De geskidenis van ons land, in di taal van ons volk
(1895)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendXIX Verhale omtrent di Voortrekkers, megedeel deur mnr. A.D. Cilliers.Soos by vele reeds bekend is, het daar nooit 'n algemene harmoni bestaan tussen di Britse Regering en di Afrikaanse boerebevolking ni, van dat di Kaap 'n Engelse besitting geworde is. Kwaadgesinde persone, waaronder oek, (dis jammer om te sê), enige Sendelings was, soos geseg word, het gedurig allerlei kwaaie gerugtes teen di boere an di Regering weet o'er te breng, wat tot nadeel gestrek het betrekkelik di Afrikaanse nasionaliteit. Dit was di oorsaak van di dis-harmoni tussen Engelse en Boere, sodat di ongunstige verhouding tussen di twe nasionaliteite hoe langer hoe meer toegeneem, en di boerebevolking, veral wat di grense bewoon, hoe langer hoe swaarder gekry het onder di toenmalige Engelse Regering. Daarop het 'n antal boere 'n plan gemaak om buiten di grense van di Engelse besitting 'n landstreek te soek waar di vryheid ni bekort word, en hulle in vreedsaamheid mog woon, en waar di kwaadstokers gen geleendheid mog vinde om hulle in botsing te breng met di Engelse Regering. So is daar dan toen, onder andere, in di jaar 1836, 'n groot antal boere gewees wat met hulle huisgesinne di Koloni verlaat het, onder di hoofbestuur van mnr. H. Potgieter, opgevolg deur mnr. Pieter Retief, en hulle kom in di Vrystaat, waar 'n tydelike legerplaas gevorm word. Soos verwag kan worde, kom di voortrekkers anstons in botsing met vyandig gesinde kaffers, wat teruggedrywe word. Dit word raadsaam geag om enige manskappe as 'n Kommissi uit te stuur, om di land verder te besiin, en verslag te doen van hulle bevindings. So gaan hulle dan na Transvaal, in di rigting van Soutpansberg. Toen hulle weg was, het di Kaffers 'n anval gemaak op 'n gedeelte van ons mense, wat an Vaalrivier geleger was, waar 'n akelige moord plaas gevinde het, en di Liebenbergs-moord genoem word, omdat daar so veul van di famili omgekom is. Di oueste dogter van C Liebenberg, (hy was met di Kommissi mé na Soutpansberg), het 21 asgaaistéke gekry, mar word nog lewendig gevinde; sy is weer gesond geworde, en ni lank gelede, (19 Nov. 1889), het ek gehoor dat sy nog lewe. Een gedeelte van di manskappe is met hulle huisgesinne na Modderriviir getrek, wyl di ander gedeelte na Vegkop getrek en daar 'n soort van kamp opgeslaan het, om di Kommissi in te wag, wat na Soutspansberg gegaan en terug verwag word en oek spoedig opgedaag is te Vegkop, wat naby Rhenosteriviir gelege is. Dit was teen di einde van September. Intussen was di | |
[pagina 203]
| |
vyand besig sig tot 'n nuwe anval gereed te maak, wat dan oek alreeds di vermoede in di boere kamp was. By di geleendheid droom myn o'erlede vader in di nag; dat di kaffers di kamp anval, en dat daar 'n vreselike geveg plaas vind; van skrik word hij wakker, dog raak spoedig weer and, slaap en droom diselfde geval nogeens. Van ontsteltenis word hy andermaal wakker, en kan toen ni weer slaap ni, wyl di droom van Faraö hom in gedagte kom van di seuwe vette en magere koeie, en herhaal is, toen daar seuwe vette en magere koornare voorgestel word. Nou was hy o'ertuig dat 'n nuwe anval van di kaffers seker kan verwag worde. Di ervaring het myn vader di ander dag morre an di manskappe vertel en hulle tot waaksaamheid vermaan om sig gereed te hou Wat di gewaarwording nog meer versterk het, was, dat daar toen juis twé Makateeskaffers uit Transvaal kom met berig, dat daar 'n ontelbaar grote kafferkomande van Moselekats and kom is. Dadelik het myn vader di kamp laat verplaas na 'n beter gelege plek, enigsins an di helling van Vegkop, an di westelike punt, waar twe koppiis was, in di rigting daartussen, waar, soos dit genoemd word, 'n nek o'er gaat. Di wa'ens werd agtermakaar in 'n sirkel getrek, toen agteruit teen makaar gestoot en wel so dat ider disselboom onder di ander wâ in was. Daarop werd doorntakke sowel as andere met goeie mikke gekap en angesleep; dit word met di mikke na binnekant in di openings tussen di wa'ens vas in getrek, en an di binnekant word dit met remkettings an di wile vas deur di mikke an makaar geryg en vas gehaak, sodat daar van buitekant gen kans was om in te kom ni, behalwe by di poort, wat egter so versterk en verskans was, dat een man amper bestand sou wees om vyftig vyande di ingang te belet. Dit het 'n paar dage geduur voordat alles in orde was. Dadelik word toen 'n patrolji uitgestuur, wat nog voor di aand terug kom met berig, dat op 'n paar ure te pêrd van di kamp af, di vyand in antog gesiin word, en wel in so 'n massa, dat dit lyk of di hele omtrek met kaffers bedek is, en dat di vyand sig in twe ontsaggelik grote komandes verdeel het; een daarvan volg di spore van ons mense, wat na Modderriviir getrek het, dog di ander komande kom op di spore van di wa'ens na ons kamp toe te Vegkop. Daar hulle egter, soos dit gelyk het, ni reg wis hoe vèr ons kamp nog van hulle af was ni, het hulle halt gemaak, want di aand was op hande, Alles is toen by ons nog verder di aand tot verdediging van di onvermydelike anval in gereedheid gemaak. In di midde van ons kamp is 4 wa'ens in 'n viirkant vorm soos 'n klein kampi tot skuiling ver di vrouns en kinders by makaar getrek. Teeno'er di vele duisende kaffers bestond di boeremag in di kamp slegs uit 36 weerbare manskappe, wat ider 'n huisgesin had. Met di dood voor oge, om wellig nog in di nag of di vollende dag op di vreselikste wyse vermoord te worde, word di nag in angstige spanning deurgebreng. Di ander dag morre, 6 Okt., met anbreek van di dag, was di 36 man gewapend ider op 'n pêrd, en so gaat hulle di vyand te gemoet, wat hulle op omtrent anderhalf uur van di kamp af antref. Dit was 'n skrikwekkende gesig om te siin hoe dat di aarde as 't ware o'erdek was met vele duisende kaffers. In di nabyheid klim ons manne af, en wyl di vyand dit gewaar word, kom daar 'n grote menigte angestorm. Ses van di manskappe neem di vlug, so bly daar mar dertig oer wat tegelyk hulle skote op di vyand afskiit en 'n tamelike antal neervel, waardeur di kaffers vere enige ogenblikke in 'n verwarring gebrag werd, sodat daar kans was om al vegtende terug te wyk na di kamp, wyl di vyand telkens met meer verwoedheid en vreselik krygsgeskrei toestorm, mar wat gedurig by hope neergeskiit word, totdat di ammunisi op was. Toen vlug di boere met pêrde en al in dikamp en maak di poort s[o] goed molik met doorntakke toe, dat dit ver di vyand moeilik sou wees om dit gou oop te kry. Intussen was di vroumense in di kamp ni ledig ni, mar so lank as di mans na di vyand toe uit was, het di vrouns 'n menigte kogels gevorm en by elke wa'ewiil 'n goeie party op 'n hopi gegooi, en oek verder alle weerbare middels | |
[pagina 204]
| |
in gereedheid gebreng, soos kruit, byle, ens. Dadelik nadat di mans n di kamp en di poort goed toegemaak was, en ider syn geweer gou uitgewas het, roep myn vader al di mense by makaar by di viir wa'ens, wat in di midde van di kamp staan, en sê, dat daar gen ontkoming meer is ni, want dit kan verwag worde om binnen weinige minute op di vreselikste wyse vermoord te worde, dog daar is nog een raad en daarom vermaan hy almal, met di dood voor oge, om sig an di Here o'er te gé en op te dra in 'n vurige gebed - Hy alleen kan nog help. Almal stem daarmé in en kniil toen neer wyl myn vader voorgaan in di gebed. Hy bid om genade, dat di Here in grondelose barmhartigheid sig o'er ons mog ontferm en pleit op Gods belofte, soos byv.: ‘Roep My aan in den dag der benauwdheid; Ik zal er u uithelpen.’ Ps. 50:15. Verkwik en bemoedig staan ons van di gebed op en siin di kaffers op omtrent 2,000 tré afstand ankom, waar hulle sowat 80 van ons beeste omsingel, doodsteek en somar rou opvreet, soos wilde dire gewoonlik doen. Dit gé 'n kleine oponthoud, dog daarna kom hulle en omsingel di kamp op omtrent 300 tré afstand, en gaan toen sit, blykbaar om eers 'n bitji te rus. Dit was 'n skrikwekkende gesig om di duisende kaffers in digte dromme rondom di kamp te siin. Ider man moes een en 'n halwe wá verdedig en word op syn pos geplaas. Om so molik nog tot 'n vreedsame onderhandeling te kom, word 'n wit laken an 'n sweupstok gebinde en as 'n vlag omhoog opgesteek. Di afspraak was dat elke man sig egter kant en klaar moet hou, mar moet wag om te skiit, totdat vader di eerste skoot doen. Hy had syn pos van verdediging by di poort, en wel an di linkerkant. Enige manne wat ni juis by di wa'ens geplaas was ni, moes pos vat op di skerpste punte van anval tot verdediging Net soos di vlag omhoog gehou word, spring di kaffers tegelyk op, en storm van alle kante toe, met 'n afgryselike krygsgeskrei. Di voorste drom was mees na di poort gerig en op di voorpunt, enige tré'e voor di ander, was 'n ontsaggelik groot géle kaffer, wat wellig 'n soort van kaptein was, want hy wys na alle kante, kyk telkens agterom en maak allerhande wonderlike spronge en gebare. In di kamp was alles doodstil en in di grootste spanning. Toen di naaste punt van di vyand omtrent 25 of 30 tré van di poort was, skiit oerlede vader di groot geel kaffer neer, waarop di skote, soos donderweer an alle kante losbrand, waar dan oek 'n menigte kaffers neergehaal word; dog dit skyn di vyand nog meer verwoed te maak, wat destemeer met groter geweld en 'n helse rumoer in nog digter dromme toestorm, mar oek ewe so vinnig by menigtes neergeskiit word. Dog di o'ermag van di vyand was te groot om te belet dat di kaffers eindelik tot teun di wa'ens deurgedring het, waar hulle by menigtes an di wile gryp, om di sirkel uit makaar los te ruk. En hoewel baing doodgeskiit word, het sommige tog nog perbeer om o'er di wa'ens te klim, wat nogtans ni wou luk ni. Een kaffer was egter so gelukkig om by di agterwiil tot bô op 'n wâ syn tent te kom, toen draai hy hom om, om 'n bos asgaaie an te neem wat van buitekant an hom gegé word, dog 'n vrou siin di kaffer, skré na een van di mans, wat di kaffer dadelik neerskiit, sodat hy na di buitekant val in di bos asgaaie wat hy wou anvat, op di wyse is hy na di slag dood gevinde. Di geveg was vreselik an alle kante, en hoewel baing van di vyand nog mar altyd rondom di kamp neergeskiit word, was dit of di storm steeds toe in plaas van afneem. Naderhand kom een van ons mense op di gedagte, dat hy in syn wâ 'n sakki bokha'el of lopers had, haastig werd dit gehaal en soveul molik rondgedeel onder di mans. Dit had 'n goeie uitwerking, want toen hulle daarmé skiit begin di storm te bedaar, en toen di kaffers siin hoe dat hulle maters toen eers reg by hope neergeskiit word, was dit of daar meteens 'n paniik onder di vyand kom, want met diselfde woestheid wat hulle toegestorm het, netso of met nog groter verskrikking skyn hulle as in 'n ogenblik o'erweldig te worde, want dit was of almal te gelyk di vlug neem; hulle hardloop so vinnig, dat dit kompleet was soos 'n gedruis van 'n sware storm- | |
[pagina 205]
| |
wind wat langsamerhand verdwyn, en hulle vlug tussen di twé koppiis deur o'er di rand heen, waarvan ons kamp teen di skuinte opgeslaan was. Van dat di eerste sarsi skote geval en so lank as di geveg angehou het, was di pêrde so verskrik, dat hulle al rondom di binnenste viir wa'ens vinnig hard geloop het, so was daar 'n vreselike rumoer sowel buite as binne in di kamp. Alles was berekend om an 'n vreselike einde te denk. Di geveg het omtrent 'n paar uur angehou. In di loop daarvan het di kaffers di sirke wa'ens omtrent 'n voet na di buitesy uitgeruk, dog toen hulle daaran gen verder kwaad kon doen, en oek ni kon inkom ni, het hulle di asgaaie eers di stele afgebreek en van op 'n afstand met geweld na binnekant gegooi, sowel o'er di wa'ens as daar tussen deur; daardeur het hulle ons baing nadeel angebreng, want toen di slag verby was, vind ons dat 7 pêrde gedood, enige gekwes, 2 van ons manskappe gesneuwel en 16 gewond was; onder di laaste was oek myn vader, hy het 'n groot bré'e asgaai kort bôkant syn kni in gekry, wat hy dadelik met geweld uitgeruk het. So is van di 30 man 12 ongedeerd gebly. An di buitekant is 'n lewendige kaffer gevinde, wat op di wiil en o'er di wâ wou klim, mar afgeval en met syn een voet tussen di speke vasgehaak, ni kon los kom ni en so daar bly hang het. Behalwe di wat op di grond lê, het di asgaaie, en wel 'n menigte soos ystervarkpenne, oral in di grond vas gestaan. Dit word toen almal bymakaar gemaak, waaran ek as kind oek nog gehelp het. Oek buitekant di kamp het 'n menigte asgaaie bly lê. Myn vader het dit getel, vind di getal van 1133, waarvoor 'n gat gemaak en dit begrawe werd. Is dit ni 'n onbegrypelike wonder dat daar ni meer nadeel an ons kant berokken was ni? Daarom is daar oek anstons, na di afloop van di slag, 'n gejuig van lof en dank opgegaan tot di genadetroon ver di hulp en o'erwinning an ons kant. Hoeveul Kaffers daar gesneuwel is, weet ek ni, daar was gen kans om dit te tel ni, hulle het rondom di kamp by menigtes dood gelê. Ofskoon di o'erwinning an ons kant was, was ons posisi baing treurig, want in di vlug het di vyand al ons vé mégevoer. nl.: tussen di 4 en 5,000 beeste en ongeveer 40,000 skape. So was ons anstons sonder kos, behalwe een of ander stuk wild wat geskiit word. Di kinders het soms gehuil van honger, wyl di ouers gen voedsel had om hulle eie honger te bevredig ni. Di twé lyke an ons kant werd begrawe, mar toen was daar nog al ons gewonde, waar gen behoorlike versorging voor kon gemaak worde ni, van wege gebrek an medisyne en andere benodighede. Buitekant rondom di kamp lê vele honderde dooie kaffers wat spoedig tot ontbinding begin o'er te gaan, en waarvan soms akelige dampe ons te gemoet kom. In di treurige toestand het ons sestiin dage moes deurbreng. Di mans wat ni gewond was ni het na di geveg di wa'ens een-ver-een met di hande 'n end lager af getrek om naby di water te kom, en om oek onder di lyke uit te wees, so werd di kamp 'n endji verplaas, en ons eenigsins verwyder uit di ergste kwaaie dampe van di menigte dooie kaffers. Intussen het di opperhoof Marokko tyding gekry van ons benarde toestand. Hy was gunstig gesind jegens ons en stuur an myn vader 'n wâ en 'n span osse met drywer en leier om ons van di plek af weg te help. Oek deur di vrindelike bemoeiing van di Sendeling Aardspil word ons mede instaat gestel om ons kleine lager op te breek en na Modderriviir te vertrek, waar di ou opperhoof Marokko woon. So was ons dan van Vegkop veilig te Modderriviir angekom, waar ons 'n tydelike verblijfplaas gevinde het. Behalwe di weinige voorraad wat ons op di wa'ens had, was ons verder van alle lewensonderhoud beroof, ter oorsake van di anval wat di vyand op ons gemaak het te Vegkop, waardeur ons verarm en amper heeltemal geruïneerd werd. Ons manskappe het toen plan gemaak om di vyand te agtervolg en di geroofde vé so molik weer terug te kry, mar di plan kon ni ten uitvoer gebreng worde ni, omdat ons te swak was teeno'er so 'n magtige vyand; want op di hulp van famili en vrinde in di Koloni kon ons gen beroep doen, wyl dit | |
