Een-en-veertigste stelling.
Rede ver vyandskap bestaat daar ni, want waarom kan ni twe tale naas makaar bestaan in een land ni? Dis mar di vraag of Afrikaans of Hollans sal bly bestaan teen Engels.
Rede ver vyandskap bestaat hiir ni. Neem nou vereers di saak van 'n Engelse standpunt. Natuurlik is dit ver di Engelsman onverskillig in watter vorm ons onse taal wil erken hê, as Afrikaans of as Hollans, alleen is Afrikaans daarin ver hom verkiseliker, omdat dit makliker is. Mar di feit, dat hiir twe tale bestaan, en ver enige geslagte in elk geval nog sal bestaan; en dat albei tale sal moet erken worde, is so duidelik, dat gen Engelsman syn oge daarvoor kan sluit ni. Nou reeds moet di Engelse onse taal erken in di Koloni; net soos di Engelse taal, byv. in di skole, moet erken worde in di Republike. En 2 tale is ni te veul ver 'n land ni. In di Switserse Republiik is wel 3 tale offisiëel erken deur di Bondsraad (Duits, Frans en Italiaans). In Canada, België, en andere plase is oek 2 tale erken. Non mag dit wel in di staatsbestuur enige beswaar gé, mar uit 'n opvoedkundige oogpunt beskoud is dit eer 'n voordeel ver di verstandsontwikkeling van 'n nasi. Om kinders verstandelik te laat leer (ni nes papegaaie ni) is niks beter, as meteen uit hulle leesboekiis o'er en weer te laat vertaal, byv. uit Engels in Hollans, en omgekeerd. So oek by taalkunde, kan jy 'n kind ni beter laat verstaan en onthou ni as deur vergelyking van di taalreels van 2 tale. Vergelyking is di grondslag van begrip en geheuge by 'n kind. Dit sal deur gen opvoedkundige ontken worde ni.