Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 35]
| |
Veertiinde stelling.In welluidendheid munt Afrikaans veral vêr uit, vollens di beginsels daarvoor vasgestel in di algemene spraakleer en vergelykende taalkunde. Di twe hoofvereistes is menigvuldigheid en verskeidenheid van klanke, terwyl menigvuldigheid van medeklinkers 'n taal hard en gedurige herhaling van diselfde klanke 'n taal eentonig maak. Ver di stelling kan ons ni by bring wat andere seg ni, om di eenvoudige rede, dat (sovêr as ons weet) nog nimand van di saak 'n studi gemaak het ni; in elk geval ons het nog ni gesiin dat imand iits daaro'er in di lig gegé het ni. Tot bewys ver onse stelling en tot op vekking van verder ondersoek geef ons di vollende voorbeelde: Ons neem as voorbeeld weer di eerste 5 verse van di Bybel, en vind dat Afrikaans mar 38 meer medeklinkers het as klinkers, Hebreus en Hollans 75 meer, Duits 95 meer en Engels 104 meer. En in di eerste 5 verse van Johannes vind ons dat Italiaans 2 klinkers meer het as medeklinkers, Afrikaans het 36 meer medeklinkers as klinkers, Hollans het 67 meer, Engels het 80 meer en Duits het 93 meer. Buiten Italiaans wen Afrikaans dit dus in menigvuldigheid van klanke; mar in verskeidenheid van klauke wen ons weer di Italiane, want di 119 klinkers in Italiaans bestaat mar uit 9 klanke, mar di 94 klinkers in di Afrikaans uit 12 klanke. Tot praktise opheldering geef ons nou nog 'n gedig, uit di Viirde Versameling van Afrikaanse Gedigte, waaruit blyk dat Afrikaans ver verskillende digmate ni alleen bruikbaar is ni, mar selfs seer goed klink. Lees en oordeel: - Hendrik En letti.
('n Verhaal uit di Transvaalse Vryheidsoorlog.) 'k Hoor ‘Kalwerliifde’ menigmaal
As kinderspel misprys,
Wat nes 'n morrewolk verliig,
Sodra di non verrys.
| |
[pagina 36]
| |
En meesal is dit oek mar so:
Ons kindervreug verdwyn,
Gelyk 'n angename droom,
Hoe werklik dit oek skyn.
Beloftes werd weldra verbreek,
En andere gedaan;
Verbintenisse losgeknoop,
En nuwe angegaan.
Mar so was dit met Hendrik ni,
En Letti ewemin;
Van kinds af was hul' twe verloof,
In onverbreekbre min.
Hy het syn liifde haar gegé,
Syn liefde was getrou;
Sy het an hom haar woord gegé,
En sy het woord gehou.
Syn hart was trou tot in di dood,
Tot in di koue graf;
En wat oek later mog gebeur,
Sy staat hom nimmer af.
* * * *
Hoe mooi is di wêreld ver 'n jong kinderhart!
Tog het oek di wêreld ver kinders reeds smart.
Ver Hendrik en Letti was alles so skoon;
Ni vêr van makaar het hul' ouers gewoon.
Gen Eden geef Adam en Eva meer vreug
As Hendrik en Letti geniit in hul' jeug.
Ni vêr van Pretoria, 'n pragtige oord,
Daar leef en daar dartel di twé ongestoord.
Mar jong ondervind hul' wat skeidingsmart seg;
Haar ouwers vertrek na di Hogeveld weg.
Daar is dit veul beter ver Véboerdery,
Mar swaar val dit Hendrik en Letti te skei.
‘Myn Letti, nou gaat ons so vêr uit makaar;
Sal jy myn jou hart en jou hand trou bewaar?’
‘Myn Hendrik, myn hart het ek jou afgegé;
En waar jy oek gaan mog, neem oral dit mé.’
‘Myn Letti, ek weet ni, mar 'k veel tog so bang;
Jy gaat tog so vêr weg, en molik so lang.’
‘Ag, Hendrik, myn hart is nes d' aarde so wyd;
Myn liifde is duursaam, so lank as di tyd.’