[pagina 206]
| |
deur di Engelse Regering onder sware boete streng belet was dat an ons enig hulp sou verskaf worde. So moes ons dan mar vereers daar bly en had dikwils gebrek an di nodige voedsel en kleding. Dit het so voortgeduur, soos ek my nog kan herinner, tot in Fewerwari 1837. Intussen was van di ander voortrekkers oek weer by ons gekom, en daaronder kommadant H. Potgieter wat tevore di hoofbestuur op hom had, toen ons deur Grootriviir getrek het. Enigsins bemoedig, word op nuw 'n plan beraam om di vyand te agtervolg en di ontsaggelik grote leger van di Matabelekoning Moselekatse an te val, wat destyds te Magaliisberg geleger was. Wel, di getal beskikbare en weerbare stryders van ons kamp bestaan toen tesame met di wat weer bygekom het uit ongeveer 75 manskappe. Met byvoeging van 30 Basters was ons legertji 105 man sterk. So goed molik voorsiin van alle nodige dinge op di ekspedisi, trek di skynbaar nitige legertji agter di vyand an, en wel onder biddend opsiin tot di Here, op Wiins hulp en bystand di hoop en vertrouwe gevestig was. Nadat ons manskappe Vaalriviir deurgegaan het, bly hulle in di ingeslage rigting na Matabeleland vortgaan en vind dan oek di kafferla'er, soos reeds gesê is, te Magaliisberg. Daar val hulle di vyand an, had 'n korte mar hewige geveg te voer. Toen ons manskappe so geweldig op di ontsaggelik grote kaffermassa anstorm, met kruit en lood alles voor sig wegmaai, het dit gelyk of di moed van di vyand somar met eens gebreek was, soos in di geval van Gideon (Rigt. 7), soos di kaffers anstons verskrik na alle kante vlug. 'n Menigte werd doodgeskiit of gewond en di o'erige glad uitmakaar gejaag. - Ek glo dat di plek waar di vyand so 'n neerlaag gely het, nou nog di naam drâ van Moselekatsnek, en as ek dit wel het, dan gaat daaromtrent 'n wâpad o'er Magaliisberg. - An ons kant is ni een gedood of gewond ni. So wonderbaar het di Here dit beskik; Hem alleen kom daarvoor di eer toe. By geleendheid van di anval op di vyand is dit gebeur dat oerlede vader ver di dag di amb as kaptein o'er 25 man op hom geneem het. Verwijder van di ander manskappe werd hulle op 'n bosastige rand deur 'n digte drom van kaffers omsingel. Dadelik is di pêrde in 'n kring an makaar gebinde en di burgers staan rondom met o'ergehaalde roers om sig ter dood toe te weer. Di vyand storm toe tot op 'n sekere afstand, en toen was dit of daar 'n paniik onder hulle plaas vinde, want meteens smyt hulle di asgaaie en skildvelle weg en vlug soos wilde dire na alle kante heen, as of hulle deur vuurvlamme gejaag word. Hiir was dit duidelik dat 'n hogere mag teen di vyand gestry het. Met 'n dankbare hart keer ons mense toen terug met ongeveer 6,500 buitgemaakte beeste. Dit was 'n grote blydskap toen di manskappe almal gesond in di kamp te Modderriviir terug kom. Na 'n behoorlike beloning an di Basters ver hulle hulp en getrouheid, werd di beeste so gelyk as molik onder ons mense verdeel So had elke huisgesin tog weer iits om 'n veeboerdery mé te begin en so wat om van te lewe. Hiir dien ingevoeg te worde, dat Moselekatse 'n tyd tevore di vlug moes neem ver Dingaan, in wat nou Matabeleland is, van waar hy by wyse van strooptogte vele duisende andere naturelle vermoor en verjaag het. Op di maniir was Moselekatse syn gebiid anstons 'n grote en sterke koningrijk geworde, sodat, behalwe syn eie land wat hy reeds bewoon, so het Transvaal, of ten minste 'n groot deel daarvan, oek an hom behoor. Daardeur word hy so vermetel dat hy syn woeste orders verder uitgestuur het, sodat hulle eindelik op ons te Vegkop afgekom is. Dog dit was of di Heer toen gesê het: ‘Tot hiirtoe en ni verder.’ Toen kry hy di eerste neerlaag wat hom di vlug laat neem na Magaliesberg, waar hy deur ons manskappe soos reeds vermeld, geheel ten onder gebreng is, sodat hy geplunder in syn land terug trek, waar hy sig so stil as 'n muis hou, en daar na di tyd niks meer van hom gehoor is ni. Daar P. Retief oek by ons was werd hy, nadat ons manskappe van di ekspedisi terug was, as Hoofkommadant en H.G. Maritz as Landdros gekiis o'er ons mense, wat toen genoemd word di ‘Zuid Afrikaansche Maatschappij.’ | |
[pagina 207]
| |
Daar word toen 'n Volksraad gekiis en 'n Grondwet gemaak. Di laaste slag an Moselekatse gelewer, had o.a. ten gevolg, dat 'n groot deel van Transvaal in di besit van ons mense geval het. Di hele land was toen onbewoon, want Moselekatse had di inwoners glad uitgemoor, behalwe di weinige wat gevlug was tot na Taba Bosigo en andere plekke. So was dan di toen bekende Transvaal in besit van di Boere, soos ons meesal genoemd word. En soos idereen weet is dit 'n grote en vrugbare land; mar sonder 'n séhawe sou ons van baing nodige dinge ontstoke wees, so werd anstons beraadslaag waarheen di beste plan sou wees om verder vort te trek. Na enige beraad word besluit om vereers na Natal te trek en sig daar van di séhawe te verseker. Toen alles kant en klaar was ver di trek, kom daar so 'n grote veldbrand dat dit ons glad belet om vort te gaan, en daar di winter op hande was en mar weinig veld o'ergeskiit het om ons vé di winter deur and' lewe te hou, was di besluit om met di trek te wag tot di lente angebreek en daar beter weiveld sal wees. Oek was dit 'n bestiring dat ons deur di brand verhinder is om ons plan met verder te trek ten uitvoer te breng, want had ons, soos later geblijk het, dadelik na Natal gegaan, dan was ons ongetwyfel, soos di sake toen daar gestaan het, almal deur Dingaan vermoor. In di loop van di oponthoud word 'n plan beraam dat P. Retief met 5 of 6 man as 'n kommissi sou gaan om di land te besigtig en oek om met di Sulo koning, Dingaan, 'n o'ereenkoms te tref, ten einde Natal met di séhawe en tot an Drankensberg, van hom te handel. Behalwe onse gewone vyande, di kaffers, had ons soms baing las van ongediirte, en daaronder moet oek di leeus getel worde, waarvan op 'n goeie dag een doodgeskiit word op omtrent 'n myl van ons kamp. Di Kommissi wat na Natal sou gaan het bestaan uit P. Retief met nog 6 man. Hulle gaan dan toen oek, hoewel sonder padwyser, in di rigting soos di gedagte was dat di séhawe moet wees, en had toen geleendheid om di land te besiin. Dit was oral doodstil. Nergens was 'n mens te siin, netmar verlate kafferkrale word oral gevinde, want Dingaan had 'n tyd tevore 'n inval in di land gemaak en 'n menigte inwoners vermoor, wyl di weinige wat kon ontkom na elders gevlug het. Eindelik kom di Kommissi in di Baai an en vind enige Engelse wat daar woon en regte bly was om blanke vrinde te ontmoet. Daar word hulle 'n paar da'e regte vrindelik onthaal, vertrek toen na Sululand en kom veilig by Dingaan syn stad. Deur di tussenkoms van 'n Sendeling wat daar werksaam was, kry di Kommissi toegang om met di Koning te praat. Dog Dingaan was verskikkelik brutaal en sê: ‘Hoe durf julle dit onderneem om 'n stuk land ver myn te kom vra, daar julle myn buitekrale an Drakensberg angeval, en duisend van myn beeste gesteel het?’ Daarop sê Retief dat dit ni deur syn mense, mar deur di volk van Zinkojala geroof is. Toen antwoord Dingaan: ‘Wel, as dit waar is wat jy sê, gaan haal dan eers myn gestoelde vé terug, dan kan jy di begeerde stuk land kry.’ Verder werd di Kommissi vrindelik behandel. Om Dingaan te o'ertuie dat di blanke onskuldig was an di misdaad, stel Retief voor: dat twé kapteins van di koning moes mégaan om te siin waar di vermiste vé gevinde sal worde. Dit werd toegestaan. Nog is daar oek 'n o'ereenkoms getref dat di Sendeling di nodige dokumente in orde sal maak wat betrekking het op di o'ermaak van di gewenste stuk land, wat na di terugkoms van Retief met di vé, geteken en an hom sal o'erhandig worde. Na 'n hartelike afskeid van di Sendeling wat uiters vrindelik was, en oek van di koning wat 'n skynbare vrindelikheid an di dag lê, gaan di Kommissi goedsmoeds terug, met di twé kapteins, kom veilig in di kamp, en verhaal met genoege hoe goed hulle tot nogtoe geslaag het. Anstons is toen 'n antal manskappe op di been gebreng as 'n soort van patrolji of kleine komande wat spoedig na Zinkojala gegaan, hom gevange geneem en gehou het, totdat hy di | |
[pagina 208]
| |
geroofde vé sou uitlewer. Spoedig werd di duisend beeste voor 'n dag gebreng, met nog 'n heelparty van ons mense hulle vé wat gesteel was. Zinkojala word losgelaat na 'n ernstige waarskuwiug, dat as hy sig weer an diifstal skuldig maak, hy dan moet verwag om swaar gestraf te worde. Toen di kleine komande met di herneemde vé terug was, vind verskeie van ons mense van hulle vé, wat meteen saamgebreng en gesteel gewees was, weer terug, sodat di 1000 beeste van Dingaan apart was en an hom kon gestuur worde. Toen gé o'erlede vader an di hand dat 'n paar van ons mense met di twé kaffer-kapteins moet mégaan om di beeste an di koning te besorre en di nodige dokumente, betrekkelik di gekoopte grond, mé te breng; dit was dan oek di gevoele van mees al ons amblide, en wel, omdat hulle di kafferkoning ni vertrou ni. Dog P. Retief was van 'n ander gevoele, wou self gaan en wel met 'n sterke eskorte en vra eindelik vrywilligers, waarop sestig man sig anbide om met hom saam te gaan. Intussen moet dit hiir ingevoeg worde, dat daar toen 'n groot antal trekkers allengs byeen gekom was. Retief het voor syn vertrek ernstig angedring om gedurende syn afwesigheid by makaar te bly tot verdediging in tyd van nood. Dog nouweliks was hy weg of di trek gaat vort, en wyl daar skynbaar vrede was van rondom, verdeel di trek sig in klompiis an Bosmansriviir, Bloukrans en Moordspruit. 'n Ander gedeelte bly op Drakensberg om eers di uitslag met Retief af te wag. Daar was so 'n gerustheid en vrede met di naturelle dat 'n heelparty van di mans na di kant van Drakensberg op jag gegaan het, veral om Elande te skiit. So was verskeie klompiis wa'ens an gemelde rivire haas sonder verdeding. Di meeste mense bovind sig by Maritz, wat tot deur Bosmansriviir getrek was. Rede tot di gerustheid van 'n antal mense moet daaran toegeskrywe worde, dat Zinkojala te swak was om in botsing te kom met di trekkers, met di Sulos was daar vrede, en di inwoners van Natal was deur Dingaan uitgemoor en verjaag. Daarom siin Retief oek gen swarigheid om self na Dingaan te gaan om alles goed te regel, egter vergeet hy ni om te waarskuw soos geseg is. Hoewel menigeen 'n voorgevoel had dat di Sulokoning verraad kon pleeg, is alles in orde gemaak, en Retief gaan met syn sestig man mé met di twé kapteins en breng di 1000 beeste na di koning, wat sig dan oek regte bly angestel en Retief met syn 60 man uiters vrindelik behandel het; want deur middel van di twé kapteins word hy o'ertuig waar di vé vandaan gehaal is. Daarop het di Sendeling 'n dokument opgemaak wat di inhoud had: dat di land in di rigting van Tugela op tot an Drakensberg, met inbegrip van Natal en di Baai, an Retief afgestaan word. Dit word deur di koning en syn vernaamste raadlide geteken en an Retief o'erhandig, wat dit met blydskap in syn reissak steek 'n paar dage syn perde laat rus, en sig toen gereed maak om terug te gaan. Toen alles klaar was ver di terugreis, kom daar 'n boodskap dat Retief en syn manskappe by di afskeid eers moet kom biir drink by di koning, mar hulle moes di wapens by di pêrde laat bly, daarmé wou di manskappe ni instem ni, omdat hulle meen dat daar bedrog kan wees, mar Retief sê, dit sal ni mooi wees om op di vrindelike versoek van di koning gen ag te gé ni en gewapend te verskyn. ['n Suloe-kaffer wat ooggetuige was van wat di dag met Retief plaas vind, en ni wis dat imand hiir in di bôland iits van di saak gehoor had, het voor meer as dertig jare gelede di geskidenis an een van ons betrekkinge deur middel van 'n tolk (want hy kon gen Hollans praat ni) haarfyn vertel; o.a. had Dingaan gesê: ‘Piet is 'n goeie man en ek het hom baing liif, mar ek is bang hy sal te sterk worde en dan sal hy eendag kom oorlog maak en ver my oerwin, en daarom sal ek hom liwer dood maak.’ Verder had di koning an Retief gevra om syn manskappe met hulle pêrde 'n bitji te laat resiis maak, want behalwe by geleendheid van oorlog, had hy nog nooit gesiin hoe di witmense hulle pêrde laat hardloop ni. Dit word toen gedoen, want daar was | |
