Di eerste boek van Moses, genoem Génesis
(1893)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend[2]II. - Sewende Dag, 2:1-3, (Vergelyk Ps. 95:7-11 en Heb. 4)1.[regelnummer]
En di hemele en di aarde word toen klaar, en al
2.[regelnummer]
hulleGa naar margenoot1 le'ermag. - En God eindig op di sewen-
de dag syn werk wat Hy gemaak het, en Hy rus
op di sewende dag van al syn werk wat Hy
3.[regelnummer]
gemaak het. - En God seen di sewende dag, en
heilig dit, omdat Hy daarin gerus het van al syn
werk, wat God geskape het om te maak.
Vs. 1-3 behoor werkelik nog an di eerste hoofstuk. So blyk reeds by di eerste hoofstuk hoe ondoelmatig di verdeling van hoofstukke en verse is, wat ni deur di Bybel-skrywers self ni, mar veul later eers gemaak is. Dat ons hiir 6 werkelike dage en ni 6 tydperke moet verstaan ni blyk uit di herhaling by elke | |
[pagina 9]
| |
dag van aand en oggend, en uit di viirde gebod, wat gen betekenis sou hê as hiir tydperke bedoel word ni. Vergelyk Ex. 20:8-11. Di sewende dag eindig ni nes di ander dage ni met: ‘En dit word oggend en dit word aand, di sewende dag,’ omdat di rus nog ni volkome bereik is ni. David toon in Ps. 95:7-11, dat ver Israël di rus meer is as di besit van Kanaän. En in Hebr. 4 siin ons, dat di ware rus meer is as di gewone Sabbath. Di gewone Sabbath en Israëls besit van Kanaän was mar voorbeelde van di ware rus wat Gods volk anvankelik sal geniit in di duisendjarige rijk, na 6000 jare van werk en stryd, en wat oek eers volkome sal wees op di nuwe aarde. (Vergelyk vs. 15 met Hebr. 4:9, waar di woord by ons vertaal met rust oorspronkelik is Sabbathismus, groote Sabbath.) | |
Di Aarde wag op di Mens, 2:4-7.4.[regelnummer]
Dis di geboortes van di hemele en di aarde toen
hulle geskape werd, in di dag toen Jehova God
5.[regelnummer]
aarde en hemele gemaak het, - en elkeGa naar margenoot1 boom van di
veld, voor dit nog in di aarde was, en elke plant
van di veld, voor dit nog gegroei het; want Je-
hova God had nog ni laat reen op di aarde ni en
daar was nog gen mens om di grond te bewerk
6.[regelnummer]
ni. - En 'n mis kom uit di aarde op en bevogtig
7[regelnummer]
di hele angesig van di grond. - En Jehova God
vorm di mens van stof uit di grond en blaas in
syn reusgateGa naar margenoot2 lewensasem, en di mens word
tot 'n lewende siil.
Vs. 4 begin di twede afdeling van Génesis, waarin Moses di verhaal ni in gereelde tydsorde vortset ni, mar vollens Hebreeuse maniir van verhaal, teruggaan om nou meer uitvoerig te beskrywe hoe di aarde geskik gemaak is ver di mens; hoe di mens geskape en in di Paradys geplaas is; hoe God Syn verbond met di mens opgerig het, ens. Sommige verklaarders het gemeen, dat Moses mar in Génesis verskillende oue antekeninge (fragmente), wat hy hiir en daar gekry het, saamgevoeg het, sodat hiir twé aparte verhale van di skepping sou wees. Tot bewys ver di stelling wys hulle daarop, dat di skrywer van Hoofstuk 1 altyd | |
[pagina 10]
| |
net di naam God (Elohiim) en di van Hoofstuk 2 en 3 altoos di dubbele naam Jehova Elohiim gebruik. Mar dis alweer 'n verkeerde verklaring. Di Jode het di twé name ni willekeurig gebruik ni. Elohiim is di benaming van God in Syn betrekking tot di natuur en beteken di Hoge of di Sterke, mar Jehova is di Verbondsnaam van Israëls God. Hoewel God sig eers later by di twéde naam an Israël geopenbaar het (Ex. 3), gebruik Moses di twé name in syn verhaal van di skepping vollens di betrekking waarin God hiir optré, en wel in Hoofstuk 1 as Elohiim, as Skepper van di natuur, en in Hoofstuk 2 en 3 as Jehova-Elohiim, omdat hiir di Skeppingsgod tot Verbondsgod word deur syn verbond met di mens op te rig. Vergelyk Ps. 19, waar vs. 1-7 Gods heerlikheid in di natuur en vs. 8-15 di voortreffelikheid van di wet van Jehova geprys word. Daar Jehova eintlik Gods Eienaam is (Ex. 3:14; Jes. 42:8), en bowedien onvertaalbaar is, laat ons dit onvertaald bly. Di grondgedagte van di naam is di Ewige, di Onveranderlike. | |
Jehova plant di Paradys en set di Mens daarin, 2:8-15.8.[regelnummer]
En Jehova God plant 'n boord an di oostekant,
in Eden, en Hy set daar di mens wat Hy ge-
9.[regelnummer]
vorm het - En Jehova God laat uit di grond groei
elke boom wat mooi is om te sien en goed om te
eet, enGa naar margenoot2 di lewensboom in di middel van di boord
en di boom van di kennis van goed en kwaad.