‘Mai, Letti, hoeveul kan in di tyd gebeur,
Om ons jonge harte met smart los te skeur?’
| |
[pagina 37]
| |
‘Myn Hendrik, lat al di gedagtes mar bly;
Ek blyf jou gestrou, blyf jy trou mar an my.’
‘Myn Letti, nou ga dan, ga vrolik mar heen!
Niks sal ons ooit skeide, di dood mar alleen.’
Sy spreek ni, mar gé hom 'n hartlike kus;
En Hendrik neem afskeid, syn hart is gerus.
* * * *
Ag jare is verlope,
En veul daarin gebeur,
Mar niks kan trouwe harte
Op aarde ooit los skeur.
Ja, Hendrik het syn woord gehou,
En Letti blyf an hom getrou.
Mar swaar val hul' di proeftyd,
Di proeftyd duur so lang;
En swaar was hul' beproewings,
Beproewings droef en bang:
Mar wi syn hulp van God verwag,
Ontvang van Hem ver alles krag.
Syn vader is gesterwe,
Syn moeder trou toen weer;
Mar dit was haar famili
Gen voordeel en gen eer:
Di vader breng hul' goed glad deur,
En het hul' hart met smart verskeur.
Haar ouwers was voorspoedig,
Werd ryk en hoog in stand;
En Letti kryg veul minnaars,
Wat vraag haar hart en hand:
Want in Transvaalse dogtre-ry
Streef geen in skoonheid haar verby.
Haar Hendrik siit sy selde,
Want hy woon vêr van haar;
En dan kom daar gerugtes
Van hom, mar sleg en naar:
Want is 'n mens in teenspoed
Dan spreek mar weinig van jou goed.
Mar Letti blyf standvastig,
Ver laster is sy doof;
So lank as hul' haar Hendrik
Van haar mar ni ontroof:
Want trouwe liefde is 'n vuur
| |
[pagina 38]
| |
Wat armoê en oneer verduur.
* * * *
Al duur di donkre nag oek lang,
Al is hy bang,
Di lig sal dage:
Al pak di donkre wolke dig,
Di sonnelig
Breek deur di vlage.
Al duur dit menig lange jaar,
Di blye paar
Kryg hul' verlange:
‘Hendrik en Letti is getroud!’
Juig, jong en oud,
Met feesgesange.
Ag, mog ons liwe Heer jul' twé
Veul segen gé,
En lang nog spare;
In plans van smarte in jul' jeug,
Geef Hy nou vreug
Ver veule jare!
* * * *
Di witbroodsweke is verby,
Di bruilofsdage al verloop
Di twé gaat na di Myne ry,
Om ver hul' huissou in te koop;
Want nou gaat hul' di wêreld in,
En eie huishouding begin.
Hul' kom van Kimberley na huis,
Met huisbehoeftes uitgerus.
‘Myn Letti, nou 's ons spoedig tuis!’
Seg Hendrik, en geef haar 'n kus.
‘Ja, in ons eie huis te wees,’
Seg sy ‘begeer ek allermees.’
Hul' ry juis langes Mooiriviir,
Daar val toen net di eerste skoot.
‘Ag, Hendrik, wat is dit nou hiir?’
‘Wees stil, myn hart, daar is gen nood!’
Mar spoedig roep di krygsrumoer:
Dis oorlog tussen Brit en Boer!
‘Myn Letti, 'k breng jou uit gevaar,
En gaat saam met myn broeders veg.’
‘Ag, Hendrik, ek voel tog so naar;
| |
[pagina 39]
| |
Breng my mar na ons huis eers weg.’
Tot by haar suster breng hy haar,
Naby Pretoria, by haar swa'er.
Mar hy had rus nog duurte meer.
‘Ek gaat saam met myn broeders stry!
Nou lat ek my van niks meer keer;
'k Kom straks te laat om saam te ly.’
‘Ag, Hendrik, wees daarvoor ni bang,
Di oorlog duur gewis nog lang.’
‘Wi nou Transvaler hete mag,
Hoort same in di stryd te staan;
Hy is onwêrd an syn geslag,
Wat sig één dag soek te ontslaan:
'k Gé ver myn vaderland myn bloed,
Myn lewe 's daarvoor ni te goed.’