[pagina 209]
| |
'n mooi gelyke plek waar di pêrde in teenwoordigheid van di koning kon hardloop, en Dingaan was verbaas, sowel om di vlugheid van di ruiters as oek di radheid van di pêrde, waar hulle veral by 'n draai byna op di een sy hardloop, en dan weer kalm op 'n gelop terug kom. Dingaan was regte opgenome met di resiis, en sê, hy sal nou 'n trop van syn mense 'n bitji laat dans. Toen roep hy 'n afdeling van syn krygslide (waarskynlik was dit na di biirdrinkery), waarop omtrent 2000 as in 'n oogwenk byeen was en begin te dans. Hoe alles moet toegaan, was onder di kaffers in di geheim afgespreek. Di dansers kom met 'n lawaai, soos 'n party springbokke, wat alte na an di blanke mense (wat toen sonder wapens was), sodat Retief an di koning sê, hy moet hulle wat verder van syn lyf af laat dans. ‘Ja,’ sê Dingaan en skré: ‘Julle moet bitji meer agteruit dans van di witmense af!’ mar meteens fluit hy soos di kaffers in di oorlog soms wel doen. Di kaffers wis wat di fluit beteken, val tegelyk di witmense an, ens. ens. - Tot so vêr wat di kaffer vertel het. Laat ons nou weer teruggaan tot waar Retief en syn manskappe ni eens was ni om ongewapen an di versoek van di koning te voldoen. - Red.] Hoewel ni sonder enige teensin, stem di manskappe eindelik toe om ongewapen by di koning te gaan biir drink, en gaat dan oek soos 'n klompi skape na di slagbank. Di order van Dingaan was dat hulle lewendig moet gevang en met knop-kiriis dood geslaan worde. Daarvan wis Retief natuurlik niks af ni. Sodra hy en syn 60 man by di koning kom, word hulle deur 'n grote skaar van kaffers omring en toen skré Dingaan: ‘Slaat di towernaars dood!’ Meteens storm di kaffers van alle kante toe. Di bedrog werd opgemerk er Retief roep uit: ‘Verraad!’ Dog an ontkom of verdediging val ni te denk ni. Hulle word gevang, en in di worsteling het hulle sig met knipmesse enigsins soek te verdedig sodat menige kaffer in di sand gebyt het; dog in minder as 'n half uur was Retief en syn 60 man deur di o ermag gevange geneem. Di hande en voete werd vas gebinde, waarna hulle di stad uitgesleep en vreselik geslaan werd met stokke en knopkiriis. So is di arme slagoffers jammerlik an hulle einde gekom. Van uit di stad word hulle tot buitekant op 'n verh[...]we ope plek gesleep, en altyd deur met di kiriis en stokke geslaan. Op diselfde verraderlike maniir soos Abner deur Joab omgebreng is, werd Retief en syn 60 man verraderlik vermoord, en wel op 'n vreselike wyse soos in di laaste paragraaf vermeld. Na afloop hiirvan het Dingaan 'n grote mag van kaffers uitgestuur om di andere mense (wat ons gemakshalve boere of burgers sal noem) tot di laaste toe te vermoor met hulle vrous en kinders. Daar gen onheil skynbaar te vrees was, bevind di boere sig by klompiis geleger langs Moordspruit en Bosmansriviir om di terugkoms van Retief af te wag. Dog onverwags storm di massa kaffers met dagbreek op di wa'ens te Moordspruit, waar 'n vreselike slagting plaas vind. Menigeen word so goed as in di slaap dood gesteek. Nimand word gespaar ni. Sommige mans-lyke word akelig vermink gevinde, vrous oopgesny en di ingewand uitgeruk, baing kindertjiis word an di voete geneem en met di hoofde teen di wa-wile dood geslaan. Di anval was in di vroege oggend toen di mense nog slaap, so plotseling, dat daar an teenstand ni te denk was en om te vlug was gen kans ni. Binne 'n paar uur word byna sewe honderd mense op di vreselikste wyse vermoord en vermink. Tot twintig vrous werd vermoord in een wâ gevinde. Vandaar wellig di naam van Moordspruit. Daarvandaan gaan di massa kaffers Bosmansriviir omsingel en val di klompi wa'ens van Maritz an. Ons wa'ens was 'n klein endji daarvandaan, vanwaar opgemerk word dat daar oek ver ons groot gevaar was om binne weinige ogenblikke vermoor te worde. So sê vader an di vrous hulle moet met di kinders na 'n boskloof vlug, wat daar digteby was, terwyl vader en nog viir man gewapend op di kaffers toestorm en 'n opening tussen di vyand deurveg om by di klompi manskappe van Maritz te kom, wat dit anstons opmerk, en met des te meer moed di kaffers weg skiit. So was hulle dan eindelik by makaar en vonk so geweldig onder di vyand | |
[pagina 210]
| |
dat di kaffers op di vlug gedrywe word. 'n Massa kaffers wat in 'n draai van di riviir vlug, word daar vas gekeer en di meeste dood geskiit, wyl di ander wat wou deurswem in di sékoegate versuip het, want daar was gen drif ni. Selfs ons vé wat di vyand in di geveg geroof het, word gedeeltelik terug geneem. So kom ons mense almal weer behoue by di wa'ens, wat intussen deur di dappere vrous by makaar gestoot was soos 'n lager. Intussen word onder di hewige geveg 'n gedurige skitery uit 'n ander rigting gehoor, waar oek 'n stuk of wat wa'ens met 'n klompi van ons mense was, waarheen dit nodig geag word dat vader, M. Oosthuisen en nog dri andere haastig heen snel. Daar vind hulle dat di kaffers 'n klipkop omsingel had, waarop di burgers nouweliks tyd had om met vrous en kinders te vlug toen hulle di vyand gewaar word. Di klipkop was voorsiin met 'n hoge krans, en slegs van een kant toegankelik, sodat di weinige burgers di vyand ver enige ure lank by di opklimplek kon weg skiit, dog di kruit en lood begin op te raak, want in di haastige vlug was daar gen kans sig goed van ammunisi te voorsiin ni. Dog in di kritike ogenblik, toen hulle haas in di hande van di vyand sou val, kom bogemelde vyf man daar aangejaag, skiit di vyand an alle kante neer, en verlos di klompi boere uit hulle netelige posisi. Di seun (hy was di enigste kind) van W. Pretorius wat oek op di klipkop vasgekeer was, wat di oggend uitgegaan het na di pêrde, en op di gesig van di vyand gen kans had om di wa'ens te bereik, en in 'n sloot weggekruip het, kom toen oek te voorskyn, wou na di wa'ens vlug, 'n kaffer hardloop hom in [e]n lig reeds di arm op om di vlugtende jongeling dood te steek, toen M. Oosthuisen hom neerskiit. So was di jongeling anstons by di wa'ens, waar hy ammunisi van daan haal en in alle haas an di vegtende burgers medeel wat opgedaag was. Daar was gen tyd te verliis ni, mar verénig met di mense uit di klipkop word di stryd vortgesit, en di vyand an alle kante neergeskiit, 'n gedeelte van di geroofde vé afgeneem en di kaffers op di vlug gejaag tot op di hogeveld na di kant van Bloukrans te Moordspruit, waar di moord di oggend plaas gevinde het. Di getal burgers van Maritz en di wat sig hiir bevind was tesame tussen di 30 en 40 man, wat di massa kaffers totaal verslaan en op di vlug gejaag het. Dit werd deur Gods hulp gedoen. Daarvoor kom Hem alleen di eer toe. Van di hogeveld siin di burgers 'n menigte aasvo'els te Moordspruit. Dadelik jaag hulle daarheen en vind toen eers watter vreselike moord daar in di oggend plaas gehad het, soos reeds gemeld is. Di wa'ens geplunder en so veul molik stukkend gebreek, kiste en ander breekbare meubels verbryseld en verstrooid, beddegoed verskeurd. Di wa'ens met al di verplunderde goed was as met bloed geskilderd, en di grond selfs was oral so goed as week gemaak met bloedplate. Di ergste was om di byna sewe honderd jammerlik verminkte lyke oral besaaid te vinde. Di gesig was hartverskeurend ver elkeen, mar veral ver di antal mans wat op di jag gegaan was om hulle vrous en kinders op di wyse vermoord terug te vinde. Hoe afgemat oek, het di burgers toen di lyke op di bes molike wyse begrawe. Behalwe di moord van di oggend, herinner ek mij ni dat daar di dag een van ons mense omgekom is ni; van di vyand is egter 'n menigte gesneuweld. Hoewel baing vé afgeneem, is daar nog 'n heelparty in hande van di vyand gebly. Omtrent di dag was deur Retief bepaald dat hy terug sou wees, hy werd dus verwag, mar in plaas van zijn koms is di moord en wat daarop gevolg het plaas gevinde. Nou was di vraag: Waar is Retief, en wat is van hom en syn 60 man geworde? Dadelik is egter begrijp dat hy en syn volgelinge vermoord is. Treurig voorwaar was di toestand waarin ons boere sig toen bevind. Van 'n heelparty mans was di vrous en kinders vermoord. So was daar 'n antal wedewés en wese waarvan di mans en vaders vermoord is. Vele was ontroof van lewensmiddele. Almal was nagenoeg in rou en armoede gedompel, sodat goeie raad en hulp onontbeerlik was. | |
[pagina 211]
| |
Daar di klompi boere te min was om Dingaan in syn vesting an te val en di verraderlike moorde te wreek, was di toestand van di burgers uiters haggelik. Dog gelukkig kom daar tyding dat P. Uys oek met 'n party trekboere in di nabyheid and kom is; dit gé anleiding tot grote blydskap. Anstons bevind di twé partye burgers sig by makaar. Intussen had di boere, wat op Drakensberg gebly het om di uitslag met Retief af te wag, van di gebeurtenis gehoor, en stuur so veul burgers o'er as mar kan gemis worde om hulp te verskaf ten einde di bes mogelike planne uit te voer. Daar Retief verdwene was moes 'n nuwe Kommadant Generaal gekiis worde, waartoe Maritz, Potgieter en P. Uys as kandidate benoemd word. Met goedvinding van Maritz en Potgieter word P. Uys as Hoofkommadant gekiis. Onder syn hoofbestuur is toen 'n anval op Dingaan gewaag wat misluk is en waarby P. Uys syn lewe verloor het. Hierop is G. Maritz as hoofkommadant gekiis. Daar Potgieter toen met 'n deel van di boere uit Natal terug trek o'er di Drakensberg na di Vrystaat, had Maritz nog mar omtrent di helfte van di burgers by sig, waaronder 'n vraag ontstaan is, nl.: of dit ni raadsaam sou wees om Natal ver goed te verlaat ni. Dog di gevoele van o'erlede vader en vele andere was, om dit ni te doen voordat di verraderlike moorde deur Dingaan gepleeg - waardeur Natal en Sululand met onskuldig bloed bevlek is - behoorlik op hom gewreek en di geroofde vé herwin is. Di o'ergeblewe klompi boere, wat deur al di teenspoed seer verarmd is, trek toen in lagers. Kort daarna breek di koors onder ons uit, waaran o.a. G. Maritz, ons Hoofkommadant beswyk het. Na syn begrafenis herrys op nuw di vraag: wat sal ons nou doen? - Di herinnering an di tyd in 1838 wek nog altoos 'n treurige weemoed in di geheuge van dese en gene, wat di akelige moordtonéle en ander sware beproewings, nog ni vergeet het ni. - Op di vraag, wat nou gedaan sal worde, gé o'erlede vader an di hand om elders hulp te soek. Daartoe word 'n Kommissi gekiis wat bestaan het uit W.J. Pretorius, Frans Hatting en o'erlede vader. Hulle onderneming was van 'n goeie vruggevolg. Spoedig word ons sowel uit di Koloni as uit di Vrystaat met vele benodighede ondersteun, met inbegrip van klére, waar groot gebrek an was. Vrywilligers uit di Vrystaat kom o'er om ons te help. Oek kom Andries Pretorius met 'n antal manskappe en sluit sig by ons an, so dat ons mense weer moed begin te kry ver di toekoms. Gemelde meneer Pretorius is op 28 Nov. 1838 as Hoofkommadant gekiis. Dadelik is toen planne gemaak om Dingaan te tugtig. Met alle spoed maak di burgers sig tot di stryd gereed, bygestaan deur di dames, waaronder menige wedewe was, wat help om kogels te vorm en op andere wyse di krygers toe te rus tot di stryd. Di oorlogsplan word goed bespreek en 'n krygsraad gevormd, bestaande uit: Charl Pieter Landman, Pieter Daniël Jacobs, Johannes de Lange en Stefanus Erasmns. Di viir kommadante met hulle veldkornets (kapteins), met di Kommadant Generaal as Voorsitter, maak di Krygsraad uit. Vollens 'n opmerking van o'erlede vader betrekkelik di gewigtige onderneming tot 'n anval op di vyand, oordeel di Hoofkommadant dit nodig om dit 'n saak van gebed te maak, opdat di Here met ons mag wees gelyk met Mozes en Jozua, met di belofte, dat as di Here ons di oerwinning gé, di dag jaarliks geviir sal worde met danksegging en gebed. Di gebeurtenis moes dan in herinnering bewaar worde tot in geslagte, opdat di dag in dankbare erkentelikheid as 'n heilige afsondering an di Here toegewyd word, as 'n dankoffer tot gedagtenis an di verlossing en oerwinning op di vyand. Toen alles gereed was en almal sig by afskeid wedersyds an di Here opgedra het, vertrek di leger op 3 Desember van di verskillende plekke na Sululand, en kom op 7 Des. te Danskraal, waar di plek van samekoms besteld was. Alles tesame bestaan di leger uit 57 wa'ens en 407 manskappe. Dit was egter as 'n druppel an di emmer, gereken teeno'er di vele duisende kaffers wat moes beveg worde. Nadat almal in een leger by makaar was, word deur di Hoof- | |
[pagina 212]
| |
