Ver di meeste sal di antwoord op di vrage regte eenvoudig lyk. ‘Dit is 'n Engelse koloni’ sal hulle sê, ‘en vroeger of later moet Engels die taal van die bevolking worde.’ Met so te redeneer vergeet hulle egter dat di moedertaal van 'n land sig ni nes 'n ou verslyte stuk klere lat weggoi as dit uitgedien het ni; dat daar baing jare toe nodig is, eer 'n vreemde taal an 'n hele volk kan geleer worde, dat daar veule geslagte moet verbygaan voordat hulle daarme eie kan worde, en dat selfs na daarme eie te wees oue herinnerings en vooroordele voortdurend sal saam werk om di indringer teen te staan. Tot nog toe - hoe ongelooflik dit mag lyk - is daar mense, gebore, opgevoed en woonagtig in di Hooglande van Skotland en in Wallis, wat di Engelse taal ni verstaan of spreek ni. In Canada verstaat en spreek 'n gedeelte van di bevolking slegs Frans. In sommige wyke van di Elzas, wat omtrent twe ewe deur di Franse beset was, praat di landbouwers net Duits, en in 'n gedeelte van Friesland is di taal wat di bevolking spreek, glad onverstaanbaar ver di ingesetene van ander provinsiis van Holland.’
Dis genoeg, want dis mos historise feite, wat ni hoef herhaal te worde deur verskillende getuige ni. Mar hiir is nog 'n bisondere rede waarom dit swaar sal gaan en lank sal duur om onse Volkstaal hiir te verdring, wat ons noem in di 32ste Stelling. En tereg seg Hoofregter de Villiers op di punt: ‘Dis di boerebevolking wat altyd di meeste vashou an 'n taal, en ons land bestaat voornamelik uit 'n boerebevolking!’ Di gevolgtrekking leg dus voor di hand, dat dit daarom so min gebaat het en verder moeielik sal gaan, om onse taal te wil uitroei.