Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 99]
| |
Onder Stelling 47 het ons reeds wat megedeel hoe deur di Afrikaanse taalbeweging skryflus same met leeslus opgewek is. Mar 'n feit van nog groter belang is, dat di nasionale beweging 'n eerste vrug was van di Taalbeweging. Di eerste stoot was di verset teen di Transvaalse Annexasi en toen di simpati in di worstelstryd. Di twede stap was di oprigting van di Afrikaner Bond. Di derde stap di eis om Hollans in di Parlement, ens. erken te kry. Wel, al 3 is uitgegaan van di Patriot, di orgaan, di tolk van di taalbeweging. Dit blyk dus, dat di taalbeweging so smadelik verag, so vyandig teengewerk, met so min geestelike en stoffelike kragte begin, ingang moes gevinde hê in di hart van di volk, om ni alleen te bly staan ni, ni alleen vortgang te maak ni, mar nog so 'n magtige invloed op di nasionaliteit uit te oefen. En nog gaat di taalbeweging vort syn krag te laat gevoel. Onlangs is daarvan weer di proef gelewer in Transvaal. Onse ondervinding van di meerdere lewenskrag en groeikrag van Afrikaans as van Hollans teeno'er Engels is nou an Pretoria oek ondereinde. Land en Volk was 'n Hollanse koerant daar, wat mar 'n kwynende bestaan gehad het, soos mar al di Hollanse koerante in Transvaal. Nou word dit pas in Afrikaans uitgegé of hoor wat verklaar di uitgewers: -
‘Dis met grote blyd skap wat di Redaksi van Land en Volk di geleendheid waarneem om te melde dat binne di laaste weke ons 'n menigte nuwe intekenaars gekry het. Dis in twe opsigte goed. Ver di geldelike toestand van ons koerant is dit goed en dis oek goed daar dit toon dat di Afrikaanse taal byna algemeen deur ons volk goedgekeur word. Al ons private korrespondente sê: “ons is bly dat jy nou in ons ei'e taal skrywe.” Daar is natuurlik 'n paar wat ontevrede was met di verandering in di taal van Land en Volk. Di mense ken ni Hollans ni, en hulle sal dit oek nooit ken al studeer hulle nog twintig jaar, want Hollans is ongetwyfel een van di moeilikste van moderne tale. Afrikaans ken hulle almal goed en hulle praat oek nooit 'n ander taal ni. Nou wil hulle 'n mens wys maak dat hulle Hollans beter ken dan Afrikaans, mar hulle vergeet dat hulle briwe an di Redaksi di teenoergestelde bewys. Afrikaans is ons mo dertaal. Dis di taal van alle ware Afrikaanders, en Afrikaans groei net soos alle tale gegroei het. Hollans, Engels, Frans, Duits, het almal gegroei uit differente tale en is langsamerhand verbeter geworde tot hulle skryftale | |
[pagina 100]
| |
geworde het. Net so sal dit wees met ons eie taal. Waarom is dit nou dat mense teun Afrikaans is? Dis omdat hulle ni opregte Afrikaanders is ni. Alles wat vreemd is het hulle liif - ja zelfs Hollanders is ver hulle meer ansiinlik dan hulle eie broers en susters in Suid Afrika. Afrikaans is di maklikste taal wat daar non in di wereld gepraat word en dis oek een van di mooiste ver wat klank angaat. Di Italiaanse taal word algemeen di mooiste taal beskou omdat dit meer klinkers het dan enige ander taal, en Afrikaans het meer klinkers dan Italiaans. Alle Hollanders erken dat Afrikaans honderdmaal mooier klink dan di growwe taal van Holland en dit erken oek elkeen wat iits van tale weet. Dis mar net mense wat hulle slim hou, wat hulle eie taal en land en volk haat, en alle vreemdelinge tot sig neem. Ons is daarom bly om te kan sê dat ver elke een (daar was mar dri alles tesame tot dus ver) wat ontevrede was oer di verandering daar drihonderd was wat hulle blydskap uitgedruk het, en van dag kom daar nog honderde nuwe intekenaars in, - en dit is tog di beste bewys dat di volk van di Suid Afrikaanse Republiik hulle moedertaal liif het.’ |
|