kommadant 'n plegtige godsdiinsoefening besteld, wat gehou sal worde, voor hulle verder gaan, en waarvan hy di leiding an o'erlede vader opgedra het, wat toen op 'n kanonwâ gaan staan, di manskappe toespreek en daarop wys, dat as hulle sonder di Here optrek, lafhartig, halfhartig of ontrou is, dan is hulle gewis verlore, en daarom is syn ernstige vermaning om sig onvoorwaardelik an di Here oer te gé en di gedane belofte moet volbreng en om op te trek in di naam en krag van God, dan sal di Here met, in, voor, en deur hulle stry, en so sal di vyand o'erwen worde. Hy eindig met 'n ernstige gebed, waarin idereen met al wat daar was an di Here opgedra word. Almal stem tesame om di gedane belofte as 'n plegtige verbond getrou te volbreng, waaran oek gedag word by di oggend en aand godsdiinste. Bemoedig gaan di leger voorwaarts, kom op 11 Desember te Buffelsriviir, en op 15 Des. word di kamp an Bloedriviir opgeslaan. An di eenkant van di leger was di riviir, beter gesê, 'n sékoegat van omtrent 1500 tré lank, en an di anderkant was 'n vreselike grote sloot wat in di rigting na di kamp ankom en dit sou insluit, mar meteens soos 'n winkelhaak na di riviir toe draai en in di sékoegat uitloop, so was di lager eigenlik van agter en an di een sy deur di sloot en di sékoegat verskans, dus was daar twé plekke wat moes verdedig worde, nl., vlak van voor en an di een sy, waar gen ander skans was as net di kring van wa'ens, waarvan di openings tussen in toegemaak was. Di walle van di sloot was veral an di kant van di leger omtrent twintig voet hoog. So was di kamp an di een kant deur di riviir of sékoegat en an di ander kant deur di ontsaggelike sloot so goed verkans, dat dit ver di vyand haas onmolik was om van een van di twé kante op di kamp te storm. Soos di gewoonte by dergelike geleendhede is, word di wa'ens in 'n groot sirkel so na molik een agter di ander met di disselboom van elke wâ agter onder di ander ingetrek, en di op nings tussen in met grote doorntakke toegemaak. Hiir moet ni vergeet worde op te merk, dat di Generaal van di begin van di ekspedisi, gedurig spioene uitgestuur het, wat intussen soms in botsing gekom het met di kafferspioene, en telkens berig terug gebreng het. Oek word hoe langer hoe meer di seinvure van di kaffers op di bergtoppe opgemerk, en vollens rapporte van ons spioene, kan di burgers ider ogenblik 'n bestorming van di vyand te wagte wees, wat in ontelbare massas in antog was, en teen di aand van di 15de reeds in digte dromme met hulle seinvure o'er en weer op verskeie bergbultes kon gesiin worde. O'erlede vader wou met 50 man as 'n lokaas di vlakte inry, om soos di kaffers afkom, dat hulle dan van twé kante kan beveg worde, dog di Generaal wou dit ni toelaat ni, wyl dit Saterdag teen di aand was, kon liwers 'n anval op di kaffers uitgestel worde tot di Maandag, as di vyand ons so lank met rus laat. Daaro'er was vader regte ontevrede, mar later het hy ingesiin en erken dat di Gen. gelyk had. Vollens skatting bestaan di ontsaggelike massa kaffers uit ongeveer twaalf duisend man, en daarteeno'er sou dit te erg gewaag wees om met ons viir honderd man so 'n ongelyke stryd an te gaan, wyl dit begin donker te worde, dus was dit di beste sig nou mar so goed molik toe te rus en sig gereed te hou om di kamp in di donker te verdedig, daar 'n anval in di nag kan verwag worde, wyl di vyand hoe langer hoe meer 'n dreigende houding anneem so lank as hulle nog di aand oral op di bultes gesiin kan worde. An di twé kante waar di vyand kans had om 'n anval te maak het di Generaal di wa'ens enige sweupstokke en lanterns an di bô punte van di stokke laat vas maak met brandende kerse daarin, om enigsins van lig voorsiin te wees by 'n molike storm in di nag. Di wagte werd ider op syn pos geset, en elke man in di la'er kry order om syn kogeltas an te gord en met syn geweer in di hand gereed te wees. So word di nag meesal wakende, in angstige spanning en vurige gebed deurgebreng. En di Heer in di hemel siin in genade op di biddende skare neer, en het oek getoon dat hy di smeekinge gehoor het. Di vollende morre, 16 Desember, met dagbreek, gé een van di skildwagte 'n sein dat di vyand nader kom en in 'n oogwenk was ider man gewapend op | |
[pagina 213]
| |
syn pos van verdediging. En meteens was daar 'n vreselike krygsgeskrei onder di kaffers wat met 'n helsrumoer op di kamp anstorm, dog hulle word so warm onthaal en by honderde neergeskiit dat hulle anstons di vlug neem, mar word deur di kafferhoofmanne dadelik weer angevoer tot 'n nuwe bestorming, dit geskiid tot viir male agtermakaar, mar word telkens teruggedrywe met diselfde gevolg en verliis van honderde dooie. Di kapteins maak 'n vreselike lawaai, dog di kaffers was reeds so erg gehawend dat hulle tot 'n vyfde anval ni beweeg kan worde ni, mar hulle hardloop dat dit so dreun en vlug na alle kante toe as of hulle deur vuurvlamme vervolg word, wyl di kogels uit di lager nog altyd 'n dodelike verwoesting en verniling onder di vyand anrig. In di sloot was ruim 'n ses honderd van di vyand so dig op makaar saam gedring dat haas ni een in staat was om di hand op te lig ten einde 'n asgaai te handteer ni. Blykbaar het hulle daarin hardgeloop om di kamp van di kant te bestorm, mar deur di hoge wal belet, word hulle op di reeds gesegde wyse saamgepak, en an teruggaan was gen kans ni wyl di burgers hulle te spoedig op di hile kom, 'n menigte dood skiit, onder welke termult 'n groot antal di sékoegat ingedring word waar hulle versuip het, en wat nog di kop bô di water uit steek, word dood geskiit. Di bloed het soos 'n grip water uit di sloot in di rivier geloop. Soos dit gelyk het dan is van di klomp wat in di sloot was gen een ontkom ni. Een komande van di vyand het op 'n afstand gebly en gen deel geneem an di bestorming, dog maak sig blykbaar gereed om op hulle beurt 'n anval te onderneem, egter was hulle onder di bereik van di kanon. Di burgers het as 'n gedagte di pêrde opgesaal. Di kanonvuur word op di komande kaffers geopen wat in antog was, oek storm di pêrderuiters op di vyand wat o'errompeld di vlug neem. O'erlede vader met omtrent 150 man jaag op di vlakte tussen di verskrikte massa kaffers deur en keer omtrent 'n 2000 tal af wat na di riviir 'n ontkoming wou soek. Di kanonvuur bly onafgebroke gerig op di digte dromme kaffers wat elders heen hardloop, voorts word hulle deur di ander burgers links en regs dood geskiit totdat daar gen een meer te siin was ni. Di 2000 wat na di riviir vlug word by hope neer geskiit en andere di sékoegat ingejaag, waar 'n heelparty versuip het, en oek by menigtes doodgeskiit word, sodat daar ni een van ontkom het ni. Di water was naderhand in di sékoegat as of dit in bloed verander het; vandaar di naam van Bloedriviir. Wyl o'erlede vader met di 150 man besig was om gemelde 2000 kaffers (wat almal gedood word) di riviir in te drywe, was di ander manskappe besig di orige massa kaffers op di reeds gesegde wyse te beveg. So word di magtige legers van di trotse koning di dag totaal verslaan en vernitig, di onskuldige bloed gewreek, en Dingaan ten onder gebreng, en hoewel hy nog vele duisende krygshelde in voorraad had, was di eigenlike beslissende slag op Sondag 16 Desember 1838. Di burgers had di ganse dag deur geveg. Hulle word sigbaar ondersteun deur 'n hogere hand. Di o'erwinning was ‘des Heeren: Zyn Naam zy geloofd!’ Teen di aand was alles afgeloop, en di burgers kom, hoewel vermoeid en afgemat, met dankbare harte vreedsaam weer in di kamp terug; ni één was gesneuweld, slegs 'n paar was gewond en oek di hoofkommadant kry 'n wond an een hand. Van di vyand is daar di dag enige duisende omgekom. Dit spreek van self dat 'n antal van di vyand, wat ni binnen di bereik van di burgers sig gewaag het, ontvlug, en an Dingaan di neerlaag van syn grote legermag gaan vertel het. Toen di burgers dan di aand in di kamp teruggekeer was, word 'n plegtige dankstond gehou om di Here te lowe ver Syn genade, dat Hy di gebede verhoord en ons di o'erwinning geskenk het. Hoewel di geliifde vaders ni geweet het op watter dag di redding sou plaas vinde ni, so het hulle tog vertrou dat di gebede verhoord sal worde. Nou kom hulle di aand tot o'ertuiging dat dit op di Sondag, ‘den dag des Heeren,’ geskiid is. Daarom is daar oek an di gedane belofte gedag geworde, in danksegging en gebed, om di | |
[pagina 214]
| |
verbond te vernuw, dat daaran gevolg sal gegé worde tot in later geslagte. Met danksegging en lofpsalms (byv. Ps 103) word di naam van onse Heer oek singende groot gemaak. En, ofskoon ni sorgeloos ni kan ider sig tog veilig neerlê, om di nag 'n verkwikkende rus te geniet, nadat alles afgedaan was wat gedaan moes worde en beslote was, dat di 16de Desember van 1838 jaarliks as 'n Godgewyde feesdag dankbaar sal geviir worde. Di vollende morre vroeg het Pretorius besluit gen tyd te verliis ni, mar Dingaan dadelik in syn stad te gaan anval. Anstons word di kamp opgebreek, en di boere leger gaan verder Sululand in. Na dri dagreise kom hulle in di nabyheid van Dingaan syn stad. 'n Patrolje wat uitgegaan was, kom op 'n hoge bult, vanwaar di stad en enige Kafferkrale daar in di omtrek kan gesiin worde. Een van di kommadante los 'n skot op 'n kraai, dit word natuurlik in di stad gehoor wat 'n paar minute later deur di Kaffers self in di brand gesteek is - anstons was di hele stad 'n prooi van di vlamme; in diselfde ogenblikke word nog twé Kafferkrale van twé kapteins daar in di nabyheid oek in brand gesteek. Di boere-komande gaan tot by di stad, vind dit geheel verlate en in puin deur di brand. Nadat di kamp opgeslaan was, word dadelik ondersoek gedoen om te siin of dit sou kan uitgevinde worde wat van Retief en syn 60 man geworde is, want tot nogtoe was niks ontdek ni; slegs wis men dat hulle ni terug gekom het ni en dit was al. Daarop word naarstig daar in di omtrek by di stad na di veronderstelde lyke van di Kommissi gesoek. Dit duur dan oek ni lank ni of di lyke word op 'n koppi gevinde, omtrent 1,200 tré van di stad af. Di liggame, deur gen roofvogel of ongediirte beskadig, was ider nog in di vorm soos dit daar vermoord is. Egter was dit 'n akelige gesig om te bespeur op hoe 'n vreselike wyse di moord plaas gevinde het. Di hande en voete was nog met di rou rime vas gebinde, en ider was 'n lange skerpe stok van onder in di liggaam met geweld ingeslaan waarvan di punt deur di ingewand tot in di bors deurgedrywe was. Ofskoon toen reeds 'n geruime tyd blootgestel an di weer, is di lyke anstons herkend an di klêre, sodat menig vader di lyk van syn seun en menig seun di verminkte lyk van syn vader en menig broer di lyk van syn broer herken het, wat daar op so 'n onbeskryfelike wyse vermoord geworde is 'n Smartvol treurige jammerkreet word dan oek uit menig bloedende hart gehoor. An di lyk van Retief is nog di sak of tas van leer gevinde wat nog vas gegespe was o'er syn skouer. Daarin was al di dokumente nog so skoon en ongeskonde as of dit in 'n kis gesluit was. Dit skyn of di kaffers na di volbragte gruweldaad nooit weer na di moordheuwel gegaan het ni, want spoedig word tekens gevinde wat di weg anwys na di poort uit di stad, vanwaar di slag-offers gesleep en met stokke en kiriis doodgeslaan is. Van di poort tot op di heuwel het wel 'n wâvrag met kiriis en stokke in 'n opvolgende rigting as besaaid gelê wat onder di slaan stukkend gebreek het. Nadat van di een en ander notisi geneem is, het di Generaal 'n groot gat laat maak en di lyke almal bymakaar daarin laat begrawe. An di een einde van di graf word 'n groot platte steen, of klip as 'n gedenktéken opgerig met di name van di slagoffers en di datum van di moord daarop uitgekap. Daarna trek di burgers an di Suid Ooste kant van Dingaans stad verby en kampeer op 'n klein bergi. Vandaar word 'n antal vé tussen di hobbelagtige bosklowe gesiin, dit was 'n lok-aas. Dadelik gaan 317 man te pêrd, onder kommadant Johannes de Lange, en jaag toe op di vé om dit af te neem - want hulle kan begryp dat dit deur di vyande bewaak word, daarom gaan daar so baing van di burgers, wyl di orige in di kamp bly om dit te bewaak. Di klompi kaffers daar by di vé neem anstons di vlug, wat deur di boere agtervolg word, en so bevind ons mense sig na enige ogenblikke ingeleid tussen dri kafferkommandes wat in di bosklowe weggekruip was. As 'n oogwenk spring di vyand van alle kante te voorskyn, en storm met 'n ysingwekkende moordgeskrei op di burgers an, wat toen eers bemerk dat hulle omsingeld was | |
[pagina 215]
| |