10.[regelnummer]
En 'n riviir stroom uit Eden uit om di boord te
bevogtig, en daarvandaan verdeel dit en is ge-
11.[regelnummer]
worde tot viirGa naar margenoot3 rivire. - Di naam van di eerste
is Pison, wat di hele land van Havila omloop,
12.[regelnummer]
waar di goud is; - en goud van di land is goed;
13.[regelnummer]
daar is bedola en di shoham-steen. - En di naam
van di twéde riviir is Gihon, di wat di hele land
14.[regelnummer]
van Kush omloop. - En di naam van di derde ri-
viir isGa naar margenoot4 Hiddekel, wat na di ooste van Assyrië
15.[regelnummer]
loop. En di viirde riviir is Eufraat. - Toen neem
Jehova God di mensGa naar margenoot5 en set hom in di boord
van Eden, om dit te bewerk en op te pas.
| |
[pagina 11]
| |
Vs. 8-15. Hiir verdiin opmerking, dat di Paradys ni behoor tot di aardse skepping ni, wat reeds voltooid was (1:31), terwyl God eers later di Paradys plant (2:8). So was oek di oorsprong van di mens ni uit di Paradys ni, mar uit di aarde (2:7); daarna werd di mens eers in di Paradys geplaas, om dit te bewerk en op te pas (2:8): dus was di bestemming van di mens, om di Paradys op te pas teen bose magte van buite, en deur bewerking di boord uit te brei totdat di hele aarde 'n Paradys sou wees, mar deur syn val verloor hy di bestemming. Dit sal nou eers op di Nuwe Aarde bereik worde. Op. 21 en 22. Vs. 9. ‘lewensboom’ is letterlik in Hebreeus ‘boom van lewens,’ di laaste woord in di meervoud, meer as een lewe. Netso in vs. 7 ‘lewensasem’ is letterlik ‘asem van lewens,’ di laaste woord oek meervoudig. Dit toon duidelik an, dat di lewe wat God di mens ingeblaas het en deur di lewensboom voed (Op. 2:7; 22:2, 14), 'n dubbele lewe is (Siil en Gees, 1 Thess. 5:23), ni 'n enkelvoudige lewe soos van di dire ni (1:21), waar di woord lewe enkelvoudig is. | |
Jehova's Verbond met di Mens, 2:16, 17.16.[regelnummer]
En Jehova God lê 'n gebod op di mens en sê: ‘Van
elke boom van di boord al etende sal jy eet; -
17.[regelnummer]
mar van di boom van di kennis van goed en kwaad,
daarvan sal jy ni eet ni, want di dag as jy daar-
van eet, al sterwende sal jy sterwe.’
Vs. 16 en 17. Di uitdrukkings ‘al etende sal jy eet’ en ‘al sterwende sal jy sterwe’ is letterlik vertaal uit Hebreeus, en druk veel meer uit as ‘vryelyk eten’ en ‘den dood sterven’ in di Statevertaling. Di betekenis blyk veral uit di laaste: di dag toen di mens van di verbode boom eet begin di dood in hom, en werk vort totdat hy heeltemal dood is. Soos ons Doopformuliir dit uitdruk: ‘ons lewe is 'n gestadige dood.’ | |
Jehova maak 'n Vrou ver Adam, 2:18-25.18.[regelnummer]
Toen sê Jehova God: ‘Dis ni goed dat di mens
alleen is ni; Ek sal ver hom 'n hulp maakGa naar margenoot1 as
19.[regelnummer]
metgesel.’ - En Jehova God vorm uit di grond
| |
[pagina 12]
| |
elke diir van di veld, en elke vo'el van di hemele,
en breng ver hulle na di mens toe, om te kyk
Ga naar margenoot2 watter naam hy ver hulle sal gé; en wat di mens
20.[regelnummer]
elke lewendige skepselGa naar margenoot2 noem, dis syn naam. - En
di mensGa naar margenoot2 noem di name ver al di vé, en ver di
vo'els van di lug, en ver elke diir van di veld;
mar ver Adam werd gen hulp as metgesel gevinde
21.[regelnummer]
ni. - Toen lat Jehova God 'n dipe slaap val op di
mens en hy slaap; en Hy neem een van syn ribbe
22.[regelnummer]
en sluit di plek toe met vlees. - En Jehova God
vorm di rib, wat Hy van di mens geneem het, tot
23.[regelnummer]
'n vroumens, en breng haar na di mens toe. - En
di mens sê: ‘Di een is nou been van myn bene
en vlees van myn vlees; di een sal genoem worde
Ga naar margenoot3 Vroumens, omdat sy uit diGa naar margenoot4 Mansmens geneem
24.[regelnummer]
is.’ - Daarom sal 'n man syn vader en moeder
verlaat en sal syn vrou anklewe, en hulle sal tot
25.[regelnummer]
een vlees wees. - En hulle was albei nakend, di
man en syn vrou, en hulle was ni beskaamd ni.
|
|