Ses-en-vyftigste stelling.
Di Bybelvertaling was by di meeste volke di middel om di volkstaal tot meerdere ontwikkeling en eenvormigheid te breng.
Wat di Lutherse vertaling gedaan het om eenheid in di Duitse skryftaal te breng onder so'n menigte dialekte; wat di Statevertaling gedaan het tot vorming en suiwering van di Hollanse taal; wat di Engelse vertaling ver di vasstelling van di Engelse taal wêrd was; - is genoeg bekend.
Mar wat molik ni genoeg bekend is ni, is di feit dat byv. Luther ver syn Bybelvertaling ni een of ander reeds beskrewe vorm van di Duitse taal uitgekiis het ni. Né, di reel wat hy gevolg het geef hy self op syn gewone duidelike en veelseggende maniir in weinige woorde. Ons haal hiirop an Aartsbisskop Trench (English, Past and Present, bl. 234): -
‘Watter gebruik Luther gemaak het van di volkstaal in syn vertaling van di Bybel het hy ons self vertel, en hiir is 'n geheim waarom dit 'n nuwe tydperk ver di Duitse taal gemaak het. Dit is syn woorde: 'n Mens moet ni di letters in di Latynse taal vra, hoe jy moet Duits praat ni; mar jy moet di moeder in di huis, di kinders op di strate, di eenvoudige man op di mark daarom vra, en hulle op di smoel kyk, hoe hulle praat.’
Net een opmerking nog: di Bybelvertaling sal meer doen as alle andere middele same om di skryftaal by ons tot een vormigheid te breng. Daarom temeer is dit 'n werk van so'n ontsettende gewig.