af, en breng my 'n paar pragtige tamatiis mé, en fertel ons, dat daar so'n mooie tuin is en dat Eerw. Louw en syn frou di follende dag by ons sou kom kuier en fer ons 'n mandji groente sou stuur; want hulle had 'n pragtige tuin. Dit was 'n welkome tyding, want ons had toen al 'n 2 of 3 maande gery sonder groente, en ons was almal al half siik van di pure wild-flees en biskuit.
‘Arri, kyk, u het geselskap gekry!’ sê Neef Gidion, half fragend.
‘Ja’ was myn met antwoord, ‘mar ek kon hom ni praat ni. Heeni is oek mar netnou eers gekom. Ek kan siin hy is 'n towerdokter. Henni moet nou eers perbeer om met hom te gesels.’
Ek laat toen fer Henni tolk, dat hy ni hoef bang te wees ni; (want hy kyk ons mar aldeur met agterdog an, en soos 'n os raas, skrik hy en kyk èwe ferfaard om); hy moes ons mar fertel wi hy is, waarfandaan hy kom, waarheen hy gaan, en so meer. En in kort kom syn stori hiirop neer: dat hy al lank towerdokter was fan di Kaptyn Umgabe hiir op di kop. Mar nou is daar 'n kind van di Kaptyn bo fan di style krans afgefal, en dadelik het hulle fer di Kaptyn wys gemaak hy het di kind getower. Di Kaptyn het toen 'n ander towerdokter laat kom fan Garimbila, 'n naburige Kaptyn af, en di het fer hom ‘uitgeruik.’ Mar hy het dit betyds agter gekom en geflug, en hiir in di rewine weg gekruip, om vannag te flug. Mar ag, waarnatoe? Morre sal di kaptyn tog mar 'n hele impi uitstuur en hulle sal ferhom opspoor en dood steek.
Ons sê hom toen hy moet mar by ons bly, ons sal fer hom beskerm. Hy sê toen: ‘Né, di Kaptyn sal fer julle almal dood maak.’
Ek fra fer hom of hulle dan ni gehoor het hoe ‘di mense’ met Lonbengula gemaak het ni en of hulle ni weet fan di ‘Meksim-kanonne’ wat so finnig skiit ni.
Hy sê ‘Ja, ons het gehoor, di mens laat somar fuur uit di lug uit fal, en di kanon hy skiit somar fan son-op tot son-onder, sonder moeg worde.’
Ek wys hom toen myn rewolwer en fra fer hom of hy denk di dingetji kan oek so skiit? Hy skud syn kop. Ek wil hê, hy moes dit in syn had neem, mar dit wou hy ni. Ek hou toen di rewolwer na di muur, wat deur di fuur verlig was, en skiit al 6 skote kort na makaar af teen di muur. En so lank as ek skiit sê hy op syn taal: ‘Dis hy di! Dis hy di!’ Ek fra hom toen, of hy denk dat Umgabe syn folk sal staan foor di ding, want ons het elkeen so éne. Toen kry hy moed en begin te glo, dat ons fer hom sal kan beskerm.
Ons kom toen onder makaar o'ereen om hom folle beskerming te belowe, mar dan moes hy ons alles wys en fertel van di oue rewines, en laat hom dit fertolk.
‘Au!’ roep hy uit, ‘Umgabe sal fer ons almal dood maak. Net mar di kaptyn en ek weet alles daarfan. Fan fanmélewe af is dit so, net di kaptyn fan di kop en syn towerdokter weet di gehyme fan di di plek. Mar as ons dit an imand anders openbaar, dan word ons dood gemaak.’
Ons ferseker hom toen dat fer hom niks sal o'erkom ni; hy moet mar fer ons alles fertel en gaan wijs. Mar dit het baing moeite gekos, en ons moes hom eers dryg, dat ons hom an di kaptyn sal o'ergé as hy ni alles fer ons fertel en wys ni. Toen fertel hy ons wat folg:
‘Myn fader het fer my fertel, dat myn fader syn fader fer hom fertel het, baing mane agteruit, meer dooie mane as ek kan sê, dat hiir eenmaal “Abalanga” (witte mense) gewoon het met lange hare. En hulle het 'n witte koningin gehad, met baing lange hare, wat tot amper op haar foete gehang het. En toen is hiir ander witte mense gekom fan di grote water af, waar di son opkom. Hulle het gekom met wonderlike pakt osse, ni nes ons osse ni (kaméle), en hulle het baing limbo en koper en krale gebreng. Hulle het di grote krale met klip-mure en klip-dakke gebou. Hulle het baing asgaaie en pyle en sawels gehad, en hulle was fer ons nasiis baas om te feg, en het fer ons slawe gemaak. Hulle het fer ons gate laat grawe in di grond om “Isipsi” (goud) uit te haal. Di witte mense het di grote klip krale gebou, so hoog soos di bome, en hulle het baing mane in di land gewoon.
Mar naderhand het ons opstandig geworde, en baing nasiis het gekom fan di andere kant fan di grote rifiir (Sambesi), en andere nasiis fan di grote Soutpanne af, waar di son ondergaan, het oek gekom, en hulle het almal fer ons kom help. En toen het ons di Abalanga hiir fas gekeer, en gif in hulle water gegoi, en hulle grote krale ferbrand. En dat hulle ni weer moet kom ni, het ons sofeul as ons kan, hulle krale afgebreek en di gate fol grond gegooi.
Naderhand is hiir toen weer andere mense gekom fan di grote water af, wat amper nes witte mense is, met lange hare, mar hulle was ni heeltemaal wit ni (Arabire en Portugése). Hulle breng fer ons lange asgaaie en baing limbo en krale, en hulle neem “Isipsi” weg, wat ons was uit di rifiirsand uit. En na hulle kom di Matabeles, en maak fer ons dood, en neem ons fé en frouens weg, en wil fer ons slawe maak. Daarom woon ons nou bo op di koppe, in di skanse. En dis di waarhyd wat ek nou fer julle fertel het.’
Ek fra toen fer hom: ‘Mar wat is fan di witte koningin geworde toen julle faders hiir-di stad ferbrand het?’
‘Ons weet, ni,’ sê hy. ‘Party sê sy het geflug na di berg Fo ra, daar fêr waar di son saans gaan slaap Want tot daar oral het di Abalanga “isipsi” gegrawe. Mar party sê, sy is in 'n grote huis onder di kop ingegaan met di witte jong nois wat altyd by haar was, en dat hulle nog altoos onder di kop woon. En ons denk oek so.’ -
‘Waarom denk julle dan dat sy nog al di tyd onder di kop woon?’ fra ek. ‘Weet julle dan fan grote hol plekke onder di kop?’ -
Hy sit 'n rukki stil met syn hande foor syn gesig. Naderhand sug hy so diip, en begin te soebat, ons