Elfde stelling.
Dat Afrikaans in kortheid uitmunt sal wel nimand ontken ni.
Daar nimand di stelling ontken, is dit oek ni nodig getuigenisse daarvoor op te roep, of dit verder toe te lig ni. Een voorbeeld sal genoeg wees vereers; di wat meer wil hê, kan mar neem soveel as hy wil. Ons neem di eerste 5 verse van di Bybel en vind dan as ons di letters tel: - Afrikaans het 284 letters, Duits 299, Hebreeuws 315, Hollans 345, en Engels 352. Dan neem ons di eerste 5 verse van Johannes Evangeli en vind, dat Afrikaans tel 224 letters, Italiaans 236, Engels 252, Hollans en Duits elk 279 letters.
In onse tyd van spoortrein en telegraaf is dit gen kleine voordeel ni!