Engels en Hollans was albei ver di massa van onse bevolking 2 vreemde tale. Daarom kon di Afrikaner sig oek ni in di publike lewe laat gelde ni. Hoeveul Afrikaners was daar, en is daar nou nog: wat op 'n Vergadering 'n rede in Engels of Hollans kan voer, of wat in 'n koerant 'n stuk in Engels of Hollans kan skrywe. Daarom het di Afrikaner sig dan oek moes terug trek tot di stille huislike lewe, waar hulle alleen sig kan laat gelde in hulle taal. In di Kaap Koloni en Natal, waar Engels di taal van di Regering en publike lewe was, het natuurlik di weinige Engelse en verengelste Afrikaners di heerskappy gevoer, met weinige uitsonderinge, wat heeltemaal magteloos was, en sig dan oek mar laat mésleep het. In di Vrystaat en Transvaal, waar Hollans di offisiële taal was, het di bevolking sig wel op Vergaderings laat hoor, want hulle het mar Afrikaans gepraat, tot selfs in Volksraad en Uitvoerende Raad. Mar skrywe kon hulle di Hollanse taal ni, en daartoe was hulle kantoorwerk en administrasi amper heeltemal in hande van Hollanders, wat meesal 'n treurige misbruik gemaak het van di plek wat hulle ingeneem het.
'n Sprekende voorbeeld tot opheldering breng ons hier by. Kort na di Burgeroorlog in Transvaal hou di burgers 'n Byeenkoms. Een van hulle hou 'n warme anspraak, om an te toon hoe di Hollanders di oorsaak is van al di onenigheid in di land, deur altyd di politiik toe te pas: ‘verdeel en heers’. An di end stel hy voor, om geld by makaar te maak en 'n skip te huur, en al di Hollanders terug te stuur na hulle land toe. Di voorstel vind algemene byval, en sou seker deurgegaan het. Mar een van di Boere seg: ‘Ek is dit oek eens, dat di Hollanders di oorsaak is van al onse onenigheid en dat ons hulle liwers moes wegstuur; mar wi sal dan ver ons skrywe?’
En daarmé was di hele voorstel di bodem ingeslaan. Transvaal staat feitelik vandag nog onder enige Hollanders. En voordeel is dit seker ni ver di Republiik ni. Had di Transvaalse Drimanskap en Volksraad, na di Vryheidsoorlog, by di herstelling van di Republiik, Afrikaans erken as Landstaal, dan sou dit daar vandag anders uitsiin in di Republiik.
Tot di Afrikaanse taalbeweging begin het was ons volk so goed as doofstom! Ja, nou begin di tong los te gaan. Mar dis nog ni genoeg ni. Afrikaans moet erken worde as Volkstaal, as offisiële taal. En wat belet dit? Dit blyk in di vollende Stelling.