selfs ver di Hollanders wat hiir kom woon en ver hulle kinders is Hollans 'n onmolike taal. Hoor op di punt Hoofregter Reitz syn opini (Afrik. Taalb. Bylage bl. 10): -
‘Dat het Kaapsch Hollandsch ontaard is, heb ik reeds met bewijzen wederlegd; dat het een tongval is ontken ik, want dat het Hoog Hollandsch in Zuid Afrika als gesproken taal eenigerlei bestaan heeft, behalve onder eerst onlangs gearriveerde Hollanders, kan niemand staande houden. De Hollander moge het voor een korte wijl spreken, maar heel spoedig vindt hij het gerieflijker te doen zooals Rome doet, en zijne kinderen, in alle gevallen, spreken nooit iets anders dan het zuiverste (ik vraag verschooning, het meest barbaarsche) Kaapsch Hollandsch.’
Nou praat ons nog ni eens van di grote geleerde bevolking ni, ver wi Hollans net so 'n onmolike taal is as Hebreeuws of Griiks.
As onse Volkstaal, in Hollanse vorm, altyd syn regte moet handhaaf, teeno'er Engels, dan moet, dan sal ons dit verliis, omdat Engels 'n veul makliker taal is. En dan sal dit oek ni te lank duur ni. Mar as ons ons Volkstaal teeno'er Engels ni alleen wil behou ni, mar laat groei en toeneem, dan moet ons dit erken kry as Afrikaans; want di is nog makliker as Engels.
Dus om weer 'n beeld te gebruik. Hollans beskou ons as 'n stut om di jonge Afrikaanse taalplant te ondersteun. Mar by di dag word di jonge boompi sterker en vrot di paal weg. En as di paal di dag omval, dan kan di boompi oek al alleen staan ni.
Mar ons ontveins dit ni, as ons gen kans siit om Afrikaans erkend te kry as officiële taal ni, dan sou ons oek ni langer ywer ver Hollans ni. Dan hoe eerder Engels dit win, hoe beter. Ons seg hiir van di onleerbare Hollanse taal wat Petrus an di eerste gristene geselt het van di onvervulbare Joodse wet, Hand. 15:10: - ‘Nu dan, wat verzoekt gij God, om een juk op den hals der discipelen te leggen, hetwelk noch onze vaders, noch wij hebben kunnen dragen?’
Juis om ons stand punt eerlik te hou het ons Stelling 43 geset tussen 42 en 44 in. Ons wil op di punt eerlik verstaan wees.