deur enige duisende kaffers. Na 'n harde geveg van omtrent 'n half uur, is dit duidelik bespeurd dat hoewel an alle kante 'n menigte van di vyand neergeskiit word, di sirkel kaffers rondom altyd in digter dromme anstorm op di burgers wat dit teenoer di duisende kaffers ni te lank kan uithou ni. Wyl di burgers sig op 'n enigsins groot ope ruimte bevind waar hulle deur vele duisende kaffers omsingeld, di terugtog op diselfde weg wat hulle gekom is glad onmolik was, en di gevaar hoe langer hoe groter werd, gé di Kommadant order om soos 'n oogwenk op di pêrde te spring en op een plek van di sirkel vyande toe te storm en 'n opening te skiit, dit is toen gedoen sonder dat daar tot nogtoe een enkele an ons kant gesneuwel was. Dog di o'erweldigende mag van di vyand was so groot in di rigting na di kamp dat di burgers onder 'n hewige geveg 'n omweg moes maak, waar di vyand steeds van alle kante toestorm om di pas in di gewenste rigting af te sny. So het di burgers op dood en lewe af, ses of sewe ure lank, hard and veg moes bly om enigsins hulle doel te bereik. Eindelik jaag di burgers vort, dog word an 'n valsriviirtji opgehou, waar 'n mens ni anders dan met grote moeite kon deur gaan. Wyl di vyand bekend was met di moeielikheid van di riviirtji, storm hulle met menigtes daar op di burgers an, waar op nuw 'n vreselike geveg plaas vind en vyf burgers gesneuwel het. Selfs toen di burgers deur di riviirtji was, dring di kaffers so geweldig van alle kante dat di geveg onafgebroke op di hewigste wyse moes vortgeset worde, en di burgers nog mar altoos vegtende 'n weg moes baan om na di kamp deur te kom. Toen daar gen kans meer was om di burgers voor te sny ni werd hulle met des te groter woede an weerskante en veral van agter op di hewigste wyse bestorm tot heel naby di kamp. Soos reeds geseg, is daar vyf van di burgers omgekom, dit was by di geveg an di valsriviirtji, en vollens berekening is daar di dag omtrent 1000 kaffers gesneuweld. En hoewel di stryd 'n volkome sukses an ons kant was, word di dood van di vyf man diip betreurd. Egter het dit ons boere ni ontmoedig ni, mar was daar alle rede om di Here te dank ver syn hulp op di dag, waardeur di vyand op nuw 'n gedugte neerlaag gely het en in di spelonke moes terug trek. - Dit moet ni vergeet worde, dat ofskoon di vyand in di loop van di laaste paar gevegte tesame ruim 4000 man verloor het, so was syn mag nog altyd ontsaggelik groot, wyl Dingaan sig steeds omringd siin deur vele duisende dappere krygshelde, wat soos di sprinkhane rondom hom byeen gepak is in di spelonke, waar hy toen syn tydelike verblyfplaas had. So was di boeremag of komande di aand weer byeen. Di vollende dag, nadat hulle eers alle bereikbare Kafferdorpe of stede in di omtrek v[e]rbrand had, - di vyand was reeds tevore daaruit gevlug, en daar di stad van Dingaan reeds verbrand was, - het ons mense hulle kamp opgebreek en 'n eindji terug gegaan, en so kom hulle dri dage later an 'n sekere spruit of riviirtji wat di naam kryg van Nuwjaars spruit, en wel, omdat dit toen juis di eerste dag van di jaar was, nl.: 1 Jannewari 1839, waar hulle di dag o'ergebly het. Di vollende dag is 'n antal van ons mense op 'n soort van patrolji weer slaags gewees met di vyand en het 'n goeie buit an vé terug gebreng. So was di boere mooi op weg om Dingaan ver goed ten onder te breng. Dog nouweliks was di bôgemelde patrolji in di kamp terug, of di onangename berig word verneem van 'n proklamasi deur di Kaapse Gouwerment uitgevaardig, waarin angekondig is dat as dit gewaag word om Dingaan an te val, dan sal di Gouwerneur ver hom te hulp kom met 'n troepemag wat voorsiin sal wees van bomme en kanonne om Dingaan syn anvallers te beveg. Daar di Britse Regering di kaffers toen onder beskerming neem, blyf daar ver Pretorius gen ander weg ope, dan om met syn manskappe terug te trek. Gelukkig was di veldslag reeds gelewerd, wat di vyand 'n goeie knou angebreng het, en waarby Dingaan tussen di viir en vyf duisend man verloor, en ons mense ruim 6000 beeste van hom afneem en buit gemaak het. In Natal terug, was daar grote blydskap en dankbaarheid o'er di goeie afloop van di | |
[pagina 216]
| |
ekspedisi, mar oek droefheid o'er di verliis van di vyf man wat in di slag omgekom is, en oek o'er di ontdekking omtrent di wreedheid waarmé Retief en syn manskappe vermoord is, wat toen ver di eerste maal deur betrekkinge en vrinde, wat tuis gebly het, gehoord word. Wi beskryf di nuwe gevoel van smart onder wedewés en andere, van wi di naaste betrekkinge op haas ondenkbare wrede wyse vermoord is! Dog di Here gaf oek grote stof tot dankbaarheid van wege syn wonderbare beskikking dat Dingaan so gedug gestraf is en nog so veul van ons in lewe word gespaard, as oek dat ons 'n goeie buit gekry het wat vereers in di dringende behoeftes kan voorsiin. An di westekant van Natal woon in di tyd twe kaffer-opperhoofde, genaamd Napaai en Vakoe. So lank as di Komande weg was na Sululand om Dingaan te tugtig, word 'n grote antal van di boere-vé uit Natal gesteel, dog daar di rivire wegens sware reens meesal onpasawel was en di spore dood gereen het, kon dit ni uitgevinde worde wi eigenlik di diif was, egter is daar suspisi gemaak op Napaai. So is dadelik, na di terugkoms van di komande, 'n antal burgers in di rigting uitgegaan. Dog in di nabyheid van Napaai is 'n krygsraad beleg waar besluit word eers 'n kommissi van dri man na Vakoe te stuur om te weet wi di skuldige persoon is. Vakoe had juis enige dage tevore 'n heelparty beeste van Napaai afgeneem wat an di boere behoor. Daarvan breng di komissi berig terug. Op nuw word di krygsraad byeen geroep en is dit bevinde dat Napaai di diif was, waarop hy 'n gedugte pak gekry het, en nog 'n grote antal vé terug gevinde is met 'n goeie buit daarby. Onder di geroofde vé wat terug gevinde is, word o.a. oek 14 beeste van ovl. vader kerkend en daar onder 'n ekstra goeie melkkoei met di naam van Duiker. In di slag word o.a. twé kaffermeide gevange geneem, wat by noukeurig ondersoek verklaar het, dat Napaai baing beeste van di boere gesteel het, soos byv. nou onlangs 'n span rooiwitpens osse; en omtrent di buit getuig di meide dat dit alles gesteelde vé van di boere was. Dus het Napaai net soos Dingaan syn welverdiinde straf ontvang. Nadat di vyande aldus gedug op hulle batji gekry het, was alles stil en kon di boere in vrede terug gaan om Natal, wat so duur met bloed betaald is, te behou en te beplant. Dog dadelik daarop kom daar 'n Engelse afgesant in di Baai en daarna op land an waar hy anstons 'n fort opgerig het tot 'n tydelike verblyfplaas ver hom en syn manskappe wat by hom was. Hy was gestuurd deur di Gouwerneur van di Kaap. met 'n proklamasi, dat di uitgeweke boere hulle wapens moet neerlê an di voete van di Engelse Offisiir of Afgesant, en dat dit in militêre bewaring moet gehou worde. So sou dan di boere ontwapend, van hulle wettige regte beroof, sig o'ergegé vinde an di duisende vyande van rondom om ider ogenblik vermoord te worde. Dog an so 'n onbillike eis had di boere gen lus sig gewillig te onderwerp, hulle het daar wettig teen geprotesteer, 'n wag van 40 man om di Engelse Fort geplaas, en gedoen 'n beroep op di Ryksregering, wat deur di weg ver di eerste maal di ware toedrag van sake, met betrekking tot di uitgeweke boere, te wete gekom [h]et; want hiertoe was hulle altijd an di Ryksregering voorgesteld (soos nou nog gewoonlik gedoen word) as 'n party moordenaars wat in woeste hordes uitgaan, di arme weerlose naturelle, mans en vrous, doodskiit, en di kinders tot slawe maak. Dus was dit gen wonder dat daar so 'n onbillike proklamasi verskyn het. Dog toen di Ryksregering hoor van al di moorde wat deur di kaffers onder di boere angerig was, byv. di van Retief en andere gevalle, soos reeds beskrywe is, as oek van di o'ereenkoms tevore met Dingaan getref waarvan di getekende dokumente nog in bewaring is; toen stuur di Ryksregering 'n ander proklamasi en gé order dat di Offisiir met syn gevolg uit Natal moet weggaan, en dat di land, vollens verdrag deur Dingaan ens. getekend, an di boere behoor, waarna di Offisiir met syn soldate op 24 Desember 1839 vertrek het, en di boere as wettige eienaars van Natal di land kon bewoon. | |
[pagina 217]
| |
Intussen had Dingaan twe van syn hoogste kapteins na Pieter Maritzburg gestuur, om pogings an te wende tot di sluit van 'n vredesverdrag met di Suid Afrikaanse Maatskappy, wat daartoe dan oek gewillig was, onder voorwaarde dat Dingaan alle geroofde vé terug besorg met di oorlogs-koste daarby, wat tesame 'n bedrag uitmaak van 40,000, beeste, wat op anvraag van di Volksraad moes betaald worde, dog as hy hiiran ni voldoen ni, dan sal daar andermaal 'n komande op syn koste op hom afgestuur worde, waar hy ver di gevolge verantwoordelik voor sal wees. O'ereenkomstig di verdrag word daarvan di nodige dokumente opgemaak en deur di twe kapteins geteken. Toegerus met di nodige inligtings en laste gaan di twe afgesante - wat in naam van di Koning gehandel het - na Sululand terug. Toen was daar dankbaarheid, blydskap, vrede, en di Suid Afrikaanse vlag waai toen rustig in Natal. Daarna word di lagers opgebreek, en vollens di besluit van di Volksraad 'n dorp of hoofstad angeleg met di naam van Pieter-Maritzburg, plase opgemeet en an ider huisgesin word 'n plaas en twe erwe op di dorp toegeken. Selfs di wedewés wat hulle eggenote in di oorlog verloor het, het gelykelik in alle voorregte gedeel. So word dan ni alleen di plase ni, mar oek di dorp beboud en beplant. En reeds in di begin van 1840 had Pieter-Maritzburg di ansiin verkry van 'n jeugdige bloeiende stad, voorsiin van ommuurde pragtige tuine, besaaid en beplant, waarvan di opbrengs 'n welkome vervulling was in di behoefte van vele huisgesinne. Oek word di anplant van alle beskikbare soorte bome ni vergeet ni. Anstons word daar oek 'n kerk geboud op di plek wat daarvoor bestemd was; dit is op di vollende wyse geskiid: 'n lys word geopend, di een teken om 10 vragte klippe ver di fondament te breek en an te ry, di ander om 'n sekere antal dage te help messel, 'n derde om 'n gedeelte timmerhout te besorg, 'n viirde om 50 of 60 bosse dekgras te lewer, ens., ens., en so het ider na syn vermoge bygedra, wat deur di eendragtige samewerking daarop uitgeloop het, dat di kerk spoedig voltooid en sonder skuld was. Intussen word di Sulunasi ontevrede o'er di moordsugtigheid van Dingaan, want syn krygsvolk was so gedug toegetakel en met ongeveer vyf of ses duisend verminderd, dat hulle di vegtery begin moeg te worde en moedeloos word, nadat hulle so veul neêrlage gely het. En daar dit lyk of Dingaan onwillig was om an di gestelde eise van di boere te voldoen, is daar 'n grote vrees onder di Kaffers ontstaan van wege di bedreiging dat daar weer 'n komande burgers kan verwag worde, want hulle was reeds bekend met di kogels van di boere, had gehoord omtrent di laaste verdrag met di voorwaarde daarvan, en gevoel sig, ver 'n groot deel, ongenege om weer in botsing te kom met di boere, wat hulle liwers tot vrinde wil hê. So is 'n groot antal van Dingaan syn volk afvallig geworde, wat sig angesluit het by 'n broer van Dingaan, genoem Panda, wat ni moordsugtig mar vreedsaam was en reeds 'n plan gevorm het om 'n vredestraktaat met di boere te sluit en voorts 'n bondgenoot van hulle te wees. Daar Panda 'n man ver vrede was, het hy nooit deel geneem in di wrede moordenarye van Dingaan ni, mar het sig altoos apart en stil gehou. Nou hy dageliks syn manskappe siin vermeerder deur di volk van Dingaan wat na hom toe o'erkom, en weet hoe moordsugtig syn broer was, word hy bevrees van beskuldig te worde dat hy di mense van Dingaan afgerokkel het, so het hy sonder tyd te verliis, met di volk wat toen by hom was, weggetrek tot o'er di riviir Tugela, om so spoedig molik in bondgenootskap te tré met di Suid Afrikaanse Maatskappy. Hy was van gedagte dat Dingaan hom o'er di Tugela ni sou agtervolg ni; dog hy had sig misreken, want hy was nouweliks o'er di riviir gevestig of word onverwags deur 'n groot komande van Dingaan o'erval, wat 'n vreselike slagting onder syn volgelinge angerig het Sedert di twe afgesante uit Pietermaritzburg vertrek was, het di Suid Afrikaanse Matskappy nog altoos te vergeefs op 'n antwoord van Dingaan gewag. | |
[pagina 218]
| |
