hulle deur makaar in syn dubbele hande, en prewel' so half hard: ‘Horeffa, skrywer en towenaar van di slimme en ryke koning watalles weet en alles kan doen, wat di gehyme weet en di mond is fan di witte koningin, sê nou fer my di waarhyd, of ek di Albalanga (witte mense) moet inbreng tot in di kamer fan di toren!’ Al di tyd wat hy dit prewel skud hy di dolosse in syn dubbele hande. Toen hy klaar het, gooi hy di dolosse in Henni syn dubbele hande en sê: hy moet fer hulle op di grond gooi. ‘Au!’ roep hy, toen hy di dolosse deur gekyk het. ‘Au!’ roep hy nog 'n slag fol ferbasing. Henni fra fer hom: waarom hy so ferbaas is? Hy kyk fer ons an, en sê: ‘DiDI GEHYMSINNIGE TOREN IN SIMBABWE, WAARONDER DI PERKAMENTROL ONTDEK IS.
| |
[pagina 6]
| |
Molimos (geeste van di afgesterwe oue mense) léwe in di Abalanga.’ Ons fra fer hom, waaran hy dit siin. Hy sê, ons moet oplet al di dolosse lê met hulle koppe na ons toe; en nou, kan ons mar kom, hy sal fer ons breng tot in di gehyme kamer onder di grote toren. Ons gaan toen agter hom an. Di gang lyk gedeeltelik gemaak; by plekke nouer, sodat ons een-een agter makaar moes loop, en by plekke so wyd dat 2 langes makaar kan loop. Dit gaan met draaie en slingeringe, en hiir en daar is 'n soort fan klyne ruimte nes 'n kamer omtrent nes di Katekombe of onderaardse begraafplase by Rome. Mar hoe ons oek al oplet, nergens siin ons grafte ni. Want dit was waar ek fernamelik na gekyk het, omdat ek ferwag om by di grafte one gedenkstukke en molik oek geskrifte te kry. Nadat ons 'n end geloop het, by plekke gebukkend, draai daar regtig 'n gang regs weg, soos Umsalomi gesê het. Ons bly by di ingang daarfan 'n rukki staan, en kon 'n onderaardse rifiir hoor loop. Daarfandaan draai ons gang toen heeltemaal links weg. En di end was fer ons freselik lank, temeer omdat di lug so bedompig is, dat ek al by my self benoud word dat ons sal ferstik. Want 'n mens kon duidelik merk dat daar froeger, toen di gange nog gebruik werd, luggate op sekere afstande was. Hiir en daar kon 'n mens nog siin was uitgange na bo, denkelik waar di rewines nou is tussen di kop en di grote gebou. Naderhand kom ons op 'n plek waar di grond ingefal en di gang amper heeltemaal toe was. Mar almal was toen al nuwsgirig om di end te siin. Ons begin di los klippe weg te rol en met moeite kry ons naderhand so'n opening dat ons kon deur kruip. Toen mar weer fort gesukkel. Di lug word al bedompiger. Ons lampe brand al doffer. Ek werd nou al by myself ongerus, dat ons ligte heeltemaal sou uitgaan, en dat ons kon ferstik. Meteen kom ons foor 'n klipdeur, wat di gang afsluit. Umsalomi trek 'n stopklip uit onder en bo an di eenkant. Toen haal hy eenkant 'n soort fan yster, amper nes 'n koefoet uit, en sê ons moet fer hom help om di klip een kant toe te skuiwe. Dit gaan makliker as ons gedenk het. Ons kom toen in 'n tamelik grote fertrek, waaruit ferskye uitgange gaan na ferskillende kante. Umsalomi sê toen: ‘Nou is ons onder di grote ronde gebou, waar ons wa staan, en hiir is nou baing aparte fertrekke, wat lang tyd sal neem om deur te soek.’ Ons fra fer hom, of hiir ni grafte is fan di oue mense ni. Hy sê: ‘Ne, hulle het ni hiir begrawe ni. Hy het gehoor fêr hiirfandaan af is 'n berg, waar di oue mense begrawe is.’ Op ons fraag: of hiir ni oue gedenkstukke of gedenkskrifte is ni, sê hy: ‘Ons moet dan kyk in di gehyme versegelde kamer onder di toren.’ Op ons fraag of hulle dan nog ni daarin was ni, sê hy: ‘Ons moet dan kyk in di gehyme versegelde kamer onder di toren.’ Op ons fraag of hulle dan nog ni daarin was ni, sê hy: ‘Né, hulle is bang fer di Witte Koningin, daarom het hulle nooit daarin gegaan ni, en oek nooit iits hiiruit weg geneem ni, en hulle denk di Molimoos woon nog onder di toren en hiir in di onderaardse fertrekke.’ Ons fra fer hom toen: ‘Hoe hy dan fan di plek weet, of hy dan al meermale hiir was.’ Hy antwoord: ‘Soos een as 'n nuwe towerdokter ingewy word, dan moet hy eers same met di kaptyn en 3 indunas hiir kom trou sweer an di kaptyn en an di Witte Koningin, en dat hy nooit fer imand di gehyme fan di plek sal openbaar ni. En so moet elke nuwe kaptyn oek hiir kom sweer. Dit find plaas net foor di klipdeur fan di gehymsinnige kamer onder di grote toren.’ Ons fraag hom toen, hy moet ons by di deur breng, en hy ly fer ons deur 'n doolhof fan ferskillende klyne fertrekke en kronkelgange. Toen ons by di klipdeur kom, siin ons dis fan 'n soort fan lysteen of sagte seepsteen (ni van graniit, soos di orige bouwerk ni), en allerhande tekens en figure is daarop uitgewerk, party lyk na wiskundige en sterrekundige tekens. Een daarfan was ten minste duidelik di ondergaande son en di opgaande folle maan. Mar ons was te nuwsgirig om binne te gaan, en gun ons di tyd ni om alles te bekyk ni. Umsalomi wys fer ons 2 rye fan strepiis op di klipdeur en sê: di een ry is fan al di kaptyns wat op di kop geregeer het, en di ander ry fan hulle towerdokters. In di haas het ons dit ni getel ni, mar ek skat dit enige honderde. Ons fra toen fer Umsalomi, hoe ons dit moet ope kry. Hy sê, as ons dit ope maak sal daar weerlig uitslaan, dat ons almal sal dood fal; want di oue mense het fertel, dat hulle eenkeer dit ope gemaak het, en daar het fuur uitgekom; en daarom het hulle nooit weer gewaag om dit ope te maak ni. Ek sê toen an di frinde: Dis molik dat so iits gebeur is; want toen di Romynse Keiser Julianus di onderaardse gewelwe onder Jerusalem laat opegrawe het deur syn soldate, om na di Ferbondsark te soek, het di lug wat so lank ingesluit was oek an di brand geslaan, toen dit ope gemaak werd, en di soldate won toen ni ferder grawe ni; want hulle sê: di Fuurgod fan di Jode woon nog al di tyd daar ouder Jerusalem. Ons moes dus nou besluit of ons op di gefaar af tog sou probeer om di deur ope te kry. Daar was toen 'n huiwering onder ons, of ten minste 'n beraad: Sal ons? of sal ons ni? Party wys daarop dat di lug al reeds so bedompig is, en as daar nog meer stiklug uit di gesluite fertrek kom, kan ons almal daar fersmoor. Mar om nou daar om te draai, daartoe was di een te nuwsgirig en di ander find dit te lafhartig. Yndelik besluit ons om dit deur te sit. Mar toen wil of kon Umsalomi ons ni sê hoe ons di klipdeur kon ope kry ni. Ons begin toen mar self te ondersoek, en yndelik siin ons dat di deur onder an een kant gestop is met 'n klipkyl fan omtrent 'n duim dik. Met enige moeite kry ons di kyl uit. Di deur sak toen an di kant 'n duim en kom so bo uit syn groef uit. Toen kon ons di deur draai en ope maak, nes ons gewone hout deure. | |
[pagina 7]
| |
En net soos di deur ope gaan, kom daar in plaas fan stiklug koele lugstroom uit di kamer uit, wat denkelik di skeure en openinge fan di graniitstene, waarfan di Toren opgebou is (sonder kly of kalk of sement) deurdring na onder. Di kamer is onregelmatig rond nes di héle gebou bo is, en dis gebou met 'n ferwulf, wat ons 'n nuwe bewys is, dat di oue mense oek al goed gewoet het wat di krag fan 'n ferwulf was, soos di opgrawings by Jerusalem oek antoon. Binne in di kamer was niks as net 'n kis fan graniit met 'n dekksel op, en bo op di deksel 2 fo'els omtrent soos di fo'els wat Bont en Willoughby bo op di kop gekry het mar hulle was wat groter en fan goud. Neef Gideon had syn maatlyn by hom en sê dadelik: Wag laat ons eers di grote fan di kis afmeet.’ Dit was fan buite 7 foet 5 duim lank, 3 foet 2½ duim breed en 3 foet 5¼ duim hoog. Ek sê toen dadelik fer hulle: so fêr as ek my herinner is dit persiis di grote fan di stene kis in di Konings Kamer in di grote Piramide fan Gisê in Egipte en fan di Ferbondsark wat in di Allerhyligste fan di Tempel en fan di Tabernakel gestaan het. Mar ons hart brand toen al om te weet wat in di kis is. Di deksel was omtrent 3 duim dik, fan graniit. Dit was dus gen kinderspulletjiis fer 4 man om dit af te haal ni, want Umsalomi het buitekant by di deur bly staan, en wou eers ni ingaan ni. Mar toen hy siin, dat ons niks o'erkom ni, en ons hom weer roep, kom hy oek by en ons 5 het toen eers eenkant di deksel opgelig en 'n klip for 'n stut daar onder geset, en toen weer di ander kant oek uitgelig en gestut; en toen het ons di deksel sutjiis een kant toe laat afsak. Een fan ons vrinde had fooraf di anmerking gemaak: dis seker 'n sarkofaag, of doodkis fan steen. Mar ek had hulle al fooraf gesê: ek het baing stene doodkiste gesiin in Egipte en op andere plekke, en hiir-di kis is te klyn daarfoor en het oek ni di form ni. Dit lyk eer na 'n gewyde of hylige Ferbondskis. Toen ons dit ope had siin ons binne-in 'n goue offerbak of wirookfat, 3 goue y'ers, 3 gou falli,Ga naar voetnoot* en 'n gone koker, wat pragtig uitgewerk en fersiir is. Nou het ek al meer sulke kokers gesiin, waarin di oue perkamentrolle bewaar is, befoorbeeld di waarin di Samaritane hulle oue afskrif fan di 5 boeke fan Moses bewaar. Daarom spring myn hart somar op toen ek di keker siin, en di eerste gryp ek dit, en maak di 2 knippe los en open dit. A ja, daar is 'n perkamentrol in. Dadelik rol ons dit ope. Di eerste wat ek opmerk was, dat dit in oue Hebreeuse letters geskrywe is, en ferder dat dit mar 'n korte gedenkskrif is, wat ni tefeul kan befat ni, want dis in grote letters geskrywe, en di rol is ni groot ni. Mar tog nou had ons enige geskrif; dis tog iits; molik sal dit ons wel ferder op di spoor help! Di eerste fraag was nou: of ons di goue dinge wat in di kis is en di 2 goue fo'els sou méneem? Ek wys hulle daarop, dat daar nou 'n Kurator of bewaker fan di oue rewine is (Meneer Fry), en dat flak by ons wa 'n grote bond is, waarop staan, dat nimand daar opgrawings mag doen of iits mag wegneem ni. ‘Ja, mar di goue goed sal ons daarom ni laat staan ni. Di fat ons saam. Nimand hoef dit mos te weet ni’ - sê Henni. ‘Né, dit sou diifstal wees’ - was Neef Hendrik syn anmerking. ‘Mar di Perkamentrol moet ons in elke gefal méneem,’ sê Neef Gideon; ‘want ons kan ni weet wat gebeur ni. So'n ontdekking kan ons ni hiir laat ni. Ons kan mos nog daar o'er denk, of ons ni mor'e oggend alles an di Kurator sal fertel ni.’ ‘En molik kan ons dan same met hom ferder alles kom ondersoek. Di Getjarterde Maatskappy sal ons ontdekking tog seker beloon’ - sê Neef Hendrik. Spoedig was dan oek besluit om net di perkamentrol met koker mé te neem en ferder alles te laat bly, hoewel Henni mar bly pruttel daaro'er om di goue goed daar te laat bly. Ons het dan oek ni lank fersuim ni. Met di rol uit di sténe kis, wat ons fer gen skatte sou ferkoop ni, keer ons nou ryk en ferryk terug. Ons foel di fermoeienis fan di terugrys amper ni. Ag, hoe het myn hart al di tyd geklop en gebrand, om te weet wat in di rol staan, wat ek self in myn arm dra! Toen ons by di ingang kom, was di grote klip weer daarop en gen molikhyd om dit fan binne ope te kry. |
|