‘Ag, Hendrik, 'k werk liifs nes 'n meid
Onder di Britse heerskappy;
As jy moes sneuwel in di stryd,
Ag, wat wen ek dan tog daarby?’
‘Myn hart, ek sal myn lewe geef,
En jy sal dan in vryheid leef.’
Terwyl sy nog haar trane droog
Het Hendrik reeds syn pêrd gesaal;
Mar voor hy wegry uit haar oog,
Roep hy nog ver di laaste maal:
‘Vaarwel, lig siet ek jou nooit weer;
Mar ek beveel jou an di Heer!’
* * * *
‘Na Langnek! Na Langnek!’ so klink deur Transvaal.
Na Langnek! Jaag daarheen nou, helde!
Di vyand hiir binne is vas allemaal;
Na Langnek, o'er heuwels en velde!
Want Colley kom an van Natal met syn mag,
Hy sal o'er ons grense ni kome;
Na Langnek! daar sal ons di Rooies opwag;
Hul' bloed moet op eie grond strome!
Na Langnek! kom, broeders, di vyand gekeer!
Na Langnek! klink deur onse velde!’
En Hendrik was nou oek deur niks meer te keer,
Hy 's onder di dapperste helde.
* * * *
Hoe donker pak di wolke saam
Rondom myn hoof!
| |
[pagina 40]
| |
Mar deur di storme lei God my:
Dis myn geloof.
Dis soet my an Hem o'er te gé,
In donkerheid;
Myn oog te sluit en Hem te volg,
Waar Hy my leid.
Hy voer deur menig doornig pad
Myn moege voet;
Gaat Hy met my, elk tranedal
Is my dan soet.
As ek mar weet: Hy is by my
Myn God en Heer:
Dan is myn arme hart gerus,
En wens niks meer.
Al skyn gen ligstraal in myn oog,
Ek sal ni dwaal;
Want leunend op syn sterke arm
Kan ek ni faal.
Myn Hendrik is van my gegaan,
God ad syn sy;
En lydsaam rus ek in myn lot,
God is met my.
* * * *
Hoe Hendrik sig oek haas, hoe vinnig hy oek ry,
Toen hy di Nek bereik was d' eerste slag verby.
Di Rooies wou di Pas met leeuwemag forseer,
Mar tagtig Boere jaag hull' gou na onder weer.
Di dappre Dean is dood, syn resiment verslaan,
En Colley radeloos voer weer versterkings aan.
Mar dappre Niklaas Smit, ons Luitnant-Generaal,
Roep: ‘Kom, Vrywilligers! di pêrde opgesaal!
Ons kan ni langer hiir bly stil lê op di Nek;
Van ons owerwinning moet ons nou voordeel trek.
Ons moet di vyand nou op eie grond anval;
Daar kom ammenusi an by vragte van Natal;
Ons kan dit ni toelaat dat Colley toevoer kry;
Kom, lat ons voorwaarts ruk en hom syn pas afsny!’
Twe honderd burgers volg di dappre Veg-Generaal,
En trek di vyand om, nog voor di awond daal.
* * * *
In di stille, donkre nag
Staan onder di hemel bloot
| |
[pagina 41]
| |
Twé getrouwe vrinde wag,
Hendrik en syn naamgenoot,
Neefs, getrou tot in di dood.
Hendrik sug: ‘Ag, liwe Neef,
My is dit geopenbaar:
Morre moet 'k myn lewe geef;
Daarvoor is myn siil nou klaar;
Mar één ding druk my so swaar.’
‘Nimand weet wat God beslis;
Hendrik, waarom kwel jy jou?
Molik dat dit myn beurt is....
Steeds was ons makaar getrou;
'k Stry en sterf oek saam met jou.’
‘Geef my nou jou hand as borg:
Dat, as jy nog na my leef,
Jy myn lyk te huis besorg,
En dit an myn Letti geef,
Met 'n boodskap, liwe Neef.’
‘Lewend was ons eensgesind,
Sterwend dan nog allermees;
Spaar God my, myn trouwste vrind,
Ek sal jou versorger wees,
Wees daarvoor tog ni bevrees.’
