Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendWat andere seg.Op 13 Mei 1876, toen di Afrikaanse taalbeweging in begin was, het Hoofregter de Villiers 'n voorlesing gehou, op di Jaarlikse Vergadering van di Openbare Boekery an di Kaap, o'er di vraag: wat di toekomstige Landstaal van Suid Afrika sal wees, Engels, Hollans, of Afrikaans? Hollans het hy gou op sy geset as onmolik, en toen di kanse o'erweeg tussen Engels en Afrikaans. Hy het daarin veel geseg waarmé ons volkome instem. Tog het hy tot di besluit gekom dat Engels dit sal win op laas. (Di vraag of ons ni hiir nes in Switserland, Canada, en andere plase 2 tale naas makaar sal moet erken, het hy ni o'erweeg ni). Een van syn hoofbesware teen Afrikaans was, dat di taal so arm is. Daarop het di Zuid | |
[pagina 32]
| |
Afrikaan, hoewel onse beginsels ni toegedaan ni, tog goed geantwoord, as volg (angehaal in Gesk. v. Afr. Taalb. bl. 95): ‘Het Kaapsch, zegt hij, is zoo ellendig arm. Had hij over het onderwerp nagedacht, hij zou inzien, dat die tegenwerping ongegrond is. Hij zou begrijpen, dat het Kaapsch, van het Hollandsch hoofdzakelijk verschillende in spraakkunst alleen, bijna het gansche Hollandsche woordenboek ter zijner beschikking heeft, en eene hoedanigheid bezittende, die het gemeen heeft met Engelsch, d.i., gemakkelijkheid van toeëigening van vreemde woorden, vatbaar is voor eene onbeperkte uitbreiding.’ Teenoer di Eerw. Wirgman het Hoofregter Reitz, in di stuk wat ons reeds angehaal het, oek op di punt onse taal verdedig as volg (angehaal in Bylage tot Afrik. Taalb. bl. 6): -
‘Ons Kaapsch Hollandsch is rijker in woorden dan het Hollandsch in Nederland; want terwijl wij, des vereischt, en regt op het gebruik hebbende, elk woord uit de Nederlandsche dictionaire van A tot Z aannemen, hebben wij daaraan een groot aantal andere toegevoegd, ontleend aan de Engelsche, de Maleische en zelfs aan de Hottentotsche taal. Ook maakt het feit, dat het Kaapsch Hollandsch Hottentotsche woorden in zich opneemt, die taal volstrekt niet “barbaarscher.” Als ik spreek van de Karroo, het ganna-boschje en van de gwarrie- en karee-boomen, bega ik dan een grootere barbaarschheid dan de Engelschen, die het woord creed of een ander der weinige namen gebruikt, die hij overgeërfd heeft van zijn Celtische voorouders, die zich met karossen omhingen, het ligchaam met oker beschilderden, hunne kinderen op de altaren der goden offerden en hunne vrouwen in gemeenschap bezaten? Op gezag van Spalding zeg ik, voorzeker niet. Integendeel ik verrijk daardoor de taal met een ruimeren voorraad woorden, en stel den taalgeleerde in staat, de geschiedenis der natie na te vorschen.’ | |
Wat ons tot anvulling hiir by voeg.Di verrijking van Afrikaans is ni soseer, soos Hoofregter Reitz sig voorstel, ontstaan deur opname van Hottentotswoorde ni - dit sal moeielik gaan om nog 4 te kry buiten di 4 wat hy noem -; mar soos di Zuid Afrikaan tereg opmerk deur te put uit di Hollanse woordeboek, ons sou liwers sê uit di Germaanse taalskat. So kan ons oek ni heeltemaal instem met di Hoofregter (nou President), dat Afrikaans ‘rijker in woorde is as Hollans in Nederland ni.’ Want teenoer nuwe | |
[pagina 33]
| |
woorde uit di ryke Germaanse skat hier in gebruik geneem, wat hulle in Holland ni gebruik ni, of ni in di sin gebruik ni, is omgekeerd weer 'n menigte woorde daar in gebruik, wat ons hier ni het ni. Ons taal het sig ontwikkel vollens landsaard en volksbehoefte, soos ons by Stelling 24 nader sal antoon. So sal di Afrikaner di Hollander ni verstaan as hy van di verschillende soorte van wonings praat en woorde gebruik soos burcht, slot, buiten, heerenhuis, ens. Mar watter ongesoute (alweer 'n Afrikaanse woord) Hollander sal verstaan wat ons eintlik bedoel met pondok, struis, koker, hartbeeshuis, ens.? So het di Hollanders 'n vlakke land en ons 'n bergagtige land. Onder Stelling 24 sal ons met voorbeelde antoon hoe by ons dus vele woorde uitgeval het wat in Holland dageliks gebruik word, terwyl ons ver di gedagte van hoogte en laagte 'n hele lys van suiwer Germaanse woorde het, wat di Hollander in fynheid van gedagte ni kan verstaan ni. Di Germaanse taalskat is ryk, en di Afrikaner, het geweet, en weet nog om daaruit te put soveul as ver hom dienstig is. Mar di taal wortel oek in di geskidenis; so het ons oek enige Slamse woorde in ons kombuistaal ingeneem, wat 'n werkelike anwins is en meerdere verskeidenheid gé. Dit sal ons nader behandel onder di 25ste Stelling. |
|