veranderen, wel niet geheel vrij van den invloed van de taal der beschaving, maar eigentlijk toch zonder zich om deze te bekommeren. In de literatuur vertoont zich duidelijker, hoe het dialect zich langzamerhand steeds meer van de schrijftaal afscheidt, ten gevolge van veranderingen der toonaangevers onder het volk en naar machtige historische invloeden van buiten. Dan is de oude schrijftaal niet meer toereikend en uit het dialect, uit een tongval daarvan, ontstaat eene nieuwe schrijftaal.’
Vollens di stelling doet 'n taal 'n dubbele diens: -
om jou gedagtes an andere mé te deel; en |
om di gedagtes van andere te verneem. |
En albei dienste kan gedaan worde op 2 maniire: -
as spreektaal deur middel van di mond en di oor; en |
as skryftaal deur middel van di hand en di oog. |
Nou wel, as spreektaal is Afrikaans ver ons 'n gewoonte; di mond en di oor is gewend daaran. Maar di hand is nog ni gewend om dit te skrywe, en veral di oog is nog ni gewend om dit te lees ni. As jy ver di Afrikaner di eerste mal syn taal op skrif, of in druk wys, dan lyk dit ver hom vreemd; want wat by tot nog toe gelees het was in Hollans of Engels. Dog dis mar net vreemd ver syn oog. Neem diselfde stuk en lees dit ver hom voor, dan is daar niks vreemds in ni. Dis ni vreemd ver syn oor ni.
Omgekeer, 'n man kan byv. Latyn goed lees en skrywe. Mar as 'n ander met hom vlug Latijn sou praat, dan kan hy dit ni volg ni. Syn oog is wel daaran gewend, mar ni syn oor ni.
Ons wys dit duidelik an, omdat meer as een Afrikaner in begin seg: dis ver hom swaarder om Afrikaans te lees as Hollans. Natuurlik, want hy het so veul jare, van syn kindse dage af Hollans gelees, en nooit syn eie taal gelees ni. Mar laat hy sig 'n bitji oefen, dan sal hy gou siin hoe maklik dit gaan om syn eie taal te lees.
En temeer wys ons dit duidelik an, omdat dikwils deur onse teenstanders van di vooroordeel misbruik gemaak is, deur di Afrikaners te vertel: Hollans is makliker om te lees as Afrikaanse. En di arme man het al vergeet hoe maar hy in syn skooldage gehad het, en hoeveel klappe hy om syn ore gekry het, om te leer Hollans lees. As hy een-tiinde van di tyd wil besté an syn eie taal, dan sal hy siin hoeveul makliker hy dit sal lees.