So was dan di boere ver goed in Natal gevestig onder di naam, soos reeds gemeld, van di ‘Suid Afrikaanse Maatskappy,’ het stad en kerk geboud, begin reeds di vrugte van hulle hande-arbeid te geniit, en wag di uitslag af van di Kaffer-deputasi van Dingaan, wat na voormelde onderhandelings en instruksiis weer na hom terug gegaan was. Dog voor ons verder met di geskidenis angaan, diin hiir nog di een en ander vermeld te worde betrekkelik di dood van Kommadant P. Uys en een of meer bisonderhede, waarvan di berigte eers onlangs onder ons andag gebreng is. Soos reeds bekend, was Pieter Retief en syn gevolg verdwyn en moes 'n ander Kommadant Generaal gekiis worde, waarvan di keuse geval is op Piet Uys, wat di betrekking angeneem het en alle beskikbare manne byeen kry uit di Trekkers, wat toen nog an makaar gesluit wens te bly, met di doel om Dingaan te straf. Hy kry toen ongeveer 400 man byeen. In diselfde tyd was daar in di Baai sekere Bigger an di hoof van enige blanke persone, wat syn diins anbiid om P. Uys te help met 'n komande van 900 kaffers wat na hom gevlug was. So trek Uys en Bigger tesame op, ider an di hoof van syn komande, Sululand in. Hulle kom sonder teenspoed tot in di nabyheid van Dingaan syn stad. Daar moes hulle in 'n gevaarlike bergkloof optrek wat na Dingaan syn stad lei, wat an weerskante voorsiin was met hoge bosrante wat ver duisende mense 'n skuilplaas anbiid, sonder deur di komandes opgemerk te worde. By di ingang van di kloof tref di komandes 'n klein klompi kaffers an, wat dadelik di vlug neem al in di kloof op tussen di bosse deur. Di komandes storm op di klompi kaffers agterna, mar kon hulle van wege di bosse ni so anstons inhaal ni. Di vyand had di beweging van di komandes noukeurig gade geslaan deur middel van spioene, en was by duisende versteek in di bosse an weerskante van di kloof Sodra di komandes mooi almal di kloof ingetrek was, spring di kaffers van rondom te voorskyn, storm op di komandes neer en sluit di ingang van di kloof totaal af met 'n sterke muur van vyande. Toen eers word ontdek dat di klein klompi kaffers niks anders as 'n lokaas was om di komandes met 'n voorgewende vlug in di strik te lei. Dadelik word order gegé om op di ingang terug toe te storm en 'n bres te slaan. Dit is toen gedoen, sodat daar weer 'n opening kom om terug te trek; tot nogtoe was wel 'n menigte van di vyand gesneuwel, mar an ons kant nog nimand omgekom ni. Dog toen word di gevaar dubbel groot en di stryd dubbel swaar, deur dat di manskappe in di ontsaggelike rumoer by klompe wyse van makaar begin te raak, wyl di o'erweldigende mag van vyande sig met helse woede tussen ons mense indring; so was P. Uys met twintig man afgesny en teen 'n grote sloot vasgedring, waar hulle met di grootste moeite en onder 'n hewige geveg moes sukkel om deur te kom. Daar word Uys deur 'n assegaai dodelik getref, hy ruk di assegaai uit en moedig syn manskappe nog ewe dapper an as altyd, dog word spoedig deur bloedverliis te swak om op di bene te bly, sê an syn seun en di andere hulle moet hom mar an syn lot o'erlaat en sig deur di vlug trag te redde, wyl hy gaan sterwe. Ni ver van daar kyk di seun om, en sodra hy siin dat syn vader omring van vyande egter nog syn hoof perbeer op te rig om te siin of hy ontkom was, neem di seun di besluit om syn vader te gaan help of met hom te sterwe. Hy storm op di vyand toe, skiit nog dri kaffers dood, dog is daarop in hande van di vyand geval en saam met syn vader vermoord. Tesame met di twe is daar in di slag 8 of 9 man an ons kant omgekom. So was di anval 'n totale mislukking soos reeds vroeger vermeld is. Met bittere teleurstelling keer di komande onder di treurigste gewaarwording terug. Toen kry hulle berig omtrent di ander komande. Bigger is met di sewe blanke wat by hom was in di slag omgekom, en van di 900 kaffers is mar 'n klein klompi na di Baai ontvlug, di ander is almal gesneuweld. In di | |
[pagina 219]
| |
Baai kom toen tyding dat 'n groot komande vyande and kom was, blykbaar om al di ontvlugte kaffers, met enige blanke wat sig daar bevind, tot di laaste te vermoor. Gelukkig leg daar juis 'n skip in di baai geankerd en was daar kans om nog daarheen te ontvlug. Toen word dan oek di massa vyande opgemerk, wat hulle woede kom koel an roof en plunder, deur wi dan oek al di vé, wat in di omtrek was, weggevoerd werd na Sululand. Ider kan dus begryp watter armoede en gebrek geheers het onder di vlugtelinge toen hulle weer op land kom. Na di mislukte veldslag is Potgieter, wat as Hoof of Voorman di oorsponkelike Trek deur Grootriviir bestuur het, met 'n antal manskappe o'er Drakensberg getrek, wyl di ander sig geroepe ag om Natal ni te verlaat ni voor dat al di onskuldige bloed op Dingaan gewreek en soveul molik van di geroofde vé herwin is. Egter was ons agtergeblywe mense in grote armoede en genoegsaam in hongersnood gedompeld. Dit was in di winter van 1838. Deur bittere ondervinding had di Boere geleer om ni weer by klompiis wyse, sonder beskutting, van makaar verwyderd sig neer te set soos te Bloukrans en Moordspruit, wyl 'n anval van di vyand verwag kan worde, en waarvan reeds 'n berig verneem werd dat daar iits van diin aard onder di Kaffers an di gang is, want dit is uitgevinde dat Dingaan deur middel van eijn spioene sekuur bewus was van al ons bewegings, dat Potgieter met 'n groot antal manskappe vertrek is en di agtergeblywe mense in 'n deerniswaardige toestand verkeer, waarom hy dan oek 'n plan vorm om ons an te val en tot di laaste te vernitig. Deur gebrek an di nodige behoeftes was daar oek haas gen kans om di land te verlaat ni en moes di verarmde Boere toen mar 'n plan siin te maak om di bes molike skikkings tot stand te breng. So trek ons mense in 'n grote lager byeen, en trag sig ver 'n anval van di vyand voor te berei. Di lager word so ingerig, dat daar binnekant ruimte was om so veul molik van di vé, veral 'n antal pêrde, 'n skuilplek te verskaf. Toen di wa'ens, wat di buitelyn uitmaak, ider agter makaar in orde gebreng was, word nog in alle haas 'n sooiwal van ses voet hoog soos 'n muur buitekant di wa'ens rondom di kamp gemaak, met di skiithokke op elke hoek, om so molik di vyand te belet om tot by di noodmuur of sooiwal te kom. Di kaffers het ni lank op hulle laat wag ni, want reeds in di begin van Augustus, nadat di lager nouweliks, mar tog gelukkig reeds enigsins in 'n staat van verdediging was, word di berig verneem dat 'n verskrikkelik grote kafferkomande van vele duisende sterk and kom is. Spoedig was di vyand dan oek in gesig, dog in plaas van dadelik 'n anval te maak, gaan hulle in 'n digte massa in gesig van di kamp op 'n goeie afstand sit, op omtrent 1000 tré van di kamp af, blykbaar om òf te rus òf om verdere planne te bespreek. Eindelik staan hulle op en kom nader in di vorm van 'n os syn kop, gevolgd deur di ander wat in digte dromme agterna kom. Di betekenis dat di voorste gedeelte in so 'n vorm ankom word goed begryp, nl.: Di twe lange horens wat an di kop verbinde is, moet di kamp insluit, en dan moet di kop di kamp omstoot, wat in syn geheel di betekenis had dat tot di laaste mens wat in di kamp is vermoord en vernitig moet worde. Dog di vyand had sig misrekend. Alle weerbare manne an ons kant was ider op syn pos, kant en klaar, om di kaffers 'n warme onthaal te laat toekom, soos dan oek anstons geblyk het; want toen di vyand na genoeg was om hulle met sukses te onthaal, val di geweerskote uit di skiithokke sowel as uit di kamp soos 'n gekraak van 'n vreselike donder, di twé horens was anstons weggeskiit, en waar di kop onder skoot kom word hy van voor oek altyd neergehaal, sodat di kop telkens moes gerepareerd worde met nuwe horens daaran, dog by elke bestorming word di horens deur di kogels uit di lager vernitig en di kop so toegetakel, dat dit naderhand gelyk het of dit moeielik begin te gaan om di kop behoorlik te repareer, en di kaffers sig blykbaar ni meer tot nuwe horens wil laat gebruik ni. | |
[pagina 220]
| |
Op di reeds beskrywe maniir het di bestormings twe dage lank angehou, mar toen was di vyand so erg getakel, dat daar blykbaar verwarring onder hulle begin plaas te vinde, want 'n grote menigte was reeds doodgeskiit, en daar by elke nuwe anval weer 'n ander grote antal neergevel word sonder iits uit te voer, begin di kaffers terug te trek met byna al ons vé, behalwe di weinige wat in di kamp was. Toen di terugtog opgemerk word, gaan van ons manne te pêrd uit di lager, vervolg di vyand, skiit nog 'n heel party kaffers dood, en herneem 'n gedeelte van ons vé wat gedurende di beleg deur di vyand geroof was, dog di ander word na Sululand vervoerd. Daar di pêrde wat in di kamp was reeds twe dage sonder voer of water gewees is, en toen nog moes gebruik worde om di vyand te vervolg, kon ons manskappe ni so veul uitrig ni as anders sou gedaan wees met vrisse pêrde. Ons lewe was gespaard, mar daar was so veul van ons vé deur di vyand weggevoerd, dat di gevaar, om an lewensmiddele gebrek en hongersnood te ly, soos 'n donkere wolk o'er ons hoof gehang het. Met dankbare harte mog ons toen weer enige rus geniit, in vertrouwe dat di Here oek verder in onse node en behoeftes sal voorsiin, en di hoop word dan oek vervuld, want soos reeds vroeger vermeld, is van elders hulp opgedaag, en is daar 'n komande met A. Pretorius an di hoof uitgetrek teen Dingaan met 'n gelukkige uitslag, wat oek te vore reeds verhaald is, en waarvoor di eer alleen an di Here toekom, want Hy het ons deur alles heen gehelp, totdat ons eindelik in rus en vrede kan lewe en 'n eie stad en kerk geboud had, reeds di inkomste van di land begin te geniit, en met gesag di afgesante of deputasi van Dingaan kon terug stuur met di eise tot onse skadeloosstelling, wat bestaan het in 40,000 beeste met di oorlogskoste waar Dingaan di oorsaak van was, en nou wag di Maatskappy op syn antwoord. Di lesers sal sig oek herinner dat Dingaan 'n grote slagting angerig het onder di anhang van syn broer Panda, wat met syn manskappe gevlug was tot o'er di Tugela. Dit is 'n riviir, soos baing mense weet, wat syn oorsprong uit Transvaal het. Later loop dit tussen Sululand en Natal, tussen Fort Pearson en Fort Tenedos deur, en so loop dit daar digteby in di sé. Panda en syn volk was dan uit Sululand o'er di riviir getrek tot in Natal, in di gebiid van di S.A. Maatskappy, waar hy gedenk het om veilig te wees, dog deur Dingaan o'erval werd soos reeds angemerk is. Egter is Panda self in di o'errompeling ni omgekom ni. Hy en 'n antal van syn manskappe het ontkom. En nadat di moordbendes van Dingaan weer terug was na Sululand, siin Panda nog voortdurend syn manskappe vermeerder met di onderdane van Dingaan, want hulle weet dat Panda 'n man van vrede was, en liwers in bondgenootskap wil lewe met di S.A. Maatskappy, nl. di Boere, en daarom vlug hulle na hom. Oek was Panda oertuig dat di eise van di Boere ni onbillik was ni en dat Dingaan dit wettig skuldig was, as oek dat di Boere dit met geweld van wapens sal gaan invorder; daarom was dit hom te meer 'n dryfveer om sig by di Boere as bondgenoot an te sluit, om ni straks onder di kogels van di Boere te kom ni. So kom Panda na Pieter Maritzburg om met di Boere 'n onderhandeling te tref, ni alleen om sig as bondgenoot an te melde ni, mar selfs as onderdaan sig te onderwerp an alle billike voorstelle van di Boere. Daa[rb]y is toen duidelik geworde dat vollens di Suluwette di koningskap o'er di Sulunasi eigenlik an Panda toekom en ni an Dingaan ni, want Panda was di ouste broer. Dit word toen klaarlik ontdek dat Dingaan deur lis en geweld sig van di koningskap het weet meester te maak. Nadat Panda syn griwe, begeerte en versoek an di Boere blootgeleg het, vertrek hy weer na syn tydelike verblyfplaas, waar hy syn kamp opgeslaan het. Daarop is di Volksraad byeengekom om o'er di onderwerp te raadpleeg. In di sitting werd besluit om 'n kommissi met di nodige instruksiis na Panda af te vaardig, om nadere kennis te neem omtrent di bondgenootskap, en sodanige skikkings te maak wat ni alleen billik mog wees ver di Panda's, mar oek veilig ten opsigte van di Boere. Met di nodige instruksiis voorsiin gaan di kom- | |
[pagina 221]
| |
missi na Panda en maak 'n verbond met hom, dat hy en syn volk as bondgenote en onderdane deur di S.A. Maatskappy opgeneem word. Onder andere word besluit dat Panda gen oorlog mog maak met enig imand sonder voorkennis en toestemming van di Boere ni; en selfs as dit met verlof mog plaas vinde, dan mog gen vrous, kinders, of oue van dage, met een woord: gen weerlose mog gedood worde ni. Daarby kom nog dat di verblyf van di Panda's in Natal slegs tydelik moet beskou worde, en dat Panda as Koning o'er syn emigrante angestel word, met belofte, sodra Dingaan uit di weg geruimd is, hy dan koning sal wees o'er di hele Sulunasi. Di Panda's was dankbaar en bly dat hulle as bondgenote opgeneem word en beloof sig oek as onderdane gedwé te onderwerp an di besluite van di Volksraad, wat deur middel van di Kommissi an hulle voorgeleg word. Om hulle te laat verstaan dat di saak nou ver goed beslis en vasgestel was, het di Kommissi di Suid Afrikaanse vlag losgemaak en opgehys en 'n party vreugdeskote afgeskiit. Toen Panda dit alles gade geslaan en verstaan het in watter posisi hy deur di Boere gekom is, was hy uitermate verblyd en dankbaar, ni alleen dat hy en syn volk nou as bondgenote en onderdane van di Boere beskoud mag worde, mar oek ver di molike kans dat hy o'er heel Sululand kan regeer; syn blydskap en dankbaarheid was onuitsprekelik groot toen dit hom duidelik word dat syn begeerte en verlange tot hiirtoe so luisterik vervuld is. Daarop het Panda van syn kant beloof om sig gedwé te onderwerp an di Suid Afrikaanse Maatskappy en di bevele van di Maatskappy getrou na te kom, en as bewys daarvan het hy twé van syn mees vertroubare hoofkapteins as gyselaars in hande van di boere gestel, namelik in di van di regering van di S.A. Maatskappy. So het di sake in di begin van 1840 gestaan. Di Boere had egter met Dingaan nog 'n appeltji te skil; hy moes nog an hulle terugbetaal: 1) 40,000 beeste, 2) di oorlogskoste van twe Komandes, 3) hy had op di grond van di boere 'n anval gemaak op Panda, en 4) was dit hoog nodig dat hy ver goed ten onder moes gebreng en syn mag gebreek moes worde van wege al syn gruweldade van roof en vreselike moorde deur hom gepleeg. Tevore had di Boere sonder hulp van kaffers oorlog gevoerd teen Dingaan, en daar hy an di regmatige eise, vollens verdrag met syn afgesante, ni voldoen het ni, had di Boere reg om weer teen hom op te trek en sou dit weer doen sonder ander hulp. Dog daar Panda 'n bondgenoot was en onder beskerming van di Boere staan, en sware verlise gely het deur Dingaan, smeek hy di Boere om van syn kant oek met 'n komande op te trek teen syn moordsugtige broer, wat reeds soveul slagtings onder syn volgelinge angerig het, en ni sou ophou as hy ni gedug gestraf word ni. Daarby kom nog dat Dingaan deur lis en geweld di koningskap het weet te bemagtig wat wettig an Panda toekom, en dit was oek 'n griwe wat ni ongewreek kan bly ni, en oek daarom vind di Volksraad dit billik om di versoek van Panda toe te staan, onder strikte voorwaarde dat gen weerlose deur di Pandas gedood mag worde ni. Dat hy en syn volk di bevele van di Volksraad getrou sal gehoorsaam, moes Panda daarvoor borg stel - want di ondervinding het geleer dat di Sulunasi ni te vertrou is ni - so het hy sig gewillig daaran onderwerp om in di Boere kamp gehou en bewaak te worde, wyl syn veg generaal Noongaas di oorlogs instruksiis van Pretorius en ni van Panda ontvang ni. Noongaas was ni alleen 'n skrandere kaffer ni, mar oek 'n dappere krygsman, en het vas besluit om sig vry te veg of te sneuwel. Di krygsmag van Panda het bestaan uit 4000 stryders, met 2 kapteins, Jaap en Matewaan, van Dingaan, wat kort tevore met nog 600 man na Panda gevlug was; tesame was daar dus 4600 kaffers wat teen koning Dingaan sou optrek. Di plan van Pretorius was, dat Noongaas (di veggeneraal) met syn Panda-leger ver Dingaan van di eenkant moes anval wyl di Boerekomande dit van di ander kant sou doen, om so molik di moordsugtige dwingeland in hande te kry en ver goed 'n einde te maak an syn moordenarye en verwoestings | |
