Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 112]
| |
Net di Bybel in di wakis. Daarmé is hulle onder di heidens ingegaan. En hulle is op so 'n hoge trap van sedelike beskawing gebly, dat di Kaffers vandag van di Boer ni anders praat ni as van ‘di mens.’ Hy is mar ‘di Kaffer,’ di Engelsman is in syn taal mar ‘di Engelsman’; mar di Boer is ‘di mens’! Ja, op 'n sedelike hoogte het di Boere gebly, waaran di Europeane wat daar nou kom, en wat mar al te gou sig te diip vermeng met di heidens, sig tot beskaming kan spigel! En wat het dit gedaan? Di oue Statebybel! Mar waarom dan ni by di oue Statebybel gebly ni? Di verskillende redes hiirvoor is al dikwils blootgeleg, ons sal nou ni in uitvoerige herhaling verval ni, mar verwys na di Voorrede van di Bybel in Afrikaans, waaruit ons mar twe hoofpunte oerneem:
1. 'n Bybel in di Volkstaal is nodig ver onse gekleurde bevolking: - omdat duisende bruin mense in ons land gen ander taal verstaan as Afrikaans ni, en dit dus ver hulle ni alleen wenselik mar noodsakelik is (of sal ons mar denk: ‘Ben ik myn broeders hoeder?’). ‘Ons moet di Bybel in Afrikaans hê: - omdat as di Afrikaanse taal bestaat, wat onbetwisbaar is, daar net so min, indien ni minder, bewaar kan bestaan om di Bybel daarin te vertaal as soveul inboorlinge tale di ons omring en in soveul onbeskaafde tale; omdat di Satan sig meer en meer as 'n ‘Engel des lichts’ sal voordoen, di verleiding al fyner sal worde; 2 Kor. 11:13; 2 Tim. 3; en slegs deur di suiwere omgording van di wapenrusting des Geestes, Gods Woord, ontkoming mogelyk is, kyk di voorbeeld van di Heiland; Efese 6:10 - ens.; 2 Pet. 1:19; omdat deur deskundige bewese is dat ons volkstaal heelwat gemeen het met Hebreeuws; en Suid Afrika, in nering en landbou ni alleen ni, mar oek in aardrykakundige en luggesteldheid, meer dan enig ander deel van di aarde, o'ereenkoms het met Palestina, en dit dus ni anders dan 'n anwins kan wees om di Bybel in di volkstaal te hê.
2. Selfs ver onse blanke bevolking is di Statebybel ni genoegsaam verstaanbaar ni (bl. 12): -
‘Dat daar 'n menigte plekke in di Hollanse Bybel onverstaanbaar is ver onse algemene bevolking sal gen man van verstand en wat ke[nn]is van di saak het ontken ni. Kyk mar | |
[pagina 113]
| |
di lys van onverstaanbare woorde in di Bybel in ons Almanak van vanjaar (1878); en dis mar 'n proef; daar is honderde meer. Dan van uitdrukkings, hoeveul Afrikaners verstaan di krag en betekenis, byvoorbeeld van ‘deze’ en ‘gene’ in di Bybel (byv. Hebr. 12:10). En hoeveul Afrikaners verstaan sulke uitdrukkings as: ‘eenen dorschenden os zult gij niet muilbanden’ (1 Tim. 5:18) ‘zijn rieken zal zijn in de vreze des Heeren’ (Jes. 11:8) - ‘olie tot den luchter’ (Ex. 25:6), ens.’
Dan moet ons hiirby ni vergeet ni, dat deur di groei van onse taal (soos reeds angetoon is) onse volkstaal al verder gaan van di taal van di Statebybel af, sodat dit ver ons al minder verstaanbaar word. Mar di hoofsaak blyf: ons het di hele Bybel nodig; elke woord in di Bybel wat ons gebruik moet ver ons verstaanbaar wees. Ni een vers van di Bybel mag toegesluit bly, omdat di taal waarin dit gedruk is ni volkome verstaanbaar is ni. Di maniir waarop so'n Bybelvertaling moet gemaak en vasgestel worde kom natuurlik hiir ni an di orde ni. |
|