‘Rustig gaat ek na myn dood;
Ek vertrou op God myn Heer;
'k Leg myn siil in Jesus skoot:
Mar één ding druk my nog neêr,
Dis wat ek, van jou begeer:
Letti draag onder haar hart
d' Eerste vrug van onse trou;
Dit sal wees 'n “seun der smart;”Ga naar voetnoot*
Want ek sal hom nooit anskou,
Mar hy sal myn stam opbou.
Hannibal werd reeds, as kind
Deur syn vader dit geleer:
Haat teen Rome ingeprint;
By di altaar kniel hy neer,
Om 'n eeuwge haat te sweer.
| |
[pagina 42]
| |
So moet Letti oek myn kind
By syn vaders graf dit leer:
Teen di Britte haat inprint;
Lat hom op myn graf dit sweer:
Nooit di Britse mag te eer.
Ower di onskuldig bloed,
Hiir op onse grond gevloei,
Moet in elke jong gemoed
Eeuwge vyandskap opgroei:
Britse mag moet uitgeroei!’...
'n Handdruk - en hul keer terug;
Mar gen slaap sluit hul di oog.
Dáár onder di blote lug
Styg nog menig sug omhoog,
Na di heldre hemelboog.
* * * *
Bloedrood verrys di dageraad
Ower di heuweltoppe,
Toen Smit onder syn manne staat,
Hy kon hul ni meer stoppe:
Want voorwaarts ruk reeds Colleys mag,
En elk staat klaar nou ver di slag.
‘Ons vyand is meer in getal,
Gewapend met kanonne;
En nou moet ons hul gaan anval;
Di daad lyk onbesonne:
Dog ruk mar op met God di Heer:
Hy geef ons d' owerwinning weer!
Hy is 'n God van suiwer reg,
En sal ons ni begewe;
Hy sal voor ons gelig weer veg;
Ons vyande sal bewe:
Ons veg ver reg, ons veg dus fiir;
Jehova is ons krygsbaniir;’
Smit geef syn pêrd nou fluks a spoor;
Syn orders is gegewe;
Di burgers jaag, hul leidsman voor;
Hul storm nou toe nes leuwe;
Want Colley had reeds met syn mag
Di koppies, waar hy hul opwag.
| |
[pagina 43]
| |
Van dri kante lat Smit toejaag,
En dryf hul uit di rante;
Di Boere storm gants onversaag,
Dring in van alle kante;
Hulle vrees gen bom, kanon, geweer,
En skiit di kanonniirs selfs neer.
Wi is hy wat met leuwemoed
Di vyand storm durf lope?...
Ag, straks moet hy dit met syn bloed
En lewe nog bekope!...
Daar val hy - ver syn vaderland!
Dis Hendrik - by di voorste rant.
Syn Neef staat ni heel vêr vandaar,
En siit ver Hendrik valle.
Hy roep: ‘Ag, God, dit was tog waar! -
En hy di eers van alle!......
Moet ek dit met myn bloed betaal,
Mar ek gaat Hendrik nou uithaal.’
Di vyand skiet met bom en skroot,
Mar hy stap voorwaarts moedig;
En deur 'n hagelbui van lood
Draag hy syn Neef so bloedig:
Hy breng hom by syn maters weer,
Mar Hendrik sprak gen woord toen meer.
* * * *
Meer as twe jaar is verlope,
Met syn vreug en met syn rou;
En di troostelose weduw
Is 'n blye moeder nou:
Want daar dartel an haar sy
'n Jongske, vrolik, lief, en bly.
Dikwils in di skemerawond,
Met di jongske an haar hand,
Siet men haar nog grafwaarts wandel,
Waar syn grafsteen staat geplant:
Want hiir waar haar Hendrik rus
Is haar eenigs hartelus.
Vele minnaars is gekome,
Om haar liifde weer te win;
Mar tot nogtoe was s' onvatbaar
Ver 'n twede huwliksmin;
In haar vaders huis begeer
Sy haar jongske en niks meer.
| |
[pagina 44]
| |
Wi sal di geluk'ge wese
Om te win haar hand en hart?......
Of sal sy nooit weer beminne?......
Vreugde soek mar in haar smart?......
Min 'n trouwe hart één keer,
En dan hier op aard nooit weer?......
S.
8 April, 1883.
|
|