[pagina 222]
| |
wat deur hom angerig word. Di krygsmag van Pretorius het bestaan uit 265 man, dan is uit di Vrystaat nog 70 man bygekom onder kommadant Andries Spies, nog meer hulp is oek van elders opgedaag; sodat di Boere mag bestaan het uit ongeveer 400 strydbare manne onder opperbevel van Generaal A. Pretorius. An di Tugela-riviir is di Boeremag byeen gekom. Tot anmoediging word 'n beloning van 50 beeste toegeseg op di hoof van Dingaan en 25 op di hoof van Umlela, een van Dingaan syn vernaamste raadgewers; 'n ander raadgewer, Tamboesa, is in hande van di Boere geval, word geboeid en in di Boerekamp bewaard. Van di Tegula Riviir vertrek ons lager, op 21 Jannewari 1840 en was op 29 van diselfde maand gelegerd an Buffelriviir, op diselfde plek waar vroeger di slag teen Dingaan op 'n Sondag gelewerd is. Na wat gerus te hê, gaan hulle verder Sululand in. Intussen was di leger van Panda, onder Nongaas, di veggeneraal van hom, meer as eens slaags gewees met sommige bendes van Dingaan, waarby di volk van laasgemelde elkemaal verloor, Nongaas gewen en 'n groot getal vé buitgemaak het. Dog toen di twé legers haas op di punt was om Dingaan ver altoos ten onder te breng, word dit uitgevinde dat hy met syn o'erige manskappe o'er di grense in Swasiland gevlug was; en hoewel alle molike pogings angewend is om hom in hande te kry, was dit alles te vergeefs: hy was glad verdwijn; want an di Pongola Riviir verneem Pretorius dat Dingaan en syn gevolg vyf dage tevore daardeur en di binneland ingevlug was. En daar di pêrdesiikte in di Boere-lager uitgebreek het besluit di Generaal om terug te keer, en di verdere vervolging o'er te laat an di veggeneraal van Panda nl. Nongaas met syn leger, om so molik Dingaan in hande te kry. Intussen het Pretorius twe sake uit te voer gehad, namelijk in di eerste plaas vollens belofte, Panda as Koning o'er di Sulunasi an te stel in di plaas van Dingaan wat ver goed ni weer an di regering sou kom ni; en in di twede plaas, so ver molik di oorlogskoste terug te kry wat nou deur Dingaan gewis ni betaald sal worde ni. Reeds tevore had di boere di mag van Dingaan so seer gebreek dat hy glad verswak was, en syn krygslide wat nog by hom gebly het was so ontmoedigd dat hulle gen behoorlike slag kon lewer, selfs ni an di volgelinge van Panda soos reeds gemeld is. Di wrede moordenaar is dan totaal verslaan, sodat daar gen ander redmiddel ver hom oer gebly het as om di vlug te neem met syn anhang wat nog by hom was. Di o'erwinning o'er Dingaan word egter ni toegeskrywe an di mag en sterke van di Boere ni, en oek ni an di trouwe hulp en skranderheid van Panda syn volk ni, mar wel an di hulp van di Here onder Wiins beskerming di oorlog gevoerd is: Hy het di o'erwinning geskenk, Hem alleen kom daarvoor di eer toe. Dit word dan oek erkend, ni alleen deur di boere ni, mar oek deur Panda en syn volk. Hy en syn vernaamste hoofmanne bevind sig nog steeds in di leger en onder oppertoesig van di Boere. Di twe legers bevind sig toen an di Swarte Umvolosi Riviir, waar Pretorius dit goed gevinde het om voor hy terug keer, Panda syn anstelling te gé, as Groot Opperhoof of Koning o'er geheel Sululand. Dit was op 10 Fewewari 1840 dat di koningskap en Regering van Dingaan o'er Sululand vakant of ontbinde verklaard word, en mog hy ontdek worde en in hande kom, sal hy met di dood gestraf worde. Dit word an Panda en syn opperhoofde duidelik verklaard. En op diselfde dag en tydstip sê Pretorius verder an Panda: ‘In naam van di Zuid Afrikaanse Maatskappy en Volksraad stel ek jou an as Koning en Groot Opperhoof o'er di hele Sulu-Ryk mar ni o'er di land ni. Ons neem jou an as ons grote bondgenoot; jou vyande sal oek as onse vyande beskou worde. Met nimand sal jy mag oorlog voer sonder voorkennis van ons ni, en as dit nodig geoordeeld word, dan kan jy op ons hulp reken.’ Panda kon amper gen woorde vinde om syn dankbaarheid uit te spreek ni, en sê: ‘Grote Meneer! Ek dank jou dat jy ver my verlos het uit di ver- | |
[pagina 223]
| |
drukking en tiranni waaronder ek jare lank as 'n verstoteling gesug het. Ek kan jou en di hele Regering van di witte mense myn getrouwe plig toesweer, wat ek nou plegtig doen. Wanneer jy dit met vyande te doen kry, behoef jy dit slegs bekend te maak: ek sal met myn gehele mag ver jou te hulp kom, want ek was dood, mar jy het ver myn lewendig gemaak.’ Di twede stap wat Pretorius toen moes doen, was, om di sake so te regel dat di Suid Afrikaanse Maatskappy skadeloos gestel word en di oorlogskoste mog gedek worde. Daarop vaardig Pretorius 'n proklamasi uit dat di hele Sululand ingesluit word. Di lesers wat omtrent 'di proklamasi nader ingelig wil wees, kan dit vinde in di ‘Worstelstryd der Transvalers,’ bladsy 224. Daar di oorlog nou beskond kon worde as geheel geëindig teen di Sulunasi, di nodige skikkings omtrent di oorlogskoste in orde gebreng en Panda syn reg verkry het, nl. dat hy as di wettige koning o'er di Sulunasi angestel was, toen keer Pretorius met syn komande terug na Natal. Op di terugreis verneem Pretorius dat di moeder van Dingaan in hande van Nongaas, di veggeneraal van Panda, geval wasGa naar voetnoot* en oek dat Dingaan self deur een van syn eie kapteins was vermoord, sodat hy ni as 'n eerlike krygsman op di slagveld deur 'n vyand gedood is ni, mar hy is as 'n laaghartige wrede sluipmoordenaar verradelik met 'n asgaai doodgesteek deur een van syn vrinde; so het al di onskuldige bloed deur Dingaan verradelik vergiet op syn eie kop terug gekom, en is dit an syn persoon gewreek. Panda had in di geveg met di anhang van Dingaan 600 beeste buitgemaak, dit het hy na Natal laat breng, oek is hy self megegaan en was omtrent gelyktydig met Pretorius in Natal, waar, in syn teenwoordigheid, 'n Krygsraad gehou word deur Pretorius om te ondersoek of syn orders gehoorsaamd en buitgemaakte vé getron afgelewerd was. Di volk van Panda had sig dapper gedraag, was gehoorsaam, eerlik en getrou. Dog toen word uitgevinde dat twe kapteins, vroeger van Dingaan en wat kort gelede na Panda o'ergekom was, nl. Matewaan en Jaap, met hulle onderhoriges, ongehoorsaam, oneerlik en ontrou gewees is. Teen di bevel van di Boere had hulle vele weerlose en onskuldige in di oorlog vermoord, en oek had hulle 'n groot getal vé wat hulle buitgemaak het, agter gehou en ni uitgelewer ni. O'er di ongehoorsaamheid en ontrou werd Matewaan en Jaap toen gestraf. Nadat alles in orde geskik was, was daar grote stof van dankbaarheid an di Here ver syn wonderbare hulp, waardeur di Boere in staat gesteld was om Dingaan te o'erwin en di Sulunasi an sig te onderwerp. Hulle kon di wapens na so veul sware stryd as o'erwinnaars, met 'n kalme gemoed in vrede neerlê, sonder dat imand in staat was enige beskuldiging teen hulle an te toon, dat deur hulle enig onreg of wreedheid gepleeg of onskuldig bloed vergiit was. Ja gen vlek van di aard kon angewys worde ni. Soos reeds gemeld is, was Panda as Koning angestel o'er di hele Sulunasi, mar ni o'er di land ni, terwyl an hom duidelik gemaak is, dat hy en di gehele Sulunasi op ons wettig verowerde grond vry kan woon, met di verstandhouding, dat hy verantwoordelik sal gehou worde wanneer hy of syn volk later di bewegende oorsaak mog wees van onluste, wat deur hulle kan plaas vinde, en dat dit enkel 'n vergunning is van di Suid Afrikaanse Maatskappy, dat hy en syn volk Sululand kan bewoon, sonder dat hulle anspraak kan maak op eigendoms reg. Daarna gaan Panda en syn volk welgemoed en in vrede heen om Sululand te bewoon, bewus dat di land self di eiendom van di Boere is. Di Boere kon Natal in vrede bewoon, bebou en beplant. En gedurende di bestuur van di S.A. Maatskappy was daar rus en vrede tussen di Boere en di | |
[pagina 224]
| |
Sulunasi, wyl Panda in vrede sig getrou betoon het an di o'ereenkoms en verdrag met di Voortrekkers gesluit. So was daar dan 'n vreedsame harmoni tussen Panda en di S.A. Maatskappy, totdat Jan Boel sig te Natal ingedring het. En ofskoon di gebeurtenisse reeds lang verby is, blyf dit vers in di geheuge van meer as een wat nog leef, dat daar toen 'n Gouwerneur o'er di Kaapkoloni geregeer het wat genoem werd Sir George Napier, wat as 'n roofvogel op di uitkyk was om te siin of daar ni misskiin 'n kans kan gevinde worde om een of ander beskuldiging teen di boere, al was mar uit te dink, ten einde Natal in te palm. So 'n kans het dan oek ni lank op sig laat wag ni. Faku, een van di kaffer opperhoofde, natuurlik daartoe opgestook, gé an Napier te kenne dat hy bevrees was dat di boere hom en syn volk sou vernitig, want dat di boere, so luid di klagte, met di slag teen Napai, 'n groot antal kaffer kinders buit gemaak en as slawe megevoer het. Dit was juis wat Napier wou gehad hê. En op 2 Desember 1841 vaardig hy 'n proklamasi uit, dat Natal diintengenvolg met inbegrip van di Baai, van nou af beskou sal worde geannekseerd te wees an di Britse Regering, en majoor Smith kry order om Natal andermaal met 'n Engelse troepe-mag te okkupeer met oppertoesig o'er di Baai. Di boere het op 21 Fewerwari 1842 teen di proklamasi plegtig geprotesteer. [Di leser kry di Protes ten volle. Bylage XII bl. 151]. Soos di lesers sig wel sal herinner het di protes melding gemaak van al di lotgevalle van di Emigrante van dat hulle di Koloni verlaat het tot op di tydstip waarin dit getekend werd. So kan ider ompartydige leser oordeel of di Emigrante ni reg had om te protesteer teen di proklamasi wat teen di Boere uitgevaardig was. Di protes is toen an di Kaapse Regering bésorgd en vollens billikheid en reg, sou 'n gunstige antwoord kon verwag worde van Napier wat destijds Gouwerneur van di Kaapkoloni was. Di antwoord was eenvoudig dit, dat sonder di boere daar iits van weet, het Majoor Smith wat op di grens van di Koloni gekampeerd was, order gekry om Natal dadelik in besit te neem met di Baai daarby. Onverwags ruk Smith op, op order van Napier, met 'n troepemag, voorsiin van alle benodighede om oorlog te voer, met 'n groot antal of leger van wagens. Behalwe di ammunisi, was di Engelse troepemag oek voorsiin van dri kanonne. Toen di Boere, wat op antwoord wag, gewaar word dat di Engelse sig in Natal bevind, was di Baai reeds in besit geneem, di Suid Afrikaanse vlag neergehaal en in plaas daarvan waai di Engelse vlag in di Baai. Toen dit ontdek word, was Smith en syn manskappe reeds in Natal gekampeerd soos geseg is. Ons Volksraad geef dadelik onder an Pretorius om Smith uit Natals Baai te verdrywe. Met 'n betrekkelik klein getal manskappe, wat in di haas byeen kon gekry worde, ruk Pretorius op na Natals Baai en kampeer op 'n behoorlike afstand van Smith syn lager af. En dadelik, na syn ankoms, maak Pretorius 'n anval op Smith en neem di osse van di Engelse as 'n buit in besit, dit was op 23 Mei. Dadelik was Smith syn krygslis gereed, en wel om di kleine boerekampi in di nag te omsingel, o.a. gewapend met twe kanonne, om di ‘Boers’ so fluit-fluit òf gevange te neem òf tot di laaste toe dood te skiit; want di ‘Boers’ wou mos reeds tevore al ni an syn eise voldoen om hulle wapens uit te lewer ni, mar nou sal hy hulle kry. Intussen het Pretorius ni sit slaap ni. Tussen di twe kampe was 'n digte streep kreupelbosse; daar moes Smith en syn leger met di twé kanonne deurkom om di boerekamp te bereik. Di plan was net ekstra goed om daar stilletjiis in di nag deur te gaan, ten einde di boerekamp met gemak te omsingel. Dit was di beste plan wat kon bedag worde; dog om dit uit te voer was 'n bitji kras, want daar kan gevaar wees waar Smith ni van weet ni, en so was dit oek. Di wakkere Generaal Pretorius was met syn klompi manskappe verskuil in di digte streep kreupelbosse wat tussen di twe kampe gelége was en dit van | |
[pagina 225]
| |
makaar skeie. Daar wag di Boere ver di Engelse wat in di nag met di twe kanonne nader kom om na di boerekampi deur te trek, om dit te gaan vat of vernitig. Di Boere het gewag tot di Engelse mooi onder skoot was en begin los te brand op di manskappe van Smith, wat anstons so in di pan gehak word dat Smith di aftog blaas en daar ver hulle gen ander raad o'ergebly het ni as om mar te laat hardloop, di vlug te neem en sig op di maniir te redde met verliis van 17 dooie, 31 gewonde en nog enige wat vermis word, same met twe kanonne wat in di naggeveg in di hande van di Boere geval het. In di Baai was 'n wagpos van 20 man, wat di ammunisi met nog 'n paar kanonne en mondbehoeftes, wat intussen geland was ver Smith en syn leger, moes beskerm. Op di 26ste Mei gaan Pretorius met 100 man om di wagpos an te val, wat sig na 'n kort geveg o'ergé. 'n Ryke buit het oek toen weer in di hande van di Boere geval, soos lewensmiddels, klére, dekens ens., en veral 'n hoeveulheid ammunisi. Dit word saam met di antal krygsgevangene na Pietermaritzburg gestuur. Di buit is goed te pas gekom; veral kon Smith toen met syn eie geskut beveg worde, wat ver hom natuurlik ni erg plesirig was ni, om uit syn tevore eie kanonne beskiit te worde, sodat daar ver hom gen ander raad was ni, as om sig terug te trek en in syn kamp te skuil waar hy deur 'n soort van wal beskut word, wat meesal bestaan het uit opeengestapelde sakke wat vol sand gemaak was. Buitekant het di Boere hom laat bewaak dat hy ni kan uitkom ni, egter was hy daar agter di sandsakke tog min of meer veilig. Snags word vandaar soms op di Boere gevuur dog sonder gevolg, want sodra 'n Engelsman syn kop bo di wal uitkom dan word hy deur een of meer kogels van di Boere begroet. In di kamp was Smith genoodsaak om sig te behelp met gedroogte pêrdevlys en gedroogde brokke of krummels van brood en beskuit. Hy en syn manskappe wat nog by hom was, had dit toen baing opdraand. Om Smith in di benarde omstandigheid te gemoet te kom, stuur 'n handelaar ver hom uit di Baai enige slagbeeste, dog dit word deur di Boere ontdek, wat di beeste in besit geneem het. Verder was di Boere weer besitters geworde van Natal sowel as van di Baai, waar di Engelse vlag neergehaal word en di Suid Afrikaanse weer waai. Oek word di goed van di handelaars in di Baai verbeurd verklaard en di Engelse inwoners wat daar was, na Pieter-Maritzburg gestuur. Eers werd in Smith syn kamp di spot gedrywe met di Boere en hulle bewegings, dog nou hulle posisi noodlottig word begin hulle na te denk, of dit ni beter sou wees om sig mar liwers o'er te gé ni. In di haggelike toestand het Smith dit net hard gehad om hom en syn manskappe in lewe te hou tot omtrent di 23ste van Juni. Toen was daar nog so veul voorraad om ter nouwernood nog 'n paar dage uit te kom waarna hy sig dan sou moes o'ergé as hy ni van gebrek wou omkom of as daar ni onverwags hulp opdaag ni. Dog in di aand van di 24ste Juni styg daar enige vuurpyle op uit di sé, wat deur Smith goed begryp word as di voortekens van hulp in syn behoefte, en verlossing uit syn nood. Di Boere, wat di vuurpyle oek siin en verstaan wat dit beteken, maak 'n anval op di kamp, dog Smith en syn manskappe, bemoedig deur di vuurpyle, wat telkens by vernuwing waargeneem word, veg soos leeus en open so 'n geweldige kanonvuur, dat Pretorius di anval moes opge en wel om di vyand te ontmoet wat van di sékant verwag word. Di vollende dag het egter stil verby gegaan, dog op Sondag di 26ste Juni het di troepe an wal gekom. Hulle was afgestuur deur Napier om Smith te hulp te kom, en wel onder bevel van A. Cloete, 'n Afrikaner van geboorte, wat in Engelse diins was, en sig nou laat gebruik om deur middel van di Engelse mag, syn mede-Afrikaners dood te skiit. Hy maak dadelik 'n anval op di Boere, wat toen di stryd an weerskante moes voer, sowel teen Smith uit di kamp as teen Cloete, en dit werd te swaar van wege gebrek an ammunisi en manskappe, sodat di Boere eindelik ver di o'ermag moes terug trek, want hulle | |
[pagina 226]
| |
was so afgemat van al di ontberings en voortdurend geveg dat dit ver d[i] teenwoordige mar di beste plan was om vereers di wyk te neem. Voor dat di Boere kans had om sig genoegsaam te versterk en doeltreffend slag te lewer, word deur Cloete van di geleendheid gebruik gemaak, en biid hy 'n onderhandeling an om vrede te maak, wat natuurlik tot voordeel was ver di Engelse, waaran di Boere - hoewel hulle posisi uiters haggelik was - ni sou toegegé hê ni; mar dit word ontdek dat daar verraad in di spel was, sodat alles wat in di Boere kamp plaas vind, di Engelse daar berig van kry. Dan was daar nuwe trekkers uit di Koloni bygekom, wat niks weet van di duurgekogte land, en gen deel had an di vorige griwe van di voortrekkers ni, en di dring daarop an om sig tog mar te onderwerp en vrede te maak met di Engelse, en dit maak di toestand van di Boere nog moeieliker. Dan kom daar nog by, dat di voorraad van ammunisi ni toereikend was om di oorlog, met di geringe getal getrouwe manskappe, met krag te voer ni; oek was di kans afgesny om sig van di nodige behoeftes ver di stryd te voorsiin. Ofsk on di vrede voorwaardes ver di Boere gen bisondere voordele anbiid ni, het dit tog gepaard gegaan met vele skone beloftes, en hoewel daar ni op te vertrou was ni, soos dan oek spoedig geblyk het, so denk di Boere onder di teenwoordige omstandighede, dat dit ni so kwalik sou wees ni om di angebode vrede mar an te neem; wat daartoe mégewerk het om hulle so in di engte te breng en hulle tot anneem van di voorgestelde vrede te noodsaak, was di troueloosheid van sommige Engelsgesinde Afrikaners wat met di vyand geheul het. Dit sou egter ni so vèr gekom hê ni, m[a]r an di Boere werd nog meer moeilikhede in di weg gel[e]g. Soos di lesers wel sal opgemerk hê, was di mag van di vyandige kaffers deur di Boere gebreek en hulle tot on erwerping gebreng, sodat hulle ni alleen bondgenote was ni, mar vollens verdrag onder beskerming van di Boere staan. Dog wat doen Cloete, toen hy slag en t ekve nodig had om di kanonne, ens. te vervoer? Het hy troepe uitgestuur om vollens krygsgebruik 'n strooptog te onderneem? Had hy dit gedoen, dan sou nimand h[o]m kom kwalik geneem hê ni, want in oorlogstyd word so iits wel meer gedoen. Hy neem geheel iits anders by di hand, en wel in stryd met reg en e[e]r[l]ikheid. Hy maak di bondgenoot-kaffers op teen hulle beskermers, gebruik hulle om di Boere by wyse van strooptogte an te val en di vé te rowe. Dit kan wees dat Cloete gesê het om di vrouns en kinders ni te vermoor of kwaad te doen ni, dog daar is hoegenaamd gen bewys van ni, want di kaffers was anstons besig strooptogte te maak, en het enige manspersone vermoor, waarvan di vrouns jammerlik mishandeld saam met di kinders nakend uitgetrek en di veld ingejaag werd. Dit het 'n pynlike verontwaardiging gewek by di Volksraad, wat gewaar word dat Cloete di Kaffers opgestook het - syn naam sal altyd met verfoeiïng herdenk worde. Sodra di Volksraad van di gruweldade hoor, word dadelik 'n Boere-kommande uitgestuur wat ruim 50 Kaffers doodgeskiit en 'n einde gemaak het an di Kaffer-strooptogte wat in belang van Cloete uitgestuur was om di Boere te plunder en te berowe. Sulke gemeenhede werd te[e]n di Boere gesmeed, en wel dat hulle bondgenote deur Cloete teen hulle opgemaak word. Was di stryd teen di Engelse of Kaffers alleen, dan kon di Boere hulle posisi desnoods nog handhawe, mar nou dit an albei kante moet gevoer worde werd di stryd te swaar. Di Volksraad het enige buitengewone vergaderings gehou, waar di lede regte opgewonne was, wat egter daarop uitgeloop het, dat daar ten laaste besluit werd om sig onder di teenwoordige omstandigheid te onderwerp. Daarop gaan Cloete in persoon na Maritzburg om di vredesvoorwaardes in orde te skik en te regel. Oppervlakkig beskoud, het dit heel annemelik gelyk. Di Boere had slegs te erken dat hulle Britse onderdane is, dog behoef gen eed van getrouheid af te lê ni en behou hulle eie vrye Bestuur; oek blyf hulle in onbelemmerd besit van al hulle eiendomme. Geheel Natal sou | |
[pagina 227]
| |
o'ergaan an di Engelse, mar feitelik sou hulle slegs besit neem van di Baai en di omliggende land. An di Boere word belowe dat hulle in besit bly van hulle eiendomme, dit is, dat hulle di plase waar hulle woon as eiendoms grond bly behou, met vryheid om sig van di nodige ammunisi te kan voorsiin. Di eiendoms gronde word an di Boere gewaarborgd en versekerd met di gewone handels vryheid. Dog di goed wat tevore deur di Boere buit gemaak was, met inbegrip van di kanonne, as oek di krygsgevangene, moes uitgelewerd of terug gegé worde. En so word di vredesverdrag met di Britse ambtenaar gesluit. Dit was ni so onannemelik ver di Boere ni, want daar was nog vele andere mooie beloftes wat tedanig rooskleurig was. Wat egter 'n griwe was ver di Boere, was dit, dat di viir vernaamste lede van di Volksraad ni in di vredesverdrag opgeneem was ni, nl. Joachim Prinsloo, Jakobus Burger, Michaël van Breda en Servaas van Breda; hulle word as rebelle beskoud. Eers was A. Pretorius oek onder di rebelle gerekend, dog daar hy mégewerk het om vrede en onderwerping te bevorder, word hy eindelik van di blaam, wat so ten onregte op di andere sowel as op hom geleg was, vry gespreek. So is Natal, wat deur di Boere met bloed gekoop was, in hande van di Britse Regering o'ergegaan, en word di Vredesverdrag gesluit op 15 Juli 1842. Di leser sal sig nog herinner dat Panda, di Sulokoning, gereed was om di Boere teen enige vyand te hulp te kom. Had di Boere daar gebruik van wou maak (soos di Engelse nou nog kort tevore daarvan 'n voorbeeld gegé het), dan sou daar 'n slagting plaas gevinde hê soos nou enige jaar gelede te Isandula, en di Engelse was dan gou genoeg vernitig; dog di Boere ag so 'n handelwys as ongeoorloof en oneerlik, en daarom wou hulle van di angebode hulp gen gebruik maak ni. Al het di Engelse di Kaffers teen di Boere opgemaak, soos reeds vermeld is, so wou di Boere sig an sulke laaghede ni skuldig maak ni, wat ten gevolge had, dat hulle eindelik van wege verraad en bedrog genood saak was, sig an di Britse regering te onderwerp vollens verdrag en beloftes reeds vermeld. Hoeveul voordeel di Boere getrek het uit di vredesverdrag en mooie beloftes van Cloete as verteenwoordiger van di Britse gesag, sal uit di vollende mededeling wel kan verstaan worde. Di plase, eiendomme van di Boere, word hulle een na di ander ontneem en an di Kaffers gegé om op te woon, selfs di plase van di wedewes wat nagebly het van di Boere wat saam met Retief vermoord is, word hulle ontneem en an di Kaffers gegé ver legplekke, of soos dit genoemd word, ver Kafferlokasiis. En so word di Boere hoe langer hoe meer beroofd van hulle met bloed gekoopte eiendomsgrond, wat hulle vollens di gemaakte verdrag ongehinderd had kon bly behou sonder dat imand ter wereld daar anspraak op kon maak. Op di wyse word di Boere anstons deur di Britse ambtenaar, Cloete, bedriig. Hiiro'er het di Boere by di Britse Regering geklaag en versoek dat di beloofde eiendomsregte an hulle sal versekerd worde, mar dit het niks gehelp ni. Di voorregte word hulle dageliks meer en meer ontneem. Daarop kom di Boere tot besluit om A. Pretorius as hulle verteenwoordiger af te vaardig om met di Gouwerneur persoonlik te spreek o'er di griwe wat di Boere aangedoen word, o'er di verbreking van di geslote verdrag en beloftes en om 'n billike o'erkoms te tref. Wel, di Generaal ry toen te pêrd van Natal na di Kaapstad, Dog toen hy daar kom, wou di Gouwerneur sig van hom ni laat siin ni; hy beskou dit benede syn waardigheid om so 'n lage persoon as Pretorius in syn teenwoordigheid toe te laat. Hoe di Generaal oek al moeite gedoen het, was dit alles te vergeefs, di Gouwerneur wou sig deur Pretorius ni laat ontmoet ni. So moes hy mar weer terugkeer sonder dat hy, vollens billikheid en reg, di kans kon verkry om di Gouwerneur te spreek. Hoe groot di teleurstelling en verontwaardiging onder di Boere was o'er di | |
[pagina 228]
| |
belediging ver Pretorius en daardeur di Boere op nuw angedoen, laat sig ni beskrywe ni. Di Boere had di land met bloed gekoop en werd deur verraad en bedrog van hulle wettige regte ontroof. Dit het gen angenaam gevoel teweeg gebreng teeno'er di Engelse ni, wat deur lis, ontrouheid en geweld ver di Boere so veul onherstelbare en sware verlise angebreng het, en wel deur middel van Smith en Cloete, wat op gesag van di Engelse Regering gehandel en di kaffers teen di Boere opgestook het, so dat deur di opstokery op nuw verskeie Boere vermoord, vrouns mishandeld en nakend di veld ingejaag en di vé geroof werd. Dese en dergelikke griwe had syn oorsprong by di Engelse ambtenare soos reeds bekend is. En nou nog altyd van wettige eiendomme beroof te worde deur di sogenoemde beskaafde Engelse, was ni berekend om enig respek onder di Boere jegens di Britte tot stand te breng ni. Dit had 'n nuwe trek ten gevolg, en di Boere wat sig daartoe by makaar angesluit het, vind eindelik 'n toevlugsoord in Transvaal, waar 'n Republiik gestig werd me A. Pretorius as President an di hoof. - In di ‘Worstelstrijd’ word oek veul van di dinge mégedeel, as oek hoe dit verder gegaan is tot omtrent 1883. In di hoop dat di eenvoudige mededelings van di dinge, waarvan vele reeds in di gryse oudheid gehuld is, deur menigeen met genot sal gelees worde, vraag ek verskoning omtrent gebreke wat daarin voorgekom het, so leg ek myn pen neer, en noem my 'n opregte vrind van alle ware Afrikaners.
D.A. Cilliers, C.sn.
20 Nov. 